1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Jehosafat – Jahwe Het Geoordeel

Jehosafat – Jahwe Het Geoordeel

ARGEOLOGIE

Terwyl ek die Herodion naby Bethlehem besoek het, het ek vir die ons drywer gevra of hy ons nie na Tekoa kan neem nie.

Hy was ‘n bietjie bang vir die beduïnes wat daar gewoon het. Gevolglik kon ek net die plek vanaf ‘n afstand sien.

Van die grootste waarhede in die hele Bybel is by Tekoa gespreek. Dit is so diep en so pragtig. Wanneer ‘n mens hierdie woorde jou eie maak, kan dit verrykende gevolge in jou lewe hê.

Dis woorde wat voor een van die grootste militêre veldslae deur koning Josafat gespreek is.

Terwyl ek by die Herodion staan en in die rigting van Tekoa kyk, kon ek die leërs van Israel in my verbeelding sien. Hulle is die oggend vroeg uit Jerusalem en na sowat 12 kilometers se stap het hulle by Tekoa uitgekom.

Daar was drie plekke wat hulle vanaf Tekoa goed kon sien: Reg voor hulle was die pragtige dooie see. Reg agter hulle was Bethlehem. En bietjie regs van Bethlehem kon hulle die Olyfberg sien. Kom ons lees wat sê die bybel:

2 Kronieke 20:20 Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekoa uit: en terwyl hulle uittrek, het Josafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem!

Kan iemand vir my die woorde van Josafat in 2 Kronieke 20:20 herhaal?

Glo in die Here julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.

Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.

VRAAG

Wat gebeur wanneer ons nie ons vertroue in die Here stel nie? Ons sal nie bevestig word nie, ons sal nie vas staan nie.

Wat sal met ons gebeur wanneer ons die raad van die profete van die Here ignoreer? Ons sal nie voorspoedig wees nie.

AKSIE EN REAKSIE

Vir elke iets wat ons doen of dink, is daar ‘n reaksie. Dis ‘n vreeslike gedagte. Niks wat ons in ons kort lewetjie doen is onbelangrik nie.

As ons die regte pad loop, die pad van eerlike integriteit, die pad van deursigtigheid, die pad van gehoorsaamheid, sal groot seëninge ontvang.

Dis waaroor hierdie kwaltaal se lesse gaan.

Maar wanneer ek afwyk van die pad van streng integriteit, wag daar vir my vloeke waarvan ek in hierdie lewe nooit van ontslae gaan raak nie.

VERKEERDE DAAD

Ons het nou na Josafat se goeie daad gekyk. Wat is die grootste fout wat hy gemaak het? En op watter tydstip van sy lewe het hy dit gemaak?

2 Kronieke 18:1 Toe Josafat ryk geword het en groot aansien geniet het, het hy ‘n huwelik tussen ‘n lid van sy familie en een uit die familie van Agab gereël.

Waarom het koningshuise onder mekaar getrou? Vir politieke redes.

Dra dit wat Josafat gedoen het, jou goedkeuring weg? Die Here se goedkeuring? Nee.

Waarom dink u het Josafat hierdie verkeerde ding gedoen terwyl hy reeds ryk was en reeds internasionale aansien geniet het?

Die strewe na meer rykdom en meer roem is een van die mens se gevaarlike vernietigende karaktereinskappe.

Selfsug en eie roem ken geen perke nie. As ek hierdie sondes in my lewe duld, gaan hulle my vernietig. Maar wanneer ek dit deur die genade van Here doodmaak, sal ek lewe.

ARGEOLOGIE

Watter prestasies het Agab bereik dat Josafat ‘n politieke verdrag met hom wou sluit?

Ek was onlangs by ‘n baie interessante slagveld in Sirië met die naam van Karkar.

Argeoloë het ‘n baie interessante inskripsie teen ‘n rots langs die noordelike gedeelte van die Tigrisrivier ontdek in Irak ontdek.

Dis geskryf deur die seun van Asjurnasirpal met die naam van Salmaneser III. Hy vertel van ‘n geveg wat hy teen ‘n twaalfnasie koalisie in Sirië by Karkar gehad het.

Hy noem die mense teen wie hy geveg het soos Benhadad van Damaskus, die koning van Hamat, die koning van die Feneciërs ens.

Maar dan noem hy ‘n baie interessante naam:

AHABBU MAT SIR’ILA.

Dis die Assiries vir Agab van die land van Israel. En dan noem hy die aantal strydwaens wat Agab op die slagveld gestoot het: 2000 uit die totale 3940 het aan hom behoort.

Van die 52,900 voetsoldate het 10,000 op die slagveld geplaas.

Die oorlog was so hewig dat Salmaneser terug is na Nineve en baie jare later weer probeer het om Sirië te verower.

GROOTKOP

Hierdie historiese oorwining wat Agab in 853 vC. oor die magtigste wêreldheersers van die tyd gehaal het, het vir hom ‘n groot kop laat kry.

GEVAARLIK

Terwyl ek na tel Karkar in Sirië kyk, het ek aan die gevaar van selfvergenoegdheid gedink.

Die een oomblik is Agab die groot held van midde-oosterse geskiedenis. Die volgende oomblik sterf hy op die slagveld van Ramot in Gilead.

JOSAFAT

Toe Josafat gedink het dat hy sy aansien ‘n hupstoot sou gee deur saam met Agab slagveld toe te gaan, het hy die fout van sy lewe gemaak.

Kom ons lees wat met Josafat gebeur het toe hy in die geveg saam met Agab was. Onthou Agab het vir hom gesê dit was nie nodig dat hy sy koninklike klere hoef uit te trek nie.

Hoekom nie? Agab was baie geslepe en het in gewone soldate drag geveg.

2 Kronieke 18:31 Toe die aanvoerders van sy stydwaens vir Josafat sien, sê hulle: “Daar is die koning van Israel!” en hulle het op hom toegesak. Josafat het om hulp geroep, en die Here het hom gehlep. God het die aanval van Josafat as weggekeer.

Die ou vertaling sê hy het geskreeu! “Asb. Tog. Moet my nie doodmaak nie. Ek is nie koning Agab nie. Ek is Josafat. Spaar asb. Tog my lewe.”

DIE LES

Wanneer nie op die pad van gehoorsaamheid wandel nie, gaan ons in groot benoudheid verkeer. Wanneer ons gehoorsaam is, het ons vrede.

Wat het met Agab gebeur?

Vers 33,34 Iemand het egter losweg ‘n pyl afgeskiet, en die het die koning van Israel getref tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat. Hy sê toe vir sy drywer: “ruyk die perde om en bring my uit die geveg uit. Ek is gewond.” Die geveg was die dag egter so hewig dat die koning van Israel tot die aand toe op sy strydwa moes bly staan in die geveg teen die Arameërs. Teen laatmiddag is hy dood.

Die Here het vir hom gewaarsku om nie in die geveg in te gaan nie. Die Here het deur die profeet vir hom gesê dat jy sou sterf.

Hy het die raad van die Here en die profete geïgnoreer en met sy lewe geboet.

‘n Mens wonder wat alles deur Agab se gedagtes geflits het terwyl hy al swakker en swakker geword het.

Het Josafat vir hom iets gesê voor hy dood is.

BOODSKAP VAN DIE PROFEET

Is Josafat oor hierdie sonde van hom aangespreek? Ja. Hoekom?

2 Kronieke 19:2 Daar het die siener Jehu seun van Ganmani hom voorgestaan en vir koning Josafat gesê: “Wou u ‘n goddelose help en aan ‘n hater van die Here liefde betoon? Met hierdie optrede van u het u die toorn van die Here op u laat kom.”

DIE LESSE

Watter lesse is daar wat ons uit die geskiedenis van Josafat kan leer?

Die bestraffing van die profeet het hom nie verbitterd en opstandig gemaak nie. Hy het tot inkeer gekom en sy volk verder in ‘n godsdiens- en regshervorming gelei.

DIE BOODSKAP VAN TEKOA

Mag die Here gee dat die boodskap van Tekoa diep in ons harte ingeskryf word:

Glo in die Here jou God, dan sal jy bevestig word; glo in Sy profete dan sal jy voorspoedig wees.

e-pos Navrae na questions@amazingdiscoveries.co.za

Was this article helpful?

Related Articles