1. Home
  2. Antike Stede - Personifikasie
  3. Jerusalem
  4. Jerusalem 1 – My Naam Is Dogter Van Sion

Jerusalem 1 – My Naam Is Dogter Van Sion

JERUSALEM 1 – VROEë GESKIEDENIS

Taal is een van die grootste wonders wat bestaan. Met taal kan ek vir jou vertel van dit wat diep in hart begrawe lê.

Met taal kan ons ‘n mooi verhouding opbou of verwoes.

DERDE PERSOON

Ek kan van myself in die derde persoon praat. Ek kyk dan na myself deur ander oë.

PERSONIFIKASIE

In die Bybel kry mens ‘n skryfstyl wat jy personifikasie noem. Hier is ‘n voorbeeld:

Rig 9:7  Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Gerísim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister.

Rig 9:8  Eendag het die bome gegaan om ‘n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê: Wees koning oor ons!

Rig 9:9  Maar die olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe?

Rig 9:10  Toe sê die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons.

Rig 9:11  Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?

Rig 9:12  Toe sê die bome vir die wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons.

Rig 9:13  Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe?

Rig 9:14  Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!

Rig 9:15  En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die Líbanon verteer.

Rig 9:16  As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abiméleg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerúbbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande—

Rig 9:17  julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,

Rig 9:18  maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abiméleg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is—

Rig 9:19  as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerúbbaäl en sy huis, wees dan vrolik oor Abiméleg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.

Rig 9:20  Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abiméleg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abiméleg verteer.

Rig 9:21  Daarop het Jotam padgegee en weggevlug en na Beër gegaan en daar gebly vanweë Abiméleg, sy broer.

GESKIEDENIS

Kom ek vertel jou so ietsie van my geskiedenis.

Ons gaan terug in die geskiedenis na die negentiende eeu vC.

EGIPTIESE VERVLOEKINGSTEKSE (Execration texts)

In Egipte was daar ‘n hele klomp vervloekings tekse. Hierdie tekse het vertel hoe om vyande te vervloek sodat hulle jou nie sal skade aandoen nie.

Hulle verwys na die Amoriete van Jerusalem as ‘n groot gevaar. Dit is ‘n belangrike stelling want dit vertel vir jou dat ek destyds ‘n gevreesde vyand van Egipte was.

Twee Amoritiese konings wat in my, die stad Jerusalem regeer het word genoem: Yaqar–‘Ammu and Sasa‘–‘Anu. Die Egiptenare was vir my, die stad Jerusalem baie bang. Hulle moes sekere vloeke oor my uitspreek om te verhoed date k hulle sou aanval.

MELGISEDEK

Gdurende hierdie tydperk het hulle my Salem genoem en die koning-priester wat oor my geheers het, se naam was Melgisedek.

Kom ek lees vir jou wat die groot Joodse skrywer en wetgewer oor daardie spesifieke tydsgleuf oor my geskryf het:

Gén 14:18  En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

Gén 14:19  en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.

Gén 14:20  En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

Gén 14:21  En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.

Gén 14:22  Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

Gén 14:23  dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.

Gén 14:24  Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.

KIDRONVALLEI

Hierdie belangrike gebeurtenis het hier in die Kidronvallei plaasgevind. Dit is gebeurtenisse soos hierdie wat ‘n studie oor my geskiedenis so baie belangrik maak.

Om te dink dat Abram my kom besoek het. Hy is die Vader van die hedendaagse Moslems, Jode en Christene.

En Melgisek wat in my regeer het, het ‘n tipe van ‘n ander Melgisedek geword. Kom ek lees vir jou wat Dawid oor Hom geskryf het. Terloops Dawid het vir my, Jerusalem ‘n baie belangrike stad gemaak.

Psa 110:1  Van Dawid. ‘n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete.

Psa 110:2  U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.

Psa 110:3  U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.

Psa 110:4  Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

Psa 110:5  Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.

Psa 110:6  Hy sal ‘n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel ‘n hoof oor ‘n groot land.

PAULUS

Maar Paulus ook ‘n beroemde naam wat Jerusalem besoek en hier gepreek het, sê die volgende van Jesus wat ook Melgisedek genoem word:

Heb 7:1  Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;

Heb 7:2  aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;

Heb 7:3  sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.

URUKAGINA

Ek moet net vir julle iets baie interessants vertel  oor hierdie geslagsregister wat by Jesus ontbreek.

Een van die baie ou stede met die naam van Lagasj het my van een van hulle konings die volgende verhaal vertel.

Die stad Lagash van die Sumeriese sê vir my dat daar ‘n baie slegte regering in hom regeer het. Dit kon nie slegter gegaan het nie. Die mense het deur ‘n verskriklike tyd gegaan.

En toe op ‘n dag kom daar ‘n ander koning met die naam van Urukagina. Kyk hy het nou behoorlik skoonskip van daardie goddelose heerser gemaak.

Hy het daardie wrede reëls wat mense tot in die afgrond gedruk het, nietig verklaar en vir hulle nuwe regverdige wette gegee. Hy het ook die woord Amargi vir die eerste keer gebruik en dit beteken vryheid.

Maar nou kom ek by die geslagsregister wat nie by Jesus die groter Melgisedek gevind word nie.

Die Sumeriese koning Urukagina skryf op een van sy kleitablette die volgende woorde:

Sonder begin en sonder einde; sonder vader en sonder moeder; sonde ‘n geslagsregister.

Dit beteken nie dat hy nie ‘n fisiese begin of einde gehad het nie; dat hy nie ‘n vader of moeder gehad het nie.

Dit beteken eenvoudig net dat hy nie deel van daardie dekadente, slegte heersers was nie.

Hy was ‘n Usurpeerder, die verlosser wat van elders gekom het om die bose regering omver te gooi.

Dit dui natuurlik daarop dat Jesus, net soos Urukagina, van elders gaan kom en hierdie bose regerings van ons dag omver gaan werp en ‘n einde van die verdrukking van mense gaan maak.

Hy is ‘n Verlosser sonder ‘n begin of ‘n einde, sonder ‘n aardse stamboom.

MELGISEDEK EN ABRAM

Dis die eerste twee mense wat ek vir jou wou noem waarop ek baie trots is.

JOSHUA EN SALEM

Die volgende besoeker wat my besoek het, was ‘n man met die naam van Josua. In daardie tyd was ek ‘n vooraanstaande stad-staat wat teen die invallende Israeliete geveg het.

Die koning se naam wat destyds in my regeer het, se naam was Adoni-Sedek. Ek lees vir jou hierdie stukkie geskiedenis:

Jos 10:1  En toe Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het—soos hy met Jérigo en sy koning gedoen het, so het hy met Ai en sy koning gedoen—en dat die inwoners van Gíbeon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was,

Jos 10:2  het hulle baie bevrees geword, omdat Gíbeon ‘n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat hy groter as Ai en al sy manne helde was.

Jos 10:3  Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning van Hebron, en na Píream, die koning van Jarmut, en na Jáfia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê:

Jos 10:4  Trek na my toe op en help my, dat ons Gíbeon kan verslaan, omdat hy met Josua en met die kinders van Israel vrede gesluit het.

Jos 10:5  So het dan die vyf Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het Gíbeon beleër en daarteen geveg.

Jos 10:6  Maar die manne van Gíbeon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.

Jos 10:7  Daarop het Josua opgetrek uit Gilgal, hy en al die weerbare manskappe en al die dapper helde met hom saam.

Jos 10:8  En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.

Jos 10:9  Toe Josua hulle skielik oorval—hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek—

Jos 10:10  het die HERE hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het ‘n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkéda.

Jos 10:11  En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die HERE groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.

Jos 10:12  Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ajalon!

Jos 10:13  Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ‘n volle dag.

Jos 10:14  En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die HERE na die stem van ‘n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.

Jos 10:15  Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.

Jos 10:16  Maar daardie vyf konings het gevlug en weggekruip in die spelonk by Makkéda.

Jos 10:17  Toe aan Josua geboodskap en gesê is: Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makkéda—

Jos 10:18  het Josua gesê: Rol groot klippe teen die ingang van die spelonk en stel manne daarby aan om hulle te bewaak.

Jos 10:19  Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die HERE julle God gee hulle in julle hand.

Jos 10:20  En toe Josua en die kinders van Israel hulle heeltemal verslaan het met ‘n baie groot slag totdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle vrygeraak en in die versterkte stede ingegaan het,

Jos 10:21  het al die manskappe by die laer, by Josua behoue teruggekom in Makkéda; niemand het teen die kinders van Israel sy tong verroer nie.

Jos 10:22  Daarop sê Josua: Maak oop die ingang van die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe.

Jos 10:23  Hulle het so gedoen en dié vyf konings uit die spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon.

Jos 10:24  En toe hulle dié konings uitgebring het na Josua, roep Josua al die manne van Israel en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.

Jos 10:25  En Josua sê vir hulle: Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal die HERE met al julle vyande doen teen wie julle sal veg.

Jos 10:26  En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle gedood en hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang tot die aand toe.

Jos 10:27  En teen sonsondergang het Josua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is.

DIE VOLGENDE KONING SE NAAM WAT IN MY REGEER HET SE NAAM WAS ABDU-HEBA

Die volgende koning wat in my regeer het, se naam was Abdu-Heba. In dieselfde tydperk het Akhenaten en Nefertiti in hulle stad met die naam van Akhetaten regeer. Later is hulle hoofstad na Tel el Amarna verander.

Sy naam is teofories, met ander woorde ‘n antieke god is deel van sy naam. Abdu-Heba beteken:  “Dienskneg van die Hettitese godin Heba.”

Hy en die twee vorige Amoritiese konings,  bevestig die feit my vroeëre inwoners deel van my bevolking was.

ESEGIëL

Oor hierdie feite moet ek aan die Bybel krediet gee. Luister hoe een van die profete van die Israeliete hierdie feite bevestig.

Esg 16:3  en sê: So spreek die Here HERE tot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land van die Kanaäniete; jou vader was ‘n Amoriet en jou moeder ‘n Hetitiese vrou.

Esg 16:45  Jy is die dogter van jou moeder, wat ‘n afsku gehad het van haar man en haar kinders; en jy is die suster van jou susters, wat ‘n afsku gehad het van hulle mans en hulle kinders: julle moeder was ‘n Hetitiese vrou, en julle vader ‘n Amoriet.

AMARNATABLETTE

Ek wil ook sommer met my korrespondensie spog wat in Egipte ontdek is. Dit word die Amarnatablette genoem.

Abdu-Heba (onthou jy nog die betekenis van sy naam? Dienskneg van die Hetittiese godin Heba het aan Akhenaten geskryf.

Hy bekla sy lot oor die inval van die ‘Apiru, of Habiru, die Hebreërs wat die grondgebied in besit neem. Hy wil weet waarom die faraoh niks daaromtrent doen nie.

Intussen het die farao en sy hele huis monoteïste geword en wou nie die Hebreërs wat ook die Onsienlike Skepper-God aanbid het skade aan doen nie.  (Ancient New Eastern Text 487–489).

JOSUA EN JERUSALEM

Ek moet julle van die eerste mens vertel wat vir my, Jerusalem, kom verwoes het. Dit was baie seer.

Rigters 1:8  En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.

Dit was vir my ‘n baie groot vernedering. My soldate het hulle bes gedoen om Josua en sy weermag te verslaan. Hulle kon nie. Daar was ‘n groter mag wat hulle gehelp het.

Gelukkig vir my het Josua nie die oorwinning opgevolg nie.

Ek is stadig deur die Kanaaniete en die Jebusiete opgebou.

STAD VAN DIE JEBUSIETE

Ek haal vir jou nog ‘n teks aan waarin mense my met ‘n ander naam genoem het.

Rig 19:11  En toe hulle by Jebus kom en die son al baie gesak het, sê die dienaar aan sy heer: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie stad van die Jebusiete en daarin vernag.

Rig 19:12  Maar sy heer sê aan hom: Ons kan nie uitdraai na ‘n vreemde stad waar nie van die kinders van Israel is nie, maar ons moet verbytrek tot by Gíbea.

Ek wil vir jou net ietsie van hierdie Leviet en sy byvrou van Efraim vertel. As hy in my kom slaap het, sou nie met hom gebeur het wat in Gibea gebeur het nie.

Die bose Banjamiete wou hom Sodomeer en toe stamp hy sy byvrou by die deur uit. Sy is die hele nag verkrag. Toe hy die volgende dag sy reis wou voortsit het hy die lyk van sy vrou op die drempel van die deur gekry.

DAWID EN JERUSALEM

Wil jy raai wie my, die stad van Jerusalem, vir die tweede keer kom verwoes het? Kom ek vertel jou:

Die later bekende Dawid is oor al die stamme van Israel as koning gekroon. Hy het toe besluit om sy hoofstad van Hebron van die stam van Juda, na meer neutrale posisie te verskuif.

Raai waarheen het hy toe sy hoofstad verskuif? Na Jerusalem wat op die grans van Juda en Benjamin geleë was en aan nie een van die stamme behoort het nie.

Toe hy met die beleëring begin het die Jebusiete wat in my gewoon het met hom die spot begin dryf.

Hulle was vas oortuig dat hy my, die goed gefortifiseer bergvesting nooit sou verower nie.

Maar Joab en sy manne het toegang tot my deur ‘n skag gekry. Hierdie skag het my met d ie fontein van Gihon verbind.

Baie van die moderne toeriste wat met die Hiskiatonnel vanaf die Gihonfotein to by die bad van Siloam stap weet nie van hierdie geskiedenis nie.

Ek het Dawid se nuwe hoofstad geword. Maar kom ek lees vir jou wat die Bybel oor hierdie belangrike regeringsverander vertel:

2Sa 5:6  Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek teen die Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe—dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.

2Sa 5:7  Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; dit is die stad van Dawid.

2Sa 5:8  En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat ‘n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel ‘n afkeer het! Daarom sê hulle: ‘n Blinde en ‘n lamme mag nie in die huis kom nie.

1Kr 11:4  En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die land.

1Kr 11:5  En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.

1Kr 11:6  En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal ‘n hoof en ‘n owerste word. Toe het Joab, die seun van Serúja, die eerste opgeklim en ‘n hoof geword.

DIE NUWE JERUSALEM

Maar voordat ek verder oor die res van my geskiedenis vertel, lees ek net vir jou wat ‘n sekere dissipel van Jesus geskryf het. Hy was dikwels saam met hierdie beroemde Rabbi op my strate geloop:

Opn 21:1  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

Opn 21:2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

Opn 21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

Open 21:4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Ek het baie goeie nuus vir jou. Almal wat nog ooit in my gewoon het, het pyn, verwerping, siekte en dood ervaar.

Maar die lewe in daardie ander Jerusalem my geskiedenis nie herhaal word nie.

Mense het aan my gebou maar God self het aan daardie ander Jerusalem gebou. Maak gereed vir burgerskap  waar die son van geluk nooit ondergaan nie.

Was this article helpful?

Related Articles