1. Home
  2. Antike Stede - Personifikasie
  3. Jerusalem
  4. Jerusalem 2 – Dawid Was My Gunsteling Koning

Jerusalem 2 – Dawid Was My Gunsteling Koning

JERUSALEM PERSONIFIKASIE DEEL 2

Kan jy nog die definisie van personifikasie onthou. Dis ‘n baie interessant manier waar ‘n boom of ‘n stad van homself as ‘n mens praat.

En dan kan jy oorself of iemand anders as ‘n derde persoon praat.

Verlede keer het ons oor my verowering van Dawid en Joab gepraat. Dit was vir my ‘n groot eer om hierdie beroemde digter, harpspeler, krygsman en koning te kon huisves.

In Dawid se tyd het ek ‘n nuwe naam gekry:

1 Kronieke 11:7  En Dawid het in die bergvesting gaan woon; daarom noem hulle dit die stad van Dawid.

2 Samuel  5:7  Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; dit is die stad van Dawid.

Ek, die stad Jerusalem het ‘n nuwe belewenis ervaar. My strate het na nuwe musiek geluister. Dawid se pragtige psalms het in my geboue weerklink.

Kom ek vertel jou van ‘n nuwe struktuur wat in my opgerig is:

2 Samuel 5:11  Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid ‘n huis gebou.

Ek het met trots gekyk terwyl die meesterbouers my met hierdie pragtige paleis van Dawid versier het.

Maar dis nie al nie. In sy hooglied kry mens die volgende interessante iets wat hy aan my gedoen het:

Hooglied 4:4  U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.

Ek Jerusalem het my bors uitgestoot omdat ek jaar vir jaar net mooier en veiliger geword het.

1 Kronieke 11:8  En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.

2Sa 5:9  En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou.

Ander tekse wys daarop die Millo binne in my gebou is. Dit was ‘n fortifikasie struktuur wat my swakste gedeelte beskerm het. Die bouer en dit gedurigdeur gefortiseer en self mooier gemaak.

Ek was ‘n trotse, pragtige, versterkte Jerusalem tydens Dawid se regering.

DIE VERBONDSARK

Om te dink die Here se teenwoordigheid Die grootste eer wat my tebeurt geval het, was die keer toe Dawid die ark na my toe gebring het en die allerheiligste plek was nou in my.

Aanvanklik het Dawid die ark in ‘n tent gehuisves. Die Here het hom nie toegelaat om vir Hom ‘n tempel te bou nie.

2 Samuel 6:17  Nadat hulle dan die ark van die HERE ingebring en dit op sy plek neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawid brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die HERE.

Dit was vir my ‘n onvergeetlike oomblik omdat daardie offers die boodskap van ‘n toekomstige Verlosser verkondig het.

2Sa 24:24  Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan die HERE my God brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer.

DOOD VAN DAWID

Dit was vir my ‘n baie hartseer dag toe Dawid begrawe is.

1Kn 2:10  Toe het Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid.

Al die konings vanaf Dawid tot by Agas is in my boesem begrawe. Daar was goeie konings en daar was slegte konings.

Die plek waar hulle berawe is lê bokant die Hiskiatonnel.

Een van die redes waarom die tonnel in my kronkel was om die koninklike grafte nie te skend nie.

KONING SALOMO

Met die koms van Salomo het my voorkoms drasties verander. Ek het gesien hoe sy manjifieke tempel stadig en grasieuse verreis.

Die klipwerk van die tempel het hy uit een van my kwarries gekry.

Die kapwerk is by die kwarrie gedoen sodat die tempel in stilte gebou is.

1 Konkngs 6:7  Vir die bou van die tempel is klaar gekapte klip uit die groewe gebruik. Daar was geen geraas van hamers, beitels of enige ander ystergereedskap by die tempel toe dit gebou is nie.

Jy kan gerus die res van hierdie hoofstuk lees om meer van die tempel te hore te kom.

Al die goud wat Dawid vir die bou van die tempel opgegaar het, het hierdie tempel die mooiste gebou in die hele wêreld gemaak. Ek het van betroue bare bronne verneem dat God self die argitek was en dat Salomo net die instruksies gevolg het.

Vandag terwyl jy my verhaal lees, staan daar ‘n ander konstruksie op dieselfde plek, die Goue Koepel van Islam.

1 Konings 7:1  Aan sy paleis het Salomo dertien jaar gebou voor hy heeltemal klaar was daarmee.

Jy kan gerus die res van hierdie hoofstuk in die Bybel lees.

Ek kon my oë nie glo toe hy met hierdie bouprojek klaar was nie. Terwyl hy hiermee besig was het mense van Fenecië my gereeld kom besoek om met die bouwerk te help.

Hulle het nie die God van die Israeliete aanbid nie en dit het my bietjie bekommerd.

BAIE VROUENS

Later in Salomo se lewe het hy begin om een vrou na die ander te trou. Hy moes vir hulle blyplekke bou. Later het hy ook vir hulle altare van hulle van hulle gode gebou. Ek was vol van hierdie verfoeisels. Dit het my baie onstel.

SALOMO SE DOOD EN REHABEAM SY OPVOLGER

Nadat Salomo se seun Rehabeam gekroon is, het afvaardigers van die tien stamme na hom toe gekom om te hoor of hy nie ‘n bietjie belastingverligting kan inbring nie.

Hy sê toe vir hulle om oor drie dae terug te kom en dan sal hy vir hulle ‘n antwoord gee.

En toe doen hy die domste ding wat ‘n koning kan doen. Ek lees dit vir julle:

1Kn 12:5  Rehabeam het vir hulle gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.” Nadat die volk vertrek het,

1Kn 12:6  het koning Rehabeam die raad gevra van die ouer mense wat in diens van Salomo, sy pa, was tydens dié se lewe. “Wat meen julle moet ek hierdie mense antwoord?” het hy gevra.

1Kn 12:7  Hulle het vir hom gesê: “As u dit goed bedoel met hierdie volk en hulle tevrede stel en hulle ‘n gunstige antwoord gee, sal hulle altyd u onderdane bly.”

1Kn 12:8  Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was:

1Kn 12:9  “Wat meen júlle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die juk wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”

1Kn 12:10  Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “U moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesê: ‘U vader het ons ‘n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.’ U moet vir hulle sê: My pinkie is dikker as my pa se middellyf.

1Kn 12:11  My pa het ‘n swaar juk op julle laat druk, ek gaan die juk nog swaarder maak. My pa het julle met swepe geslaan, ek sal julle met gesels slaan.”

UITSLAG

Wat dink julle was die uitslag van hierdie uiterste dom strategie?

Ek het my status as die hoofstad van 12 stamme verloor. Ek het voortaan net oor twee regeer.

Ek was nie meer die stad wat ek vroeër was nie.

Dit was een groot gemors.

Maar luister na hierdie skok wat my getref het:

1Kn 14:25  In die vyfde jaar van Rehabeam se regering het koning Sisak van Egipte teen Jerusalem opgetrek.

1Kn 14:26  Hy het beslag gelê op die skatte in die huis van die Here en die paleis. Hy het alles gevat, ook die goue skilde wat Salomo laat maak het.

Kan jy jouself in my situasie indink. My mure het vir baie eeue bestaan en hier kom ‘n vyand wat my eers beleër, toe ‘n stuk van my muur afbreek en toe my binneval.

Koning Rehabeam het die Here verlaat en hy het geen verweer teen die Egiptenare gehad nie. Daardie formedabele vyand het my ingeval en die tempel en die paleis van die koning van hulle kobare eiendom beroof.

Dit was vir my baie swaer toe hulle al hierdie goue voorwerpe wegstap.

My finansiële status was daarmee heen. Ek het baie groot lesse geleer. As ‘n stad nie naby die Here lewe nie, het hy geen beskerming nie.

GEEN NUWE AANBOUINGS NIE.

Vir die volgende paar eeue was daar geen aanbouings in my. Dit was eentoninge vervelige tye.

KONING AMASIA SE DOM ONNODIGE OPTREDE

Kom ek vertel jou van een van die konings wat oor my regeer. Die volgende is aangaande hom opgeteken:

2Kn 14:3  Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here, maar nie heeltemal soos sy voorvader Dawid gedoen het nie; hy het alles gedoen wat Joas, sy pa, gedoen het.

Aanvanklik was ek baie bly oor so ‘n godvresende koning want dit het ook voorspoed vir my ingehou.

2 Konings 14:7  Hy het tien duisend Edomiete in die Soutvlakte verslaan en Sela in die oorlog verower en dit Jokteël genoem, soos dit vandag nog bekend staan.

Dit was ‘n baie groot prestasie. Edom was een van my gedugte vyande. Maar toe doen hierdie koning Amasia ‘n baie dom ding wat my groot skade berokken het.

2 Konings 14:8  Amasia het ‘n boodskap gestuur na koning Joas van Israel, seun van Joahas, seun van Jehu: “Kom ons veg teen mekaar.”

14:9  Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda terug laat weet: “Die doringbos op die Libanon laat weet vir die seder op die Libanon: ‘Laat jou dogter met my seun trou,’ en toe kom die wilde diere van die Libanon verby en trap die doringbos plat.

2Kn 14:10  Noudat jy Edom ‘n groot neerlaag toegedien het, soek jy meer roem. Bly liewer by die huis. Waarom wil jy jou in die ongeluk stort en tot ‘n val kom, jy en Juda saam met jou?”

2Kn 14:11  Koning Amasia van Juda het nie geluister nie. Hy het teen koning Joas van Israel opgetrek en in Bet-Semes in Juda het hulle slaags geraak.

2Kn 14:12  Juda het ‘n neerlaag gely teen Israel, en die manskappe het op die vlug geslaan, elkeen na sy huis toe.

2Kn 14:13  Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda, seun van Joas seun van Ahasia, gevange geneem in Bet-Semes. Toe Joas in Jerusalem kom, het hy ‘n stuk muur van Jerusalem laat afbreek van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort, honderd en tagtig meter.

2Kn 14:14  Hy het al die goud en silwer gevat en al die ander goed wat hy in die huis van die Here en in die skatkamers van die paleis kon kry, en dit saam met gyselaars na Samaria toe gebring.

STADSMUUR DIE BESKERMER

Kan jy jou voorstel hoe ek gelyk het met ‘n stuk van my muur wat weg is?

My kosbare mense is as gyselaars na Samaria geneem en die koning van Samaria is met al die goud van die tempel en die paleis daar weg.

SANHERIB

Ek moet julle hierdie storie vertel. In 701 vC het Sanherib Juda binnegeval.

Hy het een van my stadskollegas met die naam van Lagis heeltemaal verwoes. Ek was sy volgende teiken.

Koning Hiskia was baie benoud.

Nadat hy ernstig vir beskerming gebid het, hy nog ‘n ekstra beskermingsmuur om my opgerig. Hy wou seker maak dat hy alles in sy vermoë gedoen het om die vyand uit my te hou.

Maar dis nie al nie. Die ergste in ‘n beleëring is nie net ‘n hongerdood nie, maar ook ‘n dood van dors.

Hiskia het toe die Gihonfontein waar Salomo gekroon was, so beskerm dat Sanherib nie die water kon bykom nie.

Daarna het hy ‘n tonnel gegrawe om die water tot by Siloam te herlei.

STORMRAMME

Ek sal die dag nooit vergeet nie toe die Assiriërs se magtige weermag van so om en by 200,000 van die wêreld se beste vegters my beleër het.

Ek het na daardie reuse stormramme gekyk wat etlike ander stede reeds verwoes het. Ek was vreesbevange.

My reuse mure het van vrees gebede.

En toe het die Assiriese wat my uitgetart en vir my gesê  wie ek dink is ek dat ek teen hom kan stand hou.

Maar daar was nog iets wat die Assiriese grootkoppe gesê het. Daardie woorde onthou ek tot vandag toe:

Jes 36:18  Moenie dat Hiskia julle mislei nie! Hy sê: ‘Die Here sal ons red.’ Kon die gode van die ander nasies hulle lande red uit die mag van die koning van Assirië?

Jes 36:19  Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarwajim? Kon hulle Samaria bevry uit my mag?

Jes 36:20  Wie van al die gode van die ander lande kon sy land red uit my mag? Dan sal die Here mos nie Jerusalem kan red uit my mag nie!”

Toe ek hierdie woorde van die arrogante Assiriërs gehoor het, het ek geweet hulle het te ver gegaan. In die verlede het ek gesien hoe die Here die godsvresende koning beskerm het. Om met die God van Israel skoor te soek, is moeilikheid soek.

Ek was reg. Luister wat toe gebeur het:

Jes 37:33  Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië, sal hy nie in dié stad inkom nie, hy sal nie ‘n pyl hier afskiet nie, nie ‘n skild teen die stad optel nie, nie ‘n beleëringswal daarteen opgooi nie.

Jes 37:34  Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan en hy sal nie weer by dié stad kom nie. Dit is wat die Here sê.

Jes 37:35  Ek sal dié stad beskut en hom red, om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil.”

Jes 37:36  Die engel van die Here het gegaan en honderd vyf en tagtig duisend man in die Assiriese kamp doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, lê die lyke almal daar.

Jes 37:37  Koning Sanherib van Assirië het toe kamp afgeslaan en hy is terug Nineve toe en het daar gebly.

Jes 37:38  Terwyl hy op ‘n dag in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het sy seuns Adrammelek en Sar-Eser hom met swaarde doodgesteek. Hulle het na Ararat toe gevlug, en Sanherib se seun Esarhaddon het hom as koning opgevolg.

Daardie een oggend toe die son sy koppie oor Jerusalem laat skyn, het ek na die derduisende lyke gaan kyk. Rondom my hele hele muur het ek hierdie magtige manne met hulle swaarde en slingervelle sien lê.

HISKIA SE TEOLOGIESE VAL

Aanvanklik was ek baie trots op Hiskia. Hy was vir ‘n lang tyd een van my beste inwoners.

Maar toe gebeur daar iets baie hartseer.

Jes 38:1  In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”

Jes 38:2  Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here:

Pleks dat hierdie belangrike koninklike inwoner van my liewer die volgende gebed gebid het:

“Dankie Here dat U my deur my hele lewe veilig gelei het. As dit nou die tyd is dat ek moet gaan rus, sê ek vir U baie dankie.”

Maar toe bid hy hierdie gebed:

Jesaja 38:3  “Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.” Hiskia het bitterlik gehuil.

Gee die Here met tye toe wat ons van Hom vra al is dit nie altyd tot ons voordeel nie?

Wat het die Here in die tyd van die Rigters gedoen toe die volk vir ‘n koning gevra het?

As Hiskia tog maar net gebid het: “Here laat U wil geskied sou ons die koninklike seël in grond ontdek het nie.

Op die seël het hy die skandelike teken van lewe aangebring.

2Kn 20:7  Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle ‘n vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword.

VERKEERD

Ek gaan ‘n teks lees en jy moet vir my sê wat Hiskia verkeerd gedoen het:

Jesaja 38:22  Toe vra Hiskia: “Wat is die teken dat ek weer na die huis van die Here toe sal gaan?”

Op wat het hy staatgemaak? Op die Woord van die Here deur Jesaja of op ‘n bonatuurlike teken?

2Kn 20:8  Toe vra Hiskia vir Jesaja: “Wat is die teken dat die Here my sal gesond maak en dat ek oormôre weer na die huis van die Here toe sal gaan?”

2Kn 20:9  Jesaja het geantwoord: “Die Here gee jou die volgende teken dat Hy sal doen wat Hy gesê het: moet die skaduwee tien trappe vorentoe gaan of tien terugkom?”

2Kn 20:10  Hiskia sê toe: “Dit is maklik vir die skaduwee om tien trappe vorentoe te skuif. Nee, laat dit tien trappe terugkom.”

Hoe het die astroloë op hierdie astronomiese fenomeen gereageer?

Wat het hulle gemotiveer om Hiskia te gaan besoek?

Jes 39:1  Dié tyd het koning Merodak-Baladan van Babel, seun van Baladan, briewe en geskenke na Hiskia toe gestuur omdat hy gehoor het van Hiskia se siekte en genesing.

Wat wou hulle by Hiskia kom vasstel? Die sonwyser wat tien grade agteruit gegaan het, of  van Hiskia se God wat hom genees het?

Hulle kom toe hier by my aan en my koninklike inwoner vertel hulle van Sy liefdevolle, verlossende genade van sy God.

En die politeïste val op hulle knieë en word aanbidders van hierdie genesende God van Hiskia.

Jes 39:2  Hiskia was bly oor die gesante en hy het hulle sy skatkamers gewys met die silwer, die goud, die kruie en die geurige olie, sy wapenkamer en alles wat in sy voorraadkamers was. Daar was niks in sy paleis en in sy koninkryk wat Hiskia die gesante nie laat sien het nie.

Jes 39:3  Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskia toe en sê vir hom: “Wat het daardie mense gesê en waarvandaan kom hulle?” Hiskia het geantwoord: “Hulle het uit ‘n ver land na my toe gekom, uit Babel.”

Jes 39:4  “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. En Hiskia antwoord: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Daar is niks van my skatte wat hulle nie gesien het nie.”

Jes 39:5  Toe sê Jesaja vir Hiskia: “Luister wat sê die Here die Almagtige:

Jes 39:6  Daar kom ‘n tyd dat alles wat in jou paleis is, weggedra sal word na Babel toe, al die skatte wat jou voorvaders en jy tot nou toe versamel het. Daar sal niks oorbly nie, sê die Here.

Jes 39:7  Van jou eie seuns wat uit jou gebore is, sal gevat word, en hulle sal diens doen in die paleis van die koning van Babel.”

In ‘n volgende lesing gaan ons sien watter ramp Hiskia se afvalligheid op die jong koninklike Daniël

Was this article helpful?

Related Articles