1. Home
  2. Antike Stede - Personifikasie
  3. Jerusalem
  4. Jerusalem 3 – Die Dag Toe Tirus My Verwoes Het

Jerusalem 3 – Die Dag Toe Tirus My Verwoes Het

PERSONIFIKASIE JERUSALEM – VAN JOSIA TOT BY DIE ROMEINE

Het jy al verwaarloos gevoel? Niemand steur hulle aan jou nie. Dis presies soos ek, die stad van Jerusalem gevoel het.

Maar nadat ‘n paar slegte konings wat in my regeer het van die toneel verdwyn het, het daar ‘n agtermekaar koning sy verskyning gemaak.

Kom ek lees vir jou wat hy gedoen het om my weer soos ‘n ordentlike stad te voel het:

2Kn 22:3  In die agtiende jaar van sy regering het Josia die staatsekretaris Safan, seun van Asalja seun van Mesullam, na die huis van die Here toe gestuur met die opdrag:

2Kn 22:4  “Gaan na die hoëpriester Gilkija toe en laat hy die geld gereed kry wat ingebring is vir die huis van die Here, dié wat deur die drumpelwagte by die volk ingesamel is.

2Kn 22:5  Die geld moet oorhandig word aan die mense wat vir die werk aan die huis van die Here moet sorg. Hulle moet daarmee die werkers betaal wat die huis van die Here moet herstel:

2Kn 22:6  die vakmanne, die bouwerkers, die messelaars; hulle moet hout en gekapte klip koop om die tempel te herstel.

2Kn 22:7  Daar hoef nie van hulle rekenskap gevra te word van die geld wat aan hulle oorhandig word nie, want hulle is betroubaar.”

Ag. Ek het amper soos die hoofstad van die hele wêreld begin voel, toe Josia ‘n skielike dood gesterf het.

Sy seuns wat by hom oorgeneem het was so goddeloos dat ek skaam gevoel het oor die feit dat my naam Jerusalem was.

BABILON

Dit was vir my ‘n groot slag toe ek een oggend wakker word en ek sien die volgende toneel.

Die magtige Nebukadnesar en sy duisende soldate het my omsingel.

Daardie selfde gevoel toe Sanherib se Assiriese magte my beleër, het teruggekom.

Vir ‘n maand lank het ek en my inwoners in hierdie vreesagtige onsekerheid verkeer.

En toe gebeur dit. Hy dring my binne en neem beste jongmanne gevange. Een van hulle was die jong prins Daniel.

Ek het nogal gedink hy kan my volgende heerser word.

Die toneel toe hy en ander van die jong prinse daar weggeneem is, sal ek nooit vergeet nie.

Ek haal vir jou ‘n teks aan wat een van die profete wat in my gewoon het, geskryf het.

Jesaja 20:3  Daarop het die HERE gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,

Jes 20:4  so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele—’n smaad vir Egipte.

Ek onthou nog die keer toe Jesaja sonder klere binne in my geillustreer het hoe ballinge gehanteer sal word.

Toe ek Daniël en sy vriende met die Kidronvallei  sien wegstap, het daar so ‘n nostalie oor my gekom.

‘n Ander profeet wat in my gewoon het, het voorspel dat Nebukadnesar uiteindelik weer sal terugkom en my totaal gaan verwoes en wat oorbly sal hy met vuur verbrand.

Maar Jeremia het ook vir die nuwe konings gesê hulle moet hulle nie teen Babilon verset nie. As hulle gaan oorgee, sal hy my en my tempel en my paleise en my wonings nie verwoes nie.

Luister in hoeveel woorde hy dit aan die laaste koning uitgespel het:

Jer 38:17  Daarop sê Jeremia vir Sedekía: So spreek die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: As u vrywillig uitgaan na die vorste van die koning van Babel, sal u siel lewe en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie; en u sal lewe, u en u huis.

Jer 38:18  Maar as u nie uitgaan na die vorste van die koning van Babel nie, sal hierdie stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee word, en hulle sal dit met vuur verbrand; en u self sal uit hulle hand nie vryraak nie.

Ongelukkig het dit gebeur.

JOJAKIM

Toe Nebukanesar in 605 vC Jerusalem beleër het, het hy Jojakim as koning aangestel. Hy was nou Nebukadnesar se vasaal.

Maar ek het my vir die man vervies. Hy was ‘n tipiese opportunis. Toe Nebukandnesar in die jaar 601 met Egipte in geveg begtrokke geraak het, het die Babiloniër ‘n pak slae gekry. Hy is terug Babilon toe om weer sy weermag op te bou.

Dis toe wat hierdie koninkie ophou om sy belasting aan Babilon te betaal. Hy sluit toe sommer ook ‘n verdrag met die farao van Egipte.

Hy moes dit nie gedoen het nie. Sewe jaar later was Nebukadnesar terug. Ek het gewonder of hy my sou verwoes.

Luister wat die jong prins Daniël in Babilon oor Jojakom opgeteken het:

Dan 1:1  In die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.

Dan 1:2  En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met ‘n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.

Ek was weer ‘n keer beleër.  Ek het gevrees dat ek as gevolg van die rebelse koning vernietig sou word. Dit het egter nie gebeur nie.

Intussen tyd het Jojakim gesterf en sy seun Jojagin het hom opgevolg.

Die mannetjie het net drie maande en 20 dae regeer. Gelukkig het hy Jeremia se raad gevolg en in die jaar 597 vC na die Babiloniërs oorgestap.

BALLINGSKAP

Nebukadnesar het tienduisend van die room van my inwoners in ballingskap geneem. Onder hulle was ‘n jong man wat later ‘n profeet sou word.

‘n Kollega van my, die Sumeriese stad van Nippur het my laat weet dat my manne daar aangekom het. Hulle langs die Kebarrivier van Nippur gaan woon.

VERLEENTHEID

Kan jy jou indink wat se verleentheid my getref het. Ek het nie meer soos deftige beroemde Jerusalem gevoel nie. Ek het meer soos ‘n plattelandse ou dorpie gevoel.

Nebukadnesar het die tempel- en paleisskatte gestroop. My beste ambagsmanne en geleerdes was weg. Ek het met ‘n klomp  agterlike burgers opgeskeep gesit.

SIRKUS

Ag tog. Ek en my agterlike inwoners het omtrent soos ‘n sirkus opgetree. Die nuwe koning wat Nebukadnesar aangestel het, se naam was Sedekia.

Op ‘n keer moes hy sy trou aan Nebukadnesar gaan betoon. Die Babiloniese koning het ‘n goue beeld opgerig en hy was deel van die staatshoofde van die omliggende lande wat op die dal van Dura bymekaar gekom het.

ORKES

Koning Nebukadnesar het die amptenaar beveel om voor die beeld neer te val wanneer die groot orken begin speel. Wat hy gedoen het, was lafhartig. Hy het gebuk maar sy skoenrieme vasgemaak.

Hy het nie trou aan die koning van Babilon gesweer nie.

Hy was skaars terug my die moederstad of hy heul met Egipte.

MY 586 VERWOESTING

Kort voor lank het Babiloniese leërs my sterk mure omsingel. Sedekia het geweier om hom aan Nebukadnesar oor te gee.

Die reuse stormramme het aanhoudend teen my mure gestamp totdat hulle op een plek die muur verwoes is.

Argeoloë het die plek geïdentifiseer en mense kan dit vandag kom besoek.

Van ‘n trotse stad met heilige en onheilige geskiedenis het ek nou in ‘n klomp rommel verander.

Die jare het stadig verby gegaan. Tien jaar, twintig jaar, dertig jaar.

Ek onthou nog die ernstige waarskuwende profesie van Jeremia:

Jeremia 29:17  so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek stuur die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle, en Ek sal hulle maak soos bedorwe vye wat te sleg is om te eet.

Jer 29:18  En Ek sal hulle agtervolg met die swaard, die hongersnood en die pes; en Ek sal hulle ‘n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde: ‘n voorwerp van vervloeking, van verbasing, van bespotting en van smaad onder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het;

Jer 29:19  omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek die HERE, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek die HERE.

Dit alles het haarfyn in vervulling gegaan. Eers die ballinge van die 597 beleëring en toe die beleëring van 586.

Nog tien haar het stadig verby gegaan. Uiteindelik het ek in my ruïnes die vyftigste jaar van verwoesting herdenk. Sou die volgende profesie van Jeremia ook waar word?

Jer 29:10  Want so sê die HERE: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.

Jer 29:11  Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.

Jer 29:12  Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

Jer 29:13  En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Jer 29:14  En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.

DIE BALLINGE KOM TERUG

Did was ‘n geskiedkundige oomblik toe 50,000 ballinge na 50 jaar by my opgedaag het.

Eers het hulle begin om die tempel te herbou. Dit het 12 jaar gevat maar uiteindelik het ek begin fatsoen kry.

Esra 6:16  En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.

Dit was vir my ‘n groot oomblik toe ek weer gelukkige mense in my gesien het. Vir jare het ek na die  geklank van mense stemme verlang, en nou het dit weer gebeur.

Daarna is my mure herbou. Dit het onder groot druk gebeur want die Samaritane wou nie sien dat ek weer herbou moet word nie.

Neh 6:15  En die muur is voltooi op die vyf en twintigste van Elul, in twee en vyftig dae.

Dit was in die jaar 444.

Nehemia se muur was op dieselfde plekke herstel waar die muur gestaan het wat Nebukadnesar verwoes het. Dit het vir my soos die ou dae gevoel.’n Stad sonder ‘n muur was nie eintlik ‘n stad nie. Ek moes iets gehad het om my te kon beskerm.

ALEXANDER SE BESOEK

Die volgende opwindende besoek was die van Alexander die Grote. Ek was so bang dat hy my sou verwoes. Gelukkig het dit nie gebeur nie want die Hoëpriester Johanan het aan hom die profesie van Daniël 8 uitgelê.

Daarin kon Alexander die Grote sien dat die profeet Daniël sy koms voorspel het. Pleks dat hy ons vyand geword het, het hy ons vriend geword.

GRIEKS

Maar ek moet die volgende inligting met julle deel. Ek was in hierdie tyd deur Hellenisme beïnvloed. Orals het jy mens hoor Grieks praat. Die denke van mense, hulle kleedrag, hulle gewoontes het in my posgevat.

Dit was veral onder die heersersklas wat in direkte kontak met die Grieke was.

Hierdie mense wou van my ‘n Griekse stad maak soos die ander stede wat vergrieks geraak het. ‘n Griekse gymnasium en ateltiek het ‘n vastrap plek in my gekry.

Maar die grootste gedeelte van die Joodse gemeenskap het toe in opstand gekom. Veral oor Antiogus Epifanus 4 se pogings om die Jode met geweld te forseer om Hellenisties te word.

Hy het die tempel ontheilig deur varke daar vir die heidense gode te offer. Dit het tot die Makabeër opstand gelei.

Toe hulle vir my, Jerusalem hulle hoofstad gemaak het, het daar weer groei plaasgevind.

In 165 het Judas Makkabeër die tempel weer toegewy. Hulle het ook ‘n kasteel gebou en dit die vesting van Antonio genoem.

DIE ROMEINE

Asof ek nie genoeg woelinge ervaar het nie, het die Romeine onder Pompei my in 63 vC kom verower. Hulle het ‘n stuk van die muur verwoes. Dit was vir my en die inwoners ‘n groot skok.

Crassus die rykste en gierigste Romein het die temple in 54 vC kom plunder.

In 40 vC het die Partiane my ook kom plunder. Drie jaar later in 37 nC het Herodus die Grote my nuwe eienaar geword. Hy het my nuwe waarde gegee. Mure is gerestoureer, en talle nuwe geboue is opgerig. Ek het baie spoggerig begin lyk.

Op hierde stadium was die tempel vyf eeue oud. Kan jy jou voorstel hoe hy teen hierdie tyd gelyk het?

Herodus was van plan om meer as net restourasie te doen. Hy was van plan om ‘n splinternuwe struktuur op te rig. Daar moes sterk mure om die tempelkompleks opgerig word.

Hierdie ambisieuse werk het in die jaar 20 vC begin. Die sentrale tempel is binne 18 maande voltooi. Die res van die ander bouwerk aan die groot tempel, is eers in 64 nC voltooi.    

Twee jaar voor die groot Joodse opstand teen Rome in 66 nC begin het.

Gedurende die regering van Herodus die Grote (37–4 vC), sy seun Argelaus (4 vC tot 6 nC) en Agrippa I  (41–44 nC), was ek die hoofstad van die land.

Ek het hierdie status verloor toe twee Romeinse prokuraters  Caeserea die hoofstad gemaak het. Hulle het my net gedurende belangrike feestye besoek om enige opstande te monitor.

Daar was net ‘n Romeinse wag in Antonio se vesting wat na die wet en orde gehandhaaf het.

JOODSE OPSTAND

My senuwees was klaar toe die Joodse opstand in die lente van 66 nC begin het. Dit was vreeslik om te sien hoe bloed in die strate gevloei het.

Onder  Gessius Florus, die laaste prokurator van Judea het die Jode die heidene  en Joodse heidene begin afmaai het. Tydens hierdie senofobiese slagting was daar nie ‘n spoor regeringsingryping nie.

Cestius Gallus, die Siriese gesant het in 66 nC beheer van Judea oorgeneem en teen arme Jerusalem opgeruk. Nou moet julle weet hoeveel is ek al deur hierdie benoudheid.

Alhoewel hy tot by die noordelike beskermingsmuur van die tempel deurgedring het, het hy vir redes waarvan ek geen kennis dra nie, net eenvoudig teruggeval en gevlug.

Die Joodse soldate het hom agtervolg en 6000 Romeine om die lewe gebringvoor hy by Antipatris (Bybelse Afek) aangekom het.

Laat my toe om iets interessants oor hierdie tyd met jou te deel. Een van die dissipels wat my dikwels besoek het, het die volgende profesie van Jesus aangehaal:

Luk 21:20  En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.

Luk 21:21  Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.

Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

Mat 24:16  dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

Mat 24:17  wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;

Mat 24:18  en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.

Mat 24:19  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.

Mat 24:20  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.

Die Christene het hierdie geleentheid gebruik om my te verlaat en na die Pellaomgewing te vlug. Dit was in Novermbermaand op ‘n Woensdag. Toevallig het hulle by dieselfde plek gaan skuiling soek waar Elia en Jesus etlike jare gaan skuiling soek het.

Van 66 nC tot 70 nC het ek nie onder aanvalle gelei nie.

Gedurende die drie jaar se oorlog teen Rome het daar drie militêre faksies by my kom intrek.

Toe Titus my in 70 nC met 80,000 Romeinse soldate my kom beleër het die drie faksies teen mekaar geveg. Die bloed het weereens in my strate geloop.

Tydens die vyf maande-lange beleëring het die faksies teenmekaar geveg.

na die ander die ander faksie gevange geneem. Ek kan nie vir julle die afmetings van die hongersnood beskryf nie.

Meer as ‘n  100,000 het tussen my mure vanaf vroeë Mei en laat Julie gesterf.

In Augustus is die tempel teen Titus se wense afgebrand. Nog ‘n gedeelte van my is in September verower.

Meer as ‘n miljoen Jode het hulle lewens tydens die beleëring verloor en 97,000 is as gevangenesse na Rome geneem.

Ek is tot op die grond verwoes sodat die wêreld kon sien hoe Rome die stad met die sterkste mure kon verwoes.

Al wat hulle in my gelos het was ‘n stukkie van die westelike temple muur en drie torings van Herodus se paleis.

Dit moes as monumente van my vroeëre glorie dien.

Volgende keer gaan ek julle van Jesus vertel wat my dikwels kom besoek het toe ek nog gepronk het.

Ek lees vir wat hy op ‘n keer vir die dissipels voorspel het:

Mat 24:1  En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.

Mat 24:2  En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

Mat 24:3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

Hierdie klompie klippe langs die tempelberg vertel van die betroubaarheid van Jesus se profesie.

Volgende keer wil ek vir julle die bad van Betesda en Siloam gaan wys waar Jesus besoek het. Kom loop op die plekke waar Hy geloop het en ervaar ‘n klien stukkie van die liefde wat Hy vir die randfigure van die samelewing getoon het.

Was this article helpful?

Related Articles