Betésda
Daar is ‘n paar baie interessante plekke wat jy kan besoek wanneer jy my kom besoek. Die Bad van Betesda is baie maklik om te kry.
Vanaf die Kidronvallei stap jy na Lion’s Gate. Die ander naam is St. Stephen’s Gate. Dis hier waar Stefanus gestenig is en dis hier waar ons van Paulus lees wat bywas toe hierdie godsman met klippe doodgegooi is.
Stap regop met die pad wat Via Dalarosa genoem word. Aan jou linkerkant?
Waar die koepel tans staan, het die tempel vroeër gestaan. Voor Jesus daardie Sabbat by die tempel gaan bid het, het Hy vinnig by die Bad van Betesda ingestap. Dis net so ‘n paar treetjies vorentoe.
Ek gaan een van die ou mure van Betesdat vra om te vertel wat hier gebeur het.
Luister wat hy vertel en aanhaal.
Hy lees eers wat Johannes geskryf het:
Joh 5:1 Hierna was daar ‘n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
Joh 5:2 En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort ‘n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.
Terwyl Hy alleen gestap het, peinsende en biddende, het Hy by die bad gekom. Hy het gesien hoedat die arme siekes waggehou het vir wat hulle gemeen het hulle enigste kans op genesing was. Hy het verlang om Sy krag van genesing te gebruik en elke sieke gesond te maak.
Vraag? Hoekom het Hy dit nie gedoen nie?
Maar dit was die Sabbatdag. Skares het na die tempel gegaan om te aanbid, en Hy het geweet dat as Hy hulle sou genees, dit die vooroordeel van die Jode sou opwek en Sy werk sou beëindig. KE 198.3
Huis van genade. Dis so ‘n mooi naam maar dis net Jesus se besoek wat hierdie naam betekenis gegee het.
Soos wat Hy ‘n verlamde ellendeling hier by Betesda sy genade kom betoon het, so het Hy vir ‘n wêreld wat geestelik verlam is deur sonde, ook genade kom bewys.
Joh 5:3 Daarin het ‘n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.
Hoekom het Jesus nie almal genees nie?
Joh 5:4 Want ‘n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
Die roering van die water was waar maar die storie dat ‘n engel dit kom roer het, was bygeloof.
Die sterker mense wat hier gelê het, het die swakkes vertrap om eerste by die water te kom.
Baie van hierdie arm genade- en genesingsoekers het op die kant van die water gesterf.
Hier kry ons ‘n skewe beeld van genesing. Hoe sterker en selfsugtig jy is hoe groter jou kans op genesing.
En Jesus kom openbaar God se liefde en sê vir ons dat die hopelooste ellendeling vir God se liefdevolle genade kwalifiseer.
Dis miskien mense soos ek en jy.
Die naam van Betesda wat huis van genade beteken, was baie ongenadig want die water is net periodiek geroer.
Jesus het kom illustreer dat Sy genesende genade nie periodiek vir ons beskibaar is nie, maar onophoudelik beskikbaar.
Titus 3:11
Joh 5:5 En ‘n sekere man was daar, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het.
Hierdie arm invalide was sonder vriende, ‘n hopelose verlamde. Sy toestand was die ergste van almal wat op genesing gewag het.
Joh 5:6 Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ‘n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
Te veel klem op die man se wil moet vermy word.
Die Grieks bring stel die vraag baie eenvoudig: “Is dit jou begeerte om genees te word.”
Dis ‘n retoriese vraag want die man wou baie graag genees word. Dit het egter gedien om sy aandag op Jesus en die probleem van genesing te plaas. Nie op sy wil nie maar op Jesus.
Joh 5:7 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ‘n ander een voor my in.
Die arm pateet vertel die verhaal van sy fisiese ellende; vriende wat hom versaak het; die herhaalde hoop of genesing en die herhaalde teleurstelling.
Op hierdie stadium was sy hoop op genesing nog steeds op die veronderstelde wonderwerkende krag van die water. Dit het nog nie by hom deurgedring dat Jesus hom kon genees nie.
Die Joodse geloof het geleer jy moet iets doen om genees te word. Nie net by Batesda nie, maar ook in jou geestelike lewe.
Joh 5:8 Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.
Ons het by die mense van Kapernaum gehoor dat Jesus dieselfde woorde by ‘n verlamde man gebruik het:
Markus 2:11 Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
Hier is soveel dieptes in hier paar woorde van Jesus. Sonde het ons verlam. En nou sê Hy vir jou en my om op te staan en huistoe te gaan. Na watter huis dink jy?
Johannes 14:1-3
OORSAAK VAN SY SIEKTE?
Sy sonde en sy ongesonde leefstyl. Hoe het hy sy siekte ontleed? Die priesters sou vir hom gesê het dat die straf van God nou op hom rus. Sy jare lange pogings om genees te word, sy en sy angs, sy skuldgevoelens, sy teleurstellings, het hom toetaal uitgeput.
Hy het nou gewag dat hulle hom in die Hinnomvalei tussen dooie karkasse van mens en dier gaan neer smyt.
JESUS SE STEM
Die ruïnes sê vir ons hulle het Jesus se stem vir die eerste keer gehoor want dit was die eerste keer dat Hy hier besoek het.
Nog nooit vantevore het hulle so ‘n melodieuse stem gehoor nie. Hulle sien hoe Hy by die sterwende siek sondaar neerkniel en praat.
Daar is ‘n omgee in daarde stem wat hulle nog nie van te vore gehoor het nie. Daar is liefde in Jesus se stem. Sy stemintonasie spreek van vergifnis en omgee wat hulle nog nooit van te vore gehoor het nie.
Iemand skryf die volgende:
“Die siek man het op sy mat gelê en so nou en dan na die water gekyk, toe ‘n tere, ontfermende gesig oor hom buig met die woorde, Wil jy gesond word?” Daar het weer hoop in sy hart gekom. Hy het gevoel dat hy, hoe ook al, gaan hulp kry.
Maar hy het gou weer moedeloos gevoel. Hy het onthou hoe dikwels hy al probeer het om die water te bereik, en nou het hy maar min hoop gehad om te lewe totdat die water weer geroer word. Moeg het hy geantwoord, “Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ‘n ander een voor my in.” KE 199.2
Jesus het nie hierdie lyer gevra om geloof in Hom te hê nie. Hy het eenvoudig gesê, “Staan op, neem jou bed op en loop.”
Sy geloof het op daardie bevel gereageer. Elke senuwee en spier het met nuwe lewe, en krag in sy verlamde bene gewibreer. Sonder om teë te praat, het hy sy wil in werking gebring om die bevel van Christus te gehoorsaam, en al sy spiere het sy wil gehoorsaam. Hy het opgespring en gevind dat hy n gesonde man was. KE 199.3
Jesus het hom geen versekering van goddelike hulp gegee nie. Daardie man kon bly lê en twyfel, en sy enigste kans om gesond te word, verbeur. Maar hy het Christus se woord geglo, en deur daarop te reageer, het hy krag ontvang. KE 199.4
Deur dieselfde geloof kan ons geestelike genesing verkry. Deur die sonde is ons afgesny van die lewe van God.
Ons siele is verlam. Van onsself is ons net so magteloos om ‘n heilige lewe te lei as daardie lam man was om te loop.
Daar is vele wat hulle hulpeloosheid besef, en wat verlang na daardie geestelike lewe wat hulle in ooreenstemming met God sal bring; hulle probeer tevergeefs om dit te verkry.
In wanhoop roep hulle uit, “Ek, ellendige mens! wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?” Rom. 7:24. Laat siek, moedelose, worstelende mense opkyk.
Ons Verlosser buig neer en sê met die grootste ontferming, “Wil jy gesond word?”
Hy beveel jou om op te staan in gesondheid en vrede. Moenie wag om te voel dat jy gesond is nie.
Glo Sy woord en dit sal gebeur. Plaas jou wil aan die kant van Christus. Besluit om Hom te dien, volgens Sy woord optree en krag ontvang.
Die bande van sonde wat jou so lank gebind het, sal deur Christus verbreek word.
Joh 5:9 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.
Oombliklik in ‘n breuk van ‘n sekonde loop hy weer vir die eerste na 38 jaar.
Joh 5:10 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
Wat is die boodskap van die Sabbat?
Eks 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Die Sabbat is fees wat gevier moet word omdat God die magtige liefdevolle Skepper is. En dit rus is die rus van ‘n verhouding met ons Skepper wat ons op ‘n Sabbat moet ontvang.
Het God daardie Sabbat geskep? Ja. Daar was niks oor van die sterwende terminale wrak van ‘n mens nie.
Soos wat God vir Adam geskep het, so het Hy hierde nuwe mens geskep.
Waarvan nog is die Sabbat ‘n gedenkteken?
Deuteronomium 5:15 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland ‘n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.
Die tweede teken is net so belangrik as die eerste. Die Sabbat is ‘n simbool van redding.
Het hierdie twee aksies daardie Sabbat met hierdie man gebeur? Saam met sy nuut geskape liggaam kry Hy vergifnis van sy sonde. Hy ervaar verlossing.
Toe daardie man daardie Sabbat met sy op opslaanbedjie tussen die Sabbathouers stap, was hy praktiese illustrasie van hoe die Sabbat lyk.
Hy was ‘n personifikasie van die Sabbat.
Hy het ons hier by Batesta nuwe waarde en status gegee.
Joh 5:10 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
Is dit nie die beste advertensie van die aakligheid van legalisme nie. Daar het nog nooit voorheen so ‘n lelike tentoonstelling van hierdie gruwelike sonde sy kop hier tussen my mure uitgesteek nie.
Pleks dat hulle die Here dank dat Hy die ergste geval van siekte genees het, kla hulle die man aan oor ‘n wet wat hulle gemaak het wat glad nie in die Bybel staan nie
Joh 5:11 Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.
Hy beroep hom nie op die klomp Joodse wette nie, maar op ‘n hoër gesag, die van die Here van die Sabbat.
Joh 5:12 Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?
Wie wil hulle eintlik bykom? En die rede? Omdat Jesus dit waag om goddelike gesag en wet bokant hulle legalistiese klomp Sabbatreëls te ag.
Joh 5:13 Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar ‘n skare op die plek was.
Jesus het weggeglip sodat die Jode na ‘n voorstelling van ware Sabbatsviering kon kyk.
Jesus wou ook gehad het die duisende besoekers uit ander lande die ware illustrasie van die verlossingsboodskap van die Sabbat na hulle lande moes terugneem.
Joh 5:14 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
Hy kyk in die oë van Jesus en wat sien Hy? Die liefde van God die Vader wat uit hom straal.
Die intieme verband tussen fisiese genesing en die vergifnis van sonde is geïlustreer soos wat dit met die verlamde se genesing die geval was.
Joh 5:15 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.
oh 5:16 En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.
oh 5:17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
JERUSALEM
Ek Jerusalem voel nederig omdat dit hier was waar Jesus hierdie groot wonderwerk verrig het; dit was hier waar Hy verklaar het dat Hyen die Vader een is en dat Hulle elke dag werk om mense tot redding te bring.
En Jesus se talle genesings op die Sabbat wys baie duidelik dat vir elke mens die simbool van Sy skeppings- en verlossingsmag is.
Jesaja 58:13 sê ons moet die Sabbat ‘n verlustiging noem. Die rede? Omdat elke week op die Sabbat word ons aan die twee karaktereienskappe van God herinner. Hy is die Skepper en Hy is ook die Herskepper.
As jy nog nie die Sabbat op grond hiervan gevier het nie, nooit ek jou uit om hierdie groot geestelike ervaring te kom geniet.
Die viering van die Sabbat nooi ons uit om aan ander te doen wat Hy aan ons gedoen het.
Kom op ‘n Sabbat na mense toe waar hoop en die sin van die lewe nie bestaan nie.
Kom na mense toe wat nog nooit die vreugde van vergifnis vir hulle eie sondes en hulle griewe teen ander mense ervaar het nie.
Vertel hulle van ‘n Skepper wat op ‘n Sabbat graag die mooi van vergewensgesindheid in hulle wil skep; die mooi om lelike mense lief te kry in hulle te skep; om die mooi van vegenoegdheid in hulle te skep.
Gaan na mense toe wat in die tronk van legalisme, wettiesheid sit. Vertel hulle van die Here van die Sabbat wat gewillig is om hulle sonde skuld heeltemal af te skryf.
Die Sabbat spog met ‘n prestasie wat niemand kan ewenaar nie; die prestasie van die moontlikheid dat Hy die grootste, die ergste, die slegste,die vuilste sondaar deur Sy bloed volkome kan verlos.