1. Home
  2. Antike Stede - Personifikasie
  3. Jerusalem
  4. Jerusalem 7 – Grafte Het Oopgegaan En Dooies Het Opgestaan

Jerusalem 7 – Grafte Het Oopgegaan En Dooies Het Opgestaan

JERUSALEM DIT IS VOLBRING (7)

JERUSALEM PRAAT

Ek wil baie graag van my mooiste herinnering oor my geskiedenis met julle deel.

Dit wat Jesus hier tussen my vier mure en my omgewing kom doen het, is vir my baie kosbaar.

Dit was een Vrydagmiddag om 1500. Daar was ‘n aardbewing soos wat ek nog nooit vantevore beleef het nie.

GRAFTE SKEUR OOP

Ek besit seker die kosbaarste grafte in Jerusalem. En nou verwys ek nie na die moderne grafte wat tans op my Olyfberg bokant die Kidronvallei opgerig is nie.

Amper bo-op die kruin van die Olyfberg is daar een groot grafkelder waar talle mense van baie lank gelede begawe is.

Twee van die grafte behoort aan Maleagi en Sagaria.

Aan die suide kant van die Kidronvallei is daar ook talle grafte.

Stap saam met my dan wys ek vir jou sommige van die grafte.

Julle sal miskien nie weet wie almal hier gebrawe is nie, maar ek weet.

DIE MENSE

Jy wil miskien vir my vra waarom ek hierdie inligting met jou deel? Dis ‘n baie interessante gebeurtenis met geweldige groot teologiese waarde.

Dieselfde oomblik toe Jesus die  Sondagoggend toe Jesus uit die graf opgewek is, het daardie doodsbeendere lewe gekry, opgestaan en in my strate kom rondloop.

Die Bybel sê nie vir julle wie hierdie mense was nie. Eers met die wederkoms van Jesus sal julle uitvind. Ek ken natuurlik elkeen van hulle omdat ek al vir meer as vierduisend jaar bestaan en elke mens wat ooit in my gewoon het, persoonlike geken het.

FARISEëRS EN DIE SADUSEëRS HET VERSKILLEND OOR DIE TOESTAND VAN DODE GEGLO

Kan jy jouself voorstel as een van hierdie mense met Kajafas die Hoëpriester sou besoek het.

Hy sê vir hom: “Kaiafas jy glo nie dat daar ‘n opstanding is nie. My naam is Jesaja. Toe Jesus Sondag uit die graf gekom het, het ek en nog baie ander van die heiliges uit die graf voortgekom. En Kajafas ek wil jou nog iets vertel. Ons het elkeen ‘n onsterflike liggaam ontvang. En wanneer Jesus 40 dae later na die hemel gaan opvaar, gaan ons saam met Hom opvaar.”

Kan jy die skok op hierdie vermetelde man se gesig nie. Hy is spierwit geskrik.

En sê nou maar dit was Jesaja wat verder met Kajafas praat en hy sê vir hom:

“Onthou jy die woorde van Jesus toe jy hom soos ‘n krimineel behandel het? Hy het gesê dat jy Hom weer gaan nie. Nie soos Hy toe gelyk het nie, maar soos Hy in die volle goddelike glans saam met Sy Vader gaan kom om Sy getroue kinders huistoe te neem.”

As dit Jesaja was kon hy miskien vir Kajafas na Jesaja 53 verwys het. Daar voorspel dit presies hoe Jesus sou ly. Miskien kon hy vir Kaijafas gevra of hy nog nooit daardie hoofstuk gelees het.

EERSTELINGSGERF.

Dan is daar die sememoniële van die Eerstelinggerf. Het hy miskien vir Kajafas verduidelik dat Jesus die eerstelingsgerf uit die dood was. Het miskien vir hierdie vername geestelike leier vertel dat hy, Jesaja, deel is van die vervulling van die ander eerstelingsgerwe wat 40 dae later saam met Jesus hemeltoe geneem gaan word.

Jesus sou dan vir die Vader gesê het dat ons wat opgewek is die eerstelingsgerwe van Sy verlossingswerk is. Ons is ‘n voorbeeld van die ander gerwe, die ander verlosted wat met Sy wederkoms hemel toe geneem gaan word.

JESUS SE VERRAAD

Toe Judas homself as volgeling van Jesus kom aanbied het, het ek geweet hy het bymotiewe.

Ek het hom fyn dopgehou en gesien hoe hy van die bietjie ou geldkies steel wat mense vir Jesus en sy dissiepels geskenk het.

Die aand by die fees van Simon het hy homself oor die verkwisting van geld uitgespeek. Hy het gevoel dat Maria liewer die geld wat sy op die Nardussalf uitgegee het, vir die dissiepels se behoefte kon gegee gewees.

Nou is al daardie geld op Jesus se voete gemors.

Ek het gesien hoe hy daardie Saterdagaand na die Sanhedrin toe gegaan het en beloof het hy sou Jesus aan hulle uitlewer. Skynheilig het hy later daardie aand weer by die dissiepels aangesluit net om Jesus se bewegings dop te hou sodat hy Hom kon arresteer.

GETSEMANE

Die bome wat jy vandag daar sien, is kinders van die bome toe Jesus hier kom worstel het.

Van ewigheid af het God die Vader en God die Seun besluit dat hulle die straf van die mensdom op Hulle sou neem. Jesus het Sy glorie in die hemel agtergelaat en deel van die armstes van die armes kom word.

Van Sy geboorte tot Sy dood het die Satan Hom nie vir ‘n oomblik met rus gelaat nie. Hy was daarop uit om Jesus net met een misstap te laat struikel. Ek het hom fyn dopgehou maar Jesus het vlekkeloos, selfverloënd, en hoflik Sy verlossingsloopbaan op aarde voltooi.

WROEGING

Ek hou vir Jesus dop toe Hy daardie aand met Sy 11 dissiepels die tuin van Getsemane binnestap.

Skielik stap Hy die pyn van die ganse mensdom binne; retrospektief, hede en toekomstig. Die impak is so erg Hy begin struikel. Die dissiepels moes Hom ondersteun.

Eenkant, dieper in die tuin praat Hy met Sy Vader. Hy wil weet of die bitter beker met die pyn van die mensdom nie verby kan gaan nie. Kan jy jou voorstel. Dis nie net jou pyn nie, dis elke liewe mens se pyn. Die opgehoopte pynervaring Hy nou instap is te veel om te hanteer. Hy huils.

Maar dan bid Hy: Nogtans nie My wil nie, maar laat U wil geskied. Plaas jouself in die Vader se emosies. Gaan Sy liefde vir die mens Hom toelaat dat Jesus ons pyn moet opdrink.

SLAPENDE DISSIEPELS

Die dissiepels is emosioneel uitgeput. Hulle bakleiery ondermekaar toe die slaaf nie opgedaag het om hulle voete te kom nie. Dit was erg. Maar toe Jesus voor hulle met ‘n skottel water kom kniel en hulle voete begin was, was dit ‘n emosionele uitputtende oomblik.

Hulle was so skaam en het verskriklik onwaardig gevoel. Hulle het daardie Donderdag vroeg opgestaan en dit was nou net na middernag.

Jesus het skaars vir hulle gevra om vir Hom te bid, val hulle aan die slaap.

Iewers in die tuin begin Jesus aan nog ‘n beker begin drink. Dis die beker van die mensdom se sondeskuld. Daardie aaklige naar gevoel wanneer iemand van sy dronkenskap nugter word en besef hy het sy vrou en kinders geskiet.

Hy worstel met die wrangsmaak van die sigopaat. As daar ooit ‘n beker was om leeggedrink te word, was dit die beker van die sondes van die mensdom van die begin van die wêreld se sondes tot die einde van die wêreld se geskiedenis.

Die dissiepels bid nie, hulle slaap. Jesus slaap nie want die sondes van die wêreld hou Hom wakker.

Terwyl Hy die derde keer bid en die Vader vra wat die moontlikheid is om die beker van Hom weg te neem, bars die fyn aartjies in Sy gesig en val die druppels bloed op die koue grond. Hy gryp aan die aarde wat Hyself gemaak het om te kyk of dit Hom nie so help nie.

Toe gryp Hy die beker en begin aan die walglike, bitter sondes van die mensdom te drink. Die psigiese gewig is so erg dat dit Hom wil vernietig. Die Vader stuur oomblik ‘n engel om Hom van ‘n gewisse dood te red.

Dit wat Jesus uiteindelik die beker laat drink was die vreugde wat Hy sou ervaar wanneer Hy die geredes eendag in die koninkryk gaan sien.

 

‘n Rukkie later het Judas met ‘n bende van ongeveer ‘n 1000 daar aangekom.  Nadat Hy Jesus met ‘n soen gegroet het, die gespuis op Hom toegesak en na Kajafas se paleis geneem.

Die vier verhore was die grootste litigasieskande in die geskiedenis van ons planeet. Bose regters vind die sondelose Seun van God skuldig. Hulle blinddoek Hom en slaan Hom met die vuis. Hulle spoeg Hom in die gesig.

Hy word met 26 katshoue oor Sy bors geslaan.

Onder in die sel van die paleis word ‘n stukkendgeslaande bloeiende Jesus in donkerte gehul. Met dagbreek is hy na die briljante papbroek Pilatus geneem. Hy laat Hom met 39 katshoue oor die rug slaan om die simpatie van die aanklaers te ontlok.

Na ‘n vernederende skuldigbevinding voor Herodus en Pilatus ontang hy nog 39 katshoue.

Hy moet Sy eie kruis dra maar Hy is heeltemaal gedihidreer van bloedverlies. Nog ‘n paar skoppe van die Romeinse soldate maar Hy bly lê.

Simon van Sirene word gekomandeer om Sy kruis te dra.

Negeuur die oggend slaan hulle die spykers deur Sy hande en Sy voete. Vir drie ure word Hy deur mense gespot en beskimd wat Hy self geskape het.

Twee skurke hang langs Hom. Die een beledig Hom die ander een vra vir Redding. Jesus beloof Hom hy sal saam met Hom in die paradys wees.

Twaalfuur was sy liggaam en Sy psige byna onaanskoulik. Die Vader gaan dit nie langer tentoonstel nie, en die son hou sy ligstrale weg. Ek glo Hy sal eendag vir jou van daardie drie ure duisternis vertel.

Toe die lig drieuur die middag weer begin skyn, roep Jesus die eensaamste, pynvolste, verwerpende woorde uit wat nog ooit opgeteken is. My Vader, My Vader, waarom het U my verlaat.

En toe Sy kop op Sy bors val, kry ons die antwoord. Asgevolg van liefde vir sondaars was die Vader se besluit dat Hy Jesus gaan verlaat, laat sterf, sodat die mensdom gered kan.

Want so lief het God die Vader die wêreld gehad dat Hy Jesus in plek van die mensdom  laat sterf het. Die loon van die sonde is die dood en toe Jesus die sonde van die mensdom op Homself geneem het, het die Vader nie ‘n keuse gehad nie. Jesus moes sterf. En Hy sterf nie die maklike eerste dood nie, Hy sterf die angs van tweede dood, die dood van ewige skeiding van die Vader.

SLEGTE NUUS – GOEIE NUUS

Die slegte nuus van ‘n ondskuldige God wat op Golgota in skande vir die skuldige mensdom sterf, is die beste goeie nuus vir ons.

Tenspyte van hoe my sonde myself verniel het nie en hoe my sonde ander mense verniel het, is daar hoop vir my.

Ek wat ‘n gemors van my lewe gemaak het kan die horlosie 2000 jaar terugdraai. En kan by Golgota gaan staan en na die eggo luister wat oor die eeue na my toe sweef.

En dis hoe die lirieke van die soetste melodie klink. “ Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

Ons sal nooit weet, nooit besef wat ons sondes aan God die Vader, God die Seun and ander mense gedoen het. Ons het soveel pyn in ander mense versoorsaak dat net die dood hulle van daardie pyn gaan verlos.

Ons het nie ‘n idee van die vernietigende gevolge van sonde nie. Maar luister mooi na die woorde wat van Golgota eggo.

“Vader vergeef hulle want hulle besef nie dat hulle sonde My dood en did dood van baie ander veroorsaak het nie.”

En al wat ek en jy my liewe vriend kan doen om gered te word, is om daardie vergifnis met ‘n dankbare hart te aanvaar en God deur die ewigheid in die hemel te gaan dankie sê.

OPSTANDING

Die lig uit die hemel wat daardie Sondagoggend oor my getraal het, was oogverblindend.

Gabriël was op pad om Jesus by Sy opstanding te gaan ontmoet. Romeinse soldate val soos dooies op die grond toe die glansende engel die graf nader.

“U Vader roep U” kondig Gabriël aan. Jesus staan in Sy eie krag op, in die krag van die Heilige Gees en in die krag van Sy Vader. Wat ‘n oomblik.

Nadat Hy Homself aan Maria bekend gemaak het, het Hy na Sy Vader opgevaar en geraporteer dat Hy Sy sending voltooi het. Hy is toe weer aarde toe waar Hy vir nog 40 dae periodiek met Sy dissiepels ontmoet het.

VAARWEL

Hy het saam met Sy dissiepels tot bo op die Olyfberg gestap. Dit was baie groot emosionele oomblik toe Hy van moes afskeid neem. En toe verdwyn Hy in blou lug terwyl die dissiepels met betraande oë daar staan.

Twee engele het egter teruggekom met ‘n boodskap. Net soos Hy van hulle opgevaar het, soos sal Hy ook weer kom: sigbaar en hoorbaar.

Hy is gretig om die hoofstuk van sonde af te sluit. Hy is pad. Ek wil Hom sien en vir Hom dankie sê. En jy?

 

 

 

 

Was this article helpful?

Related Articles