1. Home
  2. Antike Stede - Personifikasie
  3. Jerusalem
  4. Jerusalem 6 – Die Koning Van Konings Huil

Jerusalem 6 – Die Koning Van Konings Huil

DEEL 6 JESUS SE INTOG IN JERUSALEM – 2

Verlede keer het ons gehoor hoe Jesus die Sondag twee van Sy dissiepels na Betfage gestuur het om vir ‘n jong vul van ‘n donkie te gaan haal.

Later het die optog vanaf Betanië na Betfage beweeg. Daar was baie mense wat vir Jesus wou sien omdat Hy Lasarus uit die dood opgewek het.

Hulle het Jesus na Betfage vergesel en al hoe meer mense het langs die pad saamgestap. Hierdie prosessie het uiteindelik die twee dissiepels met die donkie ontmoet.

Luide hosannas het die lug gevul en duisende ander feesgangers sluit by die oorsproklike groep aan.

Stadig beweeg hulle van agter die Olyfberg tot hulle uitendelik heel bo kom op die kruin uitkom.

Jesus bring die hele prosessie tot stilstand.

Wat het hulle gesien toe hulle voor hulle uitkyk? Die tempel wat in al sy glorie bo al die ander geboue uittoring.

Dis asof hy die mense se aandag op die enigste waaragtige lewende God wil vestig.

Jood en Romein het saam aan hierdie struktuur gebou om dit in een van die wêreld se mooiste stukture te omskep.

Die middagson het die pragtige marmer mure en goudbeslaande suile in ‘n sprokieswêreld omskep.

     

Vanaf die Olyfberg waar Jesus en die skare gestaan het die tempel soos ‘n massiewe sneeustruktuur met goue torinkies gelyk.

By die ingang van die tempel was ‘n meestelike kunstige voorstelling van ‘n goue wingerdstok met groen blare en pragtige trosse druiwe. Dit het Israel as ‘n voorspoedige wingerdtok voorgestel.

Die kombinasie van goud, silwer en lewende groen, met uitmuntende vakmanskap was iets uit ‘n ander wêreld. Dit groen lootjies was grasieus om die wit pilare met goud gedokereer. Die middagson het hierdie kuns laat skitter asof die glorie van die hemel gekom het.

Jesus staar na die gesig hier voor Hom; die hosannas raak skielike stil toe die skare na betowenrende  toneel van prag en skoonheid aanskou.

Alle oë is nou op Jesus. Hulle verwag om dieselfe asemrowende bewondering by Hom te sien as wat hulle op daardie oomblik ervaar het.

Maar dan die skok. Sy gesig is vertrek in verdriet. Hulle is verras en teleurgesteld om te sien hoe trane oor Sy wange rol. Sy hele liggaam begin te ruk, terwyl ‘n gehuil van diepe droefheid uit Sy verskeurde hart oor Sy bewende lippe rol.

Hoe moes die engele nie gevoel het toe hulle sien in watter toestand van foltering en trane hulle geliefde Aanvoerder verkeer nie.

Watter skok moes dit nie vir skare gewees het wat Jesus met palmtakke na Jerusalem wou vergesel om as Koning te kom regeer nie.

Luister wat Johannes oor ‘n huil-insident van Jesus by Lasarus se graf opgeteken het:

Joh 11:35  Jesus het geween.

Jesus het nie oor Lasarus se dood gehuil nie want Hy het hom kom opwek. Sy trane het asgevolg van simpatie met die mensdom se lot.

Waaroor dink jy het Jesus hierdie keer in ‘n vreugdevolle optog gehuil waar mense hom eerbied bewys het? Dit was nie net ‘n gewone gesnik nie. Dit was ‘n uitbars in trane met ‘n gekreun en angs wat nie onderdruk kon word nie.

Die skare was onverwags met ‘n verslaenheid oorval; hulle hosannas het verstil. Baie het in simpatie met Jesus se onverstaanbare hartseer begin huil.

Wat ‘n paradoks. Van vreudesoomblike na hartseer oomblikke.

DIE AARD VAN SE TROUMATIESE TOESTAND

Wat dink jy het aanleiding tot Jesus se smart gegee?

Dit was nie Getsemane en kruis wat Hom laat weeklaag het nie.

Hier vlak voor hom was Getsemane waar die grusame donkerheid Hom gaan oorweldig. Die Skaapspoort was ook in sig. Dis hierheen waar die offerdiere geneem is. Oor ‘n paar dae sou Hy die antitiepiese lam ook deur gelei sou word.

Golgota met sy naderende angs en dood het ook vir Hom gewag. Nee dit was nie hieroor dat Jesus deur weemoed oorval en in angs gekreun het nie. Dit was nie ‘n selfsugtige hartseer nie.

Dit was die stad hier voor Hom wat Sy hart in duisend stukkies uitmekaar geruk het. Jerusalem wat Sy liefde vertrap het, wat geweier het om Sy wonderwerke van liefde te aanvaar het en beplan het om Hom om die lewe te bring.

Hy sien in watter sonde die stad verval het omdat hy die Verlosser verwerp het en wat hy kon gewees het as Sy Hom aangeneem het om haar wonde te genees. Hy het net nie die hart om haar aan haar lot oor te laat nie.

     Israel was ‘n bevooregde volk en God het die tempel Sy woonplek gemaak.

Luister hoe besing die kinders van Korag die stad:

Psalm 48:2,3 Die Here is groot! Aan Hom kom al die lof toe hier in die stad van ons God, hier op sy heilige berg,  mooi, hoog geleë, en ‘n vreugde vir die hele aarde, Sionsberg teen die noorde, die stad van die Groot Koning.

God se tedere sorg en liefde was op die stad uitgestort soos wat ‘n vader sy enigste kind sou koester.

Profete het hulle ernstige waarskuwings in die tempel laat hoor. Dit was by die reukofferaltar waar die aanbidders se gebede met die reukwerk to God opgestyg het.

Dis hier waar die bloed van offerdiere gevloei het wat die bloed van Christus voorgestel het. God se heerlikheid was bokant die versoendeksel geplaas.

En Jesus bars in trane uit want alles eindig nou.

Jesus lig daardie hand op wat so dikwels die siekes en die lydendes aangeraak het en waai dit na in diepe gebrokenheid en pyn oor die verdoemde stad.

Luister of jy sy stemintonasie van uiterse wroegingspyn in die volgende woorde kan hoor:

Lukas 19:42  en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! En dan is daar stilte. Hy laat die inligting uit oor wat Jerusalem se toekoms kon gewees het as hulle die gawe van God se geliefde Seun sou aanvaar.

As Jerusalem geweet het wat sy bevoorreg om te weet en die lig aanvaar het wat die hemel gestuur het sou die volgende gebeur het: hy kon die trots van voorspoed gewees het, die koningin van die konings, vry in die krag van haar god-gewe mag.

Hier sou nie gewapende soldate by haar poorte gestaan het nie; Rome se vlae sou nie op haar mure gewapper het nie.

Die heerlike bestemming wat Jerusalem kon geniet het doem voor die Seun van God op. En Hy ween bitterlik.

Hy sien wat sy kon gewees het as sy Hom toegelaat het om haar van haar krankheid kon genees: bevryding van knegskap; die besitters van die magstige metrapool op aarde. En Jesus ween.

Van haar mure kon die duif van vrede na al die nasies vlieg en sy kon die wêreld se kroon van glorie gedra het.

En Jesus huil bitterlik!

Die idilliese prentjie van wat Jerusalem kon wees, verdof. Hy besef dat sy tans onder Rome se juk gebuk gaan; dat hulle God se frons ervaar en ‘n verskriklike straf sou ondergaan.

Hy tel die draad van die klaaglied op en met ‘n stem wat van hartseer bewe sê Hy: Maar nou is dit vir jou oë bedek.

Luk 19:43  Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ‘n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.

Luk 19:44  En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.

En daar op die Olyfberg tussen daardie magdom van hosanna sangers huil Jesus oor Jerusalem.

Wat het het verhoed dat Jesus Jerusalem met sy kinders nie kon red nie?

Farisese trots, skynheiligheid en naywer. Jesus het geweet van die leërs wat die stad sou omsingel en hoe die inwomers van honger sterf; hoe ouers hulle kinders sou eet. En Jesus huil.

     

Hy sien hoe die hardnekkigheid van die Jode geopebaar is in hulle verwerping van waarheid weer gesien gaan word wanneer hulle weier om aan die Romeinse leërs te onderwerp.

Hy sien op Golgota met baie ander kruise waar Sy volk gekruisig gaan word.

. Hy sien hoe die ellendige, misrabele inwoners op die brandstapel en op die kruise deur die verskrilikste pyn gefolter word. En Jesus ween bitterlik.

Die pragtige is tempel lê in ruïnes.

Op ‘n vorige geleentheid het Jesus die volgende profesie gemaak:

Mat 24:1  En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.

Mat 24:2  En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

Nou doem daardie profesie weer ‘n keer voor Sy gees op. Jesus ween.

     Jerusalem was Sy vertroelelde stad. Soos ‘n vader en ‘n moeder oor hulle afgedwaalde seun rou so het Jesus oor Sy geliefde stad getreur.

Snikkend ween Hy en uiter die woorde: “Hoe kan ek jou opgee. Ek kan nie.”

                                                                          

Hoe kan ek aanskou dat Jerusalem verwoes word? Moet ek jou toelaat om jou beker vol boosheid te gaan volmaak?

Die waarde van een siel is so kosbaar dat wêrelde nie verreweg met hulle kan vergelyk word nie.

Maar hier kry ons ‘n hele nasis wat verlore gaan.

Wanneer die ondergaande son agter die westerkim verdwyn, eindig Jerusalem se dag van genade.

Terwyl die groot skare op die kruin van die Olyfberg tot stilstand gekom het, was dit nog nie te laat vir Jerusalem om tot inkeer te kom nie.

Die engel van genade was op daardie oomblik gereed om haar vlerke te vou en van die goue troon te vertrek en die vinnigkomende oordeel te vel.

Maar met ‘n hart vol liefe het Jesus nog steeds vir Jerusalem gepleit. Die stad wat Sy genade geminag het, Sy waarkuwings geïgnoreer en haar hande met Sy bloed te bevlek het.

Ag as Jerusalem tog net tot bekering wou kom want dit was nog nie te laat nie. Terwyl die laaste strale van die ondergaande son vir ‘n wyle nog talm kan ‘n goeie engel haar nie na die Heiland te liefde lei en haar oordeel keer nie?

Pragtige maar onheilige stad wat die profete gestenig het en die Seun van God verwerp het was besig om haarself in kettings van onboetvaardigheid te boei – haar dag van genadetyd is amper amper verby.

Weer spreek die Gees van God met Jerusalem. Voor die einde van daardie dag gebeur dit. Die nuus bereik die stad dat Jesus die stad met ‘n massa mense nader. Helaas Hy is onwelkom. Met vrees gaan hulle Hom tegemoed met die hoop om die skares verjaag.

Net voor die prosessie met die Olyfberg begin afstap word hulle deur die leiers onderskep.  Hulle wil weet waarom die uitermatige vreugdesklanke. Op hulle ondervraging antwoord die dissiepels onder die inspirasie van die Heilige Gees oor die profesieë aangaande Jesus:

     Adam sal vir jou sê Hy is die saad wat die slang se kop gaan vermorsel.

Vra vir Abraham en hy sal vir jou sê dis “Melgisedek die Koning van Salem,” die Koning van Vrede. Genesis 14:18.

Jakob sal vir jou vertel Hy is Silo van die stam van Juda.

     

Jesaja sal vir jou vertel hy is “Immanuel,” “ Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.”Jesaja 9:6

Jeremia sal vir jou vertel Hy is “Die spuit van Dawid, die Here ons geregtigheid.” Jeremiah 23:6.

Daniël sal vir jou vertel Hy is die Messias.

Hosea sal vir jou verte Hy is die“HERE God van die leërskare, HERE is sy gedenknaam.”Hosea 12:5

Johannes die Doper sal vir jou vertel “Hy is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.” Johannes 1:29.

Die Grote God het van Sy troon verklaar  “Dit is my geliefde Seun.” Matteus 3:17     

Ons Sy disseipels verklaar, Dit is Jesus, die Messias, die Prins van Lewe, die Verlosser van die wêreld.

Die Prins van die magte van duister verklaar  “Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!” Mark 1:24.

DIE WEDERKOMS

Die triomfantelike intog van Jesus na Jerusalem is geringe voorstelling van die dag wanneer Hy op die wolke van die hemel met groot krag en glorie gaan kom. Dit geskied onder in teenwoordigheid van die trompetgeskal van engele en die ongelooflike blye gejuig van die heiliges.

  

Dan gaan die woorde van Christus vervul word wat Hy vir die priesters van die Fariseërs gesê het:

Mat 23:39  Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

In die profetiese vision van Sagaria is die dag van finale triomf gesien. Hy het ook lot van hulle gesien wat Jesus tydens Sy eerste kom verwerp het:

Sag 12:10  Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.

Die die toneel wat Christus gesien het toe Hy oor Jerusalem geween het.  In die vernietiging van Jerusalem het Hy die finale vernietiging van die mense gesien wat vir Sy dood verantwoordelik was.

Die dissiepels het die haat van die Jode gesien, maar nog nie besef waartoe dit sou lei nie. Hulle het nie ware toestand van Israel besef nie en ook nie die oordele wat oor Jerusalem sou kom nie. Christus het dit aan hulle openbaar.

Die laaste oproep op Jerusalem was vrugteloos. Die priesters en die owerstes het die eggo van die profetiese stem van die skare gehoor  gehoor toe hulle gevra het “Wie is dit?” maar dit nie as die stem van inspirasie aanvaar nie.

In woede en in verbasing het hulle die skare probeer stilmaak. Hulle het die Romeinse offisiere wat teenwoordig was vertel dat Jesus die leier van ‘n rebellie was.

  

Hulle het gesê Hy was op die punt om die tempel te beset en homself as die koning van Jerusalem uit te roep.     

Toe Jesus verklaar het dat Hy nie gekom het om ‘n aardse koninkryk op te bou nie, het Sy kalm stem die skare stilgemaak. Hy sou binnekort na Sy Vader opvaar en sy aanklaers sou Hom nie weer sien totdat Hy in al Sy glorie weer terugkom nie.  Dan sal dit te laat wees om verlos te word.

Die woorde van patos en krag het die Romeinse offisiere verslae gemaak.

Ten spyte van die feit dat hulle vreemdelinge vir goddelike invloede was, is hulle harte soos nog nooit vantevore aangeraak nie. Jesus se lyftaal het vrede, liefde, welwillendhed en stille, kalme waardigheid uitgstraal.

‘n Onverklaarbare empatie het hulle oorweldig wat hulle nie kon verklaar nie. Die drang om Jesus te aanbid was sterker as die opdrag om Hom te arresteer.  Hulle het die priesters en owerstes aangevat en hulle vir die oproer beskuldig

Die vernederde, ergerlike priesters het met hulle griewe na die mense gegaan en woedend onder mekaar begin stry. Intussentyd het Jesus ongemerk die tempel binnegegaan.

Dit was doodstil want die aanbidders het na gebeure op die Olyfberg gestroom.

Vir ‘n kort rukkie het Jesus met hartseer oë na die tempel gestaar en toe met Sy dissiepel na Betanië teruggekeer. Toe die skare Hom op die troon wou plaas was Hy weg.

Hy het daardie hele nag in gebed deurgebring. Kan jy Sy trouma waardeer.

Vir oulaas probeer die volk tot bekering lei maar hulle verwerp die geleentheid om gered te word.

Was die verwerpingspyn op hierdie oomblik groter as die foltering in Getsemane en die kruis.

Besef ons wat Jesus deurgemaak het toe Hy die lot van Sy volk in die toekoms gesien het?

Toe ek oor hierdie gebeurtenis gepeins het, het ek nuwe dimensies van Jesus se sondaarsliefde ontdek.

Sy hele liggaam het van ontsteltenis geruk, Hy kreun terwyl Hy in diepe pyn oor die verlorenes huil.

Kan jy jouself indink as jy die dag van Sy wederkoms verlore moet wees!

Jy gaan Jesus in trane sien soos wat Hy op die Olyfberg in trane was toe Hy aan die verlore toestand van Sy volk gedink het.

My liewe dierbare vriend. Moenie dat Jesus eendag oor jou gaan ween nie. Maak maak seker dat jou saak met Hom reg is, sodat jy daardie die ongelooflike blydskap in sy oë gaan sien omdat jy gered is.

Was this article helpful?

Related Articles