1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Josef (Deel 3) – Van Betlehem Na Jerusalem En Egipte
  1. Home
  2. Josef
  3. Josef (Deel 3) – Van Betlehem Na Jerusalem En Egipte

Josef (Deel 3) – Van Betlehem Na Jerusalem En Egipte

JOSEF: VAN BETLEHEM NA JERUSALEM EN EGIPTE

Daardie Vrydagaand kon ons amper nie ‘n oog toemaak nie. Ons het oor die pasgebore Seun van God gewaak. Ek kon nie oë van die kind af weghou nie.

Die volgende Sabbat het ons Jesus na die tempel geneem om Hom te laat besny. Weereens was dit vir my ‘n groot belewenis. Ek het my vier seuns laat besny, maar die besnydenis van Jesus was anders. Hy was ‘n kind sonder ‘n gevalle natuur en Sy gedrag was anders.

Dit was tydens hierdie geleentheid dat ons Sy naam ampetelik Jesus laat noem het soos Gebriël vir my en vir Maria gesê het.

DIE REINIGINGS-SEREMONIE

Na 40 dae moes ons weer in die tempel verskyn om Jesus die eersgeborene aan die Here toe te wy. Omdat ons baie arm was en nie ‘n lam kon bring nie, het ek met twee tortelduiwe daar aangekom.

SIMOEN

Kom ek vertel julle van oom Simeon. Die Heilige Gees het aan hom geopenbaar dat hy nie sou sterf voordat Hy die Messias, die Gesalfde sou sien nie.

Daardie spesifieke dag het die Heilige Gees hom beïndruk om tempeltoe te gaan. Hy het reguit na ons gekom en Jesus uit Maria se arms geneem.

Die oom sê toe hy nou maar kan sterf omdat hy Jesus die Lig tot verligting van die nasies gesien het.

Ons het ons verwonder oor oom Simeon se optrede. Nadat hy ons geseën het, het hy vir Maria vertel dat daar nog baie pyn vir haar wag.

Simeon het na Jesaja 53 verwys na watter soort dood Jesus sou sterf. Ek glo nie Maria het op daardie stadium die volle impak van die ou oom se woorde begryp nie.

ANNA

Nog ‘n wonderwerk het daardie dag by die hemel plaasgevind. Tannie Anna, sy was stokoud en sy was ‘n profetes. Toe Simeon Jesus as die komende Messias aangekondig het, het tannie Anna dit bevestig.

DIE WYSE MANNE VAN DIE OOSTE

Ek wil net gou vir julle vertel hoe die Here vir ‘n mens onderneem. Na die veertig dae wat ons in Betlehem deurgebring het, het ons geldjies begin opraak. En ek het nog ‘n kind bygekry om voor te sorg. Wat gaan ou platsak Josef die skrynwerker nou maak.

En toe gebeur dit.

‘n Afvaardiging uit die verre ooste het by ons nederige ou blyplekkie aangekom. Toe ek buitengaan om hulle te ontmoet het ‘n aantal engele se glans bokant ons ‘n plekkie geskyn.

Hulle vertel toe vir ons hoedat hulle in die profesieë van Daniël gelees het dat die Messias op pad was. Hulle het toe gebid en hulle lewe in ‘n hertoewyding aan die Here gegee.

Hulle het ook gelees hoe Bileam geprofeer het dat daar ‘n ster uit Jakob gaan verskyn. Die ster verwys na ‘n belangrike iemand.

Een van die manne uit die verre Ooste vertel toe vir ons hoedat hulle een nag na die sterre gekyk en gebid, het daar ‘n ster verskyn. Die Heilige Gees het hulle oortuig dat hulle die ster moes volg.

Die ster, wat ‘n groep glansende sterre was, het dieselfde tyd verskyn toe die engele hulle verskyning in Betlehem gemaak het.

Hulle het net daarna begin stap. Omdat die ster net in nag verskyn het, het hulle net in die nag geloop en in die dag gerus.

Hulle vertel ons dat die ster, die glansende engele, hulle tot by die tempel gelei het. Hy vertel hoe verbaas hulle was dat die priesters en die skrifgeleerdes nie vreeslik behulpsaam was nie.

Toe is hulle na Koning Herodus wat baie opgewonde gelyk het en vir hulle gevra het om asb terug te rapporteur nadat hulle die langverwagte Messias gevind het. Hy wou ook graag aan die kindjie hulde gaan bewys.

Hy sê hulle was bietjie moedeloos met die onverskilligheid wat die mense in Jerusalem getoon het. Maar daardie selfde nag het die ster weer verskyn en hulle tot hier by ons gebring.

EERBETUIGING AAN JESUS

Jy moes gesien het hoe hulle voor Jesus neergebuig het en Hom geloof en Hom aanbid het. Veertig nagte gestap om die nuutgebore Messias te kom verwelkom het.

Maar met hulle harte wat hulle aan Jesus gegee het, het hulle ook hulle skatte aan hom gewy.

Nadat hulle van ons afskeid geneem het, het ek van die mire en wierook aan die brand gesteek. Ons het soos konings gevoel toe daar aangename geure die reuk van die diere verbygesteek het.

Toe ons die ander geskenke oopmaak, was daar goud. Genoeg goud om ‘n kameel of donkie of perd te koop. Genoeg goud om ons na enige plek op die planeet te neem.

Voor ek met ‘n nuwe blydskap van rykdom aan die slaap raak, het ek gewonder waarom die Here ons met hierdie klomp goud en duur wierook en mirre oorlaai het?

Ek het skaars aan die slaap toe ‘n engel aan my verskyn. Miskien was dit nog een van engele wat die wyse manne van ooste na ons adres gebring het. Hy sê toe vir my ek moet dadelik opstaan en Maria en Jesus na Egipte neem.

Ek eers later gehoor waarom ons so haastig moes vlug. Herodus was so kwaad dat die wyse manne hom vermy het en stilletjies na hulle land vertrek het, dat hy ‘n bevel uitgevaardig het dat alle babas in Betlehem doodgemaak moet word.

DIE VLUG NA EGIPTE

Kan jy sien hoe ons drietjies deur die nag na veiligheid vlug. Party plekke moes ons stadig loop want ons kon nie pad mooi sien nie.

DRIE WEKE

Dit het ons drie weke geneem om die 423 kilometers tot by die Egiptiese stad van Heliopolis af te lê.

Volgende keer vertel ek jou van ons vlug van Betlehem na Egipte. Ek wil jou ook meer van die plek vertel waar ons gaan bly het.

Mag die Here met jou wees as jy tans ‘n vlugteling is. Ons vlug met tye van vyande. Ander kere probeer ons van skuldgevoelens vlug. Soos wat God die Vader ons op ons vlugtelingsreis ondersteun het, so wil Hy jou ook ondersteun as jy een of ander vlugteling is.

Was this article helpful?

Related Articles