1. Home
  2. Algemeen
  3. Kades 2 Numeri 6-34

Kades 2 Numeri 6-34

Voordat ons na vers 5 toe gaan, doen ons net vlugtig hersiening. Dis so belangrik dat ons die goue draad in hierdie verhaal versigtig volg.

Numeri 11:1-4 EN die volk het hulle voor die ore van die Here beklaag dat dit sleg gaan. En toe die Here dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die Here het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.2 Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die Here gebid; en die vuur het doodgegaan.3 Daarom het hulle die plek Tabéra genoem, omdat die vuur van die Here onder hulle gebrand het.4 EN die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet?

Wat was hulle gastronomiese behoefte?

Verse 5,6 Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.6 Maar nou is ons siel dor; daar’s glad niks nie: net die manna is voor ons oë.

Die vis en groente wat in hierdie vers genoem word, was die kos van die arm mense. Omdat harde werk jou ‘n goeie optyt gee, was die kos vir hulle lekker.

Ons siel is dor.

Die Hebreeus lui: “Daar is niks waarop ons oë kan val behalwe die manna nie.” Waarvan was die manna ‘n simbool?

Vers 7 Die manna was soos koljandersaad, en dit het gelyk na balsemgom.

Rond en lig van kleur (Eksodus 16:14), in die oggend lig van die woestynson het dit soos balsemgom gelyk.

 Internet picture – beautiful white crystal like

Verse 8 Die volk het rondgeloop en dit versamel en in handmeule gemaal of in vysels gestamp, en hulle het dit in potte gekook en daarvan roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvan was soos die smaak van oliekoeke.

Dit het vars en smaaklik geproe. Net soos kos wat sopas in goeie olie gebak is. Dit ook soos wafels met heuning gesmaak – heningkoek.

Vers 9 En as die dou snags op die laer val, het die manna ook daarop geval.

Die manne het vars en koel saam met die dou op die aarde geval.

Psalm 78:23-25 Hy het die wolke daarbo gebied en die deure van die hemel oopgemaak: 24Hy het manna op hulle laat reën, uit die hemel kos aan hulle gegee om te eet. 25Van hierdie brood uit die hemel het elkeen geëet. God het vir hulle oorgenoeg kos gestuur.

Die beste tyd om geestelike manna, Jesus die Brood van die Hemel te geniet, is vroeg in die oggend. Gemeenskap met Hom laat ‘n soet smaak in mond van jou hart.

Vers 10 Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van die Here het grootliks ontvlam; ook was dit verkeerd in die oë van Moses.

In die Midde-Ooste weet die mense hoe om professioneel te huil. Hulle wil vir die wêreld op geen miskenbare wyse van hulle ontsteltenis laat weet nie.

In hierdie geval was dit ‘n voorafbeplande huilaksie. Kan jy sien hoe hulle daar voor hulle tente staan en huil en huil?

Hoe kry mens reg om te huil as jy nie hartseer is nie?

Moses se senuwees was op breekpunt. Luister na sy gebed:

Verse 11-13 En Moses sê aan die Here: Waarom het U u kneg kwaad aangedoen, en waarom het ek geen genade in u oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê?12 Het ék hierdie hele volk dan ontvang? Of het ék hulle gebaar, dat U vir my sê: Dra hulle aan jou bors soos ’n oppasser die suigling dra, na die land wat U aan hulle vaders met ’n eed beloof het?

13 Waarvandaan moet ek vleis kry om aan al hierdie volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vleis, dat ons kan eet.

Is dit hoe jy ook jou hart voor die Here uitstort wanneer jy hoogs onsteld raak?

Vers 14 Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar.

Was Moses bietjie onredelik? Het die Here ooit vir hom die opdrag gegee dat hy die hele vrag moes dra? Dat hy vir hulle moes kos gee?

Vers 15 En as U so met my wil handel, slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek my ongeluk nie aansien nie.

As U so met my wil maak, kan U my gerus maar om die lewe bring as U my goedgesind is. Hierdie slegte behandeling kan ek nie meer verduur nie.”

Vers 16 Toe sê die Here aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.

Die oudstes was die leiers van die verskeie families.

Opsigters. Dis dieselfde wooord vir die Isrealitiese voormanne wat onder die Egiptiese toesigters gewerk het.

Die oorspronklike betekeis van die woord is “orgniseerder” of “sekretaris”.

Hierdie mense sou nie nodig gewees het as Moses sy geloof in die krag van God geplaas het, pleks van om na homself vir die oplossing te soek nie.

Daar was geen verskoning vir Moses om in vervloekte die kla-gees van Israel deel te neem nie.

As hy ten volle op God vertrou het, sou die Here hom voortdurende gelei en vir elke onverwagte msandigheid die nodige krag gegee het.

Vers 17 Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.

Hier dink ons aan die gees van Elia wat op Elisa oorgedra is. (2 Konings 2:15)

Vers 18 En aan die volk moet jy sê: Heilig julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die Here geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die Here vir julle vleis gee, en julle sal eet.

Hoelank sal hulle aan hierdie vleis eet?

Vers 19,20 Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie — 20 ’n hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle die Here wat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek?

Verse 21,22 Toe sê Moses: Seshonderdduisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal ’n hele maand lank eet! 22 Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is?

Arme Moses. Dit lyk of hy simptome van uitbranding toon.

Verse 23-25  Maar die Here sê vir Moses: Sou die hand van die Here te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.24 Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die Here aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.25 Daarop het die Here neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.

Was al 70 by die tent van samekoms?

Verse 26-30 Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus—hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgegaan het nie—en hulle het in die laer geprofeteer.27 Toe hardloop ’n seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer.28 En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit!

29 Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die Here maar profete was, dat die Here sy Gees oor hulle mag gee!30 Daarop het Moses hom in die laer teruggetrek, hy en die oudstes van Israel.

Twee van die sewentig  wat so nederig was dat hulle gemeen het hulle is te onwaardig om so ‘n verantwoordelike pos te beklee, het nie saam met hulle broers na die tabernakel gegaan nie. Maar die Gees van die Here het op hulle geval waar hulle was en ook hulle het die gawe van profesie beoefen.

Toe Josua daarvan hoor, wou hy aan hierdie onreëlmatigheid  ‘n einde maak omdat hy gevrees het dit sou verdeeldheid veroorsaak. Ywerig vir die eer van sy meester, “my heer Moses,” het hy gesê: “Belet hulle dit!”

Die antwoord was: “Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die Here maar profete was, dat die Here sy Gees oor hulle mag gee!” PP 381

Wat van die lis vir vleis? Antwoord die Here gebede wat nie tot ons voorstel strek nie?

Verse 30-32 Toe het ’n wind wat van die Here kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laer gestrooi omtrent ’n dagreis hier en omtrent ’n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond.32 Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en die hele nag en die hele volgende dag en die kwartels versamel. Hy wat die minste gehad het, het tien homer versamel. En hulle het dit oral vir hulle uitgesprei rondom die laer.

God het aan die volk gegee wat nie vir hulle die beste was nie, omdat hulle daaroor geneul het. Hulle kon nie teverede gestel word met die dinge wat vir hulle voordelig sou wees nie.

Daar is aan hulle opstandige begeertes voldoen, maar hulle moes die gevolge dra. Hulle het oormatig daarvan geëet, en is spoedig vir hulle ooretery gestraf.

“Die Here het onder die volk ‘n baie groot slagting teweeggebring.” Groot getalle is deur ‘n brandende koors neergevel, en die skuldiges is getref sodra hulle geproe het aan die die voedsel wat hulle begeer het.

Verse 33-35 Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van die Here alreeds teen die volk ontvlam het, en die Here het onder die volk ’n baie groot slagting teweeggebring.

34 Daarom het hulle dié plek genoem Kibrot-Hattáäwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was.35 Van Kibrot-Hattáäwa af het die volk weggetrek na Háserot toe, en hulle het in Háserot gebly.

Het dit wat ek eet enige invloed op my hele wese het?

Psalms 106:13-15 Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.14 En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.15 Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel ’n maerte gestuur.

Wat is een van die ergste rampe wat ‘n mens kan tref? Dink jy dis die mense naaste aan jou wat jou teleurstel?

Numeri 12:1-3 EN Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ’n Kusitiese vrou geneem.2 En hulle het gesê: Het die Here dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die Here het dit gehoor.3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

Van Tabera het hulle vertrek en weer by  Haserot laer opgeslaan. Daar het ‘n nog bitterder beproewing op Moses gewag. Aäron en Mirjam het ‘n hoë pos in Israel beklee.

Albei het die gawe van profesie besit en albi is deur God aangestel om Moses met die verlossing van die Hebreërsby te staan. Deur die profeet Miga het die Here gesê: “Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam.” Miga 6:4.

Mirjam het haar sterk karakter reeds vroeg geopenbaar toe sy by die Nyl gewaak het oor die mandjie waarin die baba Moses versteek was. God het haar selfbeheersing en takt gebruik om die verlosser van Sy volk te beskerm.

Sy was ruimskoots met die gawe van poësie en musiek bedeel en het die vroue van Israel voorgegaan in die lied en dans op die strand van die Skefsee.

In die agting van die volk en die eer van die Hemel, het sy vir net Moses en Aäron teruggestaan.

Maar dieselfde sonde wat in die hemel onenigheid veroorsaak het, het in die hart van hierdie vrou van Israel ontstaan. En dit het haar ook nie aan iemand ontbreek wat met haar ontevredenheid gesimpatiseer het nie.

Aäron en Mirjam is nie met die aanstelling van die sewentig oudstes geraadpleeg nie en daarom het hulle op Moses jaloers geraak.

Tydens Jetro se besoek, terwyl die Israeliete onderweg was na Sinai, het Moses sy skoonvader se raad geredelik aangeneem.

Aäron en Mirjam het toe gevrees dat hy ‘n groter invloed oor Moses gehad het as hulle.

Met die aanstelling van die raad van oudstes het hulle gemeen dat hulle waardigheid en gesag verontagsaam was. Mirjam en Aäron het nooit die las van verantwoordelikheid en sorg geken wat op Moses gerus het nie, maar omdat hulle gekies is om hom te help, het hulle gemeen hulle dra net soveel van die las van die leierskap as hy, en daarom het hulle die aanstelling van verdere helpers as oorbodig beskou.

Soos niemand anders nie was Moses bewus van die belangrikheid van die werk wat aan hom opgedra is. Hy was van sy eie swakhede bewus en het sy raad by God gesoek.

Aäron het ‘n groter dunk van himself gehad en het hom minder op God verlaat. Onder druk het hy afgodery by Sinai toegelaat. Die swakheid van sy karakter is geopenbaar.

Maar deur jaloesie en eersug verblind, het Mirjam en Aäron dit heeltemal vergeet. God het Aäron hoog vereer deur sy gesin tot die heilige priesteramp aan te stel, maar selfs hierdie eer het nou bygedra tot sy begeerte na selfverheffing.

“En hulle het gesê: Het die Here dan maar alleen met Moses gespreek? Het HY nie ook met ons gespreek nie?” Omdat hulle gemeen dat God hulle ewe veel begunstig, het hulle gevoel dat hulle op dieselfde status en gesag geregtig was.

Mirjam het toegegee aan die gees van ontevredhenheid en oor insidente gekla waaroor God op ‘n besondere wyse beskik het. Moses se huwelik het haar nie welgeval nie. Dat Moses met ‘n vrou van ‘n ander nasie getrou het pleks van met ‘n Hebreeuse vrou, het haar familie- en volkstrots gekrenk. Sippora is met onbedekte veragting bejeën.

Hoewel daar van haar as ‘n “Kusitiese vrou” gepraat word (Numeri 12:1), was Moses se vrou ‘n Midianiet, en daarom ‘n afstammeling van Abraham.

Wat haar persoonlike voorkoms betref, was sy anders as die Hebreërs omdat sy ietwat donkerder van kleur was as hulle.

Hoewel sy nie ‘n Israeliet was nie, was sy tog ‘n aanbidder van die ware God. Sy was skaam en teruggetrokke, saggeaard en liefdevol en die lyding van ander het haar na aan die hart gelê.

Dit was om hierdie rede dat Moses, onderweg na Egipte, haar na Midian teruggestuur het. Hy wou haar die oordele op die Egiptenare spaar.

Toe Sippora haar in die woestyn weer by haar man aansluit, het sy besef dat sy verantwoordelikde hom aftakel en haar pa Jetro daarvan vertel.

Hy het dadelik organisatoriese voorstelling gemaak wat verligting gebring het.

Hier kry ons die eintlike rede waarom Mirjam haar nie kon vat nie. Verbittered omdat sy gemeen het sy en Aäron oor die hoof gesien is, het sy die skuld daarvoor op Moses se vrou gepak en tot die gevolgtrekking gekom dat sy hom beïnvloed het om hulle nie meer soos voorheen te raadpleeg nie.

As Aäron net onbeweeglik vir reg gestaan het, kon hy ‘n groot ramp verhoed het. Maar pleks dat hy Mirjam aangespreek het, het hy met haar gesimpatiseer, na haar klagtes geluister en in haar jalousie gedeel. PP 384

Terwyl ek oor Mirjam gelees het, het ek so bang geword. Dis so maklik dat die selfsug van die mens die mens vernietig en lelik maak. Mag die Here my van hierdie sonde van jalousie beskerm. Mag Hy my help om nooit negatiewe aan mense toe te dig nie.

Volgende keer gaan ons hoor hoe Moses hom teenoor sy onredelike jaloerse broer en suster opgetree het.

Miksien is daar iemand wat op jou jaloers is. Dis ‘n baie seer saak.

Indien jy so ‘n slagoffer is, mag die Here jou baie genadig wees en jou help om reg op te tree.

Was this article helpful?

Related Articles