Kajafas

My naam is Johannes. Ek wil vir julle van die ontmoeting tussen Kajafas en Jesus vertel. Nadat Jesus in die tuin van Getsemane gearesteer is, het ek en Petrus vir so ‘n rukkie net gaan wegkruip.

Maar ons het nie lank tussen die Olyfbome gesit nie. Ons het die Jesus en skare toe gaan volg. Ons was ‘n hele endjie agter hulle. Ons wou gaan kyk het wat met Jesus gaan gebeur.

Toe ons by Kajafas se paleis kom het die priesters my laat ingaan want ons het mekaar goed geken. Hulle het natuurlik gehoop dat ek my opinie oor Jesus sou verander as ek die hofsittings sou bywoon.

Ek het hulle toe gevra of Petrus ook maar kan inkom. Ek het die gebeure vanaf ‘n stil plekkie bekyk en Petrus het homself by vuur gaan warm maak.

Ek wil julle eers van Jesus se verhoor voor Annas en Kajafas vertel en dan van Petrus se ondervinding.

Annas was Kajafas se skoonvader asook die vorige Hoëpriester. Omdat daar gevoel is dat Kajafas nie baie ondervinding gehad het nie, Jesus eerste na Annas toe moes gaan.

Die oubaas het sy bes probeer om Jesus valslik te beskuldig maar hy was hopeloos. Toe is Jesus na Kajafas gestuur.

Hy was ‘n Saduseër wat nie aan die opstanding geglo het nie. Hy was nie ‘n goeie mens nie. Jesus se gewildheid onder die volk het hom dwars in die krop gesteek. Sy selfsug wou nie toelaat dat enigiemand groter aansien as hyself moes kry nie.

Ek het gehoor hoe hy Jesus uitvra oor Sy werk en wat Hy glo maar Jesus het hom nie geantwoord nie.

Uiteindelik het hy Jesus by die lewende God besweer en hom aangesê om te verklaar of Hy die Seum van God was. Hierdie keer kon Jesus nie stilbly nie.

Hy het geweet as Hy dit sou sê, dit Sy dood sou kos. Ek het stip na hierdie twee gekyk. Kajafas in sy hoogheidswaan en Jesus as die beskuldige.

Daar was ‘n doodse stilte in die vertrek. Terwyl Jesus vir Kajafas in die oë kyk, het Sy godheid deur Sy mensheid geflits.

Nou was Kajafas nie meer die Regter nie. Hy het in die glans van Jesus se godheid in die beskuldigingsbank gestaan.

Terwyl ek vir Kajafas kyk, het ek besef dat Hy Jesus waarlik as die Seun van God erken het. Toe Jesus verklaar dat Hy wel die Seun van God was, het Kajafas gesidder.

En toe Jesus vir hom iets wat ek nooit sal vergeet nie. Kajafas gaan Hom weer sien. Maar as die Regter van die heelal wat in al die heerlikheid van die Vader die wêreld gaan kom oordeel.

Toe Jesus daardie woorde gesê het, het Kajafas vir ‘n oomblik weggekrimp. Hy het homself voor Iemand bevind wat sy geheime skandes geken het.

Maar ‘n oomblik later het die duiwel weer van hom besit geneem en hy het sy kleure geskeur.

Hy het vir die mense in die gehoor gesê dat hulle Jesus se godslastering gehoor het en dat Hy dus moes sterf.

En toe doen Kajafas iets wat geen Hoëpriester mag doen nie. Hy skeur sy klere. Deur hierdie daad het hy sy eie doodsvonnis voltrek.

Dit was iets vreesliks om te aanskou hoe daardie verwoede skare onder die onvloed van die Satan op Jesus toegesak het Hom geslaan het. Hulle het Hom in die gesig gespoeg. Hulle het Hom geblinddoek en gesê Hy moet profeteer wie Hom geslaan het.

Op daardie oomblik het die haan vir ‘n tweede keer gekraai. Volgende keer gaan ek vir jou vertel wat gebeur toe Petrus Jesus vir die derde keer verloën het.

Ek kon Jesus se hartseer oë gesien het wat na Petrus gedraai het; ek kon ook Petrus oë gesien het en gehoor het hoe sy vloeke van verloëning stil geword het toe hy in Jesus se oë gekyk het.

Volgende keer gaan ek vir jou vertel wat Petrus alles vir my vertel het toe hy na Getsemane toe gehardloop het en daar wou gaan sterf het van jammertoe oor wat hy gedoen het.

Was this article helpful?

Related Articles