1. Home
  2. Algemeen
  3. Korag, Datan, Abiram Deel: 1

Korag, Datan, Abiram Deel: 1

In hierdie lesing kyk ons na die grootste rebellie in die geskiedenis van Israel.

Ons gaan versigtig kyk na wat hier gebeur het en mag die Here ons help in ons stryd teen rebellie en verbittering.

Numeri 16:1 EN Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem,

Wie was hierdie manne? Voor hierdie rebellie het God aan die volk gewys in watter ernstige lig Hy na mumerering en opstand kyk. Dis diaboliese emosies wat mense verwoes.

Hierdie manne het nog nie toelgelaat dat die Heilige Gees hulle van hierdie dodelike siekte genees het nie.

Indien jy met ‘n stuk bitterheid sit, bid ek dat die Gees van die Here jou vrede sal gee indien jy toelaat dat Hy dit wegneem

Korag was ‘n afstemmeling van Levi. Die Koragiete het aan die suide kant van die tabernakel, naby die Rubeniete gekamp.

Die kinders van Korag moes die sang en musiek van die tabernakeldienste behartig. Hier is voorbeelde:

Psalm 42:1-3 VIR die musiekleier. ’n Onderwysing van die kinders van Korag.2 Soos ’n hert wat smag na Waterstrome, so smag my siel na U, o God! 3 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?

Psalm 84:1-3 VIR die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.2 Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.

Hoe hartseer. Sy musiek het voorgeleef maar sy eie lewenslied het wanklanke gegee.

Datan en Abiram, omdat hulle afstammelinge van Jakob se oudste seun Ruben was, het hulle self die reg toegeëin om siviele leiers in Israel te wees.

Numeri 16:1,2 EN Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem,2 en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam.

Wat sou jy sê beteken die woorde: “Opgestaan voor die oë van Moses”?

Weens die oordele wat die Israeliete getref het, was daar ‘n tyd lank geen klagtes of verset nie. Maar die opstandige gees was nog in hulle harte en uiteindelik het dit die wrangste vrugte voortgbring.

Die vorige opstande was net volksonluste wat uit die skielike spontane agressie van die volk ontstaan het. Dit was nie voorbedagte rade nie.

Maar nou het daar ‘n versigtige beplande sameswering ontstaan wat daarop gemik was om die gedag van die leierskap wat God self aangestel het, omver te werp.

Korag, die leier in hierdie rebellie, was ‘n Leviet, ‘n asftammeling van Kehat, en ‘n neef van Moses. Hy was bekwaam  en invloedryk.

Hoewel hy aangestel was om die tabernakel te bedien, was hy ontevrede met sy amp en het die status van priesterskap begeer.

Daar was afguns en ontevredenheid omdat die priesterskap wat vroeër die oudste seun van elke gesin toegekom het, aan Aäron en sy gesin gegee is.

Oor ‘n lang tydperk het Korag die gesag van Moses en Aäron in die geheim ondermyn hoewel hy dit nooit gewaag het om tot openblike opstand oor te gaan nie.

Eindelike het hy die gewaagde plan gesmee om sowel die burgerlike as die godsdienstige gesag omver te werp. Dit het hom nie aan ondersteuners ontbreek nie.

Dig by die tent van Korag en die Kehatiete, aan die suidekant van die tabernakel, was die stam van Ruben. Die tente van Datan en Abiram, twee vorste het spontaan aan Korag se eersugtige plan deelgeneem.

Omdat hulle nakomelinge van Jakob se oudste seun was, het hulle beweer dat die burgerlike gesag hulle toekom en hulle het besluit om die er van die priesterskap met Korag te deel.

Die gemoedstemming van die volk het Korag se planne goedgekeur. In die bitterheid van hulle teleurstelling het hulle vorige twyfel, jaloesie en haat teruggekeer en hulle het wee opnuut teen hulle lankmoedige leier gekla.

Die Israeliete het gedurig die feit uit die oog verloor dat hulle deur God gelei is. Hulle het vergeet dat die Verbondengel hulle onsigbare leie was, dat die teenwoordigheid van Christus wat deur die wolk verberg was, voor hulle uitgegaan het en dat Moses al sy bevele van Hom ontvang het.

Hulle was onwillig om hulle aan die vreeslike vonnis te onderwerp dat hulle almal in die woestyn moes sterf. En daarom was hulle bereid om enige voorstel te oorweeg dat dit nie God was nie, maar Moses hulle gelei en die verskriklike vonnis oor hulle gevel het.

Die beste pogings van die sagmoedigste man op aarde kon die opstandigheid van die volk nie kalmeer nie. En hoewel die afwesigheid van vorige rebelle van God se misnoë getuig het, het dit nie ‘n indruk op hulle gemaak nie. Hulle is weer ‘n keer mislei.

In sy nederige herderslewe het Moses baie meer vrede en geluk gehad as in sy huidige amp as leier van die oproerige skare. In die plek van die herderstaf is daar ‘n staf van gedag aan hom gegee en hy kon dit nie neerlê voordat God dit nie doen.

Hy wat die geheime van harte lees, het reeds kennis van Korag  en sy vriende se planne geneem. Hy het aan Sy volk genoeg waarskuwings en onderrig gegee om die bedrog van die eersoekers te vermy.

Hulle het gesien hoe die oordeel van God Mirjam getref het omdat sy op Moses jaloers was en teen hom gekla het. Die Here het gesê dat Moses meer was as net ‘n profeet. “Mond tot mond spreek Ek met hom.”

En toe voeg Hy daarby: “Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?” (Numeri 12:8) Hierdie onderrig was nie net vir Aäron en Mirjam bedoel nie, maar vir die hele volk.

Korag en sy medepligtiges in die sameswering was manne wat met besondere openbaringe van die mag van God begunstig was. Hulle was onder die groep wat saam met Moses in die berg opgeklim en die heerlikheid van God aanskou het.

Maar sedertdien het daar ‘n verandering plaasgevind. ’n Versoeking wat aanvanklik klein was, maar namate dit gekoester en gevoed is, het al sterker geword. Uiteindelik is hulle gedagtes deur Satan beheer en die rebellie het begin.

Hulle het voorgegee dat hulle die belange van die volk op die hart dra en aanvanklik hulle ontevredenheid net onderlings gefluister en dit toe aan die leiers van Israel vertel.

Mense was so ontvanklik vir die aantuigings dat hulle dit nog verder gewaag en naderhand geglo het dat hulle deur die ywer vir God gedryf word.

Hulle slaag daarin om 250 owerstes, manne van naam in die vergadering, opstandig te maak. Met die hulp van die sterk invloedryke ondersteuners was hulle vol vertroue dat hulle ‘n radikale verandering in die regering Aäron kon verbeter.

Jaloesie het aanleiding tot afguns gegee en afguns tot opstand. Hulle het Moses se reg op sulke groot eer en gedrag so dikwels bespreek dat hulle tot die oortuiging gekom het dat hy ‘n baie benydenswaardige pos beklee en dat enigeen van hulle dit net so goed kon doen.

Hulle het hulleself bedrieg toe hulle dink dat Moses en Aäron hulle die posisie aanmatig. Die wat ontevrede was, het gesê dat die leiers hulle bo die vergadering van die Here verhef het deur die priesterskap en die regering op hulle self geneem het.

Hulle was dus nie geregtig dat hulle stam bo die van die ander stamme van Israel was nie. Hulle was niks meer heilig as die volk nie, en hulle behoort tevrede te wees om aan hulle broers gelyk te wees. Die rebelle was ook op die besondere teenwoordigheid en besekerming van God geregtig .

Net hierna het die samesweerders die volk begin opstook. Vir mense was verkeerd gedoen het en gestraf moet word, is niks aangenamer as om simpatie en lof te ontvan nie. Op hierdie manier het Korag en sy ondersteuners die ondersteuning van die volk gekry.

Hulle het gesê dat aantuigings dat die volk se klagtes God gegrief het, onwaar is; die volk het nie fouteer nie, hulle het net op hulle regte aanspraak gemaak. Moses was met mag beheb en dat hy verkeerdelik die volk sondaars  noem terwyl hulle heilig was en die Here onder hulle gewoon het.

Korag het van hulle omswerwinge in die woestyn gevalle aangehaal waar hulle mense asgevolg van hulle mumerering en ongehoorsaamheid gesterf het. Die mense het gedink dat probleme opgelos kon word as Moses net anders opgetree het.

Hulle was oortuig dat Moses die oorsaak van al hulle moeilikheid was en dat hulle weens sy wanbestuur toegang tot Kanaän verbied is.

As Korag hulle leier was  en oor hulle goeie dade pleks hulle foute praat, sou hulle vreedsaam en voorspoedig getrek het pleks daarvan dat hulle in die woestyn rondswerf, sou hulle reguit na die Beloofde Land kon trek.

In hierdie ontevredenheid  was die vergadering meer eensgesind as voorheen. Korag se welslae met die volk het sy selfvertroue laat toeneem. Sy oortuiging dat as Moses se aanmatigende gesag nie hok geslaan word nie, die vryhede van Israel ten gronde sou gaan.

Hy het ook beweer dat God die saak aan hom geopenbaar het en hom gemagtig het om ‘n verandering in die bestuur te maak voordat dit te laat sou wees.

Maar daar was nog baie wat nie gewillig was om Korag se beskuldigings teen Moses te aanvaar nie. Hulle het aan sy geduldige, onbaatsugtige lewe gedink en hulle gewetens het hulle gepla.

Hulle moes vir Moses van selfsugitge leier skets en die ou beskuldiging is heerhaal dat hy hulle in die woestyn ingelei gelei het om te sterf sodat hy hulle besittings kon kry.

‘n Tyd lank het hierdie werk in die geheim plaasgevind. Nadat die beweging momente gekry het, het Korag as hoof van die party voor Moses en Aäron verkyn. Die leiers is in die openbaar daarvan beskuldig dat hulle die gesag aanmatig waarop Korag en sy aanhangers geregtig was. PP 398

Daar is verder aangevoer dat die volk hulle onafhanklikheid en vryheid ontneem was. Die samesweerders het gesê:

Vers 3 En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die Here is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die Here?

Het hulle ‘n punt gehad?

Eksodus 19:6 En júlle sal vir My ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

Ja. Voor Moses se dag kon enigeen offers vir sy eie gesin bring. Maar nou was die werk net tot een gesin beperk en hulle het al die voordele geniet.

Die Here is in hulle midde

Vals of waar?

Wat van die wolk en vuurkolom en die heiligdom? Hulle het aangevoer geen ander leier behalwe die Here nodig was nie.

Het hulle ‘n argument gehad?

Eksodus 29:45 En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ’n God wees.

Misleiding kan baie subtiel wees. Gewoonlik is daar meer waarheid as leuens hierby betrokke.

Moses het hierdie diepgewortelde sameswering glad nie vermoed nie. Toe die verskriklike waarheid tot hom deurdring het hy op sy aangesig voor die Here geval.

Vers 4  Toe Moses dit hoor, het hy op sy aangesig geval.

Ek is so jammer vir Moses. Kan jy hom daar op die grond sien lê. Ek wonder of hy in stilte begin huil het? Hy het net goed bedoel en dis die dank wat hy daarvoor kry.

Ek wonder wat hy alles vir die Here in daardie verskriklike verplettering gesê het?

Was jy al daar waar Moses was?

Daar in die stof het die Here vir hom ontmoet en vir hom ‘n plan gegee wat hy moet doen. Toe hy opstaan was hy nog baie stukkend maar hy het homself kalm en sterk gehou.

Vers 5 en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.

Wie Hy na Hom laat nader kom.

Wat word met hierdie uitdrukking bedoel?

Levitikus 21:17 Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.

Met wat hou hierdie “nader kom” verband?

Esegiël 40:47 En die kamer waarvan die voorkant na die noorde lê, is vir die priesters wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok wat uit die kinders van Levi na die Here mag nader kom om Hom te dien.

Waarmee hou “nader kom” verband?

“Nader kom” was ‘n algemene uitdrukking van die priesters wanneer daar na die altaar verwys word.

Die Nuwe vertaling stel dit asvolg:

Vers 5  Daarna het hy vir Korag en sy hele bende gesê: “Môreoggend sal die Here die persoon aanwys wat aan Hom behoort en wat gewy is en sal Hy hom toelaat om by die altaar te kom. Die persoon wat Hy verkies, sal Hy na die altaar toe laat kom.

Die toets is tot die volgende dag uitgestel sodat almal tyd kon hê om oor die saak na te dink. Dan moes hulle wat die priesterskap begeer elkeen met ‘n vuurpan kom en by die tabernakel voor almal wierook offer.

Die wet was baie duidelik dat net diegene wat tot die heilige amp georden is, in die heiligdom kon diens doen. Selfs die priesters Nadab en Abihu is verdelg omdat hulle ondanks die bevel van God dit gewaag het om “vreemde vuur” te offer.

Nogtans het Moses sy beskuldigers uitgedaag, indien hulle so ‘n gevaarlike oefening wou waag, om die saak van God vir beslissing voor te lê.

Korag en sy geselskap is uitgenooi om ‘n baie belangrike plig te voer vir die posisie wat hulle voor geaspireer het.

Verse 8-10 Verder het Moses vir Korag-hulle gesê: “Luister, Leviete! 9Is julle nie daarmee tevrede dat die God van Israel júlle uit die gemeente van Israel afgesonder het om in die heiligdom diens te doen en om die dienswerk in die tabernakel van die Here te verrig in belang van die gemeente vir wie julle bedien nie? 10Hy het jóú, Korag, en al jou Levitiese ampsgenote saam met jou laat diens doen in die heiligdom, maar nou wil julle ook nog die priesterskap inpalm!

Korag en die Leviete het reeds groot voorregte bo die ander stamme geniet, maar hulle was onvernoegd. Hulle wou dieselfde voorregte as die familie van Aäron hê.

Vir hulle om die priestersamp te beklee was flagrante verwaandheid.

Sit daar in my hart een of ander godsdienstige jaloesie? Dink ek dat ek vir die Here ‘n beter werk kan doen as wat ander geestelikes doen?

Hier is baie goeie waarskuwings vir kerksmense.

Vers 11 Dat julle julle teen Aäron verset, is niks nie, maar jy en jou hele bende het ’n komplot teen die Here gesmee.”

In ons opvolg lesing gaan ons na een van die hartseerste rebellies in die Bybel lees.

Mag die Here ons teen die sonde van jaloesie, van afguns en van opstandigheid red.

Was this article helpful?

Related Articles