1. Home
  2. Argeologie
  3. Kores – Ballinge Gaan Huistoe – Deel 3

Kores – Ballinge Gaan Huistoe – Deel 3

Kores staan hier by die Isjtarpoort waar ongeveer 50,000 Joodse ballinge byeen gekom het.
Hulle straal van onbegryplike vreugde. Wat het gebeur?
Vir 70 jaar was hulle in Babiloniese ballingskap maar nou is hulle op pad terug huistoe.
Wat se belofte het die Here deur Jeremia aan die bannelinge gemaak?
OOREENKOMS
Kan ek hierdie belofte van die destydse balling ook na my hart toe deurtrek?
Is ek ‘n balling? ‘n Balling in ‘n ver land van pyn?
Is ek ‘n balling in ‘n vreemde land van skuldgevoelens?
Is ek ‘n balling in die land van ‘n terminale siekte?

Hier uit die ruïnes van Babilon in die tyd van Jeremia, eggo die woorde:

Jer 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.

Die profesie aan die ballinge van destyds het in vervulling gegaan. Dit was ‘n groot en onbeskryflike oomblik toe hulle by Jerusalem aangekom het.

BELOFTE AAN MODERNE BALLINGE
Wat se belofte is daar in die Bybel vir ons die ballinge van hierdie planeet met sy misdaad, siekte en dood?
Joh 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Dis so ‘n mooi belofte hierdie. Maar watter toestande heers daar in die land waarheen God ons wil bring?

Opn 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
Opn 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Opn 21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
Opn 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

ISJTARPOORT IN BERLYN

Toe die Ballinge na Babilon weggevoer is, het hulle met trane deur die Isjtarpoort geloop.
Nou het baie van hulle uit daardie selfde na vryheid toe gestap.
In ons verbeelding sien ons die opgewonde skare. Sodra almal byeengekom het, begin die groot trek na Jerusalem toe.

WAT SE VERVULDE PROFESIE HET DIE VRYHEID AANGEKONDIG?

Kom ons kyk na twee tekens wat die verlossing uit Babilon na Jerusalem destyds moontlik gemaak het?
Jesaja 44:21 Dink hieraan, Jakob, dink hieraan, Israel, want jy is my dienaar; Ek het jou gemaak, jy is my dienaar. Ek sal jou nie verlaat nie, Israel.

Regtig? Al het my sondes my in ballingskap gebring?

Behalwe dat Hy my nie sal verlaat nie, wat nog gaan Hy doen?

Jes 44:22 Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis, hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos.

Watter pragtige beeldspraak? As die son op daardie ou miswolking skyn, verdwyn hy baie vining.

Wanneer Jesus die Son van Geregtigheid met die strale van Sy vergifnis op my oortreding skyn, verdwyn hulle in ‘n sekond.

Hierdie is pragtige booskappe aan die ballinge wat vir baie lank al in Babilon sit.

Maar dis ook ‘n boodskap vir jou en my.

Jes 44:23 Juig, hemel, oor wat die Here gedoen het, jubel, dieptes van die aarde, wees bly en juig, berge en bosse, want die Here het vir Jakob, vir Israel, verlos, die Here het sy mag laat blyk.

Jes 44:24 So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep, Ek alleen het die hemel oopgespan, Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie.
Jes 44:25 Ek stel die toekomsvoorspellers aan die kaak, Ek maak die waarsêers belaglik. Ek weerlê dié geleerde mense, Ek ontmasker hulle kennis as dwaasheid.
es 44:26 Ek bevestig die woorde van my dienaar, Ek bring wat my boodskappers aangekondig het, tot vervulling. Ek sê van Jerusalem: Hy moet weer bewoon word, en van die stede van Juda: Hulle moet weer opgebou word, en Ek self bou Jerusalem se ruïnes weer op.

Lê daar ‘n klomp ruïnes in ons lewens? Is dit moontlik dat die Here weer kan restorer?
En nou vir die tekens wat die verlossing sal voorgaan:

Jes 44:27 Ek sê vir die diep waters van Babel: Droog op! Ek sal jou riviere laat opdroog.

DANIëL

Daniël het van hierdie profesie geweet. Ek is seker daarvan dat hy vir ballinge gesê het dat as hulle sien die watervlak van die Eufraatrivier sak, moet hulle weet die verlossing is op pad.
Kom ons hoor watter bevel Jeremia gegee het wat later in Babilon herhaal is:

Watter jaar is die profesie van Jeremia se 70-jaar ballingskap vervul?

Babilon is in die jaar 539 deur Darius die Meder en Kores die groter verower.

Darius regeer vir twee jaar tot in 537. Die groot profetiese horlosie slaan en die profesie moet in vervulling gaan.

Jesaja 44:24 So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei—wie was met My? —
Jes 44:25 wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak;
Jes 44:26 wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig;
Jes 44:27 wat vir die diepte sê: Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog;

Het Kores die Eufraat se watervlak sien daal? Toe dit gebeur kon hy en Darius die Meder Babilon verower.

Ek wonder hoe het Kores gereageer toe Daniël vir hom die volgende profesie gelees het?

Jes 44:28 wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.

Hier lees Daniël uit ‘n profetiese boek wat sy naam noem. Wat ‘n oomblik. Wat sou jy gedoen het as jy in sy skoene gestaan het?
En nou vir die volgende profesie:
Jesaja 45:13 Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelykmaak; hy sal my stad bou en my ballinge loslaat sonder koopprys en sonder geskenk, sê die HERE van die leërskare.

Daniël sê vir Kores. “U majesteit my God het gesê jy sal Jerusalem herbou, die ballinge loslaat en die rekering vir hulle reis na Jerusalem betaal.
Kom ons hoor hoe hierdie Kores toe gereageer het:
Esr 1:1 En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE—sodat die woord van die HERE uit die mond van Jeremía vervul sou word—die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ‘n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
Esr 1:2 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom ‘n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.
Esr 1:3 Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort—mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.

ISJTARPOORT
Kom keer terug na die Isjtarpoort waar ongeveer 50 duisend opgewonde ballinge bymekaar kom.
Esr 2:64 Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig,
Esr 2:65 behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was sewe duisend drie honderd sewe en dertig. En hulle het twee honderd sangers en sangeresse gehad.
Wat het hulle met hulle mooi stemme gemaak. Gesing soos hulle nog nooit van te vore gesin het nie.
Kores het vir hulle bure gevra om die terugkerende ballinge met geskenke te oorlaai en hulle het ook.

LOGISTIEK
Hulle moes ook al die tempelmeubels wat Nebukadnesar destyds geneem het, terugneem. Dit was baie. Hoe sou hulle alles vervoer?
Esr 2:66 Hulle perde was sewe honderd ses en dertig; hulle muile, twee honderd vyf en veertig;
Esr 2:67 hulle kamele, vier honderd vyf en dertig; esels, ses duisend sewe honderd en twintig.

DIE REIS NA JERUSALEM

Ek dink dit was die duurste onderneming wat nog ooit gefinansier is. Vir drie maande reis hulle op die antieke vrugbare halfmaan tot by Jerusalem.

Daardie koor het elke dag van die reis gesing.

Psa 126:1 ‘n Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos ‘n droom.
Psa 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
Psa 126:3 Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly.

Die mense wat op die vrugbare halfmaan vanaf Babilon na Egipte gewoon het, moes van hierdie prosessie kennis geneem het.

“Vertel ons van meer van die liriek van die lied wat julle sing.” Wat was hulle antwoord.

“Vertel ons waar kom julle vandaan en waar gaan julle heen?”

“ Wie borg die projek?”

“Waarom het julle die gratis aanbod aanvaar?”

TIPOLOGIE

Kom ons loer vir ‘n oomblik na die tipologie en pas dit op ons eie lewens toe.

Hoeveel konings het antieke Babilon verower?

Hoeveel konings gaan binnekort die bose antitipese eindtyd Babilon verwoes?

Lukas 9:26 Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele.
Dit was ‘n skouspel toe twee koning destyds die mag van die wrede goddelose Babilon kom vernietig het. Babilon het nie die vermoë gehad om hierdie profetiese oorlog te wen nie.

Binne kort gaan ‘n goddelike glans die hemele oopskeur wanneer. Die godheid in Sy onbeskryflike glans en glorie gaan ‘n einde aan die Sataniese mag en vervolging van ons aardse Babilon kom maak.

Openbaring 16:12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.

MET HOEVEEL GODDELIKE KARAKTEREIENSKAPPE WORD KORES BESKRYF?

Jejasa 44:28 verwys na hom as iemand wat puinhope gaan restorer. Kores was verantwoordelike dat die tempel in Jerusalem weer opgebou en herstel is.

Dit dui op Jesus wat my tempel, my lewe wat deur sonde in puin gelê is weer kan herstel.

In hoeveel stukkies het jou lewe gebreek. Jesus die Groot Argeoloog gaan daardie stukkies uitsorteer en weer op hulle oorspronklike plek inbou.

Is dit nie ook wat ek en jy in die lewens van ander stukkende mense moet doen nie. Dis verbasend wat een vriendelike bemoedigende ou woordjie kan doen.

Jesaja 44:28 noem Kores ook ‘n herder. Het jy al verdwaal? Voor die GPS uitgekom het, het dit dikwels met my gebeur. Dis in die verdwaal oomblikke wat ons ‘n herder nodig het.

Kores was die tipe herder wat na Jesus die Groot Herder verwys het. Daardie kinders van die Here in Babilon het nie geweet hoe hulle ooit daar gaan uitkom nie. Kores het as herder opgetree om hulle weer by Jerusalem uit te bring.

Ek en jy is partykeer net so dom soos ‘n skaap. Ons slaan so maklik ‘n verkeerde rigting in. Maar Jesus die Groot Herder skop ons nie as ons verdwaal het nie. Hy tel ons op en hou ons styf aan Sy bors en bring ons by Sy kraal van veiligheid uit.

Jesaja 45:1 verwys na Kores as ‘n gesalfde. Die titel is ook vir die priester en die koning gebruik. (Eksodus 30:30).
Christus is deur die Heilige Gees gesalf om gevalle sondaars te kom red.

En dis hoe antieke skrywers Kores skets. Hy het gekom om vervalle mense en gemeenskappe weer op te hef.

Kores is een van die mooiste tipes van Jesus die Antetipiese Kores, Verlosser.

Simoliek?

Ons planeet ly aan terminale ongeneeslike septisemie van misdaad en wetteloosheid. Die tyd het aangebreek dat die Wetgewer optree.

As daar sondeinfeksie in ons lewe is is Hy gewillig om ons te genees. As ons weier gaan ons saam met die bose planeet vernietig word.

Ek wil hemeltoe gaan. Wat van jou my liewe vriend, my liewe vriendin, my liewe jong mens?

Was this article helpful?

Related Articles