1. Home
  2. Argeologie
  3. Kores Die Grote – Deel 1

Kores Die Grote – Deel 1

‘n Babastemmetjie is in die paleis van Koning Kambyses gehoor. Sy vrou het geboorte aan ‘n seuntjie gegee.
Hierdie gebeurtenis het in die suide van Iran afgespeel. Die stad se naam was Anshan.
In antieke tye was dit die gebruik dat kinders die troonnaam van hulle voorvaders aangeneem het. En dis wat hier gebeur het. Die seuntjie wat gebore is, is na sy oupa Kores vernoem. Ons weet nie of hierdie oupa geleef het om hierdie seuntjie te kon geniet het nie.
MANDANE
Sy mamma was ‘n prinses van die koningshuis van Ekbatana, die hoofstad van die Meders. Haar naam was Mandane en haar pa was koning Astyages.
Volgens Zenofon in sy boek Cyropedea, het mamma en klein Kores dikwels vir oupa Astyages in Ekbatana gaan kuier. Dis nie net vandag se gebruik nie, die antieke beskawings was nog meer familievas as ons.
EKBATANA
Tydens my besoeke aan hierdie antieke hoofstad van die Meders het die Bybelse verhaal van Kores vir my baie kosbaarder geword.
Dit was in hierdie einste stad waar ‘n dekreet van Kores baie jare ontdek is. Dit inhoud het gehandel oor die vrylating van die kinders van Juda nadat hy en sy oom Cyaxares Babilon in 539 vC verower het.
Baie jare later het Ekbatana die somertuiste van die Persiese konings geword. Dis asgevolg van die heerlike koel somers wat hierdie omgewing gebied het. Susan, die ander hoofstad het weer aangename wintersdae gehad en dis waar die Persiese konings vir ‘n paar maande oorgebly het.
Ekbatana is ook by die Jode hoogaangeskryf omdat Ester en Mordegai haar oom hier begrawe is. Deur die jare het die Jode hierdie graf gereeld besoek veral asgevolg van die verhaal van die redding van die Jode. Die fees van Purin.
OOM CYAXARES
Xenofon skryf dat na die dood van koning Aystages, het Kores en sy ma nog steeds Ekbatana besoek en ‘n baie hegte band met Cyaxares, Mandane se broer opgebou. Namate Kores groot geword het, het sy oom hom in die militêre kuns opgelei.
In sy boek Cyropaedia skryf Xenofon dat hy vir Kores aan generaal oor die weermag aangestel het.
Ek het nog ‘n bron ontdek wat dieselfde sê:
“Daniel’s prayer had been offered “in the first year of Darius” (verse 1), the Median monarch whose general, Cyrus, had wrested from Babylonia the scepter of universal rule.” Patriarchs and Prophets p. 557.
CYAXARES II EN KORES
Soos ons vandag vir ons kinders die stories van hulle ooms en oupas vertel moes Cyaxares ook vir Kores van sy familie van sy ma se kant vertel het.
“Weet jy Kores my oupa se naam was ook Cyaxares. Hy was ‘n baie beroemde man. Toe hy nog geleef het was die Assiriërs ons vyande en hulle was baie wreed. My oupa het besluit om oorlog met hulle te maak want hulle kon nie langer die wreedheid van hierdie mens vat nie.
Hy het toe die koning van Babilon gevra om hom te kom help. Hierdie koning se naam was Nabopolasser. Hulle het toe besluit om die Assiriese godsdienshoofstad met die naam van Assur gaan verslaan.
Oupa Cyaxares het my vertel dat hierdie koning van Babilon eers daar aangekom het toe oupa die stad verower het.
Later het hulle twee saam teen die Assiriese hoofstad Nineve gaan veg en dit verower.
TROUE MET NABOPOLASSER SE SEUN
Kores nou wil oom Cyaxares vir jou nog ‘n ding vertel. In die ou dae het die konings hulle dogters of hulle seun gegee om met ander nasies se seuns te trou. Dit het hulle gehelp om vriende te bly en wanneer ander nasies teen hulle wou kom oorlog maak, dan het hulle daardie nasies saam aangeval.
MEDERSE BLOED
Maar nou wil ek jou nog iets baie interessant vertel. My oupa het toe sy dogter, haar was Amytis, vir koning Nabopolasser gegee om met sy seun Nebukadnesar te trou.
Net soos daar Mederbloed in jou are vloei, so het daar ook Mederbloed in Nebukadnesar se are gevloei.
Daardie tannie Amytis leef nog en sy is my en jou ma se tannie.”
VOORSPELLING VAN DIE VAL VAN BABILON
Kom ons kyk wat twee Ou Testamentiese profete oor die val van Babilon voorspel het. Die eerste een was Jesaja.
Jesaja 13:17 Kyk, Ek verwek die Meders teen hulle.
Die opskrif van hoofstuk 13 verwys na die toekomstige van Babilon.
Die Bybel is so akkuraat dat dit selfs voorspel wie die stad gaan verower.
JEREMIA
In hoofstukke 50,51 verwys Jeremia ook na die veroesting van Babilon. Die opskrif lui: Profesie ten Babel.
Jeremia 51:11. Maak skerp die pyle, vat die skilde! Die Here het die konings van Medië in beweging gebring, want Hy het besluit dat Babel verwoes moet word. Die Here gaan Hom wreek oor wat met sy tempel gebeur het.
STRAF
Hoekom is daar profesieë van straf in die Bybel? Nasies se wreedhede bereik ‘n piek en dan moet die Here intree. Hy is nog steeds in beheer. Hy stel konings aan en Hy stel hulle af.
DIE VAL VAN BABILON
Die val van die magstigste stad op aarde het op 539 plaasgevind. Toe Jeremia oor Babilon se val geprofeteer het was dit 200 jaar terug, 739 vC.
Op daardie stadium was daar geen sprake van ‘n magtige Persiese Beskawing nie.
Kom ons lees van die vervulling van die profesieë van Jesaja en Jeremia.
Daniël 5:31 En Daríus, die Meder, was twee en sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het.
Wat ‘n merkwaardige vervulling van profesie.
Maar voordat ons na die profesieë oor Kores in Jesaja lees, hoor ons net wat Daniël van Kores geskryf het:
Daniël 6:29 En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Daríus en onder die regering van Kores, die Pers.
Net weer ‘n sitaat oor die bron wat ek vrioeër genoem het:
Daniel’s prayer had been offered “in the first year of Darius” (verse 1), the Median monarch whose general, Cyrus, had wrested from Babylonia the scepter of universal rule.
Wie het die Meders gehelp om Babilon te verower?
The reign of Darius was honoured of God. To him was sent the angel Gabriel, “to confirm and to strengthen him.” Daniel 11:1.

Wie volgens hierdie sitaat het oor die nuutgestige koninkryk regeer?
Upon his death, within about two years of the fall of Babylon, Cyrus succeeded to the throne, and the beginning of his reign marked the completion of the seventy years since the first company of Hebrews had been taken by Nebuchadnezzar from their Judean home to Babylon. {PK 556.4}
Wanneer het Kores begin regeer?
Babylon was besieged by Cyrus, nephew of Darius the Mede, and commanding general of the combined armies of the Medes and Persians. But within the seemingly impregnable fortress, with its massive walls and its gates of brass, protected by the river Euphrates, and stocked with provision in abundance, the voluptuous monarch felt safe and passed his time in mirth and revelry. {PK 523.1}
Die datum is 12 Oktober 539. Vir twee jaar het Kores hom met sake weg van die adminstrasie gehou terwyl sy oom regeer het.
PROFESIEë OOR KORES
Ons moet ‘n vraag vra. Hoe dit gebeur dat Kores op hierdie tydstip op die politieke landskap verskyn het?
Is daar profesieë wat hierdie vraag vir ons kan beantwoord?
JES 44:24 So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei–wie was met My? —
JES 44:25 wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak;
JES 44:26 wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig;
JES 44:27 wat vir die diepte sê: Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog;
JES 44:28 wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.
Wat ‘n merkwaardie profesie.
Wat impliseer hierdie profesie? Dat Jerusalem op ‘n stadium beleër was en verwoes is.
Kan ons aanneem dat Juda tot ‘n groot mate ontvolk is en die niemand in die hoofstad Jerusalem gewoon het nie?

PROFESIE VAN HERBEVOLKING IN BEVRYDING?
JES 45:1 So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:

JES 45:2 Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.

Is dit wat daardie nag van 12 Oktober 539 vC gebeur het?
JES 45:3 En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;

JES 45:4 ter wille van Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep; Ek het jou ‘n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie.

Hoe lank voor sy geboorte het die Here sy naam profeties voorspel?
JES 45:5 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,

Kan die Here mense gebruik wat Hom nie ken nie?
JES 45:6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;

Hoeveel gode het die antieke beskawings aanbid?
JES 45:7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Wat ‘n pragtige profiel van die God van die Bybel in skreiende kontras met die panteon van valse gode.
PROFESIE VAN VERLOSSING
JES 45:12 Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek–my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.
JES 45:13 Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelykmaak; hy sal my stad bou en my ballinge loslaat sonder koopprys en sonder geskenk, sê die HERE van die leërskare.
Hier kry ons een van die merkwaardigste profesieë in die Bybel. Wat presies gaan Kores doen?
Hoeveel geld gaan dit hom kos om vir die ballinge te betaal om vir ongeveer drie maande na Jerusalem te reis en die tempel te gaan bou?
In die volgende lesing gaan ek meer hieroor praat.
JEREMIA SE 70 PROFESIE OOR BALLINGSKAP
Omdat die verhaal van Kores so ‘n belangrikke verlossingsboodskap is, moet ons ook hoor wat Jeremia daaroor voorspel het.
The dark years of destruction and death marking the end of the kingdom of Judah would have brought despair to the stoutest heart had it not been for the encouragements in the prophetic utterances of God’s messengers. Through Jeremiah in Jerusalem, through Daniel in the court of Babylon, through Ezekiel on the banks of the Chebar, the Lord in mercy made clear His eternal purpose and gave assurance of His willingness to fulfill to His chosen people the promises recorded in the writings of Moses. That which He had said He would do for those who should prove true to Him, He would surely bring to pass. “The word of God . . . liveth and abideth forever.” 1 Peter 1:23. {PK 464.1}
Kom ons luister na Jeremia se pleitstem:
JER 29:10 Want so sê die HERE: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.
JER 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
JER 29:12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
JER 29:13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
JER 29:14 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.
Waar nog is hierdie pragtige belofte gemaak?
Deuteronomium 4:29 “Wanneer julle kinders en kleinkinders het en julle oud geword het in die land, moet julle nie julle eie ondergang soek deur ‘n afgodsbeeld te maak nie, want dan doen julle wat verkeerd is in die oë van die Here julle God en tart julle Hom. 26Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat julle dan baie gou en baie beslis sal verdwyn uit die land wat julle in besit gaan neem sodra julle deur die Jordaanrivier trek. Julle sal nie lank in die land bly woon nie, julle sal beslis uitgeroei word. 27Die Here sal julle verstrooi onder die volke, net ‘n klein klompie van julle sal oorbly onder die nasies waarheen die Here julle sal lei. 28Dáár sal julle gode dien wat deur mense gemaak is: hout en klip wat nie kan sien of hoor, eet of ruik nie. 29As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou.
PAKSLA EN VERGIFNIS
Ons dien ‘n wonderbaarlike regverdig God. As ons Hom verlaat en in sonde leef, sal ons sondes ons ‘n pak slae gee. Elke sonde het sy eie ingeboude rottang wat jou voeter. As jy rondslaap gaan jou liggaam ou ‘n pak slae gee. As jy ‘n kettingroker of ‘n alkolis is, gaan daardie gif jou met ‘n rottang bykom.
As jy loop en skinder sal jou skinderstories jou naderhand isoleer want jou vriende gaan bang wees dat jy ook van hulle gaan skinder. As jy steel gaan niemand jou meer vertrou nie.
Ons dink partykeer God straf ons. Dis ons eie sonde wat ons straf.
MAAR
Hier is die ongelooflike goedheid van die Here. Maak nie saak na watter ver land jou sonde jou heen geneem het nie, iets gebeur wanneer Sy stem en die gevolge van jou sonde begin praat.
Hy vat jou terug.
As jy met die gemors en pyn van die gevolge van jou sonde sit, het ek goeie nuus.
Die God wat Sy beroukinders deur al die jare vergewe en herstel het, doen dit nog steeds. Gaan sê vir jy is baie jammer en kyk dan watter vrede jou onderstebo gaan loop.
KORES
Volgende keer gaan ons na die klimaks van Kores se lewe kyk. Ons gaan hoor watter gesprek hy met Daniël gevoer het. Ons gaan kyk hoe sy lewe vir ons ‘n idee gee van hoe goed God vir Sy kinders is.

Was this article helpful?

Related Articles