Kores

My naam is Kores die Grote.

Dis volmaan 22 Oktober 539 vC.

In die agtergrond hoor ek die gedreun van die Eufraatrivier.

Ek sopas Babilon en sy koning Belsasar verower en staan in die banketsaal.

‘n Hebreeuse profeet met die naam van Daniël het met my kom praat. Hy het vir my kom vertel wat die eienaardige blink woorde van vuur op die muur beteken: Mene mene, tekel ufarsin.

Hy verduidelik dat die eerste twee woorde na Nabonidus en sy seun Belsasar verwys.

Ek vra toe vir Daniël wat dit beteken.

“God het julle dae getel en ‘n einde aan julle koningskap gemaak.”

Dis presies wat gebeur het.

Ek was verstom. Maar die ou profeet het nog meer interessante dinge met my gedeel.

Hy wys my uit die geskrifte van hulle profete dat my koms ongeveer 200 voor my geboorte voorspel is.

Toe wou ek weet of daar nog iets is wat hulle voorspel het.

Hy vertel toe vir my die droom van Nebukadnesar wat hy uitgelê oor die koninkryk wat die Babiloniërs sou opvolg. Dit sou ‘n silwerkoninkry wees.

Die ou profeet het ook ‘n visioen van my koninkryk gehad waarin hy voorspel het dat ek drie groot gebiede sou verower.

70 JAAR BALLINGSKAP

Maar die interestandse profesie wat hy met my bespreek het, was die van hulle profeet Jeremia. Hy het voorspel dat die Joodse ballinge na 70 jaar deur my wat Kores is, verlos sou word.

My verowering van Babilon was presies aan die einde van die 70 jaar profesie. Dit was vir my ongelooflik.

Daniël het my genooi om so ‘n oomblikkie te kom sit, sodat hy iets verstommends vir my oor tipoloigie wou vertel.

Die eerste iets wat hy noem is dat my naam Kores wat son genoem word, vooruitwys na hulle Messias wat ook son genoem word. Hy die Son van geregtigheid gaan met genesing in Sy vleuls na die aarde kom.

En dan wys hy vir my ‘n profesie uit die boek Jesaja hoe die Eufraatrivier gaan opdroog wanneer ek dit kom verower.

En dis presies wat gebeur het.

Hy wys uit die profesie dat die poorte nie gesluit sal wees nie.

Die profesie verwys na my as ‘n gesalfde. Dit is ‘n Hebreeuse uitdrukking wat die werk van die komende Messias beskryf.

Verder het die profeet voorspel dat ek ook die rol van ‘n herder gaan speel. Dit gaan my voorreg wees om die verdwaalde bannelinge na die Jerusalem kraal terug te bring.

HERBOU VAN JERUSALEM

Een van die verbasendste voorspellings is die van die profeet Jesaja. Hy het voorspel dat ek die ballinge sal vrystel sodat hulle Jerusalem sal kan herbou.

Wat interessant is, is die feit dat ek vir hulle reis vanaf Babilon na Jerusalem sal betaal.

Daniël het my verduidelik dat dit presies is wat die Messias eendag vir almal gaan doen.

Ons is almal in ballingskap. Ons is deur ongehoorsaamheid van die veiligheid van Jerusalem na die gevangeskap van die sonde geneem.

Soos ek die ballinge na hulle hoofstad gaan terug stuur, so sal die komende Messias ballinge van sonde na die hemelse Jerusalem terugstuur.

Soos wat ek nie geld vir die reis gaan vra nie, so sal die Messias ook niks vra as Hy sondaars na die veiligheid van die hemelse Jerusalem gaan vra nie.

MY GEBOORTE

Nou kan ek verstaan waarom my oupa Astyages my probeer doodmaak het toe ek gebore is.

Die orakels het vir hom gesê dat ek eendag sy koninkryk omver gaan werp, en daarom moet ek doodgemaak word. Die duiwel het natuurlik van die profesie geweet wat voorspel het dat ek die kinders van die Here sou kom verlos.

My ma, Mandany en my pa Kambyses was verwoes toe ek van hulle met vors weggeneem is om doodgemaak te word.

Gelukkig het Mitradates die koninklike skaapwagter se kind gesterf en hy is toe in my plek begrawe. Almal het gedink ek is dood en die Jode het getreur.

Eers toe ek 10 jaar oud was, is my identiteit ontrafel. My oupa Astyges het my na Ansjan verban. Daar het ek ‘n magtige vors geword wat met verlossingswerk begin.

Ek wil net vir jou sê dat jy met die grootste vertroue die profesieë van die Bybel kan vertrou. Ek het persoonlike ondervinding daarvan.

Ek glo dat ons groot Verlosser op pad is om ons van hierdie planeet met sy pyn en misdaad gaan kom verlos. Ek wil gereed wees. Ek wil alle verkeerde sondige gedagtes en dade uit my lewe verwyder.

Mag ek jou uitdaag om ook gereed te wees vir daardie groot dag wanneer ons almal na die Nuwe Jerusalem toe sal kan gaan?

 

Was this article helpful?

Related Articles