1. Home
  2. Argeologie
  3. Kuta Irak – Samaritane

Kuta Irak – Samaritane

Voordat ons oor Kuta in Irak gesels, moet ons eers bietjie meer van die Samaritane leer. Watter prentjie kom by jou op wanneer jy die naam hoor?

‘n Koning met die naam van Tiglat-Pileser III het van die mense van die tien stamme van Israel af na Assirië en na Iran weggevoer. Maar dit was nie die laaste nie.

En toe kom daar later weer ‘n Assiriese koning met die naam van Sargon II wat in 722 vC dieselfde gedoen het.

Maar soos wat Tiglat-Pileser III mense vanaf Israel weggevoer het, het Sargon II mense vanaf Babilon na Samaria in Israel verplaas.

Dit het tydens ‘n tydperk van onrus in Babilon gebeur. Om opstande te verhoed het hy mense toe vanaf Kuta na Samaria laat trek.

1 Konings 17:24 En die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta…ingevoer en laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samaría in besit geneem en in sy stede gaan woon.

Hoe het die Jode in Jesus se tyd teenoor die Samaritana opgetree? Wat het Johannes op ‘n keer vir Jesus gesê om te doen omdat die Samaritane hom nie wou ontvang het nie?

Stuur vuur uit die hemel en verwoes hulle.

Hoe het Jesus oor hierdie verworpe mense opgetree?

Hy het op ‘n keer van die barmhartige Samaritaan gepraat wat ‘n Jood gehelp het wat deur rowers aangeval en vir dood gelaat is.

As dit andersom was sou die Jood op die verminkte Samaritaan gespoeg het.

Terwyl ek hier by die ruïnes van Kuta staan moet ek myself die vraag afvra: hoe behandel ek die randfigure van die lewe?

Hoe tree ek teenoor mense op wat die wêreld vir my ‘n omsmaaklike plek maak?

VERWYSINGS NA KUTA

Een van die bronne wat na Kuta verwys, is die van Nebukadnesar.

So ‘n bietjie later meer hieroor.

‘n Ander belangrike verwysing na Kuta vind ons op die Kurkstele van Salmaneser III. In lyn 82 noem hy Kuta in verband met Babilon.

Koning Shulgi van Ur III het ‘n tempel vir Nergal by Kuta gebou. Jy wil miskien weet wie was Nergal en wat is so belangrik aangaande hom?

Hy was ‘n Babiloniese god van die onderwêreld en die dood. Hy was god van plae, siekte en ander oorsake van die dood soos oorlog en droogte.

Toe die tempel van Nergal in Kuta in ruïnes verval het, het Nebukadnesar dit weer gaan restoureer.

Maar wil on sweet of daar ‘n verwysing na Nergal in die Bybel is? One wil weet of die Bybel waar is? Kan ek alles glo wat daarin geskrywe staan?

Kom ons lees die volgende interessante inligting oor wat verder in Samaria met die mense van Kuta gebeur het:

2 Konings 17:24 Die koning van Assirië het inwoners van Babel, Kuta…af gebring, en hulle in die stede van Samaria gevestig in die plek van die Israeliete. Hierdie mense het Samaria oorgeneem en in die stede daar gaan woon.

Vers 25 Aan die begin van hulle verblyf het hulle die Here nie vereer nie, daarom het die Here leeus op hulle losgelaat wat onder hulle gemaai het.

Vers 26 Toe is die koning van Assirië meegedeel: “Die nasies wat deur u weggevoer en in die stede van Samaria gevestig is, weet nie hoe hulle die God van die land moet vereer nie. Nou het Hy leeus op hulle losgelaat wat hulle doodgemaak het. Dit het gebeur net omdat hulle nie presies weet watter verering hulle aan die God van die land verskuldig is nie.”

Vers 27 Toe het die koning van Assirië opdrag gegee dat hulle een van die priesters wat uit Israel weggevoer is, soontoe moet bring. Hy het soontoe gegaan en daar gaan woon om hulle die regte verering van die God van die land te leer.

Vers 28 So het een van die priesters wat uit Samaria weggevoer is, teruggekom en in Bet-El gaan bly, en hy het hulle geleer hoe hulle die Here moet verecothaer.

Vers 29 Tog het elke nasie nog maar sy eie afgodsbeelde gemaak en dit gaan neersit in die tempels op die hoogtes wat deur die mense van Samaria gebou is, elke nasie in die stede waar hy gewoon het.

Kom ons hoor wat die mense van Kuta met hulle aanbidding van die Babiloniese god Nergal gedoen:

2 Konings 17:30 Die manne van Kuta het Nergal gemaak.

Toe hiedie Babiloniërs in Samaria aankom het hulle beide die God van die Jode en vir Nergal aanbid. (God van plaag en dood)

Net een laaste opmerking. Een van die bronne wat ek nageslaan het sê dat die Nabateërs oorspronklik van Kuta afkomstig is.

As die Bybel wat deur God geïnspireer is so akkuraat is oor die antieke geskiedenis moet ons seker meer male hierdie boek te neem en te lees.

Nergal, in Mesopotamian religion, secondary god of the Sumero-Akkadian pantheon. He was identified with Irra, the god of scorched earth and war, and with Meslamtaea, He Who Comes Forth from Meslam. Cuthah (modern Tall Ibrāhīm) was the chief centre of his cult. In later thought he was a “destroying flame” and had the epithet sharrapu (“burner”). Assyrian documents of the 1st millennium bc describe him as a benefactor of men, who hears prayers, restores the dead to life, and protects agriculture and flocks. Hymns depict him as a god of pestilence, hunger, and devastation.

Was this article helpful?

Related Articles