1. Home
  2. Algemeen
  3. Masada Se Val

Masada Se Val

In Jerusalem kan mens ‘n skaalmodel van die stad in Jesus se dag besoek.  Dit is hoe die stad in die tyd van Jesus daaruit gesien het.

Die profesie van Daniël 9 het voorspel dat die stad na die kruisiging van Jesus verwoes sou word, en die geskiedenis en die argeologie bevestig dit.

Na die verwoesing van Jerusalem was daar nog net een plek waarheen die onverskrokke selote heen kon vlug – die vesting van Masada.

Kom ek vertel u net kortliks die geskiedenis van Masada.  Josefus sê vir ons dat die priester Jonatan, ‘n broer van Judas Makkabeus hierdie berg in 160 v.C. vir die eerste keer as vesting ingerig het.

Toe Herodus die Grote in 39 v.C. van Rome af gekom het, het hy vir hom ‘n nuwe vesting op Masada gebou. Hy het dit tot sy dood toe in 4 v.C. benut

Die geskiedenis sê vir ons dat die Joodse selote die Romeinse garnisoen in die jaar 66 n.C. van Masada verdryf het en die vesting tot 73 n.C. beset. Tydens die beleëring het 960 selote selfmoord gepleeg.

Tydens opgrawings wat professor Yigael Yadin en sy span in 1966 hier gedoen het, het hy hom op Josefus se inligting verlaat. Hy sê Josefus het homself keer op keer as betroubare getuie bewys.

Terwyl ek na die kolumbarium kyk waar die stoflike oorskot van die Joodse selote geplaas is, dink ek aan die tragiese lot van hierdie nasie.  Hulle het die profesië van Daniël verwerp en ‘n verwoesting geërf

Teen die lente van 73 nC was daar alstesaam 967 geharde Joodse selote op Masada.  Hulle het hulle self stewig teen die selote ingegrawe.

Groot waterputte wat hier ontdek is.  Kolosaal.  Die totale inhoud maat van die waterputte was 1,400,000 kubieke voet volgens Yadin.  Meer as genoeg.

Argeoloë het op hierdie afgekom waar die selote hulle voedsel geberg het.

In die sinagoge het hulle die tora gelees maar ongelukkig het hulle die waarskuwende profesië van Daniël oor die toekoms van die Joodse volk verwerp.

Op ‘n dag het een van die wagte deur hierdie opening gekyk en gesien hoe die romeinse leërs het hulle duisende soldate die vesting omsingel.

Oral op Masada het hulle missiele bymekaar gemaak sodat hulle die Romeine wat naby die vesting kom, kon doodgooi.

Die misleide selote het regtig geglo dat die Here hulle uit die hand van die Romeine sou verlos al het hulle die Messias verwerp en gekruisig.

Terwyl ek Masada besoek het, het ek aan myself gedink.  Hoe dikwels laat ons na om die Here te gehoorsaam en dan het ons die verwaandheid om te dink dat Hy ons gebede sal beantwoord.

Wanneer ‘n mens bo op Masada staan, kan jy nog van die oorblyfsels van die kampe sien wat die Romeine gebou het.

Behalwe vir die reuse kampe wat die Romeine opgerig het, het hulle ook ‘n klipmuur rondom Masada gebou sodat geen seloot kon ontvlug nie.

Hierdie reuse beleëringswal is deur die Romeine gebou.  Dit was die enigste manier om Masada te kon verower.

Die Romeine het eers teen die steiltes begin opklim, maar dit was ‘n onbegonne taak.

Toe die Romeine die beleëringswal begin bou het, het hulle baie van hulle soldate in die proses verloor.  Die rede?

Die selote het hierdie verskriklike groot missiele op die Romeine gegooi.  Maar volgens die profesieë van Daniël sou niks die magtige Romeinse ryk in sy verowering stuit nie.

Terwyl ek na die beleëringswal kyk, dink ek aan die plan wat die Romeine uitgedink het om die selote uit te oorlê.  Hulle het voortaan Joodse gevannisse gebruik om die wal te voltooi.

Kan jy jouself voorstel deur watter benoudheid die Jode hier bo-op Masada moes deurmaak toe die beleëringswal al hoër en hoër begin styg het?

Tevergeefs het hulle hier in die sinagoge vir uitkoms gebid.  Hulle het die Messias wat hulle wou kom red, verwerp.

Tevergeefs het hulle die boekrolle gelees.  Hulle het reeds besluit om nie die profesieë te aanvaar nie.

Uiteindelik was die Romeine heel bo.  Die volgende dag sou hulle Masada inneem.  Die leier van die selote, Eleaser ben Ya’ir het voorgestel dat hulle liewer selfmoord moes pleeg as om hulle deur die Romeine te laat vang.

Josefus gee ‘n lang verslag van Elieser se toespraak.  Hy het 960 mense gemanipuleer om selfmoord te pleeg.  Twee vrouens en vyf kinders het ontvlug en later die verhaal aan Josefus vertel.

Gesinne het op verskillende plekke vergader.  Die pa het sy vrou en kinders omhels en afskeid geneem en hulle toe met die swaard doodgemaak.

Mens sien sommige van die huishoudelike gereedskap wat die selote voor hulle dood gebruik het. Nadat vaders hulle gesinne om die lewe gebring het, het tien van hulle die res om die lewe te bring.  Josefus se vir ons die pa’s het met hulle arms om die dooie vrouens en kinders gelê.  Hulle nekke is in hierdie posisie afgekap.

By Herodus die Grote se noordelike paslies het hulle ook oorblyfsels van die selote gevind.  Uiteindleik het die tien mans mekaar ook doodgemaak.

Net voordat die laaste seloot homself om die lewe gebring het, het hy alles verbrand behalwe hulle kosvoorraad.  Hierdie bak en pot is uit die as gehaal.

Die argeoloë het met groot versigtigheid die stoflike oorskot van die selote bymekaar gemaak en op 7 julie 1969 dit elders gaan begrawe.

Ek wil vir jou ‘n vraag vra: Dink jy dis moontlik dat ons in die toekoms nog meer massaselfmoorde soos die van Jim Jones en Koresj gaan sien?

Die stoflike oorskot van die selote is op ‘n kegelvormige heuweltjie begrawe.  Tydens militêre parades op Masada word die slagspreuk gehoor:  Masada sal nooit weer val nie.

Die selote het geglo dat hulle veilige Masada nooit sou sou val nie.  Maar toe gebeur dit.  Luister na Dawid se raad:

Psalm 62:6,7 “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.  Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.”

Was this article helpful?

Related Articles