1. Home
  2. Algemeen
  3. Moses Slaan Die Rots: Numeri 20:1-13

Moses Slaan Die Rots: Numeri 20:1-13

Die stroom lewende water wat Israel in die woestyn verkwik het, het aanvanklik uit die geslane rots by Horeb gevloei. Gedurende hulle omswerwinge in die barre waterlosewoestyn, het God nog steeds vir hulle dors met wonderwerkwater voorsien.

Waar hulle ookal kamp opgeslaan het, die water uit die rotsklowe die laer binnegevloei.

Dit was Christus wat die verkwikkende strome deur die krag van Sy Woord vir Israel laat vloei het. “Hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.” 1 Korintiërs 10:4.

Hy die Bron van al hulle tydelike en geestelike seëninge was die heel pad by hulle. Jesaja 48:21  Hulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei; Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.

Psalm 105:41 Dit het geloop deur die dor plekke – ‘n rivier!

Hy het die rots laat oopgaan en water laat uitkom, ’n hele stroom wat in die woestyn geloop het.

Die geslaande rots was ‘n tipe van Christus. Soos lewegewende waters uit die geslaande rots gevloei het, so vloei die stroom van verlossing vir die verlorenes uit Christus wat “deur God geslaan,” en “ter wille van ons ongeregtighede…verbrysel” is. Jesaja 53:4,5.

Soos die rots een maal geslaan is, so moes Christus “een maal geoffer” word, “om die sondes van baie weg te neem.” Hebreërs 9:28.

Ons Heiland sou nie ‘n tweede keer geoffer word nie. Hy wat Sy genade soek, moet berouvol in die Naam van Jesus sy begeertes bekendmaak.

Hierdie gebed herinner aan Jesus se vergewende bloed  wat soos die woestynwater gevloei het. Nadat Israel in Kanaän aangekom het, is die woestyn waterverskynsel met vreugde gevier. In Jesus se tyd was die fees ‘n indrukwekkende seremonie.

Dit het tydens die huttefees gebeur wanneer die volk van oral in Jerusalem vergader het.

Vir sewe dae het die priesters en ‘n Levietekoor met ‘n goue vat, water uit Siloam gaan skep

Die skare aanbidders het ook kom water drink terwyl sing: “Julle sal water skep met vreugde uit die fontein van heil.” Jesaja 12:3. Daarna het die priesters met basuingeklank en gewyde sang die woorde van Psalm 122:2 gesing: “Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!” en die water na die tempel gedra.

Hier is dit op die brandofferaltaar uitgegiet terwyl die skare onder leiding van musiekinstrumente en trompetgeskal gesing het.

Jesus het hierdie diens gebruik om van die seëninge te vertel wat Hy vir hulle gebring het. Johannes 7:37-39 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!38Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.39En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo;

Die verkwikkende water wat uit die dorre aarde opwel en die woestyn laat blom en mense red wat van dors wil omkom, is ‘n simbool van Jesus se genade. Net Hy kan lewende water gee wat die siel reinig, verkwik en vesterk.

Wanneer Jesus in ons harte woon, ontspring daar ‘n nimmereindigende fontein van genade en krag. Jesus verlig ons pad en beur ons op wanneer ons Hom met diepe opregtheid soek.

Wanneer ons Sy liefde aanvaar, sal goeie dade en die ewige lewe daaruit voortvloei.

En dit is nie net ons wat daarby baat nie. Die lewende stroom sal ook die dorstiges om ons verkwik.

Jesus het dieselfde beeld gebruik toe Hy met die Samaritaanse vrou by Jakob se put gesels het:

Johannes 4:14 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;14maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Christus kombineer die twee tipes. Hy is die rots en Hy is die lewende water.

Hierdie pragtige beelde kom orals in die Bybel voor. Eeue voor Jesus se koms, het Moses na Hom as die Rots verwys wat verlos. Deurenomium 32:15

Psalm 18:2 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil.

Hier is maar een van die talle voorbeelde waar die psalmdigters van die Here as hulle vaste rots verwys.

Waarheen sê Dawid in Psalm 23 lei die Here ons heen?

“U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge. Want by U is die fontein van die lewe.” Psalm 19:15

Jeremia sien christus as “die fontein van lewende water” 2:13 en Sagaria beskou Hom as ‘n “geopende fontein…teen sonde en onreinheid.” 13:1.

Jesaja beskryf Hom as “‘n ewige Rots,” en “die skaduwee van ‘n swaar rots in ‘n land wat versmag.

Jesaja 32:1,2 Daar sal ’n koning kom wat reg sal regeer en amptenare wat reg sal laat geskied.

2Hulle sal elkeen

soos ’n skerm teen die wind,

soos ’n skuiling teen die stortreën wees,

soos strome water in ’n dor land,

soos die skaduwee van ’n groot rots

in ’n kaal wêreld.

In die pragtigste poëtiese taal roep Jesaja die volgende beeld van Israel in die woestyn op: “die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die Here, sal hulle verhoor: Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.” 41:17

“Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond:” 44:3

“In die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.” 36:6.

En dan is daar die pragtige uitnodiging: “o Almal wat dors het, kom na die waters” 55:1. En in die laaste bladsy van die heilige Woord weerklink die uitnodiging. Die rivier van die water van die lewe, “Helder soos kristal,” stroom uit die troon van God en van die Lam; en die genadige uitnodiging klink deur die eeue: “Laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” Openbaring 22:17.

PERSOONLIK

Het jy, soos die meeste van ons ‘n bietjie stout gewees? Is jy spyt daaroor? Hoe dink jy reageer die Here oor ons swakhede?

Mag jy nuwe dimensies van die Here se ongelooflike simpatie met ons swakhede kry terwyl ons na Moses se tweede ou foutjie kyk.

Numeri 20:1 EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.

Ons moet eers vasstel waar hierdie Kades en Sin is.

Deuteronomium 1:2 Dit vat elf dae om met die Seïrbergpad van Horeb af by Kades-Barnea te kom.

Waar plaas hierdie teks Kades?

Waar gaan ons die Seïrberge vind?

Genesis 32:3 Daarna het Jakob boodskappers vooruitgestuur na sy broer Esau toe, na die Seïrstreek toe, die gebied van Edom.

Dis ‘n bergreeks wat deur Edomiete bewoon was. Dit het van die oostelike gedeelte van Araba tot by die suid-oostelike punt van die Dooi See naby Akaba gestrek.

‘n Plek met die naam “Seïr, in die land van Shasu, vermoedelik Petra, word in Amenhotep III se tempel by Soleb genoem. So ongeveer 1380 vC.

Sommige kenners plaas hierdie Kades, anders as die eerste Kades naby Petra by ‘n plek met die naam van Al Beidha.

Numeri 20:1 EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.

Die eerste maand was die begin van lente en moontlik hulle veertigste jaar in die woestyn

Die volk het etlike maande hier gekamp omdat daar goeie weiding vir hulle diere was, en omdat hulle oor die dood van Mirjam gerou het.

Sy was ongeveer 132 jaar oud;

Aäron wat vier maande later dood is, was 123 jaar, en Moses wat 11 maande later dood is, was 120 jaar.

HET IETS GEBEUR OM OOR TE KLA?

Die lewe sal nooit sonder sy toetse wees nie want karakter kan nie sonder disipliene ontwikkel nie.



Vers 2 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.

En weet jy wat sê hulle vir Moses? “Hier is nie water nie maar ons vertrou dat die Here wat vir ons hierdie 40 jaar gesorg het vir ons…”

Die Here het hulle geloof in Hom beloon en daar het skielik ‘n groot stroom water uit een van die reuse rotse begin vloei.

Die volk het toe ‘n loflied tot eer van die Here gesing: O goedheid gods nog nooit volprese..

Ag as dit maar gebeur het. En as dit tog net my jou en my kon…

Waarom is hulle watervoorraad wat 40 jaar gelede by Sinai begin vloei het, nou skielik afgesny?

Dit het gebeur omdat God die geloof van die nuwe geslag wou toets wat in die woestyn groot geword het.

Het daar fonteine in jou lewe opgedroog wat vir jare gevloei het? Is daar lesse wat ons uit Israel se geskiedenis kan lees?

Vers 3 En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!

Hierdie twis het nie net hulle misnoë uitspreek nie. Hulle het soos besetenes tekere gegaan

Die broers waarna hulle verwys wat gesterf het, was die rebellie van Korag. Miskien het hulle gedink ‘n skielike dood so meer genadig wees as ‘n stadige waterdorsdood.

Vers 4 En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?

Die taal wat ons hier hoor, is die van hulle ouers. Ons as ouers moet weet dat die manier waarop ons praat, gaan moontlik dieselfde manier wees wat ons kinders gaan praat.

Vers 5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.

Wat se soort lewe het hulle vaders in Egipte gehad?

Wat het Moses in die verlede gedoen wanneer hierdie soort rebellies hulle kop uitgesteek het?

Vers 6 Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle.

Die volk was so opgewerk dat Moses en sy broer na veiligheid moes gaan soek.

Skielik gryp die Here in. Almal sien die openbaring van Sy heerlikheid, dis angswekkend. Dit moes as ‘n waarskuwing dien vir hulle gebrek aan vertroue op God.

Verse 7 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

Waaruit het die Here met Moses gepraat?

Vanuit die heerlikheid wat verskyn het. Dit het op die teenwoordigheid van die Here gesien..

Vers 8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.

Hoe opgewerk was die twee broers op hierdie stadium?

Hoe lank was hulle deur die volk uitgetart?

Wat sê die bybel, wat moes Moses met die staf doen? Alles behalwe die rots slaan. Miskien moes Moses net die rots met sy staf aanwys.

Maar Moses was die duiwel in vir die volk. Al wat hy vir altyd jare gekry het, was stank vir dank.

Verse 9,10 Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het.10 En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?

The first step was in harmony with God’s instruction (v. 8).

“Wederstrewig” is die woord wat die Here vir hulle ouers gebruik het. (17:10).

Ongelukkig het Moses uiting aan sy woede gegee pleks dat hy hom vir die ywer van God beywer.

Moet ons. Wat dink jy impliseer hierdie woorde?

Vers 11  Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.

Ag Moses! Wat het jy nou aangevang? Jy was so lank geduldig en nou…

Slaan ek en jy met kere terwyl ons eerder moet praat?

‘n Gedeelte van Moses se sonde het daarin gelê dat hy die rots tweemaal geslaan het en nie na God geluister het nie.

En dan het Moses ook vergeet hoe geduldig die Here teenoor Sy volk in die verlede was en dat hy daardie selfde geduld moes openbaar.

Hy praat en tree op asof die murmurering teen hom gemik is.

Die Here is so goed. Tenspyte van Moses se verkeerde optrede het die Here die water nogtans laat vloei.

Is die Here nie baie goed vir ons nie. Hy het nie vir Moses en Aäron in ‘n verleentheid voor die volk geplaas deur die water te weerhou nie.

Vers 12 Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.

Wat was hulle sonde?

‘n Gebrek aan geloof het ‘n voorstelling van God se heiligheid deur die twee broers verhoed.

Wat het hulle sonde geimpliseer?

Die twee leiers sou deur die dood uit hulle hoë posisies ontslaan word.

Wat ‘n ongelooflike skok. Hulle het die hele pad van Egipte gekom en nou hoor hulled at hulle die volk nie in die Beloofde Land gaan inlei nie.

Ek wonder of Moses daardie nag kon slaap en die volgende en die volgede? En toe een aand miskien aan die slaap gehuil.

Sy groot lewensdroom is finaal verwoes.

Was jy al waar Moses was?.

Vers 13  Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.

Waar het op voorheen van Meriba gelees?

Eksodus 17:7 Die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?

Die Hebreeuse wortel van die woord Meriba beteken om “te twis”, “te baklei”, om te “agiteer”, om “met raserig mekaar te lyf te gaan”.

Vers 13  Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.

Wat beteken “Hom as die Heilige aan hulle bekend gemaak het?”

Hy het Sy heiligheid en krag genadiglig laat geld toe Hy die waters uit die rots laat vloei het.

En ook in die straf wat Hy Sy geliefde leiers opgelê het omdat hulle Sy gebod oortree het.

Volgende keer kyk ons verder na die simboliek van die rots wat twee keer geslaan is.

Was this article helpful?

Related Articles