1. Home
  2. Argeologie
  3. Nebukadnesar II – Agtergrond – Deel I

Nebukadnesar II – Agtergrond – Deel I

‘n Man met die naam van Nabopolassar het in opstand teen die Assiriese heerskappy gekom. Sy stad Babilon was onnodig deur hierdie heersers talle kere verwoes.
Dit was in die tyd toe die Assiriese koning met die naam van Ashubanipal gesterf het en die koninkryk in gaos gedompel het.
Napolasser het homself as die koning van Babilon uitgeroep.
Met die hulp van Cyaxares I het hulle eers Assur die godsdienstige hoofstand langs die Tigris in 614 vC. verwoes en toe Nineve die hoofstad in 612.
GEBOORTE VAN NEBUKADNESAR
Op ‘n dag het sy vrou geboorte aan ‘n pragtige ou seuntjie gegee.
“Pappa. Wat gaan ons hom noem?”
“My vrou een van my helde se naam was Nebukadnesar I. Hy was ‘n dapper koning wat Susan van Elamiete verower het en die standbeeld van Marduk teruggeneem het.
Miskien word ons ook seuntjie ook ‘n groot veroweraar.”
TROUE MET ‘N MEDERS PRINSES
Nabopolassar het ‘n verdrag met koning Cyaxares I van Ekbatana aangegaan. Die verdrag is bekragtig toe Cyaxares sy dogter Amytis gegee het om met Nebukadnesar II te trou.
Hy is ongeveer 630 vC gebore. In 610 vC het sy militêre loopbaan volgens oorlewering begin.
Ons lees op een van Nabopolasser se kleitablette van sy eerste melding van sy seun. Hy het aan die restourasie van die tempel van Marduk gewerk.
Hierdie energieke bouer het nooit weer opgebou nie. Daar is hoeveel kleitablette in Sumer en Babilonië ontdek wat meld dat hy daar tempels geretoureer het.
Nebukadnesar maak daarop aanspraak dat hy ‘n afstammeling van die Akkadiese heerser Naram-Sin was.
Hierdie verwaande heerser was die eerste Mesopotamiese koning wat homself as “god van Akkad” genoem het. Is die moontlik dat iemand soos Nebukadnesar tot bekering kan kom?
(Skyfie van Naram-Sin)

MILITêRE OPLEIDING VAN NEBUKANESAR
Dis baie moontlik dat Nebukadnesar saam met sy pa en skoonpa Cyaxagares I die Assiriërs in 610 vC ook by Haran gaan verslaan het.
Die Assiriërs met die hulp van farao Neccho II het Haran weer verower.
NABOPOLASSER ONTTREK EN NEBUKADNESAR NEEM OOR
Op hierdie stadium het Nabopolassar hom uit die aktiewe militêre aktiwiteite ontrek.
Miskien het hy vir sy seun gesê:
“My kind die Assiriërs is ‘n wrede nasie. Sorg dat jy hulle en die Egiptenaars wat hulle ondersteun heeltemal verower.
KARKEMISH
Farao Neccho II met ‘n klomp huursoldate het vir oulaas in 605 vC by ‘n plek langs die Eufraatrivier probeer om die Assiriërs teen die Babiloniërs te probeer red. Maar die Egipte die koning van die suide het teen Nebukadnesar die koning van die noorde verloor.
En hier kan jy vir die klippe vra om vir jou te vertel wat hier gebeur het.
Nebukadnesar II het opgeruk en die koalisie verslaan.
WAS DIT ‘N VERVULLING VAN PROFESIE?
Kom ons hoor wat Jeremia geprofeteer het:
Jeremia 25:11 En hierdie hele land sal ’n puinhoop, ’n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.
Het hierdie profesie in vervulling? Presies 70 jaar later, nadat Nebukadnesar Israel die eerste binnegeval het tot hy geval het was 70 jaar. Dit was die aand van 12 Oktober 539 vC toe Darius die Meder en Kores die Grote die banketsaal in Babilon binnegegaan het en Belsasar doodgemaak het.
Petrus skryf dat ons die profetiese woord het was baie vas is en waarop ons moet let soos ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn.
As Israel hierdie profesie van Jeremia aanvaar het, sou Jerusalem en die pragtige tempel vandag nog gestaan het.

2 Kronieke 20:20 stel dit so mooi:
‘n Woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het. Dit handel oor die ander nasies.

Jer 46:2 Oor Egipte. Teen die leërmag van die farao, koning Neko van Egipte, wat in Karkemis aan die Eufraat is waar hy deur koning Nebukadnesar van Babel verslaan is; dit het gebeur in die vierde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda, seun van Josia.
Jer 46:3 Hou reg die skilde, klein en groot, ruk op vir die oorlog!
Jer 46:4 Span in die perde, klim op die ryperde, tree aan met helms op, vryf die spiese blink, trek harnasse aan!
Jer 46:5 Hoe is dit dan dat Ek hulle sien skrik en terugval? Hulle soldate word uitmekaargejaag, hulle slaan op die vlug en draai nie weer om nie; daar is paniek aan alle kante! sê die Here.

Jeremia spreek sy verbasing uit oor Egipte se neerlaag. In die visoeon sien hy hoe die Egiptenare met die huursoldate voor Nebukadnesar uit Karkemis vlug.

Jer 46:6 Selfs nie die vinniges kan wegkom nie, die soldate kom nie vry nie. Daar in die noorde, op die oewer van die Eufraatrivier, val hulle, slaan hulle neer.
Jer 46:7 Wie is dit wat daar soos die Nyl oor sy walle stroom, wat soos die groot rivier brul?
Jer 46:8 Egipte stroom oor sy walle soos die Nyl, hy brul soos die groot rivier en sê: “Ek sal oor my walle stroom en die aarde bedek, ek sal stede wegvee saam met hulle inwoners.”

Soos die Nyl oor sy walle vloei so het Egipte gedink gaan hy die wêreld militer oorspoel.

Jer 46:9 Spring, perde! Storm voort, strydwaens! Trek op, soldate uit Kus en Put, met skilde gewapen, trek op, boogskutters uit Lud!

Dit was ‘n groot koalisie wat Nebukadnesar wou gaan verslaan.

Jer 46:10 Dié dag behoort aan die Here, die Here die Almagtige. Dit is ‘n dag van wraak waarop Hy Hom op sy vyande gaan wreek. Die swaard sal oorgenoeg kry, hy sal dronk word van hulle bloed: daar is ‘n offerfees vir die Here, vir die Here die Almagtige, daar in die noordland, op die oewer van die Eufraat.

“Die Here die Almagtige” is een van die mees mejestieuse en eerbiedinspirerende titels van die Godheid.
Dit beklemtoon die onbeperkte mag wat God besit. Ons mag nooit God al onbeskryflike vermoëns en mag onderstak nie.

Dit was Hy wat vir Nebukadnesar teen die magtiste koalisie van destyds hier by die Eufraatrivier laat oorwin het.

Jer 46:11 Gaan na Gilead toe, Egipte, gaan haal balsem; jou baie medisynes help nie, jy word nie gesond nie.
Die Egiptenare was bekend vir hulle mediese uitmuntendheid. Maar hierdie wond wat hulle by Karkemis van Nebukadnesar gaan kry, sal nie genees kan word nie.

Jer 46:12 Die ander nasies hoor van jou vernedering, jou smartkrete vul die aarde. Soldaat na soldaat het geval, die een het met die ander saam gesneuwel.

AKKURAATHEID VAN DIE PROFESIE
Terwyl ek die gevegsterrein by Karkemis besoek het, het ek aan die betroubaar van die profetiese woord gedink. Jeremia was nie eers hier by Karkemis nie, maar deur ‘n gesig van die Here beskryf hy die hele geveg.
Kan jy aan ‘n ander oorlog dink het ‘n ander profeet in ‘n visioen gesien het?
HAMAT
Nebukadnesar het die Farao Necco ii agternagesit en hom by Hamat ‘n verdere vernederende pakslae gegee.
Wanneer ek hierdie plekke besoek, doen dit iets aan my hart. Ek het op die spore van hierdie magtige Babiloniese koning gestap.
Hy het sy agtervolging voortgesit en Egipte binnegeval.
Miskien het jy die voorreg gehad om Egipte te kon besoek. Dink net daaraan. Nebukadnesar was ook in Egipte.
DOOD VAN SY PA
Hy kon nie sy veroweringswerk voltooi want hy het tyding gekry dat sy pa dood is.
Dit was tydens hierdie tyd dat Nebukadnesar Jerusalem beleër en Daniël en sy drie vriende in ballingskap geneem het.
Ek glo nie die kroonprins het besef watter besondere invloed Daniël op sy lewe sou hê nie.
Die koning het baie baie oud geword. Ek wonder of hy Daniël se diëet gevolg het.

NEBUKADNESAR SE DROOM
Ek stap hier tussen die ruïnes van die antieke stad en my gedagtes gaan uit na die droom wat die koning een aand gehad het.
Die droom het so ‘n groot impak op gehad dat hy bereid as om al die geleërdes en besweerders wou doodmaak as hulle nie sy droom kon uitlê nie.
Ek staan in sy troonkamer en ek probeer my die oomblik inleef toe Daniël sy droom vertel en dit ook vir hom uitlê.
Dit het so ‘n impak op hom gemaak dat hy na die uitleg Daniël eer bewys het.
Voorstelling van die beeld.
Dan 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Dan 2:45 net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.
Dan 2:46 Toe het koning Nebukadnésar op sy aangesig geval en Daniël aanbid en bevel gegee om aan hom ‘n spysoffer en reukoffers te bring.
Dan 2:47 Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar.
Dan 2:48 Toe het die koning Daniël verhef en hom baie, groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die hele provinsie Babel en as hoofowerste oor al die wyse manne van Babel.
In hierdie droom het hy die hele geskiedenis van die nasies tot by die wederkoms van Jesus gesien.
Vir die eerste keer word hy aan die God van Daniël bekendgestel. ‘n God van liefde en beginsel. ‘n God wat nie deur mense uitgedink is nie.
Marduk wat hy tot dusver aanbid het, was nie naby die God van Daniël nie.
Marduk kon nie die toekoms sien nie. Marduk het geen plan om ‘n hemelse koninkryk op te rig nie. Marduk het geen plan om die boosheid van die planeet uit te wis nie.
Die Heilige Gees was besig om met Nebukadnesar se hart te werk. Hierdie was die begin wat uiteindelik in sy bekering gekulmineer het.
VOLGENDE KEER
Daar is ‘n paar dinge wat die Bybel as ‘n betroubare, geïnspireerde Boek bevestig.
PROFESIE
Daniël skets vir die koning vanaf daardie spesifieke jaar presies wat tot aan die einde van die wêreld gaan gebeur.
60 persent van die Bybel bestaan uit profesieë. Almal het uitgekom net soos verspel is.
Mense wat die Bybel met ‘n nederige, biddende gesindheid lees, se lewe word verander.
Dis so besielend om na mense te luister wat hierdie ondervinding van Bybellees gehad het.
ARGEOLOGIE
En dan is daar nog ‘n jong wetenskap wat onlangs ontstaan het, en dit is argeologie.
In ons volgende lesing gaan ons die pragtige land van Libanon besoek.
Ons gaan Baalbek besoek.
By die kusdorp Tirus gaan ons hoor hoe ‘n profesie van Esegiël vervul is. Die eerste gedeelte is deur Nebukadnesar vervul en die tweede gedeelte deur Alexander die Grote.
Een van die pragtige Seders het my vertel dat Nebukadnesar lank gelede van sy voorouers kom afkap het. Hy het dit gebruik om die tempels van sy gode te verfraai.
By Wadi Brisa gaan ons hoor wat hy in sy 1400 lyntjies op rots geskryf het.

Was this article helpful?

Related Articles