1. Home
  2. Argeologie
  3. Nebukadnesar II – Besoek Tirus – Deel 2

Nebukadnesar II – Besoek Tirus – Deel 2

Nebukadnesar II Se Besoek Aan Libanon 605-562 Vc


Wanneer mens die lewe van Nebukadnesar bestudeer kry jy meer begrip van die Daniël wat hom sy hele lewe bygestaan het.
SOLDAAT EN BOUER
Hierdie ou reus ander het meer as net Juda en Jerusalem verwoes. Hy het talle oorloë gevoer. Maar behalwe vir die feit dat hy een van die grootste veroweraars in die geskiedenis was, was hy terselfdertyd een van die grootste bouers van alle tye.
Mens kan net so ‘n stukkie van die glorie van sy bouwerk in die Pergamonmuseum in Berlyn sien.


Wanneer mens die lewe van Nebukadnesar bestudeer kry jy meer begrip van die Daniël wat hom sy hele lewe bygestaan het.
SOLDAAT EN BOUER
Hierdie ou reus ander het meer as net Juda en Jerusalem verwoes. Hy het talle oorloë gevoer. Maar behalwe vir die feit dat hy een van die grootste veroweraars in die geskiedenis was, was hy terselfdertyd een van die grootste bouers van alle tye.
Mens kan net so ‘n stukkie van die glorie van sy bouwerk in die Pergamonmuseum in Berlyn sien.

As hierdie so meesterlik was, wat van die res van sy oprigting van Zigguratte en tempels?

Saddam Hussein het begin om die suidelike paleis van Nebukadnesar op te bou en dit gee jou so ‘n effense idee van die boutalente van hierdie koning.

Hy het praktiese die hele Babilon herbou.

Nebukadnesar het die stad Babilon vergroot en reuse dik mure opgerig.

Mens kan die ruïnes van die addisionele noordelike paleis nog besoek wat hy opgerig het.

Dis ‘n groot ondervinding om te besef jy stap op die plek waar hy die droom van die groot beeld gehad het.

Jy stap oor die ruïnes waar hy vroeër ‘n tempel vir sy god Marduk gebou het en dit die naam Esagila gegee het. Dit was ‘n asemrowende mooi tempel wat Nebukadnesar gebou het. vir sy god was net die beste goed genoeg.

Ek dink aan myself: is dit ook in my geval so? Gee ek net die beste vir die God wat my gemaak en verlos het?

ETEMENANKI
My besoek aan die fondasies van die tempeltoring Etemenanki was vir my baie betekenisvol.

Dis hier waar die oorspronklike toring van Babel vroeër gestaan het.

Dis hier was daar taalverwarring ontstaan het sodat mense mekaar nie meer kon verstaan nie.

Toe Nebukadnesar by sy pa Nabopolasser oogeneem het, was die toring vervalle. Hy het gerestoureer en voltooi.

Data from the Esagila tablet,[4] which was copied from older texts in 229 BC and describes Esagila in lines 1–15 before passing on to the ziggurat of Etemenanki, have aided in the temple’s reconstruction. The tablet, described by George Smith in 1872, disappeared for some time into private hands before it resurfaced and began to be interpreted.[5]
Daar was groot opwinding toe die Esagilatablet in Babilon ontdek is. Dit beskryf die geskiedenis en die bou van die sewe-vloer hoë tempel van die Etemenanki siggurat, die Bybelse toring van Babel.
In die museum het ek na ‘n voorstelling gekyk van hoe dit moontlik gelyk het.

G’n wonder Nebukadnesar was so trots op homself gewees nie. Hy het die mooiste stad ter wêreld gebou.

SY GODSDIENS

Dis nogal belangrik om te weet hoe Nebukadnesar sy Babilonie god Marduk aanbid het voordat hy tot bekering gekom het.

Marduk is afgelei van amar-Utu. Amar beteken onsterflik en Utu is die Sumeriese naam van die son.

Marduk se naam beteken “Die onsterflike seun van die son.”

Marduk was die belangrikse en magtigste god in panteon van Babiloniese gode. Hy is amper as die enigste god aanbid, dit was amper ‘n kwessie van monoteïsme.

Kry ons name in die Bybel wat aan Marduk verwant is?

Mordegai is van Marduk afkomstig.

Nebukadnesar het die wêreld van Marduk gedink.

Kom ons hoor wat Jeremia van Marduk gedink het:

Jeremia 50:2 Verkondig onder die nasies en laat hoor, en steek ‘n banier op, laat hoor; verberg dit nie; sê Babel is ingeneem, Bel staan beskaamd, Merodag is verskrik; sy afgode staan beskaamd, sy drekgode is verskrik. OV

Vertel vir al die nasies, kondig dit aan! Hou ‘n vaandel op, kondig dit aan! Moet dit nie stil hou nie, sê: Babel is ingeneem, Bel is verslaan, Marduk staan verskrik, Babel se beelde staan verslae, sy afgode staan verskrik. NV

NKJV Merodach is broken in pieces.

Die Babiloniese mitologiese begrip van Marduk is in sekere opsige nogal na aan die Bybelse verhaal.

Dis belangrik om iets van die godsdiens van Nebukadnesar te verstaan.

Ons moet weet watter godsdienstige aanpassings hy gemaak het toe hy in die aand van sy lewe tot bekering gekom het.

Die Babiloniese skeppingsverhaal “Enuma Elish” verwys na ‘n oorlog in die hemel voordat die aarde geskep is.

Waar in die Bybel lees ons daarvan? Openbaring 12.

Nebukadnesar het geglo dat Marduk, die koning van gode, vir Tiamat die moedergodin van watergaos gevang en doodgemaak het. Sy word met tye as ‘n slang of ‘n draak voorgestel.

Die slang- en draakbeeld van die duiwel vind ons ook in die Bybel. In sy Bybelstudie met Nebukadnesar het Daniël die ooreenkomste en die verskille uitgebeeld.

Marduk het toe die hemel en die aarde van haar liggaam gemaak. Daarna het hy die mens geskep om die gode te dien.

Die Bybel leer dat God mense gemaak het om liefdevol met hulle te verkeer.

Die Babiloniese skeppings- en vloedverhale gee die rede waarom die aarde met water verwoes was. Die mense op aarde het glo te veel geraas, die gode kon nie slaap nie.

Wat lees ons in die Bybel? Waarom is die aarde met water verwoes?

Hoe gan die wêreld in die toekoms verwoes word?

SY GEBED

Ek het heelwat kleitablette raakgeloop waarop Nebukadnesar se gebede opgeteken is.

Luister na hierdie een:

   “Have pity on me, one who is dejected and prost[rate]!  Have pity on my land, which  weeps and mourns
    O lord of Babylon, how long will you dwell in the land of the enemy?
    May beautiful Babylon be remembered by you! 

GEBED BY INHULDIGING
Upon ascending to the throne, Nebuchadnezzar spoke to the gods in his inaugural address, saying,
“O merciful Marduk, may the house that I have built endure forever, may I be satiated with of the kings of all regions, from all mankind.” (Kerrigan, 39).
Die algemene godsbegrip van die Sumeriërs wat fatalistie deterministies. Dit beteken dat die spesifieke god jy dien jou hele lewe bepaal het.
Hy sal sorg dat jy in ‘n rigting gestuur word wat die wat die gode vir jou vooraf bepaal het.
Wat ‘n mislukke neerdrukkende godsbegrip.

NEBUKADNESAR STRAF JERUSALEM
Die rebelse Jerusalem het vir Nebukadnesar baie moeilikheid gegee. Wanneer Egipte sterk gelyk het, het koning Jojakin met hulle gehuel. Wanneer dit gelyk het of Babilon die sterkste was, was hulle lojaliteit by Babilon.
Nebukadnesar was genoop om op tree. In die jaar 597 vC tree hy teenoor die rebelse stad op neem 10000 Judeërs, die jong koning Jojakin, asook die profeet Esegiël na Babilon.
Dit was die tweede profeet met wie Nebukadnesar kontak gemaak het. Die boek Esegiël sê hy het saam met die ballinge langs die Kebarrivier gewoon.
In daardie tyd was die Kebar ‘n kanaal wat naby die stad Nippur gevloei het. Soos wat hy die bannelinge bearbei het, het hy ook die inwoners van die beroemde stad van Nippur bearbei.
Wat het Esegiël alles by Nippur ontdek?
Lied wat terere van Enlil gesing is:
Enlil’s commands are by far the loftiest, his words are holy, his utterances are immutable! The fate he decides is everlasting, his glance makes the mountains anxious, his … reaches into the interior of the mountains. All the gods of the earth bow down to father Enlil,
When you mapped out the holy settlement on the earth, You built the city Nippur by yourself, Enlil.
The city, (Nippur) which is bestowed with steadfastness. For which righteousness and justice have been made a lasting possession.
Kom ons kyk na die ooreenkoms tussen die Bybel en Jerusalem en die beskrywing van Nippur.
(Isaiah 1:21), “the city of justice, righteousness dwelled in her”
BELANGRIKHEID VAN NIPPUR
His temple, é-kur, the “Mountain House,” was located in the city of Nippur, the religious centre of Mesopotamia up until the second millennium BCE. His temple was the most important temple in all of southern Mesopotamia.

Die Sumeriese koningslys is hier ontdek. En het dit van die ouderdomme van mense voor die sondvloed vertel?
Die woord vir Vryheid is vir die eerste keer hier by Nuppur in Sumeries ontdek (amargi).
Die Here het vir Esegiël hier geplaas sodat die aanbidders van die ware god kon leer. Ek wonder hoeveel sukses hy gehad het.
In watter opsig kon hy met hulle resoneer?
When you mapped out the holy settlement on the earth, You built the city Nippur by yourself, Enlil.
Hy kon hulle vertel van die nuwe Jerusalem sonder siekte en dood.
Toe Nippur op ‘n keer verwoes is, het hulle klaagliedere gesing.
Esegiël het ook klaagliedere oor die verwoesting van Jerusalem gesing.
ESEGIëL SE VISIOENE
Ek wonder of Nebukadnesar kontak met Esegiël gehad het
In die jaar 586 vC, die selfde jaar waarin Nebukadnesar Babilon verwoes het, het Esegiël die volgende visioen omtvang:
Esegiël 26:1-12
Esg 26:1 Op die eerste dag van die maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:
Esg 26:2 “Mens, Tirus verlekker hom oor Jerusalem en sê: Die Poort van die Volke is stukkend gebreek, ek geniet die voordeel daarvan, ek word ryk nou dat daardie stad ‘n puinhoop is.

Die profesieë oor Ammon, Moab, Edom en die Filistyne is baie kort in vergelyking met van Tirus.
Esegiël gebruik drie hoofstukke om ons oor die lot van Tirus in te lig.

Waarom? Ontsettende groot gebeurtenisse het hier afgespeel wat vir ons nuwe lig op die groot stryd tussen Christus en die Satan werp.

Tirus was die nommer hawestad in die wêreld. Hulle skepe het met elke denkbare land sake gedoen. Hulle het selfs kolonies soos Kartage en ander gestig.

Wat se godsdiens sou Nebukadnesar by Tirus aantref? Baäl was die Feniece god wat hulle aanbid het. Hulle godin was Astarte. Het Nebukadnesar geweet dat hierdie godin dieselfde een was wat hulle as Istar in Babilon aanbid het?

Nebukadnesar het een van sy poorte die Istarpoort genoem.

Ek is baie seker dat ‘n geleerde man soos Nebukadnesar ook daarvan bewus was dat Istar in Sumer as Inanna bekend gestaan het.

Dis ‘n godin wat nie juis klere gedra het nie. In een van haar voorstellings sit sy op ‘n draak. Dit herinner aan die vrou op die draak in Openbaring 17.

Haar godsdiens was ‘n ver regse immorele sintuiglike godsdiens.

Ons kyk na die godsdiens waaraan Nebukadnesar blootgestel is sodat ons sy bekering beter kan waardeer.

Dit maak nie saak hoe ellendig ons valse aanbidding is nie, die Here kan ons ook daaruit red.

Hoekom het Tirus geval?
verlekker hom oor Jerusalem se ramp NV
omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! OV.

Mense is vir die Here baie kosbaar. En al het die slegte rebellse kinders van die Here slegter as die heidene geword, het hy nog ‘n sagte plekkie in Sy hart vir hulle gehad.

Toe ek hier by Tirus besoek het, het ek diep in my hart gekyk. Verlekker ek myself wanneer haatlike mens in ellende beland? Ons het Hom so baie nodig.

Esg 26:3 Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou teen jou optree, Tirus. Soos die golwe van die see, so laat Ek baie nasies oor jou spoel.
Esg 26:4 Hulle sal die mure van Tirus verwoes, sy torings afbreek. Ek sal sy grondlaag van hom afvee en hom ‘n kaal klipplaat maak.
Esg 26:5 Hy sal nog net ‘n plek in die see wees waar visnette droog gemaak word. Ek het gepraat, sê die Here my God. Tirus sal ‘n stuk buit vir die nasies word.
Esg 26:6 Die inwoners van sy buitedorpe in die veld sal doodgemaak word. Tirus sal besef dat Ek die Here is.”
Esg 26:7 So sê die Here my God: “Ek gaan vir koning Nebukadnesar van Babel, koning oor konings, uit die noorde teen Tirus bring. Hy sal kom met perde, met strydwaens, met ruiters, met ‘n baie groot leër.

Die rigting vanwaar Nebukadnesar Tirus aangeval het, is baie belangrik.

Die leërs in antieke tye het met die vrugbare halfmaan beweeg. Dis al langs die riviere.

Nebukadnesar het langs die Tigrisrivier noordwaars beweeg, die woestyne omseil en dan suidwaarts met die Orontos na Libanon beweeg.
Hier het die Orontos sy oorsprong gehad. Dan moes die leërs oor ‘n plek met die naam van Baälbek beweeg om weer by die Litanirevier uit te kom.

Baälbek was een van die eerste plekke waar mense aanbid het. Die fondasies wat geen modern kraan kan lig nie, vertel jou dat hulle voor die sondvloed bestaan het.
Dis net moontlik dat Nebukadnesar die groot bouer hierdie bouwerk kom bewornder het.

Esg 26:8 Hy sal die inwoners van jou buitedorpe in die veld doodmaak, hy sal beleëringswerke teen jou bou, ‘n beleëringswal teen jou opgooi en beskermingsdakke teen jou mure aanbring.

In die relief van die beleëring van Lagis sien ons hoe stede destyds beleër is.

Esg 26:9 Dan sal hy met sy stormramme jou mure omstamp en jou torings afbreek met sy koevoete.

Voorbeeld van stormramme.

Die Babiloniërs het baie by die Assiriërs geleer.

Esg 26:10 Sy perde sal so baie wees dat die stof wat hulle opskop, jou sal bedek. Die gedreun van sy ruiters en sy strydwawiele sal jou mure laat bewe wanneer hy deur jou poorte kom soos in ‘n stad in waarvan die mure klaar afgebreek is.

Voorbeeld van strydwaens.

Esg 26:11 Met die hoewe van sy perde sal hy al jou strate stof trap. Hy sal jou inwoners doodmaak en jou sterk pilare omgooi.

Hoe groot was Tirus se pilare?

Hoe volledig sou die verwoesting wees?

Esg 26:12 Hulle sal jou besittings plunder, jou handelsware buitmaak, jou mure afbreek, jou mooi huise verwoes en jou klippe, jou hout, selfs jou grond, in die see gooi.
Die antieke geskiedenis sê vir ons dat dit nie so maklik vir die magtige Nebukadnesar om Tirus te verwoes nie.
Dit het hom 13 jaar geneem om die Tirus op die vaste land verwoes.
‘n Eiland sowat ‘n kilometer van die vasteland was in die see.
Hy het twee hawens gehad. Een in die noorde en een in die suide. Dis hiervandaan waar die skepe van Tirus in die stede van die Middellandse See gaan handel dryf het.
Die eiland is nie verwoes soos die Tirus van die vasteland nie. Voor dit kon gebeur het hulle Babilon as hulle regmatige regeerder aanvaar.
BOUWERK BY SIDON
Terwyl Nebukadnesar die stad vir 13 jaar lank beleër het, het hy nie stilgesit nie. Naby Sidon was daar ‘n antieke tempelkompleks.
In ons volgende lesing gaan ons hierdie tempel besoek, die Echmountempel. Ek het die
Ongelooflikste ondekking hier gemaak. Dit waarna ons volgende keer kyk, bewys argeologies presies waarvan ons in Daniël 2 lees.
SLOT
Ek wil net noem dat die Bybel nie ‘n gewone geskiedenis bron is nie. Die Bybelverhaal is ‘n persoonlike boodskap aan elke mens op aarde. In hierdie pragtige boek wil Hy net vir jou en my sê dat Hy ontsettend baie vir ons omgee.
Hy gee soveel vir ons om dat Hy in Jesus vir ons aan die kruis van Golgota kom sterf het.
Hy het ons sonderekening vereffen en ons met Sy volmaakte geregtigheid geklee.
Wanneer ons as boetvaardige sondaars na die Vader kom en sê ons is jammer, sien Hy ons nie raak nie, maar Jesus.
Martin Luther het gesê: Voor God word sondaars mooi.

En ek dink die besoek naby Sidon by die Echmountempel gaan die hoogtepunt van die lesing wees.

Was this article helpful?

Related Articles