1. Home
  2. Argeologie
  3. Nebukadnesar Se Opvolgers En Die Einde (Deel 1)

Nebukadnesar Se Opvolgers En Die Einde (Deel 1)

Ek staan hier by ‘n groot skildery van Nebukadnesar. Gelukkig het ek hierdie kunswerk afgeneem voordat iemand dit verwoes het.
Sy groot drome van wêreldoorheersing het saam met hom graf toe gegaan.
NEBUKADNESAR SE DOOD
Ek stap hier tussen die puin van Nebukadnesar se noordelike paleis en ek dink aan sy dood.
Van die antieke monoteïste was hy vir my die grootste. Hy is die enigstge een wat in sy outo biografie van sy bekering vertel.
Daniël 4:37 Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.

Daar ook Adad-Nirari III wat tydens die prediking van Jona tot bekering gekom het. Sy bekeringsverhaal was op ‘n stele voor sy Nabupaleis in Nimrud Irak ontdek.
Maar dis so treffend soos die van Nebukadnesar nie
Die ander graf waarin Akhenaten begrawe is kan mens by Tel el Amarna in Egipte besoek.
Hy en sy vrou was die eerste amptelike monoteïse wat van politeïsme bekeer het.
VRAE
Kom ons stap weer deur die ruïnes wat swyg oor Nebukadnesar.
Daar is meer vrae as antwoorde in hierdie lewe maar dit is goed om te vra en toe wonder.
Hoeveel mense het sy begrafnis bygewoon? As Daniël daar was wat sou hy by die graf gesê het.
OPSTANDING
Dis heel moontlik dat Daniël die volgende inligting met Nebukadnesar bespreek het toe hy nog gelewe het:
Daniël 12:1,2 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
2En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

“U majesteit my gebed vir u en vir myself is dat ons met die koms van die Rots waarvan u gedroom het, gereed sal wees om uit die dood uit op te staan. Dink net daaraan Nebukadnesar, ons sal in daardie koninkryk nooit die dood smaak nie.”
“O koning ek moet u vertel van ‘n belofte wat die Here aan my gemaak het. My gebed is dat daardie belofte ook in u geval sal waar word.”
Vers 13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

Opstaan verwys na ‘n oorlog – oorlog teen die grootste vyand die dood wat binnekort die oorlog van verloor.
NA DIE BEGRAFNIS
Na die begrafnis van Nebukadnesar het die mense met hulle eie gedagtes en emosies huistoe gestap.
Ek vra die ruïnes:
“‘n Nuwe koning sou die beroemde koning se plek moet inneem. Wie sou dit wees?”
URUK
Hier by Uruk is die “Uruk-koningslys” ontdek. Dit verwys na ‘n koning met die naam van Amel-Marduk. Bybelse Avil-Merodag.
Berossus sê hy het die priesters kwaadgemaak omdat hy Jojagin uit die tronk gehaal het.
Volgens William Shea het Abed-Nego, een van die Daniël se vriende wat in die vuuroond gegooi was, Evil-Merodag se sekretaris geword.
WAT SE NAME IS AAN DIE HEBREERS GEGEE?
Daniël 1:7 Maar die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy Béltsasar genoem, en Hanánja Sadrag, en Mísael Mesag, en Asárja Abednégo.
Dieselfde geleerde, Willam Shea glo dat toe Evil-Merodag koning word, Daniël sy nuwe sekrataris geword het.
Wat was Daniël se Babiloniese naam? Belsassar. Hy het die naam verwerp en net ‘n “t” daarin gesit. Maar op die amptelike Babiloniese bronne was hy Belsasar sonder die “t”.
Dit mag wees dat Nabonidus Daniël so bewonder het, dat hy sy seun dieselfde naam gegee het.
Met hierdie inligting is dit baie maklik om af te lei dat Evil-Merodag, net soos sy pa Nebukadnesar, die God van Daniël aanbid het.
Dis dan ook geen wonder dat hy net na twee jaar as koning vermoor is nie.
Kom ons hoor watter mooi iets koning Evil-Merodag gedoen het:

VRYLATING VAN JOJAGIN
Jeremia 32:31 En in die sewen-en-dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging die hoof van Jójagin, die koning van Juda, verhef en hom uit die gevangenis uitgebring.
JOJAGIN

Hy was die 19de koning wat oor die soudelike koninkryk van Juda regeer het.

Kom ons hoor hoe lank hierdie koningskap geduur het:

2 Konings 24:8 Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, ’n dogter van Élnatan, van Jerusalem.

Kan die Bybel vir ons ‘n eerlike karakterskets van Jojagin gee?

Vers 9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos sy vader gedoen het.

Wat is die prys wat hy vir sy goddeloosheid moes betaal? Is daar hoop vir so iemand?

Vers 10 IN dié tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër.

Dit was die tweede keer in die maand Kislev, Desember 598-597 vC. volgens die Babiloniese kroniek.

Wanneer was die eerste keer?

Daniel 1:1 IN die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.

Dit was in 605 vC.

Hoe het die jong koning opgetree toe die magtige oorlogsmasjien van Nebukadnesar Jerusalem beleër het?

Gelukkig het hy nie probeer om teen die vyand te veg nie. Sy oom Sekekia het nie Jeremia se raad gevolg nie en die stad is tot op die grond verwoes.

Verse 11,12 En toe Nebukadnésar, die koning van Babel, by die stad kom, terwyl sy dienaars dit beleër, 12 het Jójagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.

Hoe erg was hierdie beleëring?

Vers 13 En hy het daarvandaan uitgebring al die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Salomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van die HERE, SOOS die HERE gespreek het.

Met die eerste beleëring het Nebukadnesar van die tempelskatte Babilon toe gevat.

Daniël 1:2 En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met ’n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.

Ek dink dit het Daniël se hart gebreek toe hy gesien hoe die koning die tempel binnegaan het en die skatte gevat het. En toe sien Daniël hoe hy daardie skatte wat vir heilige doeleindes gebruik was in sy Esagila tempel gesit het.

Terwyl ek hier in Babilon besoek het, het ek gewonder of Daniël vermoed het dat die koning nog meer skatte uit die tempel gaan neem.

Het die Here in Hiskia se tyd voorspel dat hierdie tempelstropery sou plaasvind?

2 Konings 20:17 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.

Teen watter agtergrond het dit plaasgevind?

2 Konings 20:14-16 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hiskía antwoord: Uit ’n ver land het hulle gekom, uit Babel.
15 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
16 En Jesaja sê vir Hiskía: Hoor die woord van. die HERE!
17 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.

Ek staan hier tussen die ruïnes van Jerusalem en my hart is seer. Dit was nie die plan van die Here nie.

Israel moes vir die antieke wêreld van die God van liefde vertel het en kies hulle drekgode wat hulle verwoes het.

2 Konings 24:14 En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tienduisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die land.

Koning Jojagin en sy familie is na Babilon geneem maar die 10000 bannelinge is na Kebarrivier naby Nippur geneem.

Luister na die goeie nuus wat Jeremia gebring het:

Jeremia 24:1 DIE HERE het my laat sien, en daar was twee mandjies met vye, reggesit voor die tempel van die HERE – nadat Nebukadrésar, die koning van Babel, Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en die vorste van Juda en die smede en die slotmakers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle in Babel gebring het.
2 In die een mandjie was baie goeie vye soos die voorvye; maar in die ander mandjie was baie slegte vye, te sleg om te eet.
3 En die HERE het vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet.
4 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
5 So spreek die HERE, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het;
6 en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.
7 En Ek sal hulle ’n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.

Watter pragtige belofte.

Toe Jerusalem in 586 vC finaal verwoes is, is hierdie mense van ‘n gewisse dood van honger, die swaard en ontbering gered.

Hier by Nippur waar hierdie 10,000 heen vervoer is, dink aan die genade van die Here. Esegiël en die ballinge het van hulle God hier getuig.

Hulle kon met hulle simpatiseer want beide Nippur en Jerusalem het hulle ballinge opgelewer.

Toe die dekreet uiteindelik deur Kores aangekondig is, het hierdie getroue ballinge die uitnoding aangeneem en deel uitgemaak van die 50,000 wat terug is na Jerusalem.

Kom ons lees verder:

2 Konings 24:15 En hy het Jójagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.
16 En al die mense van vermoë, seweduisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal helde wat oorlog kan voer – dié het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.

Esegiël 1:1-3 IN die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.
2 Op die vyfde van die maand – dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jójagin –
3 het die woord van die HERE uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; (Nabu Kabazrikanaal) en die hand van die HERE was daar op hom.

JOJAGIN IN JERUSALEM

Ek wonder of Daniël in Maart 597 vC. vir koning Jojagin gaan groet het toe hy hier deur die Isjtarpoort gestap het?

Volgens die spykerskriftablette in Babilon was hy die pa van vyf seuns slegs 5 jaar nadat hy daar aangekom het.

ARGEOLOGIESE BEVESTIGING VAN JOJAGIN SE BESTAAN

Hier by Betsemes het ‘n seël ontdek met die woorde: “Behorende aan Eliakim, die dienskneg van Yaukin.” Dis ‘n verkorte weergawe van Jojagin.

Van die 300 tablette wat hier in Babilon opgerawe is, praat sommige van rantsoene wat paleisafhanklikes ontvang het. Een wat in 592 vC ontdek is verwys na “Koning Yaukinu van Juda.”

Albright reken hulle het hom aangehou met die oog op ‘n moontlik vervanging van sy slegte oom, koning Sedekia.

Jojagin moes ‘n vreeslike onwettige iets gedoen het want ons lees indie Bybel dat hy tro
DIE LOT VERANDER
En nou vir ongelooflike! Kom ons lees dit:

Jeremia 52:31 En in die sewen-en-dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging die hoof van Jójagin, die koning van Juda, verhef en hom uit die gevangenis uitgebring.
HOOF VERHEF.
Siestog die arm koning Jajagin se kop het maar gehang. In die tronk is daar nie status nie. hy was skaam oor sy misdaad.
VRYGESTEL
Kan jy jou indink. Die een dag ‘n tronkvoël die volgende dag het hy status.
Op ‘n dag het ek uit die bloute ‘n ere doktorsgraad gekry. Die mense neem notisie van jou.
Hoe dink jy het mense nou na Jojagin gekyk?
VRIENDELIK GEPRAAT
Ek was eenkeer as ‘n spioen in die buiteland tronktoe gestuur toe ek fotos geneem het. Die desibelle is nie baie laag nie.
Vers 32 En hy het vriendelik met hom gespreek.
Hier stap die magtigste vors op die planeet die tronk binne.
“Goeie more U majesteit koning Jojagin ek het baie goeie nuus. Jy word in jou koninklike status herstel.”
Vers 32 En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was.
Hy gaan sit langs die heerser van die wêreld.
Ek dink Jojagin het seker met kere teruggedink toe hy in koninklike klere gestap het. Hy is moeg vir sy ou geslete klere.
Vers 33 En hy het sy gevangenisklere verwissel.
“Koning Jojagin die koninklike kleremakers het vir jou hierdie splinternuwe koninklike gewaad gemaak. Kom ons pas dit vir jou aan.”
Hy lyk hy you vir jou?
Vers 33 En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.

Hy eet nie tussen die kriminele nie. Hy eet in die deftigste paleis in die wêreld. Dis nie meer pap en reis nie. Die spyskaart is baie lank en die kos is eksoties.

Vers 34 En aangaande sy lewensonderhoud, ’n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning van Babel, na die eis van elke dag, tot die dag van sy dood toe, al die dae van sy lewe.

SADDAM SE PALEIS

Na Saddam Hussein se dood het hulle sy spogpaleis hier langs die Eufraatrivier geplunder. Ek wil nogal dink dat Jojagin hier vir hom ‘n paleis kon gebou het.

Ek kyk na die privaat swembad wat Saddam Hussein by sy paleis gebou het. Ek sal nie verbaas wees as Jojagin ook so iets gedoen het.

Die teks sê: Jojagin het tot sy dood toe van die koning van Babel ’n permanente toelae ontvang vir sy daaglikse behoeftes.

In ons taal kan ons sê: Data en lugtyd “uncapped”. Hy het onbeperkte kilometers op sy kamele gekry. Hy kon hulle elke jaar op jonger kamele inruil.

Hy was vrygestel van belasting.

KONINGS SE SLOTLIED
Dis nie net Jeremia wat met hierdie lied van lotsverandering eindig nie.
Wanneer mens die tragiese verloor verhaal van die konings in 2 Konings lees, maak jy dieselfde ontdekking. Die boek eindig met die emansipasie, die bevryding van koning Jojakin.
GOEIE NUUS
En dis die goeie nuus van die evangelie. Ons lot gaan binnekort verander.
Binnekort gaan ons uit die tronk van ons sondige DNA verlos word. Binnekort gaan ons uit die tronk van misverstand en pyn verlos word.
Binnekort gaan ons ander klere kry. Ons sondebesoedelde kleed van gevallenheid gaan met die koninklike kleed van koning Jesus se volmaakte geregtigheid vervang word.

Binnekort gaan ons nie meer slappap van eie konsekwensies op die koue selvloer van hierdie lewenstronk eet nie.
Binnekort gaan ons langs die Koning van heelal sit. Saam met Hom gaan ons deur die ewigheid feesmaal hou.
Psalm 126:1 ‘n Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos ‘n droom. Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense

Was this article helpful?

Related Articles