1. Home
  2. Argeologie
  3. Nebukadnesar Se Opvolgers En Die Einde (Deel 2)

Nebukadnesar Se Opvolgers En Die Einde (Deel 2)

In ons vorige lesing het ons na die eerste koning wat na Nebukadnesar die septer begin swaai. Evil-Merodak is na twee jaar vermoor. Wie het het hom vermoor en hom opgevolg?
Hier by Uruk het hulle ‘n Koningslys van die Babiloniese konings ontdek.
Berossus vertel dat hy deur sy swaer Nergal-Sareser vermoor is.
Hy is ook bekend as Neriglissar
Beide die Bybel en Babiloniese geskiedenis verwys na hom.
Jeremia 39:1-3 In die tiende maand van die negende jaar van koning Sedekia van Juda het koning Nebukadnesar van Babel met sy hele leër na Jerusalem toe gekom en dit beleër. 2Op die negende van die vierde maand van die elfde jaar van koning Sedekia is die stadsmuur oopgebreek. 3Die koning van Babel se offisiere, Nergal-Sareser uit Sinmagir, hoof van die strydwamag, Nebu-Sarsekim die hoofamptenaar en al die ander offisiere van die koning van Babel het in die stad ingekom en by die Middelpoort gaan sit.

Hier is hy net nog ‘n offisier.

Nergal-sareser (Nergal–sharri–uṣur). Hy was ook die skoonseun van Nebukadnesar en die vierde koning van die Nuwe Babiloniese Koningkryk (560–556).
Die ruïnes van ‘n paleis op die regterkant van die Eufraatrivier vertel dat hy die bouer was.
Hy het die troon deur ‘n opstand bestyg waarin hy sy swear Evil-Merodak doodgemaak het.
Nergal-Sareser en Jeremia.
Verse 11,12 Koning Nebukadnesar van Babel het vir Nebusaradan die hoof van die lyfwag beveel: 12“Vang vir Jeremia, kyk goed na hom, moet hom nie kwaad aandoen nie en doen vir hom wat hy vir jou sê.”

Wat sê hierdie teks vir jou?

Nebukadnesar het van Jeremia geweet. Wie het vir hom van die profeet voorspel?

Ek glo Daniël het vir hom die profesieë oor Babilon vertel.

Verse 13,14 Nebusaradan die hoof van die lyfwag het toe vir Nebusasban die hoofamptenaar, en vir Nergal-Sareser die hoof van die strydwamag, en al die offisiere van die koning van Babel gestuur 14en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die paleiswag gebring en hom aan Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, oorhandig om hom huis toe te vat. Jeremia het daar tussen die volk gewoon.

Hier maak hulle kennis met ‘n godsman. Ek wonder waaroor hulle gesels het?

Die klippe het by die City of David roep uit dat die Bybel se inligting oor Nebukadnesar betroubaar is.

Kom ons hoor wie die volgende Babiloniese koning was:

LABASHI-MARDUK

Sy naam beteken “O Marduk mag ek tog nie in die skande kom nie.”

Hy was die seun van Nergal-Sareser (Neriglissar) en sy vrou, die dogter van Nebukadnesar.

Hy sommer nog ‘n ou seuntjie toe hy koning geword het.

Nadat hy nege maande regeer het, is hy deur Nabonidus en sy seun Belsasar vermoor.

NABONIDUS

In die nuwe museum by Sanliurfa in Turkye het ek ‘n groot ontdekking gemaak.

Kom ons stap verby al die ander interessante uitstallings tot ons by Nabonidus uitkom.

Hy het vir 17 jaar oor Babilon regeer totdat die stad in 539 vC geval het.

Vir tien van hierdie jare was hy in Tema in die Arabiese woestyn. Ons weet nog nie presies wat was agter hierdie besluit nie.

Hy het sy seun as regent, mede regeerder aangestel om na die belange van
Babilon moes omsien.

Hy was nie net ‘n maanaanbidder nie. Argealoë het op ‘n steen afgekom waar hy vir die Utu, Akkadies Shamas, Venus en die maangod Nanna, Sin Akkadies bid.

‘n Baie belangrike kleisilinder van Nabonidus is hier in Ur ontdek. Hy noem dat Belsassar is sy oudste seun.

KRY ONS DIE NAAM VAN NABONIDUS IN DIE BYBEL?

As ons dit kan regkry, het ons ‘n baie groot deurbraak gemaak.

Kom saam met my na die banketsaal van Belsassar.

Ons luister na die gesprekke wat die aand van 12 Oktober 538 hier gehoor is.

Waarom is dit so belangrik dat ons hierdie hoofstuk se inhoud moet verstaan?

Dit vertel van die einde van Babiloniese wêreldoorheersing.

In hierdie hoofstuk kry ons ‘n magsoorname van twee konings wat by name genoem word.
Die een is ‘n meder and die ander een is ‘n Pers.

In Jeremia 51 het die profeet hierdie spesefieke gebeurtenis in ‘n visioen gesien.

Johannes vergelyk die uiteindelike val van mistieke Babilon met wat die aand van 12 Oktober in letterlike Babilon gebeur het.

Dan 5:1 Koning Bélsasar het ‘n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink.
Dan 5:2 By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.
Dan 5:3 Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel, uit die huis van God in Jerusalem weggevoer was, en die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue het daaruit gedrink.
Dan 5:4 Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys.
Dan 5:5 Op dieselfde oomblik het daar vingers van ‘n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het.
Dan 5:6 Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knieë het teen mekaar geslaan.
Dan 5:7 Die koning het hardop uitgeroep om die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers in te bring. Daarop het die koning gespreek en aan die wyse manne van Babel gesê: Enigeen wat hierdie skrif lees en my sy uitlegging te kenne gee, hy sal met purper beklee word, en ‘n goue ketting sal om sy hals wees, en as derde in rang sal hy in die koninkryk heers.
Dan 5:8 Toe het al die wyse manne van die koning ingekom, maar hulle was nie in staat om die skrif te lees en sy uitlegging aan die koning bekend te maak nie.
Dan 5:9 Toe het koning Bélsasar baie verskrik geword, en sy gelaatskleur het aan hom verander, ook sy maghebbers was in verwarring.
Dan 5:10 Na aanleiding van die woorde van die koning en van sy maghebbers het die koningin in die eetsaal ingegaan; die koningin het begin spreek en gesê: Mag die koning in ewigheid lewe! Laat u gedagtes u nie verskrik en u gelaatskleur nie verander nie.
Dan 5:11 Daar is ‘n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel—u vader, o koning! —
Dan 5:12 omdat in hom ‘n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak—in Daniël aan wie die koning die naam van Béltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.
Dan 5:13 Toe is Daniël voor die koning gebring; die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Is jy Daniël wat by die Joodse ballinge behoort, wat die koning, my vader, uit Juda gebring het?
Dan 5:14 Ek het van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat verligting en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word.
Dan 5:15 Nou net is die wyse manne, die besweerders, voor my gebring om hierdie skrif te lees en sy uitlegging aan my bekend te maak; maar hulle is nie in staat om die uitlegging van die woord te kenne te gee nie.
Dan 5:16 Maar ek het van jou gehoor dat jy uitlegginge kan gee en knope kan losmaak; as jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en ‘n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers.
Dan 5:17 Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê: U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan ‘n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak.
Dan 5:18 Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadnésar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee.
Dan 5:19 En vanweë die grootheid wat Hy hom gegee het, het al die volke, nasies en tale gebewe en vir hom gesidder; wie hy wou, het hy gedood, en wie hy wou, het hy laat lewe, en wie hy wou, het hy verhoog, en wie hy wou, het hy verneder.
Dan 5:20 Maar net toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem.
Dan 5:21 En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos dié van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom plante laat eet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil.
Dan 5:22 Maar u, Bélsasar, sy seun, het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet;
Dan 5:23 maar u het u verhef teen die Here van die hemel, en die voorwerpe van sy huis het hulle voor u gebring; en u en u maghebbers, u vroue en u byvroue het wyn daaruit gedrink; en u het die gode van silwer en goud, koper, yster, hout en klip geprys, wat nie sien en nie hoor en nie weet nie, maar die God in wie se hand u asem en voor wie al u paaie is, Hom het u nie vereer nie.
Dan 5:24 Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe.
Dan 5:25 En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín.
Dan 5:26 Dit is die uitleg van die woord: Mené—God het u koningskap getel en daar ‘n einde aan gemaak;
Dan 5:27 tekél—u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind;
Dan 5:28 perés—u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.
Dan 5:29 Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met ‘n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.
Dan 5:30 In dieselfde nag is Bélsasar, die koning van die Chaldeërs, gedood.
Dan 5:31 (6:1) En Daríus, die Meder, was twee en sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het.

Hier het ons die tragiese einde van ‘n godelose wat sy koninkryk in die afgrond van skande gedompel het.
En hier het ons oorname van ‘n nuwe koning, ‘n Meder.
Vyande van die boek verwerp hierdie stelling.

En dan spring ons na die laaste teks van hoofstuk 6 en hoor wat sê dit:

Dan 6:28 (6:29) En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Daríus en onder die regering van Kores, die Pers.

Vyande van die boek Daniël verwerp die boek asgevolg van hierdie inligting.

Kom ons lees weer ‘n keer die volgende tekse:

Vers 16 As jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en ‘n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers.

Na wie verwys koning Belsassar hier? Na sy pa en na hom.

Dis vir hom so belangrik dat moet weet wat die handskrif teen die muur is dat bereid was om Daniël ‘n koning te maak.

Koms ons hoor wat gebeur het nadat Daniël die skrif uitgelê het:
Dan 5:29 Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met ‘n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.

Kom ons lees weer die uitleg van die woorde teen die muur:

Dan 5:25 En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín.

Wat is die eerste Mene wat se dae getel is?

En die ander Mene wat se dae getel is?

Die een Mene se naam is Nabonidus en die ander Mene se naam is Belsassar.

TEKSE OOR BELSASAR

As daar ooit ‘n boek is wat deur die vyande van die Bybel aangeval word, dan is dit die boek Daniël. Aan die een kant is ek nogal bly want argelogie het die teendeel bywys.

Kom ons lees tekse in die boek Daniël wat na hom verwys:

Daniël 6:1 KONING Bélsasar het ’n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordig-heid van die duisend het hy wyn gedrink.

Daniël 7:1 In die eerste regeringsjaar van koning Belsasar van Babel het Daniël ’n droom gehad en visioene gesien in sy slaap. Hy het die droom opgeskryf en die inhoud daarvan soos volg weergegee.

Daniël 8:1 Nadat ek, Daniël, hierdie visioen gesien het, het ek in die derde regeringsjaar van koning Belsasar nog ’n visioen gesien .

Bybelliefhebbers is uitgedaag om met bewyse te kom dat daar wel so ‘n koning was.

Ons moet in gedagte hou dat regentskap in Babiloniese kultuur nie koningskap beteken nie.

Ons moet die verduideliking op ‘n ander plek gaan soek

JUDESE REGENTSKAP

Wanneer mens die Bybel lees merk jy dat daar baie regentskappe was. Dis ‘n woord wat gebruik word wanneer die ou koning sy seun voor sy dood as kolning aanstel.

Dawid en Salomo se regentskap is ‘n tipiese voorbeelde waar Salomo dadelik as koning aangestel was.

Daniël het sy boek volgens die Judese gebruik van regentskappe geskryf.

Alhoewel Belsasar in regentskap met sy pa Nabonidus was, was hy volgens die Babiloniese gebruik nog nie ‘n koning nie.

So vir die eerste jaar en sy derde jaar van regentskap noem Daniël hom koning terwyl die Babiloniërs hom nie koning sou noem nie.

POLITIEKE LANDSKAP

Met die dreigende Medo-Persiese gevaar wat Babilonië binnegaval het, het Nabonidus besluit om hom na Babilon te haas.

Hy en sy weermag bots met Kores en kom die slegste daarvan af by Opis en by Sippar.

BELSASAR SE REAKSIE?

Asgevolg van hierdie krisis was hy nie seker of sy pa in die oorlog met Kores gaan sterf nie.

En nou besluit hy om homself as koning aan te stel om seker te maak dat daar ‘n Babiloniese koning op die troon sit.

DIE GROOT FEES

En hier kom nou die groot fees in die prentjie. Feeste van hierdie formaat was nie sonder spesifieke redes gevier nie. Hy het homself as koning van Babilon uitgeroep.

En op grond daarvan kon hy die volgende uitspraak maak:

Daniël 5:29 Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met ’n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.
PARADOKSE
Ek staan hier waar twee mans gestaan het. Belsassar wat se naam beteken: “Bel beskerm my koningskap.”
Maar toe Kores en Darius die banketsaal binnekom, was Bel en al die ander Baboliese gode weg.
Daniël se naam beteken: “God is my Regter.”
Die twee manne het vir die eerste ontmoet, die laaste keer, die enigstge keer.
Die een was uit die veld geslaan. Sy kniekoppe het so teenmekaar gekap sy bene het ingegee.
Die ander een het met volle vertroue in God in daardie saal gestaan. Sy God beheer die nasies van die aarde en een wat jou nooit in die steek laat nie.
Iemand het die volgende neergepen:
“It presents a sad story of indulgence when there should have been watchfulness; of drinking when there should have been sober contemplation of the seriousness of the times; and of impiety when there should have been the greatest need to call upon God’s help.”
Dit wat daardie aand gebeur het, is ‘n voorstelling in die kleine van die laaste nag van hierdie planeet. Of ek gaan ‘n geredde Daniël wees, of ek gaan ‘n verlore Belsassar wees.
Op daardie kataklismiese dag wil ek net op God vir my redding vertrou. En dis ook my gebed vir jou.
gedoen. Die Here het groot dinge aan ons gedoen; ons was bly.”

Was this article helpful?

Related Articles