Nebukadnesar

Ek het sopas van ‘n sewe jaar geestesonsteltenis herstel. Kom ek vertel jou wat dit voorafgegaan het.
Ek was nog nooit so gelukkig in my lewe as op hierdie stadium nie.
Miskien stel jy belang in die resep van hoe om ware geluk te verkry.
Dit was in die jaar 605 vC toe ek Farao Nekko 2 by Karkemis langs die Eufraatrivier verslaan het.
Ek het die Egiptiese weermag agterna gesit en hulle ‘n tweede pakslae by Hamat langs die Orontos gegee.
Net voordat ek Egipte binne geval het, het ek tyding gekry dat my pa Nabopolasser op sterwe lê. Ek het my na Babilon gehaas om die troon te bekom.
Maar kom ek vertel jou ook van my blits besoek aan Jerusalem. Ek het koning Jejakim my onderdaan gemaak en van die prinse saam met my na Babilon toe geneem.
Die naam van die een was Daniel. Ek het nooit gedroom ek en hy sou sulke groot vriende word nie.
Een aand droom ek ‘n ontsettende belangrike droom. Toe ek wakker word kon ek nie die droom onthou nie. Nie een van my slim mense kon vir my gesê het wat ek gedroom het nie.
Toe kom Daniël na my en vertel my dat sy God die droom aan hom sal openbaar.
In my troonkamer het hy net vir my vertel wat ek gedroom het nie, hy het dit ook vir my uitgelê.
Ek wil nie al die details nou bespreek nie, behalwe vir die klimaks van die droom.
‘n Groot rots het op bonatuurlike wyse deur die ruimte na ons planeet beweeg en dit vergruis. Daniël het vir my gesê dit dui op die koms van Sy grote God na ons aarde.
Hy gaan ‘n einde aan die voortdurende mislukkings en korrupsie van die bose mensdom maak.
Ek en Daniël het lank oor hierdie ongelooflike gebeurtenis gepraat.
Ek het net daar en dan besluit dat ek hierdie God wil dien en gereed maak om deel te word van die koninkryk waar daar nooit weer konflik gaan wees nie.
Vir ‘n tyd lank het ek ‘n monoteïs geword. Ek het opgehou om na die Esagila en die Etemenankie te stap om die Babiloniese gode te gaan aanbid.
Ongelukkig het ek na ‘n ruk weer politeïsties geraak.
DIE GOUE BEELD
Asgevolg van opstand in my ryk, het het ek ‘n goue beeld laat oprig. ‘n Universele dekreet is uitgevaardig waarin verteenwoordigers van die hele ryk in Babilon moet versamel.
Die opdrag was dat as hulle die groot orkes speel hulle almal voor die beeld moes neerbuig en daardie hulle lojaliteit aan my sou bewys.
Die wat nie buig nie, sou in ‘n brandende vuuroond gegooi word.
Almal was gehoorsaam, behalwe drie van Daniël se vriende.
GESPREK
Ek was so jammer dit was hulle gewees, want hulle was my voorslagte en net so briljant en slim as Daniël.
Die oond was so warm dat my manne wat hulle moes ingooi doodgebrand het. Uiteindelik, en met ‘n gesukkel is hulle van bo af in die oond gegooi.
In my geestesoog kon ek sien hoe die vlamme hulle in ‘n japtrap in as laat verdwyn. Maar nee. Pleks dat dit gebeur het ‘n vierde wese langs hulle in die vuur verskyn.
Dit het vir my gelyk asof Hy vir elkeen ‘n drukkie kom gee het.
Asgevolg van die mooi lewens wat Sadrag Mesag en Abednego gelei het, het ek die vierde as die God van die Hebreërs herken.
Ek het van my verhewe troon afgeklim en na die oond gestap.
“Manne. Knegte van die Allerhoogste God, asb kom uit.”
Al wat gebrand was, was die toue waarmee hulle geboei was.
Die volgende Sabbat het ons weer saam aanbid. My gode het hulle glans verloor en die God van Daniël, Sadrag, Mesag en Abednego het weereens my hart verower.
As julle die Babiloniese kronieke lees, sal agterkom dat ek ongelooflike oorwinnings oor die ander antieke nasies behaal het.
Hierdie sukses het na my kop toe gegaan en ek het al minder op ‘n Sabbat saam met my Hebreeuse vriende aanbid. My mag het my ongevoelig teenoor mense gemaak en ek het wreed begin word.
Op ‘n dag het Daniël weer ‘n droom uitgelê van ‘n afgekapte boom wat ek gehad het. Hy het my gewaarsku dat indien ek nie met my sonde breek nie, sal ek gestraf word.
Dis moeilik om nederig te bly wanneer jou soldate die Isjtarpoort met gevangenisse binne masjeer wat hulle so pas verslaan het.
Dis moeilik om nederig te bly as jou stad die mooiste en rykste in die wêreld geword het.
Terwyl ek op my paleismuur stap, dink ek: Is dit nie groot Babilon wat ek met my groot mag gebou het nie.
Skielik voel ek snaaks in my kop en toe weet ek nie meer wat om my aangaan nie.
My raadgewers het my nie doodgemaak nie want hulle het geglo dat as hulle my aantas, hulle ook so ‘n snaakse bose gees sou kry.
Ek het soos ‘n bees begin gras eet. Hulle noem dit boatrofie. Daniël het my met tye besoek wanneer ek helder oomblikke gehad het. Ek het dit verskriklik waardeer.
Hy het my herinner aan die stem wat uit die hemel na my gekom het voor ek kranksinnig geword het: Jy sal vir sewe jaar plante eet soos ‘n dier, totdat jy erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskappe van die mens.
Ek sal nooit die oomblik vergeet toe ek aan die einde van daardie tydperk na die hemel opgekyk het nie. Die eerste droom wat ek gehad van die reuse rots wat die aarde gaan tref, het na my teruggekom.
Die magtige God van Daniël gaan met groot glans en heerlikheid hierdie aarde binneval en ‘n einde aan al die bose koninkrylke en mense maak.
In die koninkryk wat kom gaan daar net mense wees wat met hulle sondes van wreedheid en selfsug afstand gedoen het.
Terwyl ek opgekyk het, het my verstand in my teruggekeer.
Die tweede iets wat ek gesien het was hoe hierdie magtige verhewe glansende God Homself in die gedaante van ‘n mens verander het, en tussen Sy vervolgde kinders in ‘n vuuroond verskyn het.
Dis die soort God wat ek vir die res van my lewe wil dien. Een wat nie net magtig en glansryk is nie, maar wat nederig genoeg is om Hom in die gedaante van ‘n mens te verander en tussen ons en ons krisisse kom instap.
Toe ek opgekyk het, het my verstand in my teruggekeer en ek is in my koninskap herstel.
Ten slotte die volgende Sumeriese paradys gedig.
Ek sê dit eers in Summeries op en dan vertaal ek dit in Afrikaans:
Kisj kiri. Gub, mach sikil.
Wanneer die woorde kisj kiri voor ‘n sin geskryf word, dui dit op hout. Dit kan van ‘n boom na ‘n bos, na ‘n woud of na ‘n paradys verwys.
In herdie geval verwys dit na ‘n paradys.
Kish kiri. Daar is ‘n paradys.
Gub – hy is deur God self geplant
Mach. Hy is asemrowende luisterryk verby
Sikil. Dis ‘n woord wat alles wat mooi is bevat. Veiligheid, sondeloosheid, heiligheid, vol geluk en krisisvry, pynvry, doodvry.
Ek Nebukadnesar wil eendag in daardie paradys gaan woon.
Wat behels toegang tot hierdie paradys? Dis so eenvouding.
Kyk op soos ek opgekyk het. Kyk weg van jou ou gevalle sondige natuur na God se heiligheid. Kyk weg van jou eie pogings om gered te word. Kyk op na Hom, en erken dat Hy alleen in staat is om jou te kan red

Was this article helpful?

Related Articles