1. Home
  2. Argeologie
  3. Nebukadneser II – Wadi Brisa – Deel 4

Nebukadneser II – Wadi Brisa – Deel 4

Wat is jou geaardheid? Iemand wat ontspannend deur die lewe gaan? Of iemand wat nie kan stilsit nie?
Wanneer jy die inligting lees van wat Nebukadnesar alles aangepak het, staan jy verstom. Hy het nie tyd verkwis nie.
BOUWERK BY SIDON
Terwyl Nebukadnesar die stad vir 13 jaar lank beleër het, het hy nie stilgesit nie. Naby Sidon was daar ‘n antieke tempelkompleks. Kom ons lê ’n besoekie af.
DIE ECHMOUNTEMPEL
‘n Mens ontdek nie alles van ‘n Bybelland tydens jou eerste of twintigste besoek nie.
Dis wat met my gebeur het. Vir baie jare het ek na Nebukadnesarverwante inligting gesoek.
Dit was nog voordat jy in ‘n paar minute jou inligting op Wikipedia kon gekry het.
In een van die bronne het ek gelees dat Nebukadnesar sy boodskap by ‘n plek met die naam van Nahr el Kelb in spykerskrif uitgekap.
Elke keer wat ek hier besoek het, het ek vir die gids gevra waar ek hierdie inskripsie kan kry, maar ons het tevergeefs gesoek.
En toe op ‘n dag het ‘n professor van die Middle East Univesiteit in Beirut na die plekke geneem wat ek graag wou sien.
Die eerste besoek was aan die Echmountempelkompleks. Die naam verwys na die god van genesing. In antieke tye het mense hierheen gekom om van hulle siektes ontslae te raak.
Eers neem hy my na die Babiloniese siggarut. Wat ‘n sterk bewys van die betroubaarheid van die droom van Nebukadnesar. Hy was die kop van goud.
Daarna wys hy vir my die spore van die Meders en die Perse. Kores het ‘n reuse podium langs Nebukadnesar se siggoerat gebou.
Daarna het ons die Griekse ruïnes besoek. En raai wat se ruïnes was heel laaste?
DIE ONTDEKKING
En vir die heel eerste keer besef ek dat ek op ‘n argeologiese terein staan wat die betroubaarheid van die profesie van Daniël 2 bevestig.
Kyk mooi na die beeld. Ons sien al vir koninkryke. Maar wat van die voete van klei en yster?
Terloops waarvoor staan die yster en klei?
Terwyl ek onangs daar besoek het, het ek ‘n argeoloog ontmoet en haar oor die jongste uitgrawings uitgevra.
Sy vertel toe vir my dat hulle sopas Bisantynse ontdekking gemaak het.
Hierdie tydperk verwys na die tydperk toe Rome geval het. Dit was toe die kerk die heidense Rome vervang het.
Die klei gemeng met yster in die beeld se tone staan vir staat en kerk.
Dit was vir my ‘n besondere oomblik toe ek na die Bisantynse opgrawings gekyk het wat langs ‘n Romeinse kolonade gevind is.
Dit maak die beeld van Nebukadnesar volledig.
Hier voor my het die ruïnes vir my gewys dat ek nou in die tydperk leef waarin kerk (die Klei) en die yster, (die staat) bestaan. Die boek Openbaring skets vir ons die rol van kerk en staat net voor Jesus op die wolke gaan kom.
NAHR EL KELB
Ons het nou na twee spore gekyk wat Nebukadnesar in Libanon getrap het, Tirus en Echmoun. Kom ons besoek die derde een kyk.
Aan die een kant van die rivier kry ons inskripsies van die veroweraars wat met hulle oorwinnings hier kom spog het.
Die Assiriese koning Esarhaddon en Tutmosis III van Egipte is van die belangrikste.
Ek het na Nebukadnesar se inskripsies gesoek waarvan ek in ou bronne gelees het.
Raai waar het Nebukadnesar se inskripsies gelaat. Aan die ander kant van die rivier. Dis asof hy homself van hierdie ander beroemde staatsmanne van die verlede wou distansieër en met trots van ‘n afstand na hulle kyk.
Dit is nogal ‘n taak om by hierdie beroemde inskipsie uit te kom.
Maar aanhouer wen.
Uiteindelik staan jy waar Nebukadnesar gestaan het.
Jy kyk na die inskripsies waar hy van sy besoek aan Fenecië praat. Die Bybel het dit voorspel en hier kry ons die bevestiging daarvan.

BAIE VOETE
Behalwe vir hierdie inskripsie is daar nog drie ander. En wat van groot belang is, is die feit hy dit by plekke opgerig het waar daar baie voete was.
Hy wou gehad het dat mense die boodskappe moes lees wat hy nagelaat het.
Dis so jammer dat hierdie waardevolle geskiedkundige fonds vergete geraak het en aan die elemente van die natuur oorgelaat is.
WADI BRISA
Voor ons by die heel belangrikste fonds uitkom wat hy in twee tale geskryf het, net so ‘n bietjie agtergrond.
Dis wonderlik hoe die Here in ‘n mens se lewe lei. Ek en my vriend Walter Veith het ‘n erediens by die Middle East University van die Sewendedag-Adventiste kerk in Beiroet bygewoon.
Die hele woonbuurt word Sabtieh genoem. Dit die Arabiese woord vir Sabbat.
My heel eerste besoek aan hierdie inrigting was in 1966 saam met my pa. In daardie tyd het die Libanese nie met mes en vurk geëet nie. Jy moes met Khuboos, plat ronde brood die kossies bymekaar maak en dit so eet.
Deur die jare het ek kennis gemaak met die Elfataterouriste wat hulle intrek op die kampus gemaak het en die geraas en gedreun wanneer Israeli bomwerpers oor die klankgrens breek wanneer hulle oor die stad vlieg en hulle dodelike bomme gooi.
MIDDAGETE
Na die erediens het mense ons uitgenooi om by hulle te kom eet. Omdat dit my belangstelling is, het ek die mense uitgevra oor nuwe ontdekkings oor Nebukdanesar se inskripsies.
Die volgende dag het ons heeldag gery en uiteindelik die plek opgespoor.
Libanese op ‘n trekker het ons daarheen geneem.
Wat ‘n oomblik. Aan weerskante van die pad wat hierdie reuse inskripsies van Nebukadnesar.
GESKIEDENIS
Die eerste mens wat die 1400 spykerskrif lyntjies begin ontsyfer het, was ‘n man met die naam van Weisbach. In daardie dae was daar nie die kennis wat argeoloë tans het nie.
Rocio Da Riva het onlangs gekom en nou het ons die volledige vertaling.
WADI BRISA AND DANIEL

Op die een panel word Nebukadnesar met ‘n leeu uitgebeeld. Ooreenkoms met die boek Daniël?

Dan is daar ook ‘n voorstelling van ‘n boom langs die koning. Die koning bied beskerming aan die nasies wat onder sy skaduwee wil kom skuil. Ooreenkoms?

Die een inskripsie is in Ou-Babilonies geskryf en die ander een in Nuwe Babilonies. Nebukadnesar wou seker maak dat almal moes weet wat hy hier vertel.

Een iets wat hy geskryf het lui as volg: “Ek het die land gelukkig gemaak. Ek het dit so gemaak dat die inwoners van Libanon in veiigheid saam leef en niemand hulle molesteer nie.”

Die Here het hierdie goeie hoedanighede gesien. En uiteindelik het hierdie magtige veroweraar toegelaat dat die Magtige Veroweraar, die God van Daniël sy hart kon verower.

DIE OPRIG VAN ‘N GOUE BEELD

Voordat ek iets ongeloofliks vir jou lees wat ek op die Wadi Brisa ontdek het, lees ek uit Daniël hoofstuk drie:

Dan 3:1 Koning Nebukadnésar het ‘n beeld van goud gemaak; sy hoogte was sestig el, sy breedte ses el; hy het dit opgerig in die dal Dura, in die provinsie Babel.
Dan 3:2 Daarna het koning Nebukadnésar die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies laat versamel, dat hulle moes kom na die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het.
Dan 3:3 Toe het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies bymekaargekom by die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het, en hulle het voor die beeld gaan staan wat Nebukadnésar opgerig het.
Dan 3:4 En ‘n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale,
Dan 3:5 sodra julle die geluid hoor van horing, fluit, siter, luit, harp, doedelsak en van allerhande musiekinstrumente, moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.
Dan 3:6 En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word.
Dan 3:7 Daarom het, op die oomblik toe al die volke die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en van allerhande musiekinstrumente hoor, al die volke, nasies en tale neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

an 3:8 Op grond daarvan het tegelykertyd Chaldeeuse manne nader gekom en die Jode aangeklaag.
Dan 3:9 Daarop het hulle met koning Nebukadnésar gespreek en gesê: Mag die koning vir ewig lewe!
Dan 3:10 U, o koning, het ‘n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid;
Dan 3:11 en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.
Dan 3:12 Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednégo; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.
Dan 3:13 Toe het Nebukadnésar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring.
Dan 3:14 En Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?
Dan 3:15 As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?
Dan 3:16 Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie.
Dan 3:17 As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;
Dan 3:18 maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.
Dan 3:19 Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was.
Dan 3:20 En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi.
Dan 3:21 Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi.
Dan 3:22 Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand.
Dan 3:23 Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval.
Dan 3:24 Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning!
Dan 3:25 Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun.
Dan 3:26 Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan.
Dan 3:27 Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.
Dan 3:28 Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.
Dan 3:29 Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, stukkend gekap en van sy huis ‘n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander god is wat so kan verlos nie.
Dan 3:30 Toe het die koning Sadrag, Mesag en Abednégo voorspoedig laat wees in die provinsie Babel.

ESKATOLOGIE
Dit wat hier gebeur het is ‘n tipe van ‘n groter universele dekreet wat uitgevaardig gaan word.
Die boek Daniël is geskryf sodat ons die boek Openbaring beter kan verstaan.
Die woord “einde” kom 29 keer in die boek voor.

OOREENKOMSTE

Hoedanig was die dekreet?.
Dan 3:4 En ‘n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale. Universeel.
Openbaring

pn 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid.

VERVOLGING?

Dan 3:10 U, o koning, het ‘n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid;
Dan 3:11 en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.

OPENBARING

Opn 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

Dan 3:10 U, o koning, het ‘n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid;
Dan 3:11 en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.

Wat jare gelede in die dal van Dura gebeur het, gaan weer gebeur. Wat is die les wat ek moet leer om staande te bly wanneer godsdiensvervolging binnekort deur wetgewing afgedwing gaan word.

OUTENTIEK
As ek die boek van Daniël as outentiek sal aanvaar, dan is ek toegerus om die laaste tyd van benoudheid met vertroue tegemoed te gaan.
Maar as ek twyfel aan die bona vide van die boek, dan mag ek ‘n onaangename ondervinding tegemoed gaan.

WADI BRISA
Gaan Wadi Brisa die gebeure van die oprigting van die beeld bevestig?

Sal daar aan die einde van die tyd ook ‘n universele dekreet oor godsdiensvervolging wees?

Opn 13:12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.

SLOT
Ek wil net noem dat die Bybel nie ‘n gewone geskiedenis bron is nie. Die Bybelverhaal is ‘n persoonlike boodskap aan elke mens op aarde. In hierdie pragtige boek wil Hy net vir jou en my sê dat Hy ontsettend baie vir ons omgee.
Hy gee soveel vir ons om dat Hy in Jesus vir ons aan die kruis van Golgota kom sterf het.
Hy het ons sonderekening vereffen en ons met Sy volmaakte geregtigheid geklee.
Wanneer ons as boetvaardige sondaars na die Vader kom en sê ons is jammer, sien Hy ons nie raak nie, maar Jesus.
Martin Luther het gesê: Voor God word sondaars mooi.
Volgende keer: Nebukadnesar neem Daniël se God aan

Was this article helpful?

Related Articles