1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Nuwe Lappe En Nuwe Wyn – Gelykenis 17

Nuwe Lappe En Nuwe Wyn – Gelykenis 17

Waarheid teenoor oorlewering

Die gevaar van vooropgestelde opinies

En niemand werk ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom ‘n erger skeur. En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word. Markus 2:21,22.

Kom ons lees ook Lukas se weergawe van dieselfde gelykennis.

En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel: Niemand sit ‘n lap van ‘n nuwe kleed op ‘n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie. En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word. En niemand wat ou wyn gedrink het, wil nuwe wyn hê nie, want hy sê: Die oue is goed.” Lukas 5:36-39

Voor ons verder gaan moet ons eers moet ons eers ‘n paar belangrike vrae vra:

“Mnr Fariseër hoe word sondaars gered?’’

“Waarom het julle Jesus verwerp?”

“Wat se soort Messias verwag julle?”

“Wat is vir julle belangrik: die Bybel of Oorlewering?”

Het Jesus vir hulle omgegee? Hoe intens was Sy liefde vir hulle? Kom ons ontleed die die woorde van Jesus.

En niemand werk ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom ‘n erger skeur. Mark 2:21. Jesus sê ‘n mens neem nie die ou lap van Judaisme en probeer om dit op die nuwe lap van Sy boodskap te lap nie.

Jesus se boodskap was nie ‘n stuk lap wat op die uitgediende Joodse stel van werksheiligheid gelap kon word nie.

‘’Anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af.’’ Nuwe. Gr. agnaphos, “ongekrimpt” Judaisme word met ‘n met ‘n verslete kleed vergelyk wat op die punt staan om weggegooi te word.

Die oorspronklike gees van die Judese godsdiens is deur die meerderheid verloor en ‘n nuwe formgodsdiens het die plek daarvan ingeneem.

Met hierdie gelykenis het Jesus probeer om die volgellinge van Johannes die Doper iets belangriks te leer. Dit is tyd mors om die goeie nuus van die koninkryk van die hemel  met die uitgediende tradisies van die Jode te probeer versoen.

En niemand werk ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom ‘n erger skeur. Markus 2:21

Erger skeur. Dit gebeur wanneer die nuwe lap nat word nadat dit gelap word. Dit wat bedoel was om die ou kleed mooi te laat lyk, laat hom net nog leliker lyk.

NUWE WYN

En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word. Markus 2:22.

 Nuwe wyn verwys na die fermentering wat nog nie begin het nie of fermentering wat begin het maar nog nie voltooi is nie.

Hierdie voorstelling van “nuwe wyn” verduidelik ook die evangelie deur middel van fermentasie.

 En dit hou ook verband met die gelykenis van die suurdeeg. Die klem val egter op verskillende resultate. Kom ons lees Matteus 13:33:

 Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.” Dit stel die belangrike werk van God voor wat in die totale oppervlakte van die hart van die mens werk.

In antieke tye was wyn in sakke van skaap- of bokvelle geplaas wat met naaldwerk gemaak is. Die nek was die tuit, die mond van hierdie velbottel. “Ou bottels” het hulle elastisiteit verloor en droog en hard geword. Gekrimp. So tragies. Maar dit was die toestand van Judaisme in Jesus se dag.

‘’En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie.’’ Die revolusionêre teologie van Jesus kon geensins met die valse dogmas van valse Judaism versoen word nie. Enige poging om die Christengeloof in die dooie formgodsdiens van Judaisme te huisves, sal misluk. Jesus het Sy disippels geleer dat wanneer die beginsels van die hemel met hart en siel aanvaar word, dit tot ‘n lewende, aktiewe, stralende en sinvolle godsdiens sal lei.

‘’Die wyn loop uit en die sakke vergaan.”

Om die twee te verenig, stuur op ‘n tweeledige ramp af: Die “wyn” van die evangelie “loop uit” en die “sakke” van Judaisme “vergaan.” Luister na Lukas se weergawe van die gelykenis:

Hy vertel hulle ook nog ‘n gelykenis: “Niemand skeur ‘n stuk uit nuwe klere om daarmee ou klere te lap nie. As hy dit sou doen, sou die nuwe klere stukkend wees, en buitendien sal die nuwe lap nie by die ou klere pas nie. Lukas 5:36

Die nuwe klere word geskeur wanneer ‘n stuk uitgesny word en die ou materiaal lyk nie  mooier nie. Dis net Lukas wat hierdie feit noem, naamlik dat die nuwe lap nie op die ou lap pas nie.

En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word. En niemand wat ou wyn gedrink het, wil nuwe wyn hê nie, want hy sê: Die oue is (beter) goed.” Lukas 5:37-39

Niemand. Net Lukas voeg hierdie kommentaar by.

Die oue is beter. Iemand wat aan ou wyn gewoond is beskou dit as smaakliker, heerliker. In vergelyking is die ou wyn beter. Jesus sê dat iemand wat aan ou wyn gewoond is bly daaraan gewoond. Dit pas hom goed en hy sal nie sy ou drinkgewoontes opgee nie. Die gelykenis illustreer die diepgewortelde vooroordeel van die Fariseërs.

Jesus het gekom om die karakter van Sy Vader te weërspiël. Hy het gekom om die waarheid te openbaar wat Hy deur die profete oor Homself geprofeteer het. Die geestelike leiers het Hom, die Waarheid, verwerp, Hy die nuwe wyn.

Jesus, die Weg, die Waarheid en die Lewe moes die eie-geregtige Fariseërs verby gaan om die ongeleerde vistermanne van lae rang, Sy disippels te maak. Hulle wat nog nooit by die rabbis was nie, nooit hulle skole bygewoon het nie, nooit in Sanhedrin was waar die lede met hulle eie opinies beheb was nie – dis die mense wat Hy geroep en opgevoed het.

Hy kon hulle soos nuwe bottels vir die nuwe wyn van Sy koninkryk maak. Dit was die suiglinge dat die Vader geestelike dinge kon openbaar. Die geestelike leiers wat daarop aanspraat gemaak het dat hulle die bewaarders van kennis was, het nie plek vir die beginsels van die evangelie gemaak wat later deur die disippels verkondig is nie.

Die ketting van waarheid wat skakel vir skakel verbind is, is aan mense gegee wat hulle onkunde besef het en gewillig was om deur die Groot Leermeester opgelei te word.

Jesus het geweet dat Hy die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie kon help nie, tensy hulle hulleself van selfbelanrikheid ontledig nie.

Hy het nuwe mensbottels vir Sy nuwe wyn van leerstellings gemaak; vistermanne en ongelelerdes is gekies om die draers van die pragtige evangelie na die wêreld te neem. Alhoewel mense gedink het Sy leerstellings is nuut, was dit inderwaarheid van die begin af geleer. Dit was Sy plan dat die disippels die suiwer waarheid , GPS, die gids van hulle lewe maak.

Hulle moes nie iets by Sy woorde voeg nie en hulle moes dit baie duidelik en liefdevol aan die mensdom verkondig. Hulle moes nie een of ander mistieke verduideliking van die Skrifte gee nie. Hulle moes ook nie mensgemaakte teorieë aan die suiwer Woord Koppel nie. En mag die Here ons help om nooit oorlewering in die kerk inbring nie.

VOLGENDE KEER

Die gelykenis van die twee mense wat geld geskuld het

 

Was this article helpful?

Related Articles