Openbaring Deel 1 – Die Struktuur Van Openbaring

DIE STRUKTUUR VAN OPENBARING

Hoe lank vat dit vir ‘n man of vrou om mekaar te verstaan? Net so lank as wat dit jou vat om die ander een se temperament se samestelling, se geaardheid te verstaan.

Hoe lank gaan dit ons neem om Openbaring te verstaan? Net so lank as wat dit neem om die samestelling van die boek te verstaan.

GETALLE

Hoeveel keer het jy getalle in die boek raakgeloop? Watter getal was meer prominent? Hoeveel gemeentes is daar? Hoekom net sewe? Hoeveel engele? Is dit al engele wat daar is?

Hoeveel seëls? Hoekom nie meer of minder nie? Hoeveel basuine is daar? Wat is die simboliese waarde van die getal 7? Hoeveel plae is daar? As daar tien plae in Egipte was, hoekom is daar net sewe in Openbaring?

Die getal sewe stel totaliteit voor.

Watter ander getalle het jy in die boek Openbaring raakgeloop? Die getal drie, vier en 12 speel ook ‘n kunstige simbolies rol in die Openbaring.

Die seëls en die basuine is in groepe van drie en vier opgedeel. Wanneer drie met vier vermenigvuldig word, gee dit vir jou?

Hoeveel poorte met die Nuwe Jerusalem gehad? Wat kry mens wanneer jy die 12 stamme met 12,000 vermenigvuldig? Waar lees ons van 144,000?

GIASMES

Giasmes is ‘n ongelooflike briljante struktuur wat verwante onderwerpe met mekaar verbind.

Dis ’n Stylfiguur waar die tweede helfte van ’n parallelle uitdrukking in omgekeerde volgorde teenoor die eerste gestel word om die andersheid van teenpole te aksentueer.

Kan jy aan ‘n voorbeeld dink:

“Moenie lewe om te eet nie, maar eet om te lewe!”

“Moenie (a) lewe om te (b) eet nie, maar eet om te lewe!”

Kom ons kyk na die die voorkoms van chiasmes in die Bybel:

Prediker 8:14 Dit is ’n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar (a) regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van (b) die goddelose, en dat daar (b) goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die (a) regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.

Oor (a) regverdiges kom wat (b) goddeloses toekom, oor (?) goddeloses kom wat (?) regverdiges toekom.

Matteus 23:12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

Waar kom die (a’s) en waar kom die (b’s)?

Matteus 23:12 (a) Wie homself verhoog, sal (b) verneder word, en (b) wie homself verneder, sal (a) verhoog word.

Die struktuur van hierdie gedeelte oor die seuns van Gesron (2:9–3:24) is soos volg: Ram, Kaleb en Jeragmeël, dan weer Jeragmeël, Kaleb en Ram. So val die klem op die lyn van Ram wat die eintlike Dawidslyn is en kan die Kronis daarop konsentreer.

Waar plaas jy die a, b, en c?

Die nageslag van Ram tot by Dawid (2:10-17)
Die nageslag van Kaleb (2:18-24)
Die nageslag van Jeragmeël (2:25-33)
Voortsetting van Jeragmeël se nageslag (2:34-41)
Voortsetting van Kaleb se nageslag (2:42-55)
Voortsetting van Ram se nageslag van Dawid af verder (3:1-24)

(a) Die nageslag van Ram tot by Dawid (2:10-17)
(b) Die nageslag van Kaleb (2:18-24)
(c) Die nageslag van Jeragmeël (2:25-33)
(c) Voortsetting van Jeragmeël se nageslag (2:34-41)
(b) Voortsetting van Kaleb se nageslag (2:42-55)
(a) Voortsetting van Ram se nageslag van Dawid af verder (3:1-24)

Die beskrywing van die genealogie (stamboom) van Gesron (2:9–3:24) begin en eindig met daardie vertakking van die stamboom wat met Dawid saamhang. Op hierdie wyse beklemtoon die Kronis deur sy rangskikking van die materiaal die belangrike posisie van die geslag van Dawid in die Judastam.

(c) chiastic—in which the thoughts alternate, usually going from thought A to B and then back from B’ to A’. If you diagram the pattern, you discover that the thoughts crisscross to form an X, which is the shape of the Greek letter chi, hence the words “chiastic” and “chiasm.”

X

“The alternation of ideas … indicate that this … structure is not accidental, but rather an ingenious design of the poet … the Hebrew poet deliberately decided not to parallel precisely the word order of his poem by using the chiastic pattern.”Although B may complement or even complete A, “Chiastic parallelism clearly avoids expressing the same idea twice. It rather aims at a sequence of thought which brings out the essence of the point more fully and sharply” (LaRondelle, Deliverance in the Psalms, pp. 27, 28).

PROLOOG EN EPILOOG

Wat is die maklikste manier om die chiasmes van Openbaring te verstaan? Begin by die inleiding, die prolog en vergelyk dit dan met die slot gedagtes van die boek, die epiloog

PROLOOG Openbaring 1:1-8 Inleiding

Getuienis van Jesus 1:2
Salig is hy wat lees 1:3
Kyk hy kom met die wolke 1:7
Ek is die Alfa en die Omega 1:8

EPILOOG Openbaring 22:8-17

Jesus getuig 22:16
Salig is hy wat die woorde bewaar 22:7
En kyk, Ek kom gou 22:12,20
Ek is die Alfa en die Omega 22:13

Kom ons vergelyk (a) die 7 gemeentes (1:10 – 3:22) met (b) die Nuwe Jerusalem (21:9-22:9)

(a) Jesus se raad aan Sy Kerk. Daar is oorlog. Die gemeentes is versprei.

(b) Jesus beloon Sy kerk. Daar is vrede. Hulle word in een stad versamel.

(a) Jesus wandel tussen die sewe kandelare 2:1
(b) Jesus verlig die Nuwe Jerusalem 22:23

(a) Die boom van die lewe 2:7
(b) Boom van die lewe 22:2

(a) Geopende deur 3:8
(b) Poorte sal nooit gesluit word nie 21:25

(a) Jesus sit op Sy Vader se troon 3:21
(b) Troon van God en van die Lam 22:1,3

(a) Nuwe Jerusalem daal neer van die hemel 3:12
(b) Nuwe Jerusalem daal neer van die hemel 21:20

(a) Kyk Ek kom gou 3:11
(b) Kyk Ek kom gou 22:7

Vergelyking (a) 7 SEëLS (4:1-8:1) Jesus beskerm Sy beproefde kinders (b) MILLENNIUM (19:11-21:8) Jesus se kinders regeer as konings saam met Hom

(a) Hemel gaan oop 4:1
(b) Hemel gaan oop 19:11

(a) Ruiter op die wit perd word deur ruiters op gekleurde perde gevolg 6:2-8
(b) Ruiter op die wit perd word deur ruiters op wit perde gevolg 19:11-16

(a) Siele onder altar vra oor tyd van oordeel 6:9,10
(b) Siele onder die altar word op trone geplaas 20:4-6

(a) Wit klere 6:11; 7:9-14
(b) Wit klere 19:14

(a) Konings vra om gedood te word 6:15,16
(b) Konings word gedood 19:17-21

Vergelyking (a) DIE GROOT STRYD 11:19-14:20
(b) VAL VAN BABILON 17:1-19:10
Beproewings van die ware moeder en haar kinders
(a) Die val van die valse moeder
(a) Die ware moeder is in wit geklee 12:1,2.
(b) Die valse moeder is in purper geklee 17:4

(a) Haar kinders bewaar die gebooie 12:17
(b) Haar kinders is prostitute 17:5

(a) Dier met tien horings en sewe koppe 12:3;13:1
(b) Dier met tien horings en sewe koppe 17:3

(a) Verkondig Babilon se val 14:8
(b) Verkondig Babilon se val 18:4

(a) Getuienis van Jesus 12:17
(b) Getuienis van Jesus 19:10

Waarom het Johannes hierdie ongelooflike giasmes gebruik?
Sodat die boek homself kan verduidelik.

Ons gaan teks vir teks na hierdie opwindende verduidelikings kyk. Maar die chiasmes lê nie net in die boek self nie.

Waanneer ons na die inhoud van hele Bybel kyk, sien ons ‘n onbegryplike chiasme. Dit was die mens in die eerste drie hoofskukke van Genesis verloor het, kry ons weer terug in die laaste drie hoofstukke van Openbaring.

KLEED VERLOOR

Genesis 3:21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.

Wat het hier gebeur? Hoekom moes die Here vir hulle klere van vel maak?

Verse 6,7 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ’n lus was vir die oë, ja, ’n boom wat ’n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.

“Adam and Eve both ate of the fruit, and obtained a knowledge which, had they obeyed God, they would never have had, –an experience in disobedience and disloyalty to God,–the knowledge that they were naked. The garment of innocence, a covering from God, which surrounded them, departed; and they supplied the place of this heavenly garment by sewing together fig-leaves for aprons.” {CC 17.2}

”After the transgression of Adam and Eve they were naked, for the garment of light and security had departed from them.” LDE 249

Sê my. Dra ons nog steeds vyeblaarklere van ongeregtigheid? Is daar vir ons goeie nuus in die boek Openbaring?

Openbaring 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Ek sien so uit na daardie dag wanneer ek nooit weer met vuil klere hoef te sukkel nie. Wat die mens in Genesis verloor het, kry hy weer terug in die boek Openbaring.

Genesis 2:9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin

Waarom moes hulle die vrugte van hierdie boom eet? Om hulle afhanklikheid van God te besef en om vir ewig te kan lewe.

Genesis 2:16,17 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Wat het gebeur toe ons eerste voorouers van die boom van lewe se vrugte geëet het?

Genesis 3:22,23 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.

Wat ‘n hartseer oomblik. Kan jy hulle van die tuin en die boom van die lewe sien wegstap? Hulle is op pad na harde werk, ellende, siekte en uiteindelik die dood. Het Openbaring vir ons goeie nuus?

Openbaring 2:7 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.

Gaan Adam weer die boom sien? Wat van jou en my?

Openbaring 22:4 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

Waarom noem die boek Openbaring die boom van die lewe vir ‘n tweede keer? God wil seker maak dat ons die boodskap kry.

Openbaring 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Waarom word die boom van die lewe ‘n derde keer genoem?

Dis die Here se grootste begeerte dat ek en jy daar moet wees. Hy wil ons deur die ewigheid met Sy goedheid oorlaai, bederf.

Moenie dat ongehoorsaamheid jou van die grootste kosmiese opwinding beroof nie.

Was this article helpful?

Related Articles