Openbaring Deel 13 – Hoofstuk 10 (Deel 1)

OPENBARING 10 – DEEL 1

Baie welkom by die lesing oor die klein boekie van Openbaring 10. Wat het gebeur nadat Johannes die sesde seël verduidelik het? Wat gebeur voordat hy die inligting van die sewende seël bekend gemaak het? Hy ‘n hele hoofstuk aan die verseëlde 144,000.

Gaan Johannes later weer oor hierdie mense se eindtyd boodskap vertel? Ons vind dieselfde verskynsel tussen die sesde basuin wat oor Islam praat en die sewende basuin wat oor die wederkoms handel. Johannes wil belangrike inligting onder ons aandag bring.

Openbaring 10:1,2 “En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur.”

Wie is hierdie ander sterk engel? Hoeveel sterk engele kry ons in die boek Openbaring?

Openbaring 5:2 En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?

Openbaring 18:21 En een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

Ons kry nie iets soos ‘n wolk, ‘n reënboog, pilare van vuur en ‘n gesig wat soos ‘n son lyk by hierdie sterk engele nie. Waar moet ons vir ‘n antwoord soek?

Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

10. Openbaring 1:16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ’n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Van wie praat dit hier? Hoe lyk die engel van hoofstuk 10:1? Sy aangesig was soos die son. Wie is hierdie engel, hierdie Boodskapper.

“The mighty angel who instructed John was no less a personage than Jesus Christ. Setting His right foot on the sea, and His left upon the dry land, shows the part which He is acting in the closing scenes of the great controversy with Satan.

“This position denotes His supreme power and authority over the whole earth. The controversy had waxed stronger and more determined from age to age, and will continue to do so, to the concluding scenes when the masterly working of the powers of darkness shall reach their height.

“Satan, united with evil men, will deceive the whole world and the churches who receive not the love of the truth. But the mighty angel demands attention. He cries with a loud voice. He is to show the power and authority of His voice to those who have united with Satan to oppose the truth.” 7BC 971

Openbaring 10:1,2 En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur; en in sy hand het hy ‘n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land.

Wat is die betekenis van die reënboog?

Esegiël 1:26 En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van ’n troon; en op die troongestalte ’n gestalte wat soos ’n mens gelyk het.

Vers 27 Ek sien toe iets soos blinkende metaal; van wat soos sy lendene gelyk het boontoe soos vuur, rondom in ’n omhulsel gevat; en van wat soos sy lendene gelyk het ondertoe, het ek iets gesien soos vuur met ’n glans daaromheen.

Vers 28 Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op ’n reëndag, so het die glans rondom gelyk.

So het die verskyning van die heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.

Openbaring 10:1 Bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son.

Die ander Engel Jesus se gesig was soos die son. Wat gebeur wanneer die sonstrale deur die reënwolke skyn?
Daar is ‘n reënboog effek. Is daar iewers in die evangelie ‘n verwysing na Jesus se gesig wat soos die son geblink het?

Matteus 17:1 EN ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ’n hoë berg in die eensaamheid gebring.

Verse 2,3 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.

Die kerk bo op Tabor stel Elia en Moses se besoek aan Jesus voor. Tydens my besoek hier, dink ek aan Openbaring 10:1:

Bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son

Wat is die boodskap van die reënboog?

“A rainbow is represented in Heaven round about the throne, also above the head of Christ, as a symbol of God’s mercy encompassing the earth.

“When man by his great wickedness provokes the wrath of God, Christ, man’s intercessor, pleads for him, and points to the rainbow in the cloud, as evidence of God’s great mercy and compassion for erring man; also the rainbow above the throne and upon his head emblematical of the glory and mercy from God resting there for the benefit of repentant man.” 3SG 75

Openbaring 10:1 En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur

Hoe verstaan jy hierdie beskrywing van voete wat soos pilare van vuur lyk? Wat is ‘n ander naam vir pilare? Waar in die Bybel word daar na kolom van vuur verwys?

Eksodus 13:21,22 En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in ’n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ’n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek. Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.

Waar dink jy het asemrowende kolom wat kiloments die lug ingetoring het, vir die eerste keer verskyn?
Die plek waar die Israelitiese volk saamgetrek het in Egipte.
Tydens die val van die tien plae het hulle oor die hele Egipte by die Nyldelta saamgetrek. Moderne naam is Wadi Tumilat

Eksodus 12:37 En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent seshonderdduisend te voet, die manne buiten die kinders.

Terwyl ek hier by Raamses, antieke Avaris staan, sien ek in my verbeelding wat Johannes in Openbaring 10:1 gesien het.

”En sy voete soos pilare van vuur”

Wat is die betekenis van die wolk- en vuurkolom wat Johannes op Patmos in ‘n visioen gesien het? In een van die mooiste en troosvolste eindtyd profesieë verwys Jesaja na die wolk- en vuurkolom.

Jesaja 4:5,6 Dan sal die Here bedags ’n wolk en snags die rook en glans van ’n vlammende vuur skep oor elke woonplek op Sionsberg en oor al die bymekaarkomplekke daar. Sy magtige teenwoordigheid sal alles beskut. Daar sal ’n skuiling wees,’n skaduwee teen die hitte bedags,’n skuilplek en toevlug teen stortbuie en reën.

Wat wil ”En sy voete soos pilare van vuur” van Openbaring 10:1 vir ons sê? In die finale stryd teen die bose, gaan die Here vir ons dieselfde doen as wat Hy deur die wolk- en vuurkolom vir Israel van ouds gedoen het.

Elke keer wanneer ek die Sinaiwoestyn besoek, dink ek aan die pragtige boodskap van die wolk- en vuurkolom. Hy het hulle vanaf Egipte, die land van slawerny, tot in Kanaän, die beloofde land gelei. Watter les leer jy hieruit?

“The standard of their invisible Leader was ever with them. By day the cloud directed their journeyings or spread as a canopy above the host. It served as a protection from the burning heat, and by its coolness and moisture afforded grateful refreshment in the parched, thirsty desert. By night it became a pillar of fire, illuminating their encampment and constantly assuring them of the divine presence. {CC 91.2}

Wat het met farao en sy leers gebeur toe hulle die volk van die Here binne in die rooisee wou uitwis?

Eksodus 14:19,20 Die Engel van God wat altyd voor die Israeliete uit beweeg het terwyl hulle getrek het, het nou agter hulle plek ingeneem. Ook die wolkkolom wat voor hulle was, het agter hulle ingeskuif,tussen die Egiptenaars en die Israeliete. Aan die Egiptiese kant was die wolk donker en aan die Israelitiese kant het dit die nag verlig. Die hele nag deur het die twee groepe nie nader aan mekaar gekom nie

Vers 24 In die vroeë môre het die Here uit die vuur- en wolkkolom afgekyk op die Egiptiese leër en verwarring onder hulle gesaai.

Openbaring 10:1 En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur

Wat sien Johannes in hierdie visioen? Dit wat Jesus by die Rooi see met die vyande van Sy volk gedoen het. Sien hy ook ‘n eindtyd verlossing van Gods volk wanneer hulle finaal uit die slawehuis van hierdie Egipte na die Kanaän van die hemel gaan trek?

Eksodus 14:28 Toe die water terugstroom, was die strydwaens en bemanning, die hele leërmag van die farao wat agter die Israeliete aan die see in is, tóé onder die water. Daar het nie een van hulle oorgebly nie.

Wat sien Johannes in die beskrywing van Jesus in Openbaring 10:1? Almal wat in die eindtyd Sy volk wil uitwis,sal net soos die Egiptenare verwoes word.

“That Lamb whose wrath will be so terrible to the scorners of His grace will be grace and righteousness and love and blessing to all who have received Him. The pillar of cloud that was dark with terror and avenging wrath to the Egyptians, was to the people of God a pillar of fire for brightness. So will it be to the Lord’s people in these last days. The light and glory of God to His commandment-keeping people are darkness to the unbelieving.

“They see that it is a fearful thing to fall into the hands of the living God. The arm, long stretched, strong to save all who come unto Him, is strong to execute His judgment upon all who would not come unto Him that they might have life” (TMK 356).
Openbaring 10:1 EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en ’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur.

Die totaliteit van die liefde en verlossingsmag van Jesus word op ‘n unieke asemrowende wyse in hierdie simboliekryke gesig besing. Wat het Jesus op hierdie spesifieke oomblik in tyd vir Sy uitverkore volk kom meedeel?

Vers 2 En in sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land

Die werkwoord “sien neerdaal” is ‘n deelwoord. Maw Johannes het die engel sien neerdaal. Dit impliseer ‘n spesifieke tyd. Watter oomblik in tyd kan dit wees?

Die teks vertel ook vir ons van watter perspektief sien Johannes die visioen. Vanaf hoofstuk 4:1 tot op hierdie stadium het Johannes die visioene gesien asof hy in die hemel was. In hoofstuk 10 sien hy die visioene vanaf die aarde.

Die boekie in die hand van die engel is reeds oop wanneer Hy na die aarde neerdaal. Die feit dat die boekie nou geopen is, vertel dat dit op ‘n stadium geslote was.

Dink jy daar is ‘n verband tussen hierdie boekie en die boek van Openbaring 5?

Vers 1 En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ’n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.

Verse 2-4 En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.

Die feit dat Openbaring 10 se boekie klein is, mag daarop dui dat dit na ‘n gedeelte van die verseëlde boek verwys wat op na die eindtyd gebeure verwys. (12-22)

Vers 2 En in sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land
Wat wil hierdie teks vir ons vertel? Is land en see ‘n merisme?

“The angel’s position, with one foot on the sea, the other on the land, signifies the wide extent of the proclamation of the message. It will cross the broad waters and be proclaimed in other countries, even to all the world.” 7 BC 971

Waar nog lees ons van land en see?

Openbaring 13:1 EN ek het ’n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ’n naam van godslastering.

Openbaring 13:11 EN uit die aarde het ek ’n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ’n lam en het gepraat soos ’n draak

Het die engel wat op die land en see staan, ‘n boodskap vir die dier uit die see en die dier uit die land? Kry ons tekse in die Ou Testament waar land en see genoem word?

Eksodus 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het HY gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig

53. In ons volgende lesing begin ons by vers 3. Ons gaan ons meer aangaande hierdie besondere boodskap vir hierdie besondere tyd leer waarin ons vandag leef.

Mag die Here ons verstande en harte oopmaak, sodat ons die erns van die boodskappe sal verstaan.

Was this article helpful?

Related Articles