Openbaring Deel 14 – Hoofstuk 10 (Deel 2)

OPENBARING 10 – DEEL 2

Wat ‘n heerlike voorreg om dieper en dieper in die boek Openbaring te studeer. Dis ‘n boodskap van troos en verlossing wat Jesus vir elke mens stuur wat deur diep waters gaan.

Openbaring 10:1,2 EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en ’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur; 2 en in sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land

In ons vorige lesing het ons hierdie sterk engel se eienskappe ondersoek. Wie stel hy voor? Jesus in al Sy goddellike heerlikheid. Watter belangrike boodskap het Hy op hierdie spesifieke tydstip aan die wêreld gebring?

Vers 3 En hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

Watter volgorde sien jy hier? Na Jesus se magtige stem gehoor is, het die geluid van die donderslae gevolg

BRULLENDE LEEU

Wat is die dier wat die mens die graagste in die wildtuin wil sien? Waarom gebruik die Bybel die uitdrukking van ‘n brullende leeu? Om ‘n komende oordeel te voorspel.

By Tekoa in Israel, dink ek aan wat die profeet Amos oor ‘n brullende leeu geskryf het. Hy gebruik hierdie beeld om Israel van die komende oordeel te waarsku:

Amos 3:4,8 Sal ’n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ’n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?

Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?

Argeoloë het die oorblyfsels van Dawid se paleis in Jerusalem ontdek. Vir watter doel het hy die beskrywing van ‘n brullende leeu gebruik?

Verse 13,14 Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?

Vers 22 Red my uit die bek van die leeu en tussen die horings van die wilde beeste uit. U het my gebed verhoor!

Vers 3 En hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul.

Brul, Mukatai, word net op hierdie een plek in die Bybel gebruik. Dis ‘n diep klank, soos die gedreun van donderweer. Geweldig hard in volume, ontsettend diep maar geen woorde nie.

Vers 3 Die sewe donderslae hulle stemme laat hoor

Die bepaalde lidwoord “die” dui daarop dat die Chistene in Johannes se dag geweet het wat dit beteken het. Waar moet ons vir die uitleg van die sewe donderslae gaan soek?

PSALM 29:1,2 ’n Onweerspsalm. ’N PSALM van Dawid.
Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!
2Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!

Verse 3-6 Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. 4Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid. Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die Líbanon; 6en Hy laat hulle opspring soos ’n kalf, die Líbanon en Sirjon soos ’n jong buffel.7Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit.

Vers 8-11 Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe.9Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid! 10Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid.11Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede.

Psalm 29 is as volg getitel: Die lied van die donderstorm, Die lied van die sewe donderslae

‘n Storm word van sy begin, na die hoogste intensiteit geneem om dan uiteindelik uit te woed. Wat ‘n beskrywing! Die psalm is tydens die laaste dag van die fees van tabernakels, die loofhutte fees gesing.

Tans vorm hierdie psalm deel van die sinagoge diens op die eerste dag van Pinkster en maak deel uit van die Sabbatliturgie
Daar is ook ‘n Joodse tradisie dat die stem van Jahweh op Sinai die wet met die stem van sewe donderslae afgekondig het.

Job 37:2-5 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.3Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.4Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.5God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.

1 Samuel 7:10 Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die HERE dit dié dag met ’n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.

Is daar voorbeelde van donderslae in die Nuwe Testament? Wat gebeur wanneer mense dit gehoor het?

Johannes 12:28 Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe ’n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik

Vers 29,30 En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar ’n donderslag gewees het. Ander het gesê: ’n Engel het met Hom gespreek. Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.

Wat volg na die donderslag?

Vers 31 Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.

Waarom is dit belangrik om na al die tekse te kyk wat van donderslae praat? Dit help ons om die regte afleidings te maak.

Vers 3 En hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

Wat sou jy sê is die boodskap van die sewe donderslae? In die boek Openbaring word donderslae deur goddelike oordeel gevolg. Kom ons kyk hoe dit voor die breek van die seëls voorkom:

Openbaring 4:5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand
Openbaring 6:1 EN ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ’n donderslag: Kom kyk!

Die volgende voorkoms van donderslae kry ons by die inleiding van die basuine:

Openbaring 8:5 En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing

Voor die oorlog tussen die draak en die vrou en die daaropvolgende sewe laaste plae kry ons weer ‘n donderslag

Openbaring 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Gaan daar weer donderslae kom net voor die geskiedenis van hierdie planeet afgesluit gaan word?

Openbaring 16:18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie—so ’n geweldige groot aardbewing.

Vers 21 En groot hael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval

CRESCENDO

Wanneer mens woorde wat met die vier voorkomste van die donderslae gepaard gaan, kry jy die volgende vyf geassosieerde woorde:

Weerlig, stemme, donderslae, aardbeweing en groot haelstene

Die eerste toneel bevat drie elemente: Weerligte en donderslae en stemme. Hoeveel gaan die tweede toneel bevat?

Openbaring 8:5 En daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.

Hoeveel gaan die derde en vierde bevat?

Openbaring 11:19 En daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Openbaring 16:18,21 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbeweing.. 21 En groot hael

Wat sê hierdie crescendo vir jou? Ons moet opgewonde raak want die einde is in sig.

Vers 3 En hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

Is daar nog ander bronne oor die betekenis van die donderslae?

“The special light given to John which was expressed in the seven thunders was a delineation of events which would transpire under the first and second angels’ messages. It was not best for the people to know these things, for their faith must necessarily be tested.

“In the order of God most wonderful and advanced truths would be proclaimed. The first and second angels’ messages were to be proclaimed, but no further light was to be revealed before these messages had done their specific work. This is represented by the angel standing with one foot on the sea, proclaiming with a most solemn oath that time should be no longer. {7BC 971.6}

Openbaring 10:4 En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.

Het Johannes gehoor wat die donderslae gesê het? Hoe moes hy voel toe hy dit nie kon neerskryf nie?

“After these seven thunders uttered their voices, the injunction comes to John as to Daniel in regard to the little book: ‘Seal up those things which the seven thunders uttered.’ These relate to future events which will be disclosed in their order. Daniel shall stand in his lot at the end of the days. John sees the little book unsealed. Then Daniel’s prophecies have their proper place in the first, second, and third angels’ messages to be given to the world. The unsealing of the little book was the message in relation to time.

“The books of Daniel and the Revelation are one. One is a prophecy, the other a revelation; one a book sealed, the other a book opened. John heard the mysteries which the thunders uttered, but he was commanded not to write them.” 7BC 971

DIE EED

Wat is die volgende iets wat die engel gedoen het?

Verse 5,6 “En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie.”

Die klem is op die skepping omdat evolusie hierdie tyd gebore is. Jesus hou ‘n geopende boekie in sy een hand. Sy ander hand hef Hy op na die hemel en sweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Wie is dit? God die Vader.

En dan kondig Hy aan dat daar geen tyd meer sal wees nie. Dink jy dit verwys na kronologiese tyd? Nee. Dink jy dit dui op profetiese tyd? Ja.

“The mighty angel who instructed John was no less a personage than Jesus Christ. Setting His right foot on the sea, and His left upon the dry land, shows the part which He is acting in the closing scenes of the great controversy with Satan. This position denotes His supreme power and authority over the whole earth.

“The controversy had waxed stronger and more determined from age to age, and will continue to do so, to the concluding scenes when the masterly working of the powers of darkness shall reach their height. Satan, united with evil men, will deceive the whole world and the churches who receive not the love of the truth. But the mighty angel demands attention.

“He cries with a loud voice. He is to show the power and authority of His voice to those who have united with Satan to oppose the truth. After these seven thunders uttered their voices, the injunction comes to John as to Daniel in regard to the little book: ‘Seal up those things which the seven thunders uttered.’ These relate to future events which will be disclosed in their order.

“Daniel shall stand in his lot at the end of the days. John sees the little book unsealed. Then Daniel’s prophecies have their proper place in the first, second, and third angels’ messages to be given to the world. The unsealing of the little book was the message in relation to time.

“This time, which the angel declares with a solemn oath, is not the end of this world’s history, neither of probationary time, but of prophetic time, which should precede the advent of our Lord. That is, the people will not have another message upon definite time.” SDABC vol 7, p. 971

Na watter klimaks werk die boek van Openbaring? Wat gaan ons verloor as ons nie hemel toe gaan nie? Wat gaan ons baat as ons hemel toe gaan?

Volgende keer delf ons dieper in die pragtige boodskap van Openbaring 10.

Was this article helpful?

Related Articles