1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Openbaring Hoofstuk 1 tot 22
  5. Openbaring Deel 16 – Hoofstuk 11, Die Twee Getuies (Deel 1)

Openbaring Deel 16 – Hoofstuk 11, Die Twee Getuies (Deel 1)

OPENBARING 11 – DIE TWEE GETUIES (DEEL 1)

Baie welkom by die aangrypende boodskap van die twee getuies. Wie is hulle en watter bemoedigende en waarskuwende boodskap het hulle vir ons?

Openbaring 11:1 En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.

Kan u ‘n woord in hierdie teks opmerk wat aan ondersoek of oordeel herinner? “Meet” Wat dink jy moet gemeet word? Die mense wat in die tempel van God aanbid.

Watter soort mens aanbid in die tempel? Na watter oordeelstoneel verwys Johannes?

Die riet waarmee gemeet word is die Griekse kalamosDie kalamos riet het in die Jordaanvallei gegroei. Die drie meterhoë riet is as ‘n maatstok gebruik.

Die woord meet, metreo kom op ‘n paar plekke voor:

Matteus 7:2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Wat is ‘n ander woord vir meet?

Openbaring 11:1 En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid

Waar in die Ou Testament lees ons van tempel, altaar en aanbidders? Levitus 16 verwys die na groot versoendag/oordeelsdag.

Dis die enigste plek waar die woorde priester, heiligdom, altaar en aanbidders in die volgorde van Openbaring 11:1 word gevolg.

“The time has come when everything is to be shaken that can be shaken, that those things which cannot be shaken may remain. Every case is coming in review before God; He is measuring the temple and the worshipers therein.” {7T 219.2}

Waarom word die priester wat in Levitikus genoem word, in Openbaring uitgelaat? Jesus die Hoëpriester het nie nodig om geoordeel te word nie. Ons hier met opwindende inligting te make.

Waarvan is die versoenings/oordeelswerk wat tydens Nissan 14 gevier is, ‘n tipe? Van die eindtyd ondersoekende oordeel wat tans in die hemel aan die gang is.

“The grand judgment is taking place, and has been going on for some time. Now the Lord says, Measure the temple and the worshipers thereof. Remember when you are walking the streets about your business, God is measuring you; when you are attending your household duties, when you engage in conversation, God is measuring you.

“Remember that your words and actions are being daguerreotyped [photographed] in the books of heaven, as the face is reproduced by the artist on the polished plate. . . .” {7BC 972.1}

Op hierdie einste oomblik word die belydende kinders van God gemeet. Wat ‘n plegtige gedagte!

“The time has come when everything is to be shaken that can be shaken, that those things which cannot be shaken may remain. Every case is coming in review before God; He is measuring the temple and the worshipers therein.” {7T 219.2}

Waar nog lees ons van ‘n tempel wat gemeet word? Terwyl Israel in ballingskap was, het die Here vir Esegiël ‘n visioen van ‘n nuwe tempel gegee wat gebou moes word. Dit was God se poging om Sy verhouding met Israel te herstel (Esegiël 43:7-11)

Op watter dag het die Here hierdie visioen gegee? 40:1. Oor watter drie dinge het die meet van die nuwe tempel gegaan? Die tempel self, (40:3-43:12) die brandofferaltaar,(43:23-27) en die mense (44-48:35)

Dis ook in die konteks van Esegiël se visioen dat die meet van die tempel in Johannes se visioen verstaan moet word. Wat gebeur met die 144,000 na die oopmaak van die sesde seël en net voor die sewende seël? Hulle ontvang die seël van God.

Wat gebeur met die aanbidders na die sesde basuin en net voor die sewende basuin? Hulle word gemeet? Hulle word geoordeel.

Is daar ‘n verskil tussen die verseëling en die meet/oordeel van God se kinders?

Die een visioen bou altyd op die vorige een en gee vir ons net meer inligting en verduideliking.

17. Waar nog in die Ou Testament lees ons van oordeel?

Daniël 7:9 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ’n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ’n brandende vuur;

18. Vers 10 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ’n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ’n brandende vuur

As jy jou sondes bely en laat staan het, is die oordeel goeie nuus.

19. Openbaring 11:1 En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid

Watter altaar is dit? Die goue altaar waar die gebede van die gelowiges deur God verhoor word. (8:3-6)

Openbaring 11:2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap
Van watter tempel praat dit hier? Naos verwys na die allerheiligste in die hemelse tempel. Die ander woord vir tempel, hieron verwys altyd na die hele tempelkompleks
Die uitdrukking “die tempel van God” verwys konstand na die hemelse tempel (3:12;11:19)
Openbaring 11:2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap
Met watter gedeelte van die tempel het ons hier te make? Hoekom word hulle nie gemeet nie?
In die temple van Herodus waarmee Johannes goed beken was, was daar binnehof. Hy het bestaan die vroue kwartiere; die gedeelte vir Israel en die een vir die priesters. Dan was daar die groot buitehof vir die heidene. Paulus verwys hierna:

Efesiërs 2:14 Want Hy is ons vrede. Hy wat albei een gemaak endie middelmuur van skeiding afgebreek het.

Terwyl ek een jaar die argeologiese museum in Istabul besoek het, het ek op hierdie belangrike inskripsie afgekom

In 1871 an inscription was discovered that once had been posted in the Temple upon the wall separating the court of the Gentiles from that of the Israelites. It warned:

“Let no foreigner enter within the barrier and enclosing wall about the Temple. But whoever may be caught shall be responsible for his own death that will follow.” A duplicate of this inscription was found nearly three quarters of a century later.

Openbaring 11:2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap
Wat word met hierdie vertrapping bedoel?
Lukas 21:24 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.

Die fisiese vertrapping van Jerusalem is ‘n tipe van ‘n groter vertrapping van die kinders van die Here. Uit watter boek van die Bybel het Jesus aangehaal toe Hy na vetrapping verwys het?

Daniël 7:7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ’n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.

Vers 23 Só het hy gesê: Die vierde dier – die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.

Deur wie is heidense Rome vervang? Sou Pouslike Rome die vertrapping van Jerusalem, die kerk van die Here voortsit?

Vers 25 En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ’n tyd en tye en die helfte van ’n tyd.
Hoeveel maande is hierdie 1260 dae?
Openbaring 11:2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap
Word hierdie tydperk van vervolging in Openbaring herhaal?
Openbaring 13:5 En ’n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.
Hierdie tydperk word vyf keer in Openbaring genoem en twee keer in Daniël. Waarom?
Waar, volgens Openbaring 11:1 begin die oordeel? By die goddelose of by die kinders van God?

1 Petrus 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

Vers 3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.

Wie is hierdie twee getuies wat vir 1260 jaar in skande geprofeteer het? Kan ons met gesag sê dat die twee getuies die Woord van God is en dat hulle in sakke geklee was? Ja!

Johannes 5:39 “Julle ondersoek die skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is die wat van My getuig.”

Van watter skrifte praat Jesus hier? Die Ou of die Nuwe Testament? Die Ou Testament. Is daar ‘n teks wat van die Nuwe Testament as ‘n getuie praat.

Matteus 24:14 “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”

Die twee getuies waarvan Openbaring 11:3 praat is die Ou en Nuwe Testament.

Gedurende die 1260 jaar van vervolging het hulle metafories in sakke rondgeloop.

Met ander woorde, hulle het nie die respek ontvang wat hulle toegekom het nie.

“The two witnesses represent the Old and New Testament Scriptures. Both are important testimonies to the origin and perpetuity of the law of God. Both are witnesses also to the plan of salvation. The types, sacrifices, and prophecies of the Old Testament point forward to a Saviour to come 4SP 188

“They shall prophesy a thousand two hundred and three-score days, clothed in sackcloth.” During the greater part of this period, God’s witnesses remained in a state of obscurity. The papal power sought to hide from the people the word of truth, and set before them false witnesses to contradict its testimony.

“When the Bible was proscribed by religious and secular authority; when its testimony was perverted, and every effort made that men and demons could invent to turn the minds of the people from it; when those who dared proclaim its sacred truths were hunted, betrayed, tortured, buried in dungeon cells, martyred for their faith, or compelled to flee to mountain fastnesses, and to dens and caves of the earth then the faithful witnesses prophesied in sackcloth. Yet they continued their testimony throughout the entire period of 1260 years. In the darkest times there were faithful men who loved God’s word and were jealous for His honor. To these loyal servants were given wisdom, power, and authority to declare His truth during the whole of this time. GC 267

Vers 3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer

Op die eiland van Patmos sien Johannes alles wat in daardie donker tydperk sou gebeur.

Kom lees van nog meer beeldspraak oor die Ou en Nuwe Testamente:

Openbaring 11:4 “Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van aarde staan.”

Waar in die Ou Testament het Johannes hierdie beeldspraak gekry?

Sagaria 4:1,2 “En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word. En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan booor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat booor hom is.

Verse 3-5 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan. Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie?

Vers 6 En ek het gesê: Nee, my heer. Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbabel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.

Wat is die betekenis van die kandelare en die olyfbome? Dis Gods Woord.

“Concerning the two witnesses the prophet declares further: ‘These are the two olive trees, and the two candlesticks standing before the God of the earth.’ ‘Thy word, said the psalmist, ‘is a lamp unto my feet, and a light unto my path.’ Revelation 11:4; Psalm 119:105. The two witnesses represent the Scriptures of the Old and the New Testament. Both are important testimonies to the origin and perpetuity of the law of God. Both are witnesses also to the plan of salvation. The types, sacrifices, and prophecies of the Old Testament point forward to a Saviour to come. The Gospels and Epistles of the New Testament tell of a Saviour who has come in the exact manner foretold by type and prophecy.” GC 267

In ons volgende lesing gaan ons sien wat met mense gebeur het wat vyandig teenoor Sy Woord opgetree het.

Mag die Here jou en my help om Sy Woord met heilige gesag te bejeën.

Was this article helpful?

Related Articles