1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Openbaring Hoofstuk 1 tot 22
  5. Openbaring Deel 17- Hoofstuk 11, Die Twee Getuies (Deel 2)

Openbaring Deel 17- Hoofstuk 11, Die Twee Getuies (Deel 2)

OPENBARING 11 – DIE TWEE GETUIES (DEEL 2)

Openbaring 11:1,2 EN ’n riet soos ’n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.
Verse 3,4 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend – tweehonderd – en – sestig dae lank sal profeteer. Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.

Wat het deur die eeue met mense gebeur wat vyandig teen die Woord opgetree het? Mense wat probeer het om die inhoud van die Bybel te beskadig?

Openbaring 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.”

Waar in die Bybel lees ons van hierdie voorval?

2 Konings 1:11,12 En hy het weer ‘n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af! Daarop antwoord Elia en sê vir hulle: As ek ‘n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.”

Wat het met die goddelose koning Ahasia en sy diensknegte gebeur toe hulle die Elia boodskap verwerp het? Gaan dit weer ‘n keer met mense gebeur wat in die tyd van einde die Eliaboodskap van verlossing verwerp?

Openbaring 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind

Dit verwys na mense wat Bybelgedeeltes weggelaat of bygevoeg het. Mag die Here ons help om Sy Woord van harte te gehoorsaam. Verwerping bring verwoesting, aanvaarding bring lewe. Watter mag het die Woord van die Here?

Openbaring 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.

Het so iets gebeur? Na watter gebeurtenis verwys Johannes verwys hier?

1 Konings 17:1 Elia die Tisbiet was ’n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: “So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.”

Openbaring 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie

Wat nog kan die Woord van die Here met water doen?

Openbaring 11:6 “En hulle (die twee getuies) het mag oor die waters, om dit in bloed te verander

Het so iets regtig gebeur?

Eksodus 7:20,21 Toe het Moses en Aäron gedoen presies wat die Here hulle beveel het. Aäron het sy kierie opgelig en voor die oë van die farao en sy amptenare op die Nyl se water geslaan, en al die water het in bloed verander. 21 Die vis in die Nyl het gevrek en die Nyl se water het so gestink dat die Egiptenaars dit nie kon drink nie. Oral in Egipte was daar bloed.

Dis nie net die Bybel wat na hierdie ramp verwys nie. Die Egiptiese literatuur, die Verwoesting van die Nasies en die Al Arisjinskripsie verwys ook daarna.

Die Bybel het groot krag om groot natuurverskynsels te laat plaasvind. Die lees van hierdie boek kan ook lewens verander.

Vir hoe lank, volgens die profesie, sou die Bybel verag word?

Openbaring 11:7 “En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.”

Wanneer word hulle getuienis voleindig? 1798, aan die einde van die 1260 jaar. Watter dier of koninkryk het rondom 1798 teen hulle opstaan?

Geskiedenis sê vir ons dat die nasie wat in daardie tyd so onverbiddelik teen die Bybel opgetree het, die Franse was.

“The beast that ascendeth out of the bottomless pit shall make war against them, and shall overcome them, and kill them.” The atheistical power that ruled in France during the Revolution and the Reign of Terror, did wage such a war against God and His holy word as the world had never witnessed. The worship of the Deity was abolished by the National Assembly. Bibles were collected and publicly burned with every possible manifestation of scorn. The law of God was trampled underfoot. The institutions of the bible were abolished.” GC 273

Dis ‘n groot belewenis om in Parys se strate rond te stap en aan hierdie profesie te dink

Kom ons hoor vir hoe lank die Ou en die Nuwe Testamente sinnebeeldig soos lyke op strate in Frankryk sal lê.

Openbaring 11:8 “En hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.”

Waarom noem die profeet Parys in Frankryk Sodom en Egipte?

Openbaring 11:9 En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.

Vers 10 Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat die twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.”

Die eerste Franse Republiek word met Sodom vergelyk omdat die land se sedes so verskriklik agteruitgegaan het tydens die Franse rewolusie.

En hoe vergelyk Frankryk aan die einde van die 1700’s met Egipte? Het die farao die God van Moses en Aaron erken? Hoe het hy teenoor die God van hemel en aarde opgetree?
Exodus 5:1,2 EN daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My ’n fees kan hou in die woestyn. Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.

Frankryk het net so ateïsties soos antieke Egipte geword.

Openbaring 11:8 “En hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.”
“This prophecy has received a most exact and striking fulfillment in the history of France. During the Revolution of 1793, “the world for the first time heard an assembly of men, born and educated in civilization, and assuming the right to govern one of the finest European nations, uplift their united voice to deny the most solemn truth which man’s soul receives, and renounce unanimously the belief and worship of the Deity. France is the only nation in the world concerning which the authentic record survives, that as a nation she lifted her hand in open rebellion against the Author of the universe. Plenty of blasphemers, plenty of infidels, there have been, and still continue to be, in England, Germany, Spain, and elsewhere; but France stands apart in the world’s history as the single State which, by the decree of her legislative assembly, pronounced that there was no God, and of which the entire population of the capital, and a vast majority elsewhere, women as well as men, danced and sang with joy in accepting the announcement.” GC 269

Dis ‘n taamlike belewenis wanneer mens hierdie plekke besoek en jy besef dat profesie hier op ‘n dramatiese wyse vervul is.

Hebreërs 6:46 sê vir ons dat ons Jesus kruisig wanneer ons afvallig raak.

Jesus is in Parys gekruisig toe hierdie nasie van Hom afvallig geraak het. Nortre Dame is die plek waar die koningin van Rede in die plek van God gekroon is.

Hoe lank sou hierdie verskriklike veldtog teen die gesag van die Bybel in Frankryk voortduur? Die amptelik verbanning van die Bybel het op 26 November 1793 begin en drie-en-‘n-half jaar later, op 17 Junie 1797 is die Bybel weer ontban.

Kom ons lees wat sê die profesie.

Verse 10,11 Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat die twee profete die bewoners van die aarde gepynig het. En na drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.”

Ek het die huis van Voltaire in Geneva afgeneem. Hy het gesê dat na sy dood, die Bybel sou verdwyn. Het dit gebeur? Wat het gebeur?

Na Voltaire se dood het die Bybelgenootskap sy huis gekoop. Die verspreiding van die Bybel het so dramaties verbeter dat hulle ‘n groter gebou moes aankoop.

Openbaring 11:11,12 “En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.”

(November 1793 – Junie 1797)

Wanneer ‘n mens die geskiedenis van die Bybelgenootskappe lees wat in hierdie tyd ontstaan het, staan jy verstom. Die Woord van die Here het waarlik opgevaar in glorie en die vyande het dit gesien.

“For the fifty years preceding 1792, little attention was given to the work of foreign missions. No new societies were formed, and there were but few churches that made any effort for the spread of Christianity in heathen lands. But toward the close of the eighteenth century a great change took place. Men became dissatisfied with the results of rationalism, and realized the necessity of divine revelation and experimental religion. The devoted Carey, who in 1793 became the first English missionary to India, kindled anew the flame of missionary effort in England. In America, twenty years later, the zeal of a society of students, among whom was Adoniram Judson, resulted in the formation of the American Board of Foreign Missions, under whose auspices Judson went as a missionary from the United States to Burmah. From this time the work of foreign missions attained an unprecedented growth.” GC 287.

DIE FRANSE REWOLUSIE

Terwyl mens die geskiedenis van die Franse rewolusie en die valbyl lees, ontdek jy dat daar iets in Frankryk gebeur het wat ‘n skokeffek op die hele wêreld gehad het. Wat was dit?

Dit was die begin van magtige nasionale leërs, van konskripsies, van demokrasie en van nywerheidsrewolusie. Sedert die Franse rewolusie was die wêreld nooit weer dieselfde plek as voorheen nie.

Openbaring 11:13,14 “En in die uur het daar ‘n groot aardbewing gekom, en ‘n tiende van die stad het geval, en seweduisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring. Die tweede weë het verbygegaan; kyk, die derde kom gou.”

Professor Palmer in sy boek “The Age of the Democratic Revolution” bl. 7 verwys na die Franse rewolusie as ‘n “aardbewing”.

Dis dieselfde woord wat Johannes daarvoor gebruik.
DIE SEWENDE BASUIN

Openbaring 11:15,16 “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid. En die vierentwintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê:

Verse 17 Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.

Vers 18 “En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

Vers 19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.”

Wat ‘n heerlike openbaring van die heilige wet van die Here in die allerheiligste van die hemelse tabernakel. Johannes sien ook die manifestasies van heerlikheid wat met die afkondiging van die wet op Sinai gepaard gegaan het.

Vers 19 En daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Die Here wou vir Johannes met die heiligheid van Sy wet beïndruk. Hy wil ook vir jou en my daarmee beïndruk. Hoe ernstig neem ons die gebooie van die Here op? Hoe belangrik is gehoorsaamheid vir ons?

Ons het sopas die historiese helfte van die boek Openbaring afgehandel. Van nou af gaan ons na die groot stryd tussen Christus en Satan kyk.

Ons gaan hoor wie die vrou, die ongebore kind en die draak is.

‘n Nuwe wêreld sal vir u oopgaan wanneer u sien hoe die profeet die toekoms vir ons gaan ontvou.

En onthou. Jesus staan elke dag aan die voordeur van ons lewe en klop en klop en klop. Moenie talm om u hartsdeur elke keer vir Hom oop te maak nie sodat Hy ‘n gereelde gas in u lewe kan word.

Was this article helpful?

Related Articles