Openbaring Deel 18 – Die Sewende Basuin

DIE SEWENDE BASUIN
Openbaring 11:15-19 EN die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.16 En die vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid17 en gesê: Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.

Verse 18,19 En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

In hierdie paar tekste som Johannes die tweede gedeelte van die boek Openbaring (12-22) op ‘n aangrypende wyse op.

Ons gaan die inligting biddend studeer en mag die Heilige Gees ons verstande verlig terwyl vanaf hierdie oomblik tot in die ewigheid gaan sien.

Waar het ons vir die eerste keer van die sewende basuin gelees? Dit sal goed wees om die inligting net weer ‘n keer te lees:

Openbaring 10:5-7 En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,6 en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is? dat daar geen tyd meer sal wees nie;

Vers 7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.

Wat is die verborgenheid van God en wanneer gaan dit volbring word? Die verborgenheid van God word simbolies in die verseëlde boekrol van Openbaring 5 voorgestel. Dit word tydens die sewende basuin geopenbaar. Wanneer presies vind dit plaas?

Openbaring 20:11-15 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

Verse 14,15 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Hier, aan die einde van die duisend jaar word die boek oor lotgevalle van die planeet finaal geopen.

Openbaring 11:15 EN die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

Die verkondiging van die evangelie sal afgehandel wees wanneer die sewende basuin geblaas word. Is daar iewers in die Bybel ‘n opdrag dat ons moet bid dat God se koninkryk moet kom?

Matteus 6:9,10 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Sal dit nie heerlik wees as God se koninkryk van vrede en geluk binne kort ‘n werklikheid gaan word nie. Is daar ‘n belofte in die Ou Testament wat ook van die uiteindelike totstandkoming van God se koninkryk praat?

Daniël 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan

Openbaring 11:16,17 En die vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid17 en gesê: Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het

Wat gaan hierdie lied vir ons verduidelik?

Die lied wat die 24 ouderlinge sing is ‘n verduideliking van die gebeure wat in die res van Openbaring uiteengesit word.

Wat is die eerste gebeurtenis wat genoem word:

Vers 18 En die nasies was vertoornd (Eerste)

Waar in die Ou Testament vind ons hierdie woorde?

Psalm 2:1-3 WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? 2Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:3Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

Waar in Openbaring lees ons van die nasies wat hulle woede teen God en Sy kinders gaan openbaar?

Hoofstuk 13 praat van die see dier wat deur die duiwel aangehits word om God se kinders te vernietig. In dieselfde hoofstuk vanaf vers 11 lees ons ook van ‘n land-dier wat sy woede teen die kinders van die Here gaan laat ontbrand

In hoofstuk 14 maak God Sy laaste evangelieoproep dat die woedende, vervolgende nasies hulle moet bekeer. Dit gebeur nie en hulle woede teen God word in die slag van Armageddon beskryf. Hoe gaan God teen die verwoede nasies optree?

Openbaring 11:18 En u toorn het gekom (tweede)

Waar in die Ou Testament kry ons hierdie gedagtes?

Psalm 2:4,5 Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:

“We are standing on the threshold of great and solemn events. Prophecies are fulfilling. Strange and eventful history is being recorded in the books of heaven–events which it was declared should shortly precede the great day of God. Everything in the world is in an unsettled state. The nations are angry, and great preparations for war are being made.

Nation is plotting against nation, and kingdom against kingdom. The great day of God is hasting greatly. But although the nations are mustering their forces for war and bloodshed, the command to the angels is still in force, that they hold the four winds until the servants of God are sealed in their foreheads.” {1SM 221.3}

God se toorn oor die rebelse nasies word in trane gedurende die sewe laaste plae van hoofstukke 15,16 geopenbaar.

Openbaring 15:1 EN ek het ’n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.

Openbaring 11:18 Die tyd van die dode om geoordeel te word. (Derde)

Hier vind ons beide negatiewe en positiewe aspekte. Openbaring 19-22 beskryf beloning en die straf wat volg.

Wat is die vierde aspek wat in die sewende basuin uitgelig word?

Openbaring 11:18 En om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot. (Vierde)

Waar lees ons van klein en die groot in die Ou Testament?

Psalm 115:13 Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.

Is jy “kleintjie” in die geestelike? Voel jy onbevoeg klein? Daar is hoop vir die kind van die Here wat homself “klein” beskou.

Waar in Openbaring lees ons van die loon van die gehoorsames?
Openbaring 19:1-10 en hoofstukke 21,22. ‘n Nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wag vir Sy getroue kinders.

Wat is die vyfde aspek wat tydens die sewende basuine genoem word?

Openbaring 11:18 En om die verderwers van die aarde te verderf.

In Openbaring 19:11-20:15 lees ons van die vernietiging van die goddelose tydens die wederkoms van Jesus. Aan die einde van die duisend jaar lees ons van die finale oordeel en die straf van die tweede dood van die goddeloses ontvang

Openbaring 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

“The temple of God was opened in heaven, and there was seen in His temple the ark of His testament.” Revelation 11:19. The ark of God’s testament is in the holy of holies, the second apartment of the sanctuary.
In the ministration of the earthly tabernacle, which served “unto the example and shadow of heavenly things,” this apartment was opened only upon the great Day of Atonement for the cleansing of the sanctuary. “Therefore the announcement that the temple of God was opened in heaven and the ark of His testament was seen points to the opening of the most holy place of the heavenly sanctuary in 1844 as Christ entered there to perform the closing work of the atonement. Those who by faith followed their great High Priest as He entered upon His ministry in the most holy place, beheld the ark of His testament.

“As they had studied the subject of the sanctuary they had come to understand the Saviour’s change of ministration, and they saw that He was now officiating before the ark of God, pleading His blood in behalf of sinners. The ark in the tabernacle on earth contained the two tables of stone, upon which were inscribed the precepts of the law of God.

“The ark was merely a receptacle for the tables of the law, and the presence of these divine precepts gave to it its value and sacredness. When the temple of God was opened in heaven, the ark of His testament was seen.

“Within the holy of holies, in the sanctuary in heaven, the divine law is sacredly enshrined–the law that was spoken by God Himself amid the thunders of Sinai and written with His own finger on the tables of stone.”

“The law of God in the sanctuary in heaven is the great original, of which the precepts inscribed upon the tables of stone and recorded by Moses in the Pentateuch were an unerring transcript. Those who arrived at an understanding of this important point were thus led to see the sacred, unchanging character of the divine law.

“They saw, as never before, the force of the Saviour’s words: “Till heaven and earth pass, one jot or one tittle shall in no wise pass from the law.” Matthew 5:18. The law of God, being a revelation of His will, a transcript of His character, must forever endure, “as a faithful witness in heaven.” Not one command has been annulled; not a jot or tittle has been changed. Says the psalmist: “Forever, O Lord, Thy word is settled in heaven.” “All His commandments are sure. They stand fast for ever and ever.” Psalm 119:89; 111:7,8. {GC 434.1}

Openbaring 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael

Waar in die Ou Testament lees ons van weerligte, donderslae, aardbewing en hael?

Eksodus 19:16,17 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg en die geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.

Verse 18,19 En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in ’n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.

Eksodus 20:18-20 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly staan.19 En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.

Vers 20 Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.

Verse 16–20 handel oor die manisfestasie van die goddelike heerlikheid op Sinai. Wanneer God Homself aan die mens openbaar maak Hy van verskillende metodes gebruik.

Hoe het Hy met die verslae Elia gepraat? (1 Konings 19:12) Hoe het Hy met Daniël en Johannes gekommunikeer? En met Sy dissipels? Hoe het God met Paulus gepraat?

2 Korintiërs 12:4 Onuitspreeklike woorde…wat ‘n mens nie mag uitspreek nie

Hoe het God die mensdom met die belangrikheid en die majesteit van Sy wet te beïndruk? Met die konstitusie van Sy geestelike koninkryk?

Hebreërs 12:18-21 Want julle het nie gekom by ’n tasbare berg nie en ’n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm19 en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie –

Verse 20,21 Want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ’n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ’n pyl neergeskiet word. En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.
DIE TOEKOMS

Waar in die boek Openbaring vind ons ‘n herhaling van die verskynsels van weerlig, stemme, donderslae, aardbewing en hael?

Openbaring 16:18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie – so ’n geweldige groot aardbewing.

Verse 19-21 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;21 en groot hael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

Mag die Here met ons wees terwyl ons biddend dieper en dieper in Sy Woord indelf. Mag ons deur die werking van die Heilige Gees gereed maak om die laaste groot krisis te oorleef.

Mag ons onder diegene wees wat binnekort saam met al die verlostes hemel toe sal gaan.

Was this article helpful?

Related Articles