1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Openbaring Hoofstuk 1 tot 22
  5. Openbaring Deel 2 – Hoe Om Openbaring Se Profetiese Taal Te Verstaan

Openbaring Deel 2 – Hoe Om Openbaring Se Profetiese Taal Te Verstaan

HOE OM OPENBARING SE PROFETIESE TAAL TE VERSTAAN

Die boek van Openbaring is in Grieks geskryf. Maar terwyl Johannes dit gedoen het, het hy in Hebreeus gedink. Daar is honderde aanhalings uit die Ou Testament.

Wanneer mens versigtig na hierdie aanhalings kyk, merk jy dat Johannes nie uit die Griekse Ou Testament aanhaal nie. Hy het die Hebreeuse Ou Testamentiese skrifgedeeltes direk in Grieks vertaal.

Johannes plaas die Ou Testamentiese beelde in ‘n Christo-sentriese raamwerk. Baie van die tekse wat op God van toepassing is, pas hy op Jesus toe.

Johannes neem die Ou Testament en gee dit ‘n Christo-sentiese betekenis. Die heerlikheid van die opgestane Jesus word op ‘n meesterlike wyse in Openbaring besing.

Openbaring bring vir ons baie goeie nuus. Die voorwaardelike beloftes wat aan Israel van ouds gemaak is, het nie in vervulling gegaan nie. Waarom nie? Hulle was ongehoorsaam.

Openbaring vertel hoe al hierdie beloftes aan die einde van tyd in vervulling sal gaan. God het ‘n nuwe Israel geroep. Hierdie mense gaan gehoorsaam wees en God se eindtyd plan sal binnekort in vervulling gaan.

Openbaring som die Ou en Nuwe Testament op. Alles eindig in hierdie laaste boek van die Bybel. As dit die geval is, hoe moet ek te werk gaan om die simboliese taal van die Openbaring te verstaan?

Eerstens moet ons Openbaring deur die bril van die Ou Testament lees. Elke keer wanneer Johannes na die Ou Testament verwys, bring hy ‘n groot waarheid uit:

Daar is ‘n beslisde geestelike verband tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament. Die Israel en ouds en die Israel van die eindtyd. Die laaste kerk op aarde. Paulus noem dit ‘n verband van tipe en antitiepe.

1 Korintiërs 10:6 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. Vers 11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Dit beteken die verbond met Israel is ‘n voorafskaduwing van wat? Van Sy beter verbond, ooreenkoms met die Messiaanse mense van God in die Nuwe Testament.

Hebreërs 7:22 So het Jesus ook van ’n beter verbond borg geword

Wat dink jy kan die tweede metode wees om Openbaring te verstaan? Wat is die tema van die Ou Testament? Is die mens die middelpunt of is God die middelpunt?

As God die Verlosser die tema van die Ou Testament was, wat sal die tema van die boek Openbaring wees? Die evangelie van Jesus Christus.

Wat is die gevolg as ons hierdie waarheid miskyk? Dan word die moderne Jood en sy politiek die tema van Openbaring. Die terme wat vir hierdie siening gebruik word, is Literalisme.

God se verbondsbeloftes is nie primêr Israelgesentreerd nie. Hulle is Christus gesentreerd. Die Messiaanse Psalms bring dit baie duidelik uit. Lees 2 en 110.

“The NT writers all work within the same eschatological framework in announcing the nature of typological fulfillment. There are three aspects of the one eschatological fulfillment of the OT types: (1) a basic fulfillment in Christ at His first advent; (2) the derived spiritual aspect of fulfillment in the church, both individually and corporately; and (3) the final, glorious fulfillment at the second coming of Christ and beyond.

“So, for example, Jesus is the antitypical Israel (Matt. 2:15); the church as Christ’s body is the “Israel of God” (Gal. 6:16); and the apocalyptic 144,000 at the end of time are the antitypical 12 tribes of Israel (Rev. 7; 14:1–5; 15:1–4).” Handbook 84

Matteus 2:13-15 Nadat hulle vertrek het, het daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”

Verse 14,15 Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek 15 en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur ’n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”

JESUS EN TIPOLOGIE

Dis altyd baie veilig om Jesus self te vra oor Sy rol in die heilsgeskiedenis:

Johannes 5:39,40 Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig. 40 Tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie.

Kan ons hierdie sitaat op Openbaring toepas?

Johannes 5:46,47 As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe. 47 Maar as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?”

Kan ons hierdie sitaat op Openbaring toepas? Jy het geen keuse nie. Jesus is die alfa en die omega. Die begin en die einde.

Wat het Jesus Sy disippels geleer nadat Hy opgestaan het?

Lukas 24:25-27 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

Het die dissipels hierdie waarheid aanvaar en uitgedra?

Kolossense 1:21,22 Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. 22 Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.

Vers 23 Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan al die mense op die aarde verkondig is en waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het.

Eers was die fokos op letterlike Israel in ‘n letterlike geografiese gebied.

Nou is die evangelie van Jesus na die hele wêreld geneem. ‘n Nuwe boodskap word aan ‘n nuwe Israel verkoding – Die boodskap van Jesus wat vir die sondes van die hele mensdom kom sterf het.

Getuig die boek Openbaring van hierdie pragtige boodskap?

Openbaring 1:19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur

Hoeveel tye sien jy hier?

Die apostoliese kerk – verlede tyd; die post-apostoliese tydperk – die hede; die kerk tot aan die einde – die toekoms.

MET WATTER BRON BEGIN DIE BOEK OPENBARING?

Openbaring 1:1 DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur

Wie is hierdie God?

Hebreërs 1:1,2 NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

Dis die God van Israel wat in die lewe van Jesus gewerk het. Die klem is hier op al God se beloftes en hulle uieindelike heerlike vervulling. Is daar ‘n verband tussen die eerste vers in Openbaring en ‘n vers in die boek van Daniël?

Daniël 2:28 Maar daar is ’n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur.

Openbaring 1:1 DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.

Watter ooreenkomste sien jy tussen die twee tekste?

Wat het die Here meer as vyf eeue voor Christus aan Nebukadnesar getoon? Wat aan die einde van tyd gaan gebeur.

Die eindtydgebeure word ‘n baie ernstige tema in die boek Openbaring.

Daniël 12:4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

Openbaring 22:10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

Wat sê hierdie twee tekse vir jou? Die boek van Openbaring is ‘n progressiewe interpreteerder van die visioene van die profeet Daniël. Die twee boeke moet saam studeer word.

Daniël is die wortel van die profetiese boom en Openbaring is die vrugte van die boom.

Openbaring 1:2 Wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus – alles wat hy gesien het.

Wat behels hierdie twee bronne, die Woord en Jesus? Alles wat in die Bybel staan. Vanaf Genesis, die Ou Testament tot by Jesus en die evangelies, die Nuwe Testament.

HY KOM MET DIE WOLKE

Met digterlike melodie kondig Johannes aan dat Jesus met die wolke gaan kom:

Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Hoe gaan ons dit interpreteer? Hoeveel profete haal hy aan?

Daniël 7:13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ’n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.

Johannes neem ons gedagtes na hierdie grootse visioen. Hy brei daarop uit en sê vir ons iets nuuts. Johannes wil vir ons vertel wat Jesus na sy inhuldiging as Koning gaan doen.

Daniël 7:14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ’n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

Johannes haal die pragtite wederkomstema uit Daniël 7:14 en roep uit:

Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien.

Het Johannes ook van ander profete gebruik gemaak?

Ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf Openbaring 1:7

Sagaria 12:10 Maar oor die koningshuis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem bring Ek ’n gees van welwillendheid en van berou: hulle sal na hom kyk vir wie hulle doodgesteek het (deurboor het – OV) en hulle sal oor hom treur soos ’n mens treur oor ’n enigste kind, hulle sal oor hom huil soos ’n mens oor ’n oudste seun huil.

Hoe verduidelik die boek Openbaring hierdie profesie van Sagaria?

Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Op ‘n meesterlike wyse neem Johannes die profesieë van twee Ou Testamentiese profete en verhef die Persoon van Jesus

Daniël 12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

Kan mens hierdie profesie op sigself ten volle verstaan? Nee. Ons moet toelaat dat Openbaring dit vir ons verduidelik. Wie is sommige van die goddeloses wat net voor die wederkoms van Jesus gaan opstaan. Daniël spesifiseer nie.

Openbaring 1:7 vertel vir ons:

Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
Mense wat Jesus deursteek het,sal rou bedryf, soos Sagaria dit ook stel. Sy onbeskryflike glorie op die wolke sal die vreeslike emosie van skaamte by hulle opwek. Hoe vreeslik gaan die gevoel van “Ek is vir altyd verlore” nie vir hulle wees nie.

DIE ALFA EN DIE OMEGA

Openbaring 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Wat beteken hierdie uitdrukking? Dis die Griekse vorm van die titel van Israel se verbonds God. Waar kry Johannes hierdie uitdrukking vandaan?

Jesaja 44:6 So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

Hierdie title dui op God se sowereine heerskappy oor die geskiedenis heen. Van die begin tot die einde. Wat is en wat was en wat kom, die Almagtige

Dis ‘n pragtige belofte dat God binnekort ons planeet gaan herstel. Soos Eden was, so gaan Hy ons gebroke aarde herstel. God se belofte waarborg dat Hy uiteindelik in geregtigheid oor ons gaan regeer.

Ek verlang na daardie heerskappy van ewige vrede en ewige geluk. My begeerte is om elke dag so te leef, dat ek vir Sy koms gereed sal wees.

Openbaring 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige

Was this article helpful?

Related Articles