1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Openbaring Hoofstuk 1 tot 22
  5. Openbaring Deel 25 – Hoofstuk 14 (Deel 2) Die Drie Engele Boodskap

Openbaring Deel 25 – Hoofstuk 14 (Deel 2) Die Drie Engele Boodskap

OPEN 14 – DEEL 2 DIE DRIE ENGELE BOODSKAP

Net voordat Jesus op die wolke verskyn, sien Johannes drie engele wat in die middel van die lug vlieg. Hulle verkondig ‘n spesifieke wêreldwye eindtyd boodskap.

Elke keer voordat iets dramaties gebeur, stuur die Here ‘n spesifieke boodskapper om Sy voornemende optrede aan te kondig. Dink maar net aan die destydse wêreldwye sondvloed.

Genesis 6:13,14 En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. Maak vir jou ‘n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.

Kan jy die pyn in God se hart begryp toe Hy hierdie aankondiging gemaak het? Die mense wat Hy geskep het, het so sleg geword dat Hy besluit het om hulle saam met die aarde te vernietig.

Genesis 6:3 “Toe sê die Here: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.”

‘n Lankmoedige God besluit om vir 120 jaar met die goddelose mense te pleit voordat Hy hulle met water sou verwoes. Noag het ‘n profetiese eindtyd boodskap verkondig.

Terwyl ek Ugtasar in Armenië besoek het waar die ark moontlik kom rus het, dink ek aan die volgende teks:

Genesis 7:1 Daarna het die Here aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.

Op Ughtasar kan mens na die oudste klipskrifte ter wêreld kyk. Op een sien mens ‘n voorstelling van die sondeval.

Net agt mense het in die jaar van die sondvloed die teenswoordige waarheid wat Noag verkondig het, aangeneem. Die res het vergaan.

By die dammetjie in die groot kom, dink aan Jesus se woorde:

Matteus 24:37 “En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Met ander woorde, daar sal weer ‘n profetiese eindtyd boodskap net voor Jesus se wederkoms verkondig word. Hoeveel mense gaan dit aanneem? Net ‘n handjie vol in vergelyking met die groot meerderheid.

Amos 3:7 Want die Here Here doen niks tensy dat Hy eers Sy geheimenis aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

En nou kyk ons na ‘n soortgelyke profetiese boodskap wat net voor Jesus se eerste koms na die aarde verkondig is.

Jesaja 40:3 ‘n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis ‘n groot pad vir onse God.” Na wie verwys die profeet Jesaja hier? Na Johannes die Doper wat die koms van die Messias sou aankondig.

Net soos wat Noag ‘n spesifieke profetiese boodskap verkondig het, so ook Jesaja. Hierdie boodskap is sewe eeue voor Jesus se eerste koms na die aarde voorspel.

13. Wadi Al Kharar in Jordanië waar Johannes die Doper mense gedoop het

Matteus 3:1 3 In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en gepreek in die woestyn van Judea en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

Maar Johannes het kompetisie gehad. Net so ‘n endjie van waar hy gepreek het, het die Esseners van Qumran ook gepreek en voorspel dat die Messias sou kom.

Die Bybelstudent wat na Johannes gaan luister het, het dadelik agtergekom dat hy teenswoordige waarheid verkondig, mense tot bekering roep en sê dat hulle die gebooie van die Here moet gehoorsaam.

Die godsdienstige leiers van die dag was baie krities teenoor sy profetiese boodskap. Kom ons luister na ‘n gesprek wat tussen hulle en Johannes plaasgevind het:

Johannes 1:21-23 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elia? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.” “Toe sê hulle vir hom: Wie is u? dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself? En hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! SOOS DIE PROFEET GESE HET.
Mense kon die boodskappe van die ware en die valse predikers in Johannes se dag aan die profetiese woord toets. In ons dag word daar weer eindtyd boodskappe verkondig. Die egtheid word weereens deur die profetiese woord bepaal.

Voordat ons na inhoud van die eerste engel se boodskap luister, sal dit goed wees om net weer ‘n keer na die karakter van die laaste boodskappers te kyk

Watter simboliese getal gee Openbaring 14 hierdie mense? Hulle dra die beeld van Jesus. Hulle dra nie die merkteken van die dier in hulle hande nie.

Hulle dra die naam van die Vader en van Jesus op hulle voorhoofde (14:1) In ‘n wêreld waar almal teologies met die dier hoereer, bly hulle teologies maagdelik rein.

Die dier van Openbaring 13 word deur bedrog en vervolging gekenmerk. Die 144,000 is eerlike mense. Die lied wat die 144,000 sing is uit hulle vervoling deur die dier gekomponeer. Hulle het die dier oorwin

Openbaring 15:2 Die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.

Hulle toewyding aan die Lam is merkwaardig. Hulle het Hom tydens geweldige vervolging getrou gevolg. Nou gaan hulle Hom nog steeds in die hiernamaals volg waar Hy ookal heengaan.

KENMERKE VAN DIE EERSTE ENGEL SE BOODSKAP

Kom ons let baie versigtig op die kenmerke van die eerste engel se boodskap soos opgeteken in Openbaring 14:6. Ons moet in gedagte hou dat dit die profetiese eindtyd boodskap van die oorblyfsel kerk op aarde gaan wees.

Openbaring 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

Is dit letterlike engele wat hierdie laaste boodskap aan die wêreld verkondig? Nee. Dis boodskappers wie se lewens deur die evangelie aangeraak is, en wat die goeie nuus aan mede sondaars verkondig. Is dit ‘n nasionale of ‘n internasionale kerk?

Die laaste kerk op aarde verkondig die goeie nuus dat verlossing vanaf die Paradys tot by die wederkoms sonder verdienste geskenk word en dat berouvolle sondaars deur geloof in Jesus volkome vergifnis en volmaakte geregtigheid kan ontvang.

Efesiërs 2:8,9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julle self nie; dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Die profesie sê die laaste kerk is ‘n wêreldkerk. Sy boodskap moet na alle nasies en stamme en tale en volke gaan. ‘n Plaaslike of nasionale kerkgenootskap kan dus nie die oorblyfsel kerk van Openbaring 14 wees nie.

Het jy geweet dat die Sewendedag-Adventiste kerk die grootste sendingprostestantse kerk ter wêreld is? Hulle verkondig die goeie nuus van Jesus se reddende liefde in meer as 200 lande van die wêreld. Hulle bedryf ‘n reuse netwerk van satelliete wat 24 uur van die dag die goeie nuus van die eindtyd boodskap verkondig.

Volwaardige Universiteite en kolleges lei hulle studente in baie rigtings op. Wat disipline jy ook studeer, jy word daaraan herinner dat ‘n eindtyd boodskap na die wêreld moet gaan.

Reuse hospitale oral in die wêreld versorg nie net die liggaam nie. Pasiënte word na die Groot Geneesheer van die siel verwys.

Duisende skole in talle lande leer die jongmense nie net van wiskunde en geskiedenis nie. Die boodskap van ‘n spoedige wederkoms word ook geleer.

TWEEDE ENGELBOODSKAP

Kom ons luister na ‘n tweede kenmerk.

Vers 7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Waarom moet God gevrees, geëerbiedig, gehoorsaam word? Want die uur van Sy oordeel het gekom. Na watter gebeurtenis verwys Johannes hier? Na Daniël se oordeelsvisioen.

Daniël 7:9 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is, en ‘n Oue van dae gaan sit het, sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur.

Vers 10 ‘n Stroom van vuur het gevloei en voor Hom uitgegaan; duisendmaal duisende het Hom gedien en tienduisendmaal tienduisend het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.”

Die eerste engel verkondig dat die uur van God se oordeel aangebreek het. Daniël 7, 8 en 9 sê vir ons dat hierdie plegtige oordeel in 1844 aan die einde van die 2300 jaar profesie begin het.

Voordat Jesus Sy loon tydens die wederkoms bring, moet Hy eers hierdie belangrike oordeel afhandel.

Judgment. Gr. krisis, “the act of judging,” contrasted with krima, “the sentence of judgment” (see on ch. 17:1). Seventh-day Adventist expositors understand the judgment here mentioned as that which began in 1844, represented in type by the cleansing of the earthly sanctuary (see on Dan. 8:14).

That the reference here is not to the executive judgment at the coming of Christ when all receive their rewards, is seen by the fact that the messages of the three angels (Rev. 14:6–12) precede the second coming of Christ (v. 14).

Furthermore, the message concerning the judgment is accompanied by an appeal and a warning that reveal that the day of salvation has not passed. Men may still turn to God and escape the wrath to come.”

Ons leef tans in die plegtige tyd van die ondersoekende oordeel. Spoedig sal hierdie werk afgehandel wees en dan sal Jesus kom. Die eerste engel roep mense om hulle saak met Jesus reg te maak voordat Hy as Regter tydens Sy wederkoms sal optree.

Net een wêreldkerk verkondig hierdie ernstige oordeelsbood-skap, Die Sewendedag-Adventiste kerk. Kom ons kyk na die volgende kenmerk van die eerste engel se boodskap:

46. Vers 7 …En aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.”

Waar kom hierdie woorde in die Ou Testament voor? En waarna verwys dit?

Exodus 20:11 Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en dit geheilig.

Johannes sien hoedat die laaste kerk al die bewoners van die aarde roep om die Sabbat van die Here te heilig. Hoekom?

Omdat die Sabbat die enigste teken is waardeur God as die Skepper en Herskepper erken word. Die eerste engel se boodskap roep jou om op die Sabbat van die Here te aanbid. Wat is jou antwoord op hierdie baie ernstige uitnodiging?

Die eerste engel se boodskap het op ‘n baie besondere tyd na die wêreld uitgegaan. Dit was in 1844 dat Charles Darwin met sy navorsing oor evolusie begin het.

Sy boek “The Origin of the Species” het die hele wêreld se siening van God as Skepper drasties beïnvloed. Toe evolusie God as Skepper onttroon het, het Hy ‘n volk geroep wat Hom as Skepper sou erken.

En die uiterlike teken dat mense Sy Skeppingsmag erken, is die viering van die Sabbat, die sewende dag van die week. Dit was my voorreg om die wêreldberoemde Loma Linda Mediese skool in Kalifornië te kon besoek het.

Die Sewendedag Adventiste wetenskaplikes wat hier werk, het deur jare die respek van die hele akademiese wêreld afgedwing. Toe die meeste kerke besluit het om Darwin se evolusieteorie te aanvaar, het die Sewendedag Adventiste kerk besluit om die Bybelse model van die skepping te bly aanvaar.

Toegewyde wetenskaplikes in die “Geoscience Research Institute” voorsien die wêreld met die jongste bewyse dat lewe nie deur kans en mutasie ge evolveer het nie, maar deur die God self.

Hierdie waarheid word in duisende Sewendedag Adventiste skole, kolleges en Universiteite geleer. En dit is wat Johannes in die visioen van die boodskap van die eerste engel gesien en gehoor het.

Jy word genooi om die skeppingsverslag van Genesis te aanvaar.

Volgende keer kyk ons na nog interessante aspekte van die boodskap van die drie engele. Ek sluit met hierdie gedagte:
“The importance of the Sabbath as the memorial of creation is that it keeps ever present the true reason why worship is due to God”–because He is the Creator, and we are His creatures.
“The Sabbath therefore lies at the very foundation of divine worship, for it teaches this great truth in the most impressive manner, and no other institution does this. The true ground of divine worship, not of that on the seventh day merely, but of all worship, is found in the distinction between the Creator and His creatures. This great fact can never become obsolete, and must never be forgotten.”–J. N. Andrews, History of the Sabbath, chapter 27

Was this article helpful?

Related Articles