1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Openbaring Hoofstuk 1 tot 22
  5. Openbaring Deel 28 – Sewe Laaste Plae (Deel 1) Plae 1 tot 4

Openbaring Deel 28 – Sewe Laaste Plae (Deel 1) Plae 1 tot 4

OPENBARING 15,16 – PLAE 1-4

In ‘n vorige lesing het ons na die laaste ernstige boodskappe van die drie engele geluister. Sondaars wat dit verwerp maai die vreeslike gevolge van die sewe laaste plae.

Tydens die basuine is net ‘n derde van die aarde met plae getref. God se oordele was met Sy genade getemper. Hulle was ontwerp om mense tot bekering te roep. Ongelukkig kan God nie goddeloses toelaat om net van erger tot erger te gaan nie, en dan niks daaromtrent te doen.

Iewers gaan die genade deur vir die mensdom vir ewig sluit

Openbaring 22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word

“The world is soon to be left by the angel of mercy, and the seven last plagues are to be poured out. Sin, shame, sorrow, and darkness are on every side; but God still holds out to the souls of men the precious privilege of exchanging darkness for light, error for truth, sin for righteousness.

“But God’s patience and mercy will not always wait. Let not one soul think that he can hide from God’s wrath behind a lie, for God will strip from the soul the refuge of lies. The bolts of God’s wrath are soon to fall, and when He shall begin to punish the transgressors, there will be no period of respite until the end.

”The storm of God’s wrath is gathering, and those only will stand who are sanctified through the truth in the love of God. They shall be hid with Christ in God till the desolation shall be overpast. He shall come forth to punish the inhabitants of the world for their iniquity, and ‘the earth also shall disclose her blood, and shall no more cover her slain.’”
Let the language of the soul be–
Hide me, O my Saviour, hide!
Till the storm of life is past;
Safe into the haven guide,
Oh, receive my soul at last!

Other refuge have I none,
Hangs my helpless soul on Thee;
Leave, oh, leave me not alone!
Still support and comfort me.

Openbaring 15:1 EN ek het ’n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.

Openbaring 12,13 skets vir ons die woede van nasies teen God se getroue oorblyfsel kerk. Hoofstuk 14 praat van God se laaste waarskuwingsboodskap aan die nasies. In hoofstukke 15,16 kry ons ‘n beskrywing van goddelike wraak wat op die aanbidders van die sataniese drie-eenheid uitgestort word.

Moenie God se waarskuwings ignoreer nie. Maar kom ons lees eers aangaande die beloning van mense wat die boodskap aanneem:

Openbaring 15:2 “En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.

Vers 3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!

Na watter gebeurtenis verwys Johannes hier? By El ain el Sokhna het Israel deur die rooi see getrek. Op die oorkantse oewer het hulle ‘n lied gesing. Kan jy jou indink in die vreugde van daardie lied. Hulle is vir ewig van die onderdrukking van Egipte verlos.

Die magtige farao met sy hele weermag het in die see verdrink.
Klanke van verlossing styg die blou lug binne en bereik die troon van God

“This song and the great deliverance which it commemorates, made an impression never to be effaced from the memory of the Hebrew people. From age to age it was echoed by the prophets and singers of Israel, testifying that Jehovah is the strength and deliverance of those who trust in Him.

“That song does not belong to the Jewish people alone. It points forward to the destruction of all the foes of righteousness and the final victory of the Israel of God. The prophet of Patmos beholds the white-robed multitude that have “gotten the victory,” standing on the ‘sea of glass mingled with fire,’ having ‘the harps of God. And they sing the song of Moses the servant of God, and the song of the Lamb.’” Revelation 15:2, 3.{PP 289.1}

Die gebed van my hart is dat ek en jy eendag hierdie sal gaan sing. Laat toe dat God vandag oorwinnings in jou lewe gee sodat jy eendag dieselfde melodie saam met die verlostes sal kan sing.

Vers 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdig dade openbaar geword het.

Wat ‘n heerlike sonsopkoms na ‘n lang nag van benoudheid vir die gehoorsame kinders van die Here. Maar wat ‘n hartseer sonsondergang vir die ongehoorsames. Kom ons lees daarvan:

“En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik; sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.” Openbaring 15:1.

Die plae wat destyds in Egipte geval het, is voorbeelde wat ons help om die sewe laaste plae van die boek Openbaring beter te verstaan. Kom ons kyk na ‘n paar baie belangrike ooreenkomste.

God se volk was wreed mishandel en Hy wou hulle verlos. Maar farao en sy mense weier om Israel te laat trek. Wat was die volgende stap in hulle verlossing? Die plae.

Die eerste plaag tref die Nyl en sy waters verander in bloed. Wat wou die Here vir die Egiptenaars vertel? Hy was baie groter as die Nylgod Hapi wat hulle aanbid het. “Laat My volk trek” pleit Hy. Hulle weier en meer plae val.

Die vyfde plaag was pes onder die vee. Die Apisbulle wat hulle aanbid het, was magteloos om hulle teen die plae te beskerm Dooie karkasse het oral gelê, maar nog wou farao nie die volk Israel laat trek nie.

Die Here het nie ‘n behae in die dood van ‘n sondaar nie. As Egipte Israel vroeër laat trek het, sou farao se troonopvolger nooit gesterf het nie.

Die hardnekkige Egiptenare het die straf van die plae op hulle self gebring. Ons leer ook dat die plae die voorlopers van Israel se heerlike verlossing was. Kan ons hierdie selfde beginsels in ‘n studie van die sewe laaste plae toepas. Beslis.

Jesus was vir die Egiptenare net so lief as vir Israel. Ongelukkig versmaai hulle Sy genade en maai die gevolge. Die selfde beginsels geld ook in die studie van die sewe laaste plae.

Openbaring 15:5,6 “En na hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen. En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.

Verse 7,8 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid. En die tempel het vol rook geword uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

Weet jy wat Johannes eintlik vir ons wil sê? Wanneer die plae uitgestort word, het die genade tyd vir hierdie planeet finaal geëindig. Na die uitstorting van die eerste plaag is dit vir altyd te laat om tot bekering te kom.

Op hierdie oomblik vlieg die drie engele nog steeds met hulle boodskappe van genade en waarskuwings. Mense het vandag nog die keuse om volgens God se manier te aanbid of volgens die dier se manier te aanbid. Maar hierdie voorreg eindig spoedig.

Wanneer ‘n mens sterf, eindig jou genadetyd as individu. Maar wanneer die genadetyd van Openbaring 15:8 sluit, sluit dit vir die hele wêreld. Luister hoe plegtig stel Openbaring 22:11 dit:

“Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.”

God skep nie daarin behae om mense onnodig lank te laat ly nie. Openbaring 18 sê vir ons die sewe laaste plae gaan net vir ‘n rukkie duur.

Openbaring 16:1,2 vertel ons van die eerste plaag

EERSTE PLAAG

Openbaring 16:1,2 “En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit. Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.”

Sesde Egiptiese plaag. Eksodus 9:10,11. Kan jy nog onthou wat die merkteken van die dier is waarteen die derde engel so ernstig gewaarsku het? Sondagviering.

Elke mens sal die geleentheid kry om te hoor dat God se heilige Sabbat die simbool van Sy skeppings en herskeppende mag is. Die genade sluit wanneer almal die Bybelsheid van die Sabbat en die onskriftuurlikheid van Sondagsheiliging gehoor het.

“Natuurlik maak die Katolieke Kerk aanspraak dat die verandering deur hom gemaak is,…En die daad is ‘n merkteken van sy kerklike gesag.” Kardinaal Gibbons, deur Kanselier H. F. Thomas.

Wanneer sal die merkteken van die dier op mense geplaas word? Wanneer Sondagviering verpligtend gemaak word deur ‘n nasionale Sondagwet. Dan sal mense gemerk of verseël word soos hulle vir of teen die Here staan.

Ons het in Openbaring 13 gesien dat Amerika gaan help om Sondagwetweging op die wêreld af te dwing. Hy gaan die lande van die wêreld aanmoedig om ‘n beeld vir die dier te maak. Met ander woorde, kerk en staat gaan verenig.

Openbaring 14:11 sê dat die mense wat die merkteken van die dier ontvang, geen sielsrus het nie. Hoekom nie? Daar is alleen sielerus wanneer ons Jesus se metode van aanbidding volg.

Op hierdie oomblik pleit die drie engele nog met elke mens om ‘n volkome oorgawe aan die Here te maak en om Sy heilige Sabbat te eerbiedig. Spoedig gaan dit vir ewig te laat wees. Wat gebeur met God se gehoorsame kinders wanneer die eerste plaag op mense val wat die merkteken van die dier het?

Psalm 91:1 3 “Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

Verse 4-6 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie.”

Verse 7 11 “Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand na jou sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.”

Dis altyd veilig om te doen wat Jesus sê. Hy weet wat vir jou en my die beste is. Sy weg is die weg van lewe en geluk. Kom ons hoor wat tydens die tweede plaag gaan gebeur.

DIE TWEEDE PLAAG

Openbaring 16:3 “En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ‘n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.”
Op hierdie stadium is dit kalmerend om langs die see te stap en na interessante deinings te kyk en te luister. Binnekort gaan die pragtige oseaan soos die bloed van ‘n dooie mens lyk.

Ons hoor deesdae al hoe meer van hoe die oseaan besoedel word. Al hoe meer visse vrek. Binnekort gaan al die lewende organismes in die see vrek. Die duiwel gaan sy diaboliese karakter in al sy wreedheid openbaar.

DIE DERDE PLAAG

Openbaring 16:4 “En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.”

Verse 5 7 “En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het; want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien. En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.”

Die Engelse is baie lief vir die Thamesrivier wat rustig deur Londen vloei. Binnekort gaan hierdie rivier in bloed verander.

Toe ek op ‘n keer oor die Ohiorivier by Cinninatti gevlieg het, het ek aan die derde plaag gedink. Hierdie rivier wat nou valerig lyk, gaan binnekort in rooi bloed verander.

Die ruïnes van antieke Samaria vertel hoe Agab onder invloed van Isebel die Hebreeuse godsdiens met die heidendom vermeng het. Toe die getroue profeet Elia teen die sondes van hierdie staatskerk gewaarsku het, is hy vervolg.

Maar die God van Elia het dwarsdeur die drie en ‘n halwe jaar van vervolging vir hom gesorg. Sy brood en water was gewis. So gaan die Here ook vir Sy kinders gedurende die uitstorting van die sewe laaste plae sorg.

Elia is ‘n tipe van die eindtyd Elias. Hy het die afvallige kerk-staat opset van destyds tot gehoorsaamheid aan die wet van God geroep. Net so ook roep die eindtyd Elias die mensdom om gehoorsaam te wees aan die wet van God.

En net soos Elia lewendig hemel toe geneem is, net so gaan die eindtyd Elias ook lewendig hemel toe geneem word. Luister na hierdie pragtige belofte vir die eindtyd Elias

Jesaja 33:16 “Sy brood word hom gegee, sy water is gewis.” Wat ‘n vertroostende gedagte. Net soos die Here vir historiese Elia gesorg het, net so gaan Hy vir die eindtyd Elias sorg.

DIE VIERDE PLAAG

Openbaring 16:8,9 “En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.”

Luister hoe beskryf die profeet Joël hierdie verskriklike plaag in hoofstuk 1:10 12 “Die weiding is weggevreet, die veld treur…al die bome in die boort het verdor. Daar het ‘n einde gekom aan die vreugde van die mense.”

Ek wonder wat presies met die son in daardie tyd gaan gebeur. Kom ons lees verder vanaf vers 17 20:

“Die saad lê verskrompel onder die kluite, die graanskure lê verlate,…Die vee bulk en blêr: die troppe beeste dwaal rond, want hulle het niks om te vreet nie,…die spruite het opgedroog, ‘n vuur het die weiveld verteer.”

Die profeet Amos skets vir ons die volgende prentjie van die gevolge van die versengende hitte van hierdie plaag:

“Daardie dag sal die sang in die paleis ‘n gehuil word, sê die Here my God. Daar sal baie lyke wees, oral neergegooi…” (8:3) Miljoene mense gaan van die verskriklike hitte golf sterf.

Die boek,”Die Groot Stryd” bl.583 sê vir ons wie vir die verskriklike verwoesting verantwoordelik is:

“Gods lankmoedigheid is beëindig. Die wêreld het Sy genade verwerp, Sy liefde versmaai en Sy wet vertrap. Die goddelose het die grense van hulle genadetyd oorskry; die Gees van God wat hulle so hardnekkig weerstaan het, is eindelik onttrek. Sonder beskerming van goddelike genade, is daar vir hulle geen beskerming teen die bose nie. Satan sal nou die aardbewoners in die laaste groot stryd dompel. Namate die engele van God die woeste winde van menslike drifte los, sal al die elemente van stryd vryelik woed. Die hele wêreld sal gewikkel word in ‘n verwoesting baie erger as die van Jerusalem van ouds.”

In die versengende hitte ontstaan daar ‘n vreeslike dors. Nie net na fisiese water nie, maar ook na die waters van die Woord van God. Maar mense gaan nie die Here soek om waaragtiglik tot bekering te kom nie, maar net om uit hulle ellende te ontsnap.

Amos 8:11,12 “Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek ‘n hongersnood in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor. En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.”

Wat gaan van die kinders van die Here in hierdie tyd word?

Jesaja 41:17 antwoord: Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle vesmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

Vers 18 Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring en in die laagte fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in fonteinwêreld.

Die Bybel leer die belangrikheid van stiptelike gehoorsaam-heid aan al die gebooie van die Here. Nie om jou saligheid daarmee te verdien nie, maar om jou respek en liefde vir die Here te openbaar. Wanneer ek myself in gehoorsaamheid aan die Here oorgee, het ek niks te vrees vir die plae wat gaan val nie.

Psalm 121:5 7 “Die Here is jou bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, nog die maan by nag. Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.”

Vier van die laaste sewe plae het ‘n ooreenkoms met die plae van Egipte. Wanneer ons by die sesde en sewende plaag kom, sal ons sien hoe Johannes dit met die val van Babilon koppel.

Mag die Here ons help om Hom uit ons harte te gehoorsaam sodat ons binnekort in die groot hemelse massakoor van gereddes kan gaan sing.

Was this article helpful?

Related Articles