1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Openbaring Hoofstuk 1 tot 22
  5. Openbaring Deel 29 – Sewe Laaste Plae (Deel 2) Vierde Plaag

Openbaring Deel 29 – Sewe Laaste Plae (Deel 2) Vierde Plaag

PLAE – VIERDE PLAAG

Daar is interessante ooreenkomste tussen die seven basuine en die seve laaste plae. By die sewe basuine kry ons inleidende tempeltoneel 8:2-6. By die sewe plae kry ons dit ook 15:5-16:1

Die eerste basuin raak die aarde 8:7; so ook die eerste plaag 16:2. Die tweede basuin verwys na die see 8:8,9; so ook die tweede plaag 16:3. Die derde basuin verwys na die riviere en fonteine 8:10,11; so ook die derde plaag 16:4. Die vierde basuin raak die son, maan en sterre 8:12; so ook die vierde plaag

Die vyfde basuin verwys na die put, die duisternis van die afgrond 9:1-11; die vyfde plaag verwys na duisternis oor die troon van die dier 16:10,11. Die sesde basuin verwys na die Eufraatrivier 9:14-21; so ook die sesde plaag 16:12-16

Tydens die sewende basuin: “Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.” 11:15; sewende plaag: en ’n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby! 16:17.

Die seëls en die basuine was waarskuwings van die finale oordeel van die bose aarde. Die sewe laaste plae vertel van ‘n baie lankmoedige God. Kom ons waardeer dit, maar kom ons maak vandag nog gereed.

Voor ons by die vierde plaag kom, kyk ons vlugtig na die vierde basuin:

Openbaring 8:12 En die vierde engel het geblaas, en ’n derde van die son is getref en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre, sodat ’n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.

Wat gaan ons alles van die vierde plaag leer?

Openbaring 16:8 “En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.

Is dit ‘n werklike hittegolf met ‘n gepaarde gaande droogte? Volgens die Grieks is die eerste drie plae op die aarde, die see en die waterfonteine uitgestort.

Die volgende drie word op die son, die troon van die dier en die Eufraatrivier uitgestort. Die sewende word in die lug uitgestort. Gewoonlik verwarm die son die mens en vrolik hom op. Die son beheer plantegroei, die klimaat. Die son hou lewe op aarde aan die gang.

Ewe skielik straal ons vriend die son oortollige hitte uit. Die gevolg is verwoesting op ons planeet. Johannes neem sy taal uit die Ou Testament om die ergste hittegolf en droogte ooit te beskryf

Joël 1:10 Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.

Verse 11,12 Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is.12Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.

Vers 15 Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos ’n verwoesting van die Almagtige

Die dag van die Here verwys uitsluitlik na die oordeel van God. Na die dag wanneer die mens nie meer tyd gaan hê om tot bekering te kom nie. Waarna verwys die 20 kere wat die “dag van die Here” in die Ou Testament genoem word?

“The day of the Lord” is never referred to in Scripture as a time when men will have a second chance, another opportunity to accept salvation. “The day of the Lord” is always, without exception, a day of judgment, a day of destruction, a day of darkness

Joël 1:16,17 Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God? 17Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.

Verse 18,19 Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.19Tot U, o HERE, roep ek, want ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ’n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.

Vers 20 Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.

Die Here vra dat ons Sy Woord biddend moet studeer. Ons moet moedswillige sonde met Sy krag oorwin. Dit mag eendag te laat wees.

Argeoloë het die Assiriese wreedhede wat vir eeue onder die Mesopotamiese sand begrawe was, ontdek. Het die Here gesien wat met Israel sou gebeur as hulle nie met hulle sonde breek nie? Het Hy hulle gewaarsku?

Amos 8:1,2 Die Here my God het my ’n gesig laat sien: Daar was ’n mandjie ryp vrugte, 2 en die Here het vir my gevra: Wat sien jy, Amos? Ek het gesê: “’n Mandjie ryp vrugte.” Toe sê die Here vir my: Die tyd is ryp vir my volk Israel, Ek sal hom nie meer spaar nie.

Terwyl ek die ruïnes van Samaria besoek, dink ek aan die tragiese verhaal wat hier afgespeel het. Drie jaar se beleëring het tot verskriklike hongersnood gelei. Wie het hierdie rampe oor Israel gebring?

2 Konings 17:16 En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, ’n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baäl gedien.

Wat ‘n klap in die gesig van die Here wat hulle uit Egipte verlos het.

Verse 17,18 En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg. So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.

By Tekoa waar Amos met skape geboer het, dink ek aan sy waarskuwende profesie:

Amos 8:3 Daardie dag sal die sang in die paleis ’n gehuil word, sê die Here my God. Daar sal baie lyke wees, oral neergegooi. Bly liewer stil!

Bly liewer stil. Daar is grusame rampe waaroor ons nie moet praat nie.

An indication of the apathy or speechlessness that accompanies severe, inescapable suffering, suffering too deep to be expressed in words.

Iewers op die eiland van Patmos skryf Johannes die volgende woorde neer:

Openbaring 16:8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei

Waarom verwys Johannes na die rampe wat Israel getref het wanneer hy die vierde plaag beskryf?

The mournful conditions of the land pictured here in primary reference to the land of Israel after the Assyrian captivity was an exhibit on a small scale of the effects of the fourth of the seven last plagues. Tipe en antitipe

Hoe gaan die verlore mense tydens die hitte plaag en daaropvolgende hongersnood reageer?

Openbaring 16:9 En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.

Die boek,”Die Groot Stryd” bl.583 sê vir ons wie vir die verskriklike verwoesting verantwoordelik is:

“Gods lankmoedigheid is beëindig. Die wêreld het Sy genade verwerp, Sy liefde versmaai en Sy wet vertrap. Die goddelose het die grense van hulle genadetyd oorskry; die Gees van God wat hulle so hardnekkig weerstaan het, is eindelik onttrek.

“Sonder beskerming van goddelike genade, is daar vir hulle geen beskerming teen die bose nie. Satan sal nou die aardbewoners in die laaste groot stryd dompel. Namate die engele van God die woeste winde van menslike drifte los, sal al die elemente van stryd vryelik woed. Die hele wêreld sal gewikkel word in ‘n verwoesting baie erger as die van Jerusalem van ouds.”

In die versengende hitte ontstaan daar ‘n vreeslike dors. Nie net na fisiese water nie, maar ook na die waters van die Woord van God. Maar mense gaan nie die Here soek om waaragtiglik tot bekering te kom nie, maar net om uit hulle ellende te ontsnap.

Amos 8:11 Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek ‘n hongersnood in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor

Hoedanig is hulle honger na die Woord van die Here? Gaan hulle honger bevredig word?

Vers 12 En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie

Hoekom nie? Hoeveel soorte berou is daar?

2 Korintiërs 7 9-11 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie,

Vers 10 want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

Wat is die verskil tussen droefheid volgens die wil van God en droefheid uit wêreldse oorwegings?

Vers 11 Kyk net wat die ervaring van droefheid volgens die wil van God aan julle gedoen het. Nou is daar by julle erns; meer nog, daar is verantwoording, verontwaardiging, ontsag, verlange, ywer en bestraffing van die kwaad. In elke opsig het julle bewys dat julle in hierdie saak onskuldig is.

Die een het ware vrugte, die ander nie.

Godly sorrow. Literally, “according to God,” that is, in the way prescribed by, or acceptable to, God. This is not sorrow at being found out or in anticipation of being punished. It is genuine sorrow for sin, repentance of it, separation from it, and determination henceforth to resist, by the grace of Christ, the temptation that led to it (see on Matt. 5:3; 1 John 1:9).
Embarrassment occasioned by exposure, fear of the possibility of exposure, injured pride, or even profound regret over what has happened—none of this is “godly sorrow.”

In “godly sorrow” there is recognition and admission that one has wronged God and his fellow men, adequate effort to right the wrong, and a reorientation of the life with the purpose of avoiding a repetition of the same mistakes.

This entire process is possible only by virtue of the grace of Christ, made operative in the mind and the life by the Holy Spirit.

True sorrow for sin is the result of recognizing one’s accountability to God for his conduct, and is possible only when that relationship is acknowledged.

Perhaps the supreme illustration of the difference between true and false sorrow for sin lies in the contrast between Peter and Judas during the trial of Jesus.

Wat dink jy was die verskil tussen die twee?

Both felt bitter remorse, but with the one there was true sorrow for sin, which led to a new life in Christ; with the other there was only sorrow for the consequences, which led to utter despair and then suicide.

Openbaring 16:9 En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.

Wat gaan van die kinders van die Here in hierdie tyd word?

Jesaja 41:17 antwoord: Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle vesmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

Wat sê die profeet, hoe gaan die gereddes van ‘n gewisse dors gered word?

Vers 18 Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring en in die laagte fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in fonteinwêreld

Die Bybel leer die belangrikheid van stiptelike gehoorsaam-heid aan al die gebooie van die Here. Nie om jou saligheid daarmee te verdien nie, maar om jou respek en liefde vir die Here te openbaar.

Wanneer ek myself in gehoorsaamheid aan die Here oorgee, het ek niks te vrees vir die plae wat gaan val nie.

Jesaja 48:18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ’n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see

Psalm 121:5 7 Die Here is jou bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, nog die maan by nag. Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.”

Mag die Here ons help om Hom uit ons harte te gehoorsaam sodat ons binnekort in die groot hemelse massakoor van gereddes kan gaan sing.

 

Was this article helpful?

Related Articles