Openbaring Deel 34 – Hoofstuk 18 (Deel 1)

OPENBARING 18 – DEEL 1
Dit was vir my ‘n baie groot oomblik toe ek vir die eerste keer by Babilon in Irak aangekom het.
Saddam Hussein was besig om Nebukadnesar se suidelike paleis te restoureer. Nadat hy 60,000,000 bakstene in die projek gebruik het, het die politieke situasie hom verhoed om verder te gaan.
Tydens my vier besoeke aan hierdie beroemde wêreldstad, het my waardering vir sy geskiedenis grootliks vermeerder.
Die boek Openbaring verwys meer na Babilon as na enige ander antieke heidense stad. Dis eers wanneer jy die valse godsdienstige profiel van die stad nagevors het, dat jy verstaan wat Openbaring met mistieke Babilon bedoel.
In Openbaring 14:8 het ons hierdie ernstige boodskap van die tweede engel bestudeer: En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

Tydens daardie studie het ons gekyk hoe Rome en die kerke van die wêreld die boodskap van die eerste engel verwerp het. Hulle onhgehoorsaamheid aan God se wet het hulle geestelike owerspelers gemaak.
Net voor die sewe laate plae word hierdie ernstige boodskap met goddelike erns vir die laaste keer verkondig.
Openbaring 18:1 En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.
Verse 2,3 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.
Vers 4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
Vers 5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
Vers 6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.

Verz 7 Die tyd het aangebreek dat die Here die godsdienstige arrogansie moet aanspreek. Hy kan nie langer toelaat dat Sy kinders wat Sy gebooie bewaar en Sy volle geregtigheid aanvaar het, vervolg word nie.
Babilon moet sy regverdige oordeel ontvang. Maar daar is opregte kinders van die Here in hierdie stelsel wat die waarheid aangaande die boosheid van Babiloniese godsdiens moet hoor.
Die boodskap van hoe gevalle die godsdienstelsel is waarin hulle self bevind, gaan kragtig verkondig word. Hulle gaan die geleentheid kry om ‘n onderskeid tussen waarheid en dwaalleer te hoor.
As jy besef dat jy in Babilon is, dat jy in ‘n denominasie is wat ongehoorsaam aan die heilige wet Van God is, roep die boodskap van Openbarin 18 jou om uit te kom.
Kom ons lees die boodskap stadig, teks vir teks:
Openbaring 18:1 En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.
Hierdie engel sluit by die derde engel van hoofstuk 14:9-11 aan. Sy boodskap is ‘n herhaling van watter engel?
Kon ons kyk na tipologie. Waarom het die Here Sy kinders uit Egipte geroep?
Sodat hulle Sy Sabbat kon onderhou. In die politeïstiese waar God heeltemaal verwerp was moes hulle die Sabbat hou in erkenning dat Hy alleen die Skepper en Herskepper was.
Dis die tipe. Hoe gaan die antitiepe wees?
“As God called the children of Israel out of Egypt, that they might keep His Sabbath, so He calls His people out of Babylon, that they may not worship the beast or his image.

“As the Sabbath was the sign that distinguished Israel when they came out of Egypt to enter the earthly Canaan, so it is the sign that now distinguishes God’s people as they come out from the world to enter the heavenly rest. {FLB 33.2}
Die mens van sonde wat tye en wet probeer verander het homself bo God verhef deur ‘n valse Sabbat aan die wêreld voor te hou. Die Christen wêreld het hierdie kind van die pousdom aanvaar en gekoester en daardeur God geminag deur Sy Sabbat te verwyder en Sondag in sy plek te plaas.

“Satan and his angels are wide awake and intensely active, working with energy and perseverance through human instrumentalities to bring about his purpose of obliterating from the minds of men the knowledge of God.

Sal God toelaat dat dit gebeur? Watter teëvoeter het Hy in gedagte?

“But while Satan works with his lying wonders, the time will be fulfilled foretold in the Revelation, and the mighty angel that shall lighten the earth with his glory will proclaim the fall of Babylon, and call upon God’s people to forsake her.” (RH Dec 13, 1892).

In Sy groot genade stuur die Here ‘n spesiale boodskap aan Sy kinders in al die afvallige kerke op aarde. Elke mens gaan die geleentheid kry om tussen waarheid en tradisie te kan kies.
Wat sê die teks, waarvandaan kom die engel?

Openbaring 18:1 En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

Wat beteken dit? Die boodskap kom vanaf die troon van God self.
Hierdie engel kom van die troonkamer van die heelal. Hy het opdrag om God se laaste boodskap van genade aan die bewoners van die aarde te waarsku dat “groot Babilon” op die punt is om val en sy straf te ontvang.

Ten spyte van sataniese pogings om die wêreld in geestelike duisternis te hul, word dit deur heerlike lig van God se verlossende glorie verlig

Johannes 1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Openbaring 18:1 En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

Wat dink jy is die heerlikheid wat hierdie glansende boodskap vergesel?
Johannes 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

Vers 14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

‘n Groot lig gaan vir die sondaar op wanneer hy hoor dat hy verlos word omdat Jesus vir hom aan die kruis gesterf het.

Hierdie engel kom om die lig van die karakter van God aan die mense te verkondig.

Vers 2 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Hoekom met ‘n groot stem? Almal moet die laaste waarskuwingsboodskap baie pertinent hoor. Dis die laaste geleentheid om uit Babilon te kom.
Geval, geval
Hoekom word Babilon se val twee keer genoem?
Hy kon nie laer geval het nie. Sy val word nou gedomstreer en bevestig en die straf gaan nou volg.
Woonplek van duiwels. Ons het hier ‘n verwysing na moderne spiritisme
“As spiritualism more closely imitates the nominal Christianity of the day, it has greater power to deceive and ensnare. Satan himself is converted, after the modern order of things. He will appear in the character of an angel of light. Through the agency of spiritualism, miracles will be wrought, the sick will be healed, and many undeniable wonders will be performed. And as the spirits will profess faith in the Bible, and manifest respect for the institutions of the church, their work will be accepted as a manifestation of divine power.” {GC 588.2}
Vers 2 versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls
Johannes gebruik die taal wat Jesaja en Jeremia gebruik om die val van antieke Babilon te beskryf. Ons kry hier metafore wat totale verwoesting beskryf.
“The third angel’s message must be strengthened and confirmed. The eighteenth chapter of Revelation reveals the importance of presenting the truth in no measured terms but with boldness and power…. There has been too much beating about the bush in the proclamation of the third angel’s message. The message has not been given as clearly and distinctly as it should have been. The whole chapter shows that Babylon that has fallen is the churches who will not receive the messages of warning the Lord has given in the first, second, and third angels’ messages. They refused the truth and accepted a lie. They refused the messages of truth. See 2 Thessalonians 2:1-12. The message in the eighteenth chapter of Revelation is plain and clearly defined. ‘For all nations have drunk of the wine of the wrath of her fornication, and the kings of the earth have committed fornication with her, and the merchants of the earth are waxed rich through the abundance of her delicacies’ (verse 3). Anyone who reads this chapter need not be deceived.” {2SM 68.1}
Vers 3 omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.
Met hoeveel nasies het Babilon, Rome bande? In hoofstuk 17 het ons na die politieke bande gekyk, hier kyk ons na die handelsbande.
Openbaring 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
Hier is die antitipiese oproep om Babilon te verlaat. Waar vir ons die tipe?
Jesaja 48:20 Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: Die HERE het sy kneg Jakob verlos;
Kores was op pad. Babilon was op die punt om te val. Die luide geroep was daar dat Gods volk Babilon moes verlaat.
Kom ons hoor of daar nog ‘n profeet was wat God se volk uit Babilon geroep het:
Jeremia 50:8 Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit!
Jer 51:6 Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die HERE: Hy gee hom sy verdiende loon.
Vers 45 Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van die HERE!
Die profete Jesaja en Jeremia het die volk van die Here geroep om uit Babilon te vlug en Jerusalem toe te kom.
In openbaring 18 roep die Here Sy kinders om ook uit ‘n stelsel te vlug wat tot vernietiging gedoem is. Hulle word geroep om na die Hemelse Nuwe Jerusalem van ewige geluk en veiligheid te kom.
Openbaring 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
Waarom moet hulle uit Babilon padgee? Omdat hulle saam met Babilon kan sondig en saam met Babilon die sewe laaste plae op die hals kan haal.
In hoofstuk 18 word Babilon op vyf klagtes voor die goddelike regsbank gedaag:
1. Trots en arrogansie
2. Materialisme en weelderigheid
3. Owerspel
4. Bedrog en
5. Vervolging verse 2, 3, 5, 7, 23, en 24
Vers 5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
Na ‘n rebellie van sesduisend jaar het die sondes van Babilon nou “n plek bereik waar die Here moet optree.
Waar nog lees ons van ‘n Babilon wat hulle rebellie tot by die hemel wou voer.
Hier by die fondasie van die Etemenanki, die toring van Babel waarvan die Bybel skryf, dink ek aan die volgende teks:
Genesis 11:4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

God se genade pleit baie lank met die sondaar maar dan kom daar ‘n dag van afrekening. As ons nie met ons sondes breek en berouvol tot bekering kom nie, gaan ons self vir daardie sondes boet.

Vers 6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.
Hoeveel het jy al onder die wreedheid van die mensdom gely? Het jy al gewonder waarom God nie optree nie? Hy is ontsettend lankmoedig en Hy pleit baie lank met sondaars.
Maar daar gaan ‘n dag aanbreek wanneer die slagoffers gaan sien dat God wel vir hulle omgee en die vervolgdes vergeld.
Vers 7 Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie
Die ware kerk word as rein maagd in 2 Korintiërs 11:2 voorgestel. Die groot hoer maak of sy Christus se bruid is en dat sy gevolglik heerskappy oor die bewoners van die aarde voer.
Ek stap deur die ruïnes van antieke Babilon wat ook gesê het dat sy as koningin oor die aarde heers. Hoor hoe beskryf dit profeet hierdie bedrieglike arrogansie:
Jesaja 47:6 Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk

Vers 7 en gesê: Ek sal in ewigheid wees, gebiedster vir altyd; jy het hierdie dinge nie ter harte geneem nie, aan die einde daarvan nie gedink nie.

Vers 8 Hoor dan nou dit, wellustige wat so veilig sit, wat in jou hart sê: Dit is ek en niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie.

Vers 9 Hierdie twee dinge sal dan in ‘n oomblik, op een dag, oor jou kom: kinderloosheid en weduweeskap; in volle maat sal hulle jou oorval, ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die groot menigte van jou besweringe.

Vers 10 En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie!

Vers 8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.

“This terrible picture, drawn by John to show how completely the powers of earth will give themselves over to evil, should show those who have received the truth how dangerous it is to link up with secret societies or to join themselves in any way with those who do not keep God’s commandments.” (MS 135, 1902).

Volgende keer gaan ons verder in hierdie fasinerend eindtyd gebeure indelf. Dit lyk nou of alles teen ons is, maar God gaan uiteindelik seëvier. Mag ek en jy saam met Hom oorwin

Was this article helpful?

Related Articles