1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Openbaring Hoofstuk 1 tot 22
  5. Openbaring Deel 38 – Hoofstuk 20, Satan Verslaan (Deel 1)

Openbaring Deel 38 – Hoofstuk 20, Satan Verslaan (Deel 1)

OPENBARING 20 – SATAN VERSLAAN DEEL 1
Wat gebeur aan die einde van die duisend jaar? Wie vergesel Hom wanneer Hy na die aarde terugkeer? Wat gebeur met die goddelose dode wat in die graf lê?
Wat se verskil gaan tussen opgewekte goddeloses en die regverdiges wees wat in die eerste opstanding opgesgtaan het?
Op watter plek daal die Nuwe Jerusalem neer?
Sagaria 14:3 En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
Vers 4 En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
Vers 5 En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!
Vers 9 En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een.
Wat gebeur wanneer hierdie ongelooflike skitterende,pragtig van ‘n stad finaal op sy plek neerdaal?
Christus met al Sy engele en die verlostes gaan die stad binne. Wat dink jy gaan die duiwel en die hordes godeloses doen?
Hy maak daarop aanspraak dat hy die vors en die regmatige eienaar van die wêreld is wat onwettig van sy erfdeel beroof is.
Hy stel hom aan sy misleide onderdane as ‘n verlosser voor, en hy verseker hulle dat dit sy krag is wat hulle uit hulle grafte opgewek het en dat hy op die punt staan om hulle van die wrede tirannie te verlos.
In die afwesigheid van Christus verrig die Satan wonders om sy aansprake te staaf. Hy maak die swakkes sterk en hy besiel almal met sy eie gees en energie.
Hy stel voor om hulle te mobiliseer om die laer van die heiliges en die stad van God te verower. Met Sataniese vreugde wys hy na die ontelbare miljoene wat uit die dode opgewerk is en hy verklaar dat hy, as hulle leier, in staat is om die stad in te neem en beide sy troon en koninkryk te herwin.
Wie dink jy is almal in die Satan se weermag? Hoedanig gaan hulle wapens wees. Is daar ‘n getalle voordeel? Hoe sien jy die prentjies as daardie magdom opruk om die stad te verower?
Vers 9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel
Gaan Christus Sy verskyning op hierdie laaste groot aanslag op Hom en Sy volk maak?
Vers 11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.

Waarom gaan sit Jesus op troon? Wat het gebeur wanneer antieke konings op hulle troon gaan sit het?

Wat se oordeel dink jy gaan Hy vel? Is dit die laaste oorlog tussen goed en kwaak? Wie gaan wen?

Geen pen kan kan die mag en majesteit van Christus beskryf nie. Die heerlikheid van die Ewige Vader omring sy Seun. Die heerlikheid van Sy teenwoordigheid vul die stad en strek buitekant die poorte en vul die hele aarde met sy glans.
Wie is almal saam met Jesus rondom die troon in die stad?
Openbaring 7:9,10 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Die palmtakke en wit klere?
Dink jy die kroning van Jesus sal ‘n lofsang uit die verlostes voortbring?
Vers 10 en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
Die akoustiek, die eggos?
Watter plegtige toneel speel himself na Jesus se kroning afloop?
Vers 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
Sal dit nodig wees om die hofstukke in hierdie laaste groot oordeel beskikbaar te stel?
Hoe dink jy gaan daardie magdom goddeloses reageer as hulle bose verlede voor die heelal bekendgemaak word?
Die verleidelike versoekings wat hulle aangemoedig het deur verlustiging in sonde, die seëninge wat hulle misbruik het, die boodskappe van God wat hulle verag het, die waarskuwings wat hulle verwerp het, die strome van genade wat hulle u het deur halstarrige, onboetvaardige harte versmaai het – alles dien hulle nou soos met letters van vuur geskryf.
Wat dink jy gaan bokant die troon verrys?
Bokant die troon verskyn die kruis; en ‘n panorama van die tonele van Adam se versoeking en sondeval en die opeenvolgende stappe in die groot verlossingsplan word gesien.
Die Heiland se nederige geboorte, Sy jongmenslewe van eenvoud en gehoorsaamheid, Sy doop en versoekings in die woestyn; Sy openbare bediening waartydens Hy die hemelse kosbaarste seëning met die mense gedeel het.
Dae vol aktiwiteite van liefde en genade; nagte wat Hy in die eensaamheid van die berge gewaak en gebid het; sameswerings van afguns, haat en kwaadwilligheid was die beloning vir Sy diens;
Die afgryslike worstelling in Getsemane waar die sonde van die hele wêreld Hom verpletter het; Sy verraad en oorhandiging aan die moordadige gepeupel;
Die skrikwkkende gebeure voor Kajafas en Annas; die passiewe gevangene wat deur sy geliefde dissipels verstoot is; sy harthandige gesleep deur die strate van Jerusalem; sy verskyning voor Pilatus en Herodus, bespot, aangerand, gemartel en tot die dood veroordeel – alles word duidelik deur almal gesien.
Die volgende toneel word vertoon – die geduldige Slagoffer word na Gogota geneem; die Prins van die hemel hang aan die kruis;
Die arrogante priesters en spottende gepeupel verheug hulle in sy sterwensangs; die bonatuurlike duisternis; die aardbewing en rotse wat oop skeur, die grafte wat oopgaan wat aandui dat die wêreld se Verlosser gesterf het.
Die vreeslike gesig word lewensgetrou aan die aanskouers vertoon. Die Satan, sy engele en sy onderdane het geen mag om weg te draai nie van die vertoning van hulle eie toedoen nie.
Elkeen herinner hom aan die rol wat hy gespeel het. Herodus, wat die onskuldige kinders van Betlehem vermoor het sodat hy die Koning van Israel kan verwoes; die gemene Herodias op wie se bloed van Johannes die Doper kleef, die lafhartige Pilatus; die spottende soldate, die preisters, volksleiers en bose gepeupel wat uitroep: “Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom.” – almal is oorweldig deur die ontsettende aard van hulle sondeskuld.
Pilatus, die priesters en die owerstes – trag tevergeefs hulle om hulle van die goddelike majesteit van Sy voorkoms te verberg, terwyl die verlostes hule krone voor die Heiland se voete neerwerp en uitroep, “Hy het vir my gesterf!”
Onder die verlose skae is die aposels van Christus, die dapper Paulus, die vurige Petrus, die geliefde en liefhebbende Johannes, asook die groot leërskare van martelaars.
Buitekant die stadsmure, met al die vuil en afskuwelike dinge, staan diegene deur wie hulle vervolg, gevang en gedood is. Nero is daar, die monster van wreedheid en boosheid. Hy aanskou die vreugde en verheffing van die mense wat hy gemartel het en hulle ongelooflike angs sataniese satisfaksie ervaar het
Sy ma is daar om na die gevolge van haar eie werk te kyk; om te sien hoe die bose stempel van haar karakter op haar seun afgedruk is; die drifte wat deur haar invloed en voorbeeld aangewakker is het vrugte in misdade voortgebring wat die wêreld laat sidder het.

Daar is die pouslike priesters en prelate wat voorgegee het dat hulle Christus se gesante was, maar wat die pynbank, die kerker en die brandstapel gebruik het om die die gewete van Gods volk te beheers.
Daar is trotse pouse wat hulle self bo God verhef het en getrag het om die wet van die Allerhoogste te verander. Daardie kerkvaders van die kerk sal ‘n verslag aan God moet lewer waarvan hulle kwalik verskoon sal word.
Te laat besef hulle dat die Alomteenwoordige op Sy wet jaloers is en dat die skuldige geensins vrygespreek sal word nie. Hulle besef nou dat Christus himself met die belange van Sy lydende kinders vereenselwig. Hulle voel die krag van Sy eie woorde: vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. (Matteus 25:40)
Die ganse bose wêreld staan nou voor die regbank van God op die aanklaag van hoogverraad teen die regering van die hemel. Hulle het niemand om hulle saak te bepleit nie; hulle staan sonder verskoning en die vonnis van die ewige dood word oor hulle uitgespreek.
Dit is nou duidelik vir almal dat die loon van die sonde nie ‘n heerlike onafhanklikheid en ewige lewe is nie, maar slawerny, ondergang en die dood. Die goddelose besef nou wat hulle deur hulle lewe van rebellie verbeur het
Die allesoortreffende en ewige heerlikheid is verag toe dit vir hulle aangebied is; maar hoe begeer hulle dit nie nou nie. “Dit alles,” roep die verlore siel uit, “kon ek gehad het, maar ek het al hierdie dinge verwerp. O, vreemde bekoring! Ek het vrede, geluk en eer vir ellende, oneer en wanhoop verruil.”
Almal sien dat hulle uitsluiting uit die hemel regverdig is. Deur hulle lewens het hulle verklaar, “Ons wil nie hê dat hierdie man oor ons koning moet wees nie.”
Soos in ‘n droom het die goddelose die kroning van die Seun van God aanskou. In Sy hande sien hulle die tafels van die goddelike wet, die bepalings wat hulle verag en oortree het. Hulle aanskou die verbasing, die verukking en die aanbidding van die verlostes;
En terwyl ‘n golf van melodie oor die skare buitekant die stad sweef, roep almal soos met een stem uit:

“Openbaring 15:3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!

En dan val hulle in aanbidding voor die Prins van lewe neer.

Hoe dink jy gaan Satan reageer as hy die glorie en majesteit van Jesus sien?

Dit skyn of die Satan verlam is waar hy die heerlikheid en die majesteit van Christus aanskou. Hy wat eenmaal ‘n beskuttende gerub was, dink nou aan die plek vanwaar hy geval het. ‘n Glansryke seraf, “seun van die more;” hoe is hy verander en hoe is hy verlaag!

Van die raadsitting waarvan hy eenmaal die eer gehad het om deel te neem, is hy nou vir ewig uitgesluit. Hy sien nou ‘n ander een naby die Vader staan, wat Sy heerlikheid bedek.

Hy het gesien hoedat die kroon op die hoof van Christus deur ‘n magtige engel van groot gestalte en majestueuse voorkoms geplaas is en hy besef dat die verhewe posisie van daardie engel syne kon wees.

Hy herroep die onskuld, reinheid, vrede en vergenoegdheid wat hy in sy vroeëre tuiste geniet totdat hy begin murmureer en op Christus jaloers geword het.
Sy beskuldiging, rebellie, sy mislyding om die simpatie en ondersteuning van engele te kry, sy hardnekkige weerstand om geen poging vir herstel aan te wend toe God hom wou vergewe nie, doem alles nou duidelik voor sy gees op.
Hy hersien sy werk onder sy mense en die gevolge daarvan – die vyandigheidjvan die mens teenoor sy medemens, die verskriklike verwoesting van lewens, die opkoms en val van koninkryke, staatsgrepe, opstande, konflikte en rewolusies
Hy dink daaraan hoe hy onverpoosd die werk van Christus opponeer het en die mens net laer en laer wou laat val. Hyh sien dat sy helse sameswerings magteloos was om mense te vernietgig wat hulle vertroue in Jesus geplaas het.

Waar die Satan sy koninkryk aanskou, die vrugte van sy werk, sien hy net mislukking en pyn. Hy het die skares daartoe gelei om te glo dat dit maklik sou wees om die stad van God in te neem; maar hy weet dis bedrog.
Keer op keer, namate die stryd ontwikkel het, is hy verslaan en gedwing om in te gee. Hy ken die krag en die majeteit van die ewige God maar alt goed.
Die hoofdoel van die groot rebel was maar altyd om himself te regverdig en om te bewys dat die goddelike regering aanspreeklik was vir sy opstand.
Met hierdie doel voor oë het hy al sy krag en reuse intellek ingespan. Hy het opsetlik en stelselmatig en met groot welslae die ontelbare skare om sy weergawe van die groot stryd te glo wat so lank reed woed.
Duisende jare lank het hierdie hoof van samesweerders valsheid vir waarheid opgedis; maar die tyd het nou aangebreek om die opstand te beindig en die geskiedenis en karakter van die Satan te onthul.
In hierdie laaste poging om Christus te onttroon, Sy volk te vernietig en die stad van God in te neem, word die aartsbedrieër ten volle ontmaster.
Mense wat hulle by hom geskaar het, sien die algehele mislukking van sy saak. Christus se volgelinge en die lojale engele sien nou die omvang van sy intrigue. Hy is nou die voorwerp van universele afsku.
Satan sien nou dat sy rebellie hom ongeskik vir die hemel gemaak het. Hy het al sy mag ingespan om God te beveg; die reinheid, vrede en harmonie van die hemel sou vir hom ongelooflike martellend wees.
Sy beskuldiging teen die genade en regverdigheid van God is nou die swye opgelê. Die smaad wat hy op die Here wou werp, rus nou op hom.
En nou buig die Satan hom neer en erken die regverdigheid van sy vonnis.
Openbaring 15:4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
Hier is ons by die plek in die geskiedenis, die ongelooflike klimaks waar die satan en al die godeloses gaan neerval en in aanbidding God vereer.
Volgende keer kyk ons verder na hierdie grootste drama in die geskiedenis van die heelal.
Ons sal daardie dag of binne in stad neerval en God aanbid, of ons sal buite die stad, vir ewig verlore wees terwyl ons ook in aanbidding voor Hom gaan neerval.
Die Here gaan nie die satan en die goddeloses vernietig voordat hulle en die ganse kosmos God se regverdigheid gesien en Hom aanbid het nie.

Was this article helpful?

Related Articles