1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Sewe Onreine Geeste – Gelykenis 20

Sewe Onreine Geeste – Gelykenis 20

‘n Positiewe houding teenoor waarheid; die onvergeeflike sonde. Die toestand van die Joodse leiers. Geregtigheid deur die geloof sonder heiligmaking.

En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag. Matteus 12:43-45

Hierdie gelykenis is ‘n voortsetting van Jesus se bespreking van die onvergeeflike sonde. Kom ons lees dit:

Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie. Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Matthew 12:31-34

Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. Matteus 12:35-37

Jesus was onderbreek (verse 38–42) in Sy gedagtegang mbt die versoek van ‘n teken. Nou hervat Hy waar opgehou het nadat Hy die versoek toegestaan het. Kom ons lees dit voordat ons na die gelykenis van die sewe bose geeste kyk:

Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag ‘n teken van U sien. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. Matteus 12:38,39

Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier! Matteus 12:40,41

Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier! Matteus 12:42

Die raad wat Jesus in verse 43–45 oor die gelykenis van die sewe bose geeste het, was spesifiek vir die mense wat na die evangelieboodskap geluister het maar nie op die roepstem van die Heilige Gees gereageer het nie. Dis nie die Here wat die oë van mense verblind of hulle harte verhard nie.

Hy stuur vir ons die lig sodat ons ons van die verkeerde weg kan bekeer. Dit is wanneer ek en jy die lig verwerp dat ons oë verblind word en ons harte verhard word. Baie dikwels is hierdie proses geleidelik en byna onopmerklik. Maar wanneer ons een straalkie lig verontagsaam, tas dit ons geestelike persepsie aan en die volgende lig wat na ons kom kan nie meer so duidelik waargeneem word nie.

Gevolglik neem die duisternis toe en dit word nag in ons siel. Dit is wat met die Joodse leiers gebeur het. Hulle was daarvan bewus dat Jesus goddelike mag besit het. Deur hierdie waarheid te weerstaan, het hulle Sy werk as van Satan afkomstig bestempel.

Daar is nog ‘n waarheid wat aan die sonde van die Heilige Gees gekoppel kan word en dit is ydel en bose woorde.

Ons woorde vertel wat in ons hart is: Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Maar woorde is meer as net dit; hulle besit krag om op die karakter te reageer. Ons word deur ons eie woorde beïnvloed.

Daar is nog ‘n waarheid wat aan die sonde van die Heilige Gees gekoppel kan word en dit is ydel en bose woorde.

Ons woorde vertel wat in ons hart is: Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Maar woorde is meer as net dit; hulle besit krag om op die karakter te reageer. Ons word deur ons eie woorde beïnvloed.

Dikwels onder die invloed van die Satan glip woorde van jaloesie en woorde wat seermaak uit ons mond wat ons regtig nie eers kan glo dat so iets kon gebeur het nie. Ons hoor wat ons sê en dit beïnvloed ons gedagtes.

Ons word deur ons woorde mislei en ons glo dis die waarheid wat eintlik deur Satan se aanhitsing veroorsaak is.

En dikwels as ons ‘n opinie lig of ‘n sekere besluit neem is ons met tye te trots om daardie woorde terug te trek. Ons regverdig onsself totdat ons ons self glo. Dis baie gevaarlik om oor twyfel te praat en goddelike lig te bevraagteken.

Die gewoonte om onverskillige en oneerbiedige kritiek uit te spreek, werk in op die karakter deur die persoon oneerbiedig en ongelowig te maak.

Menige persoon wat hierdie weg ingeslaan het, het daarop voortgegaan onbewus van die gevaar totdat hy sover gegaan het dat hy die plek bereik waar hy die werk van die Heilige Gees gekritiseer en selfs verwerp het. Jesus het gesê:

Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.” Matteus 12:36,37

Hulle het nog nie die sonde teen die onvergeeflike sonde gepleeg nie en Jesus waarsky hulle om dit nie te doen nie. ‘n Trugslag wanneer ons siek is, kan gevaarliker as die oorspronklike siekte toestand wees.

Ons fisiese toestand wat alreeds so erg verswak het, is soms te magteloos om die om die aanslag van die siekte te bestry.

‘n Terugslag is dikwels asgevolg van die pasiënt se gebrek om die erns van sy toestand te besef.  Wanneer ons van ons geestelike siekte van sonde herstel, moet ons volkome op die verdienste en krag van Jesus vertrou.

Wanneer ‘n onrein gees uit ‘n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na ‘n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant. Matteus 12:43,44

In die dor streke vind die gees geen mense om in te woon nie. Dan raak hy rusteloos omdat hy huisloos is.

Die “Onrein gees” se afwesigheid was net tydelik. Jesus dink aan die man waaruit Hy ‘n rukkie van te vore die demoon verdryf het.

Matteus 12:43,44  “Wanneer ‘n onrein gees uit ‘n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na ‘n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant.

Hy was heel moontlik in die gehoor en dit het ook as waarskuwing vir die Fariseërs en die gehoor gedien.

Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. 

Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag. Matteus 12:44,45 

Die Christelike geloof bestaan nie net daarin dat jy boosheid moet vermy nie. Maar eerder om jou self toe te spits om dit wat edel en goed is, na te jaag.

Daar was baie in die tyd van Jesus, en vandag nog, by wie die beheer van die Satan skynbaar vir ‘n tyd verbreek is. Deur die genade van God is hulle bevry van die bose geeste wat oor hulle heerskappy gevoer het. Hulle het hulle verbly in die liefde van God; maar soos by diegene by wie die saad op rotsagtige grond geval het, het hulle nie in Sy liefde gebly nie.

Hulle het hulle nie daagliks aan God oorgegee sodat Jesus in hulle hart kon woon nie. Toe die bose gees terugkom met “sewe ander geeste slegter as hy self, is hulle heeltemal deur die mag van die Bose beheers”

Die Christelike geloof bestaan nie uit ‘n klomp moenies nie maar uit ‘n positiewe konstruktiewe leefwyse om goeie dade te verrig. Dis nie goed genoeg dat duiwels, werklik of figuurlik uit die hart en die gedagtes verban word nie.

Ons moet die Gees van God toelaat om ons gedagtes en gedrag te beheer. Dis nie goed genoeg om boosheid te haat nie. Ons moet streef om liefde en goeie dade uit te deel.(see Amos 5:15; 2 Thess. 2:10; see on Matt. 6:24).

Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag. Matteus 12:45

Sewe is ‘n simboliese getal wat op volheid dui. Die dui op die volheid van duiwelbesenheid.

Te dikwels nadat ons van die siekte van sonde genees is, kry ons ‘n insinking en dan word ons geestelik swakker as wat ons voorheen was. Ons besef nie hoe versigtig ons moet wees om nie aan versoekings blootgestel word nie. Ons moet ons self gedurig uitsluitlik aan dit wat goed en rein is, blootstel. Dit was die geval met Saul. Alhoewel hy die krag en invloed van die Heilige Gees ervaar het, het hy homself nie volkome aan God toegewy nie. Gevolglik is hy deur ‘n bose gees beheer wat hom uiteindelik tot selfmoord gedryf het.

Dit was ook die geval met Judas. Hy was aanvanklik vatbaar vir die versagtende invloed van Jesus maar die totale oorgawe het ontbreek.

Matteus 12:39  ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. 

Die leiers van Israel was ook in die proses om die lig wat na hulle gekom het, te verwerp. Dieselfde bose gees wat Jesus in die woestyn versoek het, en wat in die duiwelbesetene van Kapernaum was, het die ongelowige Jode beheers. Maar in hulle geval het hy die rol van vroomheid aangeneem en hulle ten opsigte van hulle motiewe in die verwerping van die Heiland bedrieg. 

Hulle toestand was nog hopeloser as die van die duiwelbesetene, want hulle het geen behoefte aan Jesus gevoel nie, en was dus in die mag van die Satan verstrengel.

VOLGENDE KEER

Om te sê en om te doen.

Die verhaal van die twee seuns

Was this article helpful?

Related Articles