1. Home
  2. Algemeen
  3. Sinai – 1

Sinai – 1

As jy die voorreg gehad om Sinai te kon besoek, sou jy saam met my gestem het dat die majesteit van die bergreeks jou in vervoering bring.

Terwyl ek teen die steiltes uitgeklim het, het my gedagte na die oomblik uitgegaan toe die stem van God hier gehoor is.

Mag die Here ons op ‘n besondere wyse met die grootste gebeurtenisse van Sinai beïndruk.

Verlede keer het ons na die vrugbare dialoog tussen Moses en sy skoonpa gekyk. Kan julle nog sy naam onthou?

Moses het Jetro se raad aangeneem, en dit het nie net sy werk ligter gemaak nie, maar die gevolg was dat orde beter onder die volk gehandhaaf was.

Die Here het Moses grootliks vereer en wondere deur sy hand verrig, maar die feit dat hy ander moes onderrig het hom nie laat dink dat hy nie self onderrig kon word nie.

Die gekose leier van Israel het gewilliglik na die raad van die priester van Midian geluister en sy voorstelle aanvaar.

Dis net die dwaas wat goeie raad verwerp. Mag die Here ons help om goedbedoelde raad met nederigheid te aanvaar.

Vanaf Rafidim het die volk hulle reis voortgesit en die bewegins van die wolkkolom gevolg. Hulle pad het oor verlate vlaktes, steil hoogtes en rotsklowe gegaan.

Terwyl hulle die sandwoestyn deurkruis het, het hulle dikwels skurwe berge voor hulle gesien, soos groot skanse wat voor hulle pad opgestapel is en alle verdure vordering onmoontlik gemaak het.

Maar namate hulle nader gekom het, is daar op verskeie plekke openinge in die bergwand gesien en aan die anderkant het daar weer ‘n vlakte voor hulle ontplooi.

Nou hulle deur een van daardie diep, met gruisbedepte skeure gelei. Dit was ’n grootse en indrukwekkende toneel. Tussen die rotsmure wat aan weerskante honderde meters die lug ingetoring het, het die lewende prosessie deurgevleg – so ver as wat die oog kon sien was dit net Israeliete met hulle diere.

En nou het Sinai in al sy grootsheid en majesteit voor hulle verrys.

Die wolkkolom het op sy kruin tot stilstand gekom en die volk het hulle tente op die vlakte opgeslaan. Daar sou hulle byna ‘n jaar lank woon.

Snags het die vuurkolom hulle van die goddelike beskerming verseker en terwyl hulle veilige geslaap het, het die brood van die hemel saggies op die kamp neergedaal.

Soggens is die donker bergrante verguld en het die goue strale van die son tot in diepste klowe ingeskyn. Dit het vir die moeë reisigers soos die genadestrale van die troon van God gelyk.

Aan alkante was dit asof die skurwe kranse in hulle eensame grootsheid van ewigdurende majesteit getuig het.

Hier is die gemoed tot erns en bewondering gestem. In die teenwoordigheid van Hom wat die berge met ‘n weegtoestel en die heuwels met ‘n weegskaal geweeg het, (Jesaja 40:12) is die mens genoop om sy swakheid en onkundige te besef.

Daar sou Israel die wonderbaarlikste openbaring ontvang wat God nog ooit aan die mensdom gemaak het. Daar het die Here Sy volk versamel sodat Hy die heiligheid van Sy vereistes by hulle kon tuisbring deur Sy heilige wet met Sy eie stem aftekondig.

Daar moes verrykende veranderinge in hulle plaasvind, want die blootstelling aan Egiptiese politeïsme het ‘n stempel op hulle afgedruk.

God het getrag om hulle tot ‘n hoer sedelike vlak op te hef deur Homself aan hulle bekend te maak.

Eksodus 19:1,2 IN die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom. Hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor die berg laer opgeslaan.

Dit is Sivan, net soos ons Meimaand/vroeg Junie.

Verse 1 en 2 handel oor die laaste fase van Israel se reis na die berg Sinai.

Hier sou hulle as gemeente en nasie onder die regering van God verbind word. Teokrasie.

Hierdie soort regering het bestaan tot op die dag dat hulle uitgeroep het: Ons het geen koning behalwe die keiser nie. Johannes 19:15.

Die organiseringproses het die afkondiging van die tien gebooie, die bekragtiging van die verbond, die oprig van die tabernakel, die seremoniële en siviele wette en die militêre prosedures ingesluit.

‘n Baie unieke verhouding tussen die Here en die afstammelinge van Abram is bewerkstellig. Die doel hiervan was om die weg van die komende Verlosser voor te berei.

Dieselde dag.

Joodse oorlewering Koppel hierdie dag aan die eerste dag van die derde maande van die Joodse jaar.

Die reis vanaf Egipte tot hier het ongeveer 45 dae geneem

Sinaiwoestyn

Sommige geleerdes beskou dit wadi er-Raha aan die voet van die berg. Hierdie groot vlakte was die ideale plek om na die afkondiging van die wet te luister.

Wadi Er-Raha is omring deur berge wat ‘n natuurlik amfiteater gevorm het.

Aan die suidoostelike kant is daar loodreg wat as preekstoel vir die afkondiging van die wet kon dien.

Dis so ‘n majestieuse, besielende omgewing waar die wet aan Israel gegee is. Die kombinasie van die vlakte van Wadi er-Raha en die hoogte van die berg het daartoe bygedra dat die beels en klank die hele menigte kon bereik.

Die plek was een van verlatenheid waar die volk heeltemaal alleen met God kon verkeer – weg van enigiets wat hulle aandag van gewyde dinge kon aftrek.

Vir meer as 11 maande sou hulle hier oorbly. Behalwe vir die ontvangs van die wet en die bekragtiging van die verbond, gaan daar geleentheid wees om verdere aandag aan organisasie te gee.

Hier het hulle die geleentheid gekry om oor hulle verantwoordelike teenoor die Here te besin. Dis nodig om tydens oomblikke van rus met God deur te bring.

Paulus het himself ook afgesonder “Na Arabië vertrek. ”Galasiërs 1:17. Is dit moontlik dat hy hier was waar Moses en Elia ook besoek het?

Arabs in the modern sense of the term—the inhabitants of the Arab countries of the Near East, including many who are Arab only in language and culture—were unknown to the writers of the Old Testament.

The Arabia in which Paul spent some time after his conversion (Gal 1:17) is usually believed to be this same Nabataean kingdom, of which Petra was the capital. Gal 4:25 refers to the same country, since the Peninsula of Sinai was included in the area controlled by the Nabataeans. There were many Christians as well as Jews in Arabia and Nabataea. The Christian Arabs of today are descendants of the Christians of the early church period.

WOESTYN-LESS

Ons almal het Sinai’s nodig waar ons in afgesondere stilte God toelaat om vir ons te doen wat Hy vir ou Israel gedoen het. Hy moet ons met die heiligheid van Sy wet en Sy majesteit beïdruk.

Die atmosfeer van die vlakte voor die reuse bergreeks was sodanig dat die volk onweerstaanbaar tot gemeenskap met God verhef kon word.

Die grootsheid van die omgewing was ‘n kommentaar oor die heiligheid van die wet.

Maar as ‘n vrugtelose, barre woestyn, het Sinai ook ‘n boodskap dat ons nie geestelike vrug tot eer van God kan dra nie en ook nie ons eie verlossing kan uitwerk nie.

Jesus het in Johannes 15:5 genoem datons sonder Hom niks kan doen nie.

Vers 2. Hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor die berg laer opgeslaan.

Wat leer die giasme van hierdie teks?

Vanaf Rafidim het Israel in ‘n suid-oostelike rigting na Sinai getrek. Die meeste mense het seker hulle tente in Wadi er-Raha opgeslaan maar dis moontlik dat sommige in die valeie noordoos en wes van die berg opgeslaan het.

Vers 3 Maar Moses het opgeklim na God toe, en die HERE het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:

Verse 3–9 stel die eerste verbond tussen God en Israel voor.

Baie gedagtes moes deur Moses sy brein geflits het want dit was hier dat God Homself in die brandende braambos vertoon het.

En hier in dieselfde omgewing was God gereed om Homself weer aan Sy dienskneg te openbaar. Nie meer ‘n eensame vlugteling nie maar die vername leier van Gods volk.

‘n Vloedgolf herinneringe gryp vir Moses aan terwyl hy die berg uitklim. Ek glo hy het aan die volgende insident gedink:

Eksodus 3:11,12 Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?12 En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou ’n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God dien.



Kan jy hom daar teen die berg met waardigheid en vertroue sien opstap?

Vers 3 So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:

Die huis van Jakob.

Waarom het die Here hierdie paar woorde aan Moses gebring?

Moses moes terugdink aan die beloftes wat aan sy voorouers gemaak is.

Waar is die eerste belofte aan Jakob gemaak?

Genesis 28:12,13 En hy het gedroom—daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.13 En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee

En Moses dink in sy enigheid: “Ons is nou op na die Beloofde Land wat die Here wat die Here aan ons voorouer Jakob beloof het.”

Dink jy die Here sou hierdie belofte weer ‘n keer aan Jakob herhaal het? Ja Hy het. Dit was net voor die dood van sy vrou Ragel.

Genesis 35:12 En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.

Tewyl Moses die steiltes uitklim maal die betroubaarheid van God se beloftes deur sy gedagtes.

Dink jy met kere aan al die mooi beloftes wat God in Sy Woord gemaak het? Dit gee mens moed vir die lewe.

Dis natuurlik vanselfsprekend dat God die initiatief geneem en die verbond voorgestel het want die geavalle mens is nie in ‘n posisie om vir die hemel sekere voorwaardes te wil stel nie.

Die verbond is nie net ‘n uitdrukking van God se sovereiniteit nie maar ook van Sy oneindige genade. Dis Hy wat na die mens op soek is, en nie die mens na Hom nie.

1 Johannes 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Kom ons luister verder na God se gesprek met Moses

Vers 4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.

Dis baie interessant dat God hulle aandag eers op die bewyse van Sy liefde in die verlede vestig, voordat Hy Sy wet verduidelik.

Sodoende sou Hy hulle vertroue wen; hulle geloof in Hom versterk en hulle aanmoedig om Sy wil te doen. Hy wou die toekomstige seëninge bekragtig deur hulle op die seëning van die verlede attend te maak.

God se verlossing van Israel uit Egipte; die wyse waarop hulle die Rooisee gelei het en manna, was ‘n waarborg van wat Hy vir hulle sou doen mits hulle aan Hom getrou sal bly.

Is jy ook met God beïndruk? Hy is so ongelooflik aanbiddingswaardig!

Sonder hierdie liefdeswaarborge sou hulle nie die komende skrikwekkende manifestasies van Sinai kon hanteer nie.

Arendsvlerke

Soos die arend sy kuiken uit die nes haal en hom leer om te vlieg en hom met sy eie lewe beskerm, so het die Here Sy volk uit die Egiptiese nes geneem sodat Hy hulle na die Beloofde Land kon lei. Hy sou hulle op Sy vlerke dra en hulle van gevaar beskerm.

Soos die pieperige, bangerige ou kleintjie op die krag en beskerming van pappa of mamma Arend staatmaak, so moes Israel, hulpeloos en bang vir die toekoms hulle vertoue op die krag van die hemelse Arend plaas.

Deuteronomium 32:11,12 Soos ’n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels – 12 die HERE alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.

Is jy bang? Is jy swak? Die Here wil jou dra en red.

Vers 5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

Pleks van die Hebreërs dwing om Sy verbond te hou, dit was Sy sovereine reg, het Hy hulle genooi om die dinge te doen wat vir hulle vreugde en geluk sou bring.

Is jy beïndruk met die God wat ons dien?

Daar is net een manier waarop ons met God kan wandel en dis deur gehoorsaamheid. Op geen ander voorwaarde kon Hy toestem om hulle God te wees of om hulle Sy uitverkore volk te maak nie.

Die reddened genade van Jesus Christus wat aan alle mense verskyn het (Titus 2:11)neem nie hulle verantwoordelikheid weg mbt die onderhouding van Sy gebooie nie.(Romeine 3:31).

Geloof in die verlossende Christ is onafskeidbaar van die inwonende Christus wat ons instaat stel om Sy gebooie te bewaar (Romeine 8:1–4).

Jesus en die apostels het die beginsel van gehoorsaamheid aan die wet oor en oor beklemtoon.

My verbond.

Die verbond wat die Here met Israel gemaak het word die “ou verbond” genoem. (Heb. 8:13).  Waarom? Omdat Israel nie met die regte gesindheid tot die verbond toegestem het nie.

Hulle het op hulle eie krag staatgemaak om die verbond te onderhou.

Die nuwe verbond leer dat deur geloof in Christus word krag aan die gelowige geskenk sodat hy wet kan onderhou

Die Here het Israel toegelaat om te probeer om die wet te onderhou sodat hulle kon agterkom dat hulle dit nie in eie krag kon doen nie

Hulle fokus moes van selfvertroue na vertrou in God alleen verskuif voordat hulle gehoorsaam kon wees.

Vers 5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

Dis mooi woorde “my eiendom”. Wil jy graag Sy eiendom wees? Hy wil baie graag ook hê dat ons Hom as one eiendom aanvaar.

Jy is vir Hom baie spesiaal. Hy wil jou ‘n erfgenaam van ewige geluk maak. Hy nooi jou om die volheid van Sy vriendkap vir ewig met Hom te kom geniet.

Volgende keer gaan ons meer aangaande God se onverklaarbare, onverdiende liefde vir sondaars soos ek en jy leer. Ons gaan hoor watter ideale Hy vir ons koester.

Was this article helpful?

Related Articles