Die derde oggend, terwyl almal hulle oë op die berg gerig het, was die kruin met ‘n dik wolk bedek Dit het al digter en swarter geword namate dit laer teen die berg afgekom het. Uiteindelik is die hele berg met duisternis en vreeslike geheimsinnigheid omhul
Toe is die geluid van ‘n basuin gehoor wat die mense geroep het om voor God te verskyn; en Moses het hule na die voet van die berg gelei.
Uit die digte duisternis het weerlig geblits en donderslae het tussen die omringende kranse weerklink.
“En die hele berg Sinai het gerook omdat die Here in ‘n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.”
“En die verskyning van die Here se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ‘n verterende vuur op die top van die berg.” Toe het “die geluid van die basuin sterker en sterker geword.”
So vreeslik was die tekens van Jehova se teenwoordigheid dat die hele volk van Israel van vrees gebewe en op hulle aangesigte voor die Here neergeval het. Selfs Moses het uitgeroep: “Ek is verskrik en ek sidder.” Hebreërs 12:21.
Uiteindelik het die donder opgehou en die geluid van die basuin is nie meer gehoor nie; die aarde het stil geword. Daar was ‘n tyd lank ‘n plegtie stilte, en toe word die stem van God gehoor.
Omring van ‘n gevolg van engele het die Here uit die duisternis wat Hom omhul het, gespreek en Sy wet bekend gemaak.In sy beskrywing van die toneel sê Moses:
“Die Here het gekom van Sinai en vir hlle opgegaan van Seïr af; Hy het in die ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tienduisende af; aan sy regterand was vlammende vuur vir hulle. Ja, Hy het die stamme life. Al sy heiliges – hulleis in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvan iets van u uitsprake.” Deuternomium 33:2,3.
Jevoha het Hom nie net in die vreeslike majesteit van die regter en wetgewer geopenbaar nie, maar as die barmhartige beskermer van Sy volk: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.”
Hy vir wie hulle reeds as Leidsman en Verlosser geken het, wat hulle uitgelei en deur die see vir hulle ‘n weg gebaan het en sodoende bewys het dat Hy sterker is as die gode van Egipte – dit was Hy wat nou Sy wet bekend gemaak het.
Die wet is nie destyds uitsluitlik tot voordeel van die Hebreërs bekend gemaak nie. God het hulle vereer deur hulle as die bewaarders van Sy wet aan te stel, maar hulle moes dit as heilige pand vir die hele wêreld bewaar.
Die voorskrifte van die Dekaloog is op alle mense van toepassing en is gegee tot lering en leiding van almal. Tien kort, omvattende, gesaghebbende bevele bevele beskryf die plig van die mens teenoor God en sy medemense; en almal staan op die groot grondbeginsel van liefde gegrond.
“Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.” Lukas 10:27
In die tien gebooie word hierdie beginsel uiteengesit en op alle menslike toestande en omstandighede toepaslik gemaak.
Kom ons kyk versigtig, biddend God se goue voorskrifte vir ‘n veilige en gelukkige lewe:
Ekodus 20:1 TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
Die toneel was gereed vir die afkondiging van die sede wet wat die fundamente gedragskode van ewigheid was.
Niemand sal ontken dat hierdie een die grootste oomblikke in die geskiedenis van die mensdom was nie. Ons kan ook nie ontken dat die mens ‘n behoefte aan so ‘n gedragskode het nie veral asgevolg van hulle sedelike en geestelik verval en hulle geneigdheid tot die verkeerde nie.
Die Dekaloog troon bo alle ander sede en geestelike voorskrifte uit. Dit behels die hele menslike gedragspatroon. Dit is die enigste wet wat die gewete efektief kan beheer.
Hoe het Jesus die tien gebooie beskou?
Matteus 19:16-19 EN daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?17 En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.18 Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê— dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;19
eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Jesus sê hierdie kode is vir elke samelewingis geskik en sal nooit afgeskaf word nie want dit is ‘n uitdrukking van God se wil en Sy karakter. Matteus 5:17,18.
Die teks in Eksodus 31:18 sê iets baie belangriks. God het Sy eers geverbaliseer, gepraat en toe gekodifiseer. Neergeskryf. Voor hierdie dag was die wet net mondelings van een geslag na die ander oorgedra.
En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.
Alhoewel die wet met goddelike gesag gegee is, is dit nie willekeurige nie; dis eerder ‘n uitdrukking van die God se natuur.
Die mens is in die gelykenis van God gemaak om heilig te wees soos Hy heilig is. Die Tien Gebooie is die hemel se standard van heiligheid.
Die geestelike aard van die wet is deur Christus op die berg van salisprekinge gegee.
Die tien gebooie is nie net ‘n uitdrukking van heiligheid nie, maar ook van liefde.
Kyk gerus hoeveel tekse verbind gehoorsaamheid met liefde.
As ons God of ons medemens nie met liefde bejeen nie, is die wet nie vervul nie.
Hoe kan ons ongehoorsaam wees as ons God uit ons harte uit liefhet?
Hoe is dit moontlik om jou goed te steel as ek jou liefhet?
Liefde is die basis van getrouheid teenoor God en die respek vir die regte van my medemens.
Liefde moet altyd die dryfveer wees wat ons tot gehoorsaam lei. Wat sê Jesus, hoe kan ek in Sy liefde bly?
Johannes 15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
Ek wil baie graag in Sy liefde bly. Wat van jou?
Wanneer die sondaar by Jesus uitkom sal hy hom van sy vorige sondige lewenswandel weerhou. Dit was die primêre doel van die wet om in die negatiewe vorm te praat sodat sondars tussen goed en kwaad kon onderskei.
Die herhaaldelike “Jy mag nie” getuig van die teenwoordigheid van die sondige neigings wat verloën moet word.
Jeremia 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken.
1 Timoteus 1:8-10 Ons weet dat die wet goed is as ’n mens dit op die regte manier gebruik. 9’n Mens moet onthou dat die wet nie vir die wetsgehoorsame bedoel is nie, maar vir mense wat hulle nie aan wet en orde steur nie, goddeloses en sondaars, mense sonder eerbied vir wat heilig en gewyd is, dié wat vader of moeder doodmaak, moordenaars, 10ontugtiges, mense wat homoseksualiteit beoefen, ontvoerders, leuenaars, dié wat meineed pleeg of enigiets anders doen wat met die gesonde leer in stryd is
Hierdie negatiewe aanslag impliseer ‘n reuse bevredigende veld van sedelike en geestelike optrede vir die mens en maak karakterontwikkelling moontlik.
Die wet plaas net ‘n verbod op ‘n paar genoemde sondes. Daarteenoor waarborg die wet vir die Christen Vryheid.
Jakobus 2:12 Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak.
Alhoewel die wet miskien eng voorkom, noem David hierdie interessante feit:
Psalm 119:96 Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het,
net u gebod het geen begrensing nie.
Aan alle volmaaktheid het ek ’n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.
Die tien gebooie is op twee kliptafels geskryf om twee morele morele verpligtinge te beklemtoon: ons plig teen God en ons plig teenoo… Matteus 22:34–40
As ons ons plig teenoor ons medemens nalaat, sal ons di took teenoor God nalaat en anders om.
Net die twee kliptafels wat in die verbondsark onder die versoendeksel geplaas is, werp lig op die aard van die verbond wat die Here met Israel gemaak het
Wat het tydens die groot versoendag in die allerheiligste by die verbondsark gebeur?
Die prag van die evangelie in ongelooflik mooi. As ons die wet oortree, sê die versoendeksel dat die bloed wat daarop gesprinkel is, vergifnis skenk.
Dis ‘n geweldige gedagte. Die Wetgewer het vir die wetsoortreders kom sterf en hulle straf op Homself geneem.
Dis seker die grootste insentief om die Wetgewer baie lief te hê en om Hom van ganser harte te gehoorsaam.
Vers 2 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
“Ek is Yahweh,” ‘n naam wat van die werkwoord “om te wees” “om te word”.
Eksodus 3:14 En God sê vir Moses: Ek is wat Ek is. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: Ek is het my na julle gestuur.
Die Naam beteken “die Bestaande Een.”
Johannes 8:58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
Waarom wou die Jode Hom stenig? Hy het vir hulle gesê Hy is die God van die Ou Testament.
Dit was Jesus Christus, die tweede person van die Godheid wat die God van die Israeliete was.
Johannes 1:1-3 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.2 Hy was in die begin by God.3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Dis Jesus wat die wet op Sinai gegee het. Hy noem Homself die Here van die Sabbat.
Vers 2 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
Die wet is temidde donderweer en weerlig afgekondig. Dis asof hierdie klanke ‘n eggo was van die “Jy sal” en “Jy mag nie.”
Die ontsagwekkende aard van die aankondig was ’n vae herinnering aan die komende oordeel.
Maar die wet is terselfdertyd op die inleiding gebou wat sê dat God hulle uit Egipteland, uit die slawehuis uitgelei. Wat ‘n pragtige stuk genade.
Dis ook Hy wat die kosbare beloftes aan Abram, Isak en Jakob gemaak het.
Egipte is simbolies van sonde en Israel se verlossing kan met God se volk vergelyk word wat deur genade verlos is.
Waarom het die Here Israel uit Egipte verlos?
Psalm 105:42-45 Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.43 En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel.44 En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem,45 dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!
Hulle is verlos om Sy insettinge te kon hou. Net so verlos die Here ons vandag van die slawerny van sonde sodat ons Sy gebooie kan bewaar.
Eers verlos die Here Sy kinders uit Egipte en toe vra Hy hulle lojale gehoorsaamheid. En die volgorde is vandag nog dieselfe.
EERSTE GEBOD
Vers 3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Jehova, die ewige, die selfstandige, die ongeskapene wat self die bron en instandhouer is van almal, is alleen geregtig op ons hoogste eerbie en aanbidding.
Die mens word belet om aan enige ander voorwerp die eerste plek in sy liefde en diens af te staan. Alles wat ons koester wat neig om ons liefde vir God minder te maak of in te druis teen die diens wat ons aan Hom verskuldig is daarvan maak ons ‘n god.
Eksodus 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Om op enigiets buiten God staat te maak, is rampspoedig.
TWEEDE GEBOD
Verse 4-6Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Die tweede gebod verbied to aanbidding van die ware deur beelde.
Baie heidennasies sien gesnede beelde as simbole waardeur hulle die Godheid aanbid. Dit is sonde
Om God te probeer voorstel verlaat die mens se konsep van wie Hy regtig is.
As die gedagtes van die oneindige volmaaktheid van God afgetrek word, sal dit na die skepsel liewer as na die Skepper toe aangetrek word. En namate sy begrippe van God verlaag word, sal ook die mens self verlaag word.
“Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God.” Die noue en heilige vervinding tussen God en Sy volk word met die huweliksband vergelyk.
Omdat afgodery geestelike owerspel is, kan Gods afkeur daarvan paslik jaloesie genoem word.
“Wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat.”
Dit is onvermydelik dat die kinders die gevolge van hulle ouers se wandade sal ly, maar hulle word nie weens die ouers se skuldigheid gestraf nie, tensy hulle self aan hyulle sonde meedoen.
Dit geld egter gewoonlik dat kinders in die voetspore van hulle ouers volg. Deur erflikheid en voorbeeld doen die seuns mee aan hulle vaders se sonde.
Sowel verkeerde neigings, verdorwe luste en verlaagde sedes as liggaamlike siektes en ontaarding word as ‘n efnis van die vader aan seun oorgedra tot in die derde en vierde geslag.
Hierdie vreeslike waarheid behoort ‘n plegtige krag te hê om mense van ‘n sondige leweswyse terug te hou.
“En ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.”
Deur die aanbidding van valse gode te belet, beveel die tweede gebod gevolglik ook aanbidding van die ware God. En aan diegene wat Hom getrou dien, word genade belowe, nie net tot die derde en die vierde geslag soos die grimigheid teenoor diegene wat Hom haat nie, maar tot in duisende geslagte.
Volgende keer kyk ons na die res van die goue voorskrifte.
Mag ons die Heilige Gees in ons lewens toelaat sodat ons die vreugde van gehoorsaamheid kan smaak.