Wat ‘n voorreg om oor die wet te lees wat die Wetgewer self afgekondig het.
Die tien gebooie is ‘n uitdrukking van God se karakter. Hoe meer mens dit studeer, hoe meer gaan jy Sy ongelooflik liefdevolle goeie karakter ontdek.
Kom ons kyk net weer na die tweede gebod:
Eksodus 20:4-6 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Gesnede beeld
Waar die eerste gebod die klem op die feit laat val dat daar net een God is en nie baie nie, verduidelik die tweede gebod Sy geestelike natuur. (Johannes 4:24)
Dit wys op God se afkeur van afgodediens en hebsug.
Die tweede gebod is nie noodwendig teen beeldhouwerk en die die skilder van godsdienstige prente nie. Jy hoef nie van jou kinderbybel ontslae of skilderye ontslae te raak nie.
Die pragtige kunswerk van die tabernakel staaf hierdie feit.
Dit veroordeel die sogenaamde aanbidding van godsdienstige beelde en prente wat in so baie lander waargeneem word.
Die veskoning dat die afgode nie aanbid word nie, verminder nie die krag waarmee dit verbied word nie.
Hierdie dinge moet nie net aanbid word nie hulle moet nie eers gemaak word nie.
Afgode is die produk van menslike kuns en dus minderwaardiger as hy en onderskik aan die mens.
Godsdiens is alleen sinvol wanneer ons gedagtes na Iemand groter as onsself verskuif.
Van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Waarom die hemel, aarde en water? Argeologie leer dat heidene hierdie drie bronne vir die maak van hulle afgode gebruik het.
Neerbuig
Die heidene het geglo dat die gode in hierdie beelde gewoon het.
Die beeldhouers was nie hooggeag nie en soms verag. Maar hulle afgodiese handewerk was eerbiedig vereer en aanbid.
Jaloerse God
God weier om Sy glorie met die van afgode te deel. Hy weier die aanbidding van die verdeelde hart.
Jesus sê:
Matteus 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
Wat die misdaad besoek.
Is hierdie ‘n wraagsugtige gees?
Daar moet ‘n verskil gemaak word tussen die uitvloeisel van ‘n sondige optrede en die straf wat asgevolg daarvan toegedien word.
Die Here straf nie iemand vir die verkeerde daad van iemand anders nie.
Elke mens is vir sy eie dade verantwoordelik. Maar terseldertyd meng God ook nie met die wette van oorerflikheid in om die volgende geslag van die oortreding van die vorige geslag te beskerm nie.
So ‘n optrede sou teenstrydig wees met Sy karakter en die beginsels waarvolgens hy met die mens werk.
Dit is uitsluitlik deur die wette van oorerwing wat die Skepper aan die begin ingstel het, dat die ongeregtighede van die een geslag op die volgende neerkom.
Niemand kan geheel en al die gevolge van losbandigheid, siekte, sedeloosheid, en wat ookal van die vorige geslag vryspring nie.
Dis so tragies dat die afstammelinge van afgodedienaars en die nageslag van bose mense die lewe gewoonlik met fisiese en morele agterstand moet begin. Dis die vreeslike oes van die saad wat die ouers gesaai het.
Het ons spreekwoorde wat hierdie waarheid bevestig? Aartjie na sy vaartjie. Die appel val nie ver van die boom af nie.
Omdat ons ‘n goeie en regverdige God dien, kan ons Hom vertrou dat Hy sagkins met elke person sal werk. Hy neem die agterstand van geboorte, oorerwing en die invloed van die vorige omgewing in ag.
Psalms 87:6 Die Here sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.
Lukas 12:47,48 “Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ’n swaar straf kry. 48Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ’n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.”
God se geregtigheid en Sy genade vereis dit. Dis ook baie belangrik dat ons daarna moet streef om oowinnend te leef en elke ooreflike en aangeleerde neiging tot kwaad te verloën.
Die gevolge van misdade waarmee ons “besoek” word, is nie wraaksugtig nie maar om te leer dat die verkeerde pad bring hartseer resultate.
Die wat my haat.
Hoe haat ‘n mens die Here?
Dis die wat, alhoewel hulle Hom ken, weier om Hom te dien. Om die valse gode lief te hê en jou vertroue op enigiets anders as God te plaas, is om Hom te haat.
Those who do so inevitably bring trouble and suffering not only upon themselves but also upon those who come after them.
Ouers wat God hoog ag, ag ook hulle kinders hoog. Die gebruik van die woord “haat” is eie aan die Oosterling en dui op ‘n intense afkeer.
Al wat ons moet doen, om God te haat is om Hom minder lief te hê as wat ons dinge of ander mense liefhet.
Lukas 14:26 As iemand na My toe kom en hy haat (minder lief as vir My)nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
Eksodus 20:6 Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Wat ‘n gedagte! Dis deur gehoorsaamheid dat ons ware liefde teenoor God betoon.
Omdat God liefde is, is Sy handelinge met ons deur liefde gemotifeer. Hy wil nie hê ons moet Hom gehoorsaam omdat ons gedwing voel nie maar omdat ons dit so verkies.
DERDE GEBOD
Eksodus 20:7 Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
Ydellik beteken “verderflik”, “valsheid”, “ydelheid” en “leegheid.”
Om eerbied in te prent is die hoofdoel van die derde gebod wat dan ook op die twee vorige gebooie volg.
Prediker 5:1,2 WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ’n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.2 Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.
Die wat die ware God aanbid en Hom in gees en waarheid dien, sal Sy naam versigtig en met eerbied hanteer.
Ydel taal verkrag nie net die gees van godsdiens nie, maar dui ook op ‘n gebrek opvoeding manierlikheid.
“Immodest words admit of no defence,
For want of decency is want of sense.”
Die derde gebod belet nie net valse ede en gewone vloekwoorde nie, maar dit belet die gebruik van die Naam van Go op sinnige of onverskillige wyse sonder in agneming van sy vreeslike betekenis.
Deur die Naam van God ingedagte in ‘n gesprek te noem, deur ons in geringe dingetjies op Hom te beroep, en deur Sy Naam dikwels en onbedag te herhaal, doen ons Hom oneer aan.
Sy Naam is heilig en vreeslik Psalm 111:9. Almal behoort n ate dink oor Sy majesteit, Sy reinheid en heiligheid, sodat die hart ‘n begrip kan hê van Sy verhewe karakter; en Sy heilige Naam moet plegtig en eerbiedig genoem word.
VIERDE GEBOD
Eksodus 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
Die Sabbat word nie as ‘n nuwe instelling ingevoer nie, maar as iets wat tydens die skepping ingestel is. Dit moet as ‘n gedagtenis aan die werk van die Skepper gevier word. Dit dui God aan as die Skepper van die hemele en die aarde en onderskei die ware God van die valse gode.
Wanneer ons ten volle die gees van die Sabbat ingaan, vind ons ‘n aansporing om die res van die Dekaloog te gehoorsaam.
Die spesiale aandag en toewyding wat ons op hierdie rusdag aan God en dinge van ewige waarde wei, gee ons ekstra krag om die verkeerde dinge te weerstaan waarteen die ander gebooie waarsku.
Die Sabbat vestig ons aandag op die volmaakte wêreld van lank gelede en herinner ons aan die tyd wanneer die Skepper alles weer gaan nuutmaak Openbaring 21:5.
Dit herinner ons ook dat die Here gereed is om Sy beeld in ons te herstel soos wat dit in die begin was.
Op ’n Sabbat kan ons ons aandag van die wêreld afneem en aan dinge laat dink wat ons nader aan God bring. Gedenk die Sabbat.
Die Sabbat kan vir ons ‘n heiligdommetjie in die woestyn van hierdie wêreld word. Hier kan ons vir ‘n tydjie sorgeloos die vreugde van die hemel binnegaan.
As dit goed was om die Sabbat vir sondelose wesens in die paradys te gee, hoeveel te meer is dit nie vir struikelendes wat voorberei om godstad binne te gaan nie
Werk wat gedoen moet word, moet in die eerste ses dae gedoen word. Dit stel ons in staat om rustig met die Skepper van die Sabbat te verkeer.
Verse 9,10 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou diens- kneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Geen gewone werk moet op die Sabbat gedoen word nie. Dit moet aan godsdienstige temas soos aanbidding en diens aan God gewy word. Dit is ook ‘n dag waarop die mens fisies kan rus. Hierdie aspek is van groot belang veral vir die mens wat gedurende die week hard werk om ‘n lewe te maak.
Die Sabbat van die Here
Hierdie gebod verdeel die week in twee dele:
Die eerste ses dae sal jy werk; die sewende sal jy rus.
Waarom die verbod op rus op die sabbat?
Omdat dit die “Sabbat van die Here jou God” is. Die woord beteken rus.
Hierdie verbod neem ons terug na die oorsprong van die sabbat waar dit sê dat God self ook gerus het.
Geen werk nie
Dit verbied nie dade van genade waar lewe en gesondheid op die spel is nie. Jesus het siekmense op die Sabbat genees.
Dit moet heilige rus wees waarin daar omgang met God kan wees.
Diere.
Wat ‘n bedagsame God. Versorging van diere word herhaaldelik in die Ou Testament genoem. Hy het hulle in die ark van Noag versorg en ook na die sondvloed.
Die Here sê dat die diere aan Hom behoort:
Psalm 50:9,10 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.
Wat was een van die die redes waarom Ninve gespaar is?
Jona 4:11 Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter- en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?
Die vreemdeling
Dis die buitelander wat uit vrye wil by Israel aangesluit het.
So lank as wat hierdie gemengde bevolking by Israel gebly het, moes hulle die Here se vereistes van Sy volk nakom.
Vers 11 Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Dis interessant die Jesus self, as die Skepper, op die eerste Sabbat in die wêreld se geskiedenis gerus het self die wet op Sinai afgekondig het.
Diegene wat in Sy beeld herskep is sal graag Sy voobeeld in hierdie en ander sake wil volg.
Die Skepper het nie “gerus” omdat Hy moeg was nie. Sy “rus” was die beëindiging van Sy voltooide skeppingswerk.
Dit was ‘n rus in soete gemeenskap met Sy skepsels.
Die Here se Sabbatsrus is ‘n voorbeeld wat Hy vir ons gestel. Hebreërs 4:10 Want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
Die Sabbat was vir die mens gemaak (Markus 2:27) om die behoefte, wat oorspronklik gees was te vervul. Met die sondeval het ook ‘n fisiese dimensie aangeneem.
Een van die redes waarom die Israeliete uit Egipte verlos is, was om die Sabbat te kon vier. Hulle slawearbeid het die onderhouding van die dag baie moeilik gemaak.
Volgende keer gaan ons na die ander goue kodes kyk wat by Sinai vir ons gegee is. Mag die Here self ons met krag besiel sodat ons gehoorsaamheidsvreugde kan geniet.