Sinai 5

Leef jou ouers nog. Was hulle foutloos? Het hulle jou teleurgestel? Is jy van jou ouers verveemd? Sit jy met wrokke? Het hulle vir jou omgegee? 

Wat leer die Bybel ons aangaande ons gesindheid teenoor ons ouers of hulle nou goed of sleg was?

Vers 12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Die eerste vier gebooie het ons plig teenoor die Here geskets, die laaste ses handel oor ons plig teenoor ons medemens.

Ouers is geregtig op ‘n mate van liefde en agting wat geen ander person toekom nie. God self, wat hulle verantwoordelik hou vir die siele wat aan hulle sorg toevertrou is,het bepaal dat die ouers gedurende die vroeë lewensjare van hulle kinders in die plek van God teenoor hulle staan.

Wie dus die regmatige gesag van sy ouers verwerp, verwerp die gesag van God.

Die vyfde gebod verg van die kinders nie net agting, onderdanigheid en gehoorsaamheid aan hulle ouers nie, maar hulle word ook gebied om hulle lief te hê, tederlik te bejeën, om hulle sorge te verlig, oor hulle goeie naam te waak en om hulle in hulle ouderdom te onderhou en te troos.

Dit skryf ook voor dat hulle agting moet hê vir hulle predikante en regeerders en ander wat God met gesag beklee het.

Die apostel sê: “dit is die eerste gebod met ‘n belofte.” Efesiërs 6:2. Vir die Israeliete wat op die punt gestaan het om die land Kanaän binne te gaan, was dit vir die gehoorsames ‘n belofte van ‘n lang lewe in daardie goeie land; maar die betekenis strek veel wyer om die ganse Israel van God in te sluit, en dit behels ook die belofte van die ewige lewe op die aarde nadat dit van die vloek van die sonde bevry sal wees.

Eksodus 20:13 Jy mag nie doodslaan nie

Elke onregverdige daad wat geneig is om die lewe te verkort: ‘n gees van nyd en wraaksug of toegewing aan enige drif waardeyur ‘n ander benadeel word of wat ons selfs laat begeer om hom seer te maak (want “elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar”); ‘n selfsugtie nalatigheid in die versorging  van hulpbehoewendes of lydendes;

elke buitensporigheid of onnodige onthouding of oordadige werk wat neig om die gesondheid te benadeel  – al hierdie dinge is ‘n kleiner of groter mate ‘n oortreding van die sesde gebod.

Vers 14 Jy mag nie egbreek nie.

Hierdie gebod belet nie net die onkuise dade nie, maar ook die sinlike gedagte en begeertes of enige gebruik wat dit aanmoedig.

Kuisheid word nie net vir die uiterlike lewe geverg nie, maar ook vir die geheime bedoelinges en gevoelens van die hart. Christus wat geleer het hoe verreikend die verpligtinge van die wet van God is, het verklaar dat die bose gedagte of blik net so sondig is as die onwettige daad.

Vers 15 Jy mag nie steel nie.

Hierdie gebod geld vir sowel geheime as openbare sondes. Die agste gebod belet mensediefstal en slawehandel en dit belet roofsugtige oorloë. Dit veroordeel diefstal en rowery. Dit vereis die strengste onkreukbaarheid in die geringste lewensake.

Dit vereis dat regmatige skulde en lone betaal moet word. Dit deel ons mee dat elke poging om munt te slaan uit die onkunde, swakhjeid of ongeluk van ‘n ander in die beoeke van die hemel as bedrog opgeteken staan.

Vers 16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

Hierdie gebod kan op ‘n openbare manier by ‘n valse getuie in die hof oortree word.

Eksdous 23:1 Jy mag nie skinderstories versprei nie. Jy mag nie met ’n misdadiger saamwerk en in sy guns vals getuienis lewer nie.

Meineed, vals sweer was nog altyd as ‘n ernstige oortreding gesien en swaar strawwe is gegee.

In Atene is dit ‘n swaar boete opgelê en na drie oortreding het jy al jou siviele regte verbeur.

In Rome het die wet van die Twaalf Tafels (konstitusie van die Romeinse republiek) oortreders kop onstebo van did Tarpeiaanse Rots (langs die Forum) afgestamp.

As jy in Egipte valse getuienis gegee het is jou neus en ore afgesny.

Hierdie gebod word ook oortree wanneer ek slegpraat van ander en hulle karakter en reputasie skaad.

Dis so maklik om valse getuienis van ons medemense te gee. Ons weet mos nie regtig alles wat in iemand se aangaan nie.

Vra die Here om liewer ‘n jammerte in jou hart teenoor mense te sit wat jou te na gekom het as om hulle aftebreek.

Ons breek ook die gebod wanneer ons stilbly as iemand ‘n onskuldige mens beskinner. Deur die optrek van ons skouers of ons wenkbroue kan ons valse getuies gee.

‘n Valse voorstelling van enige saak, elke poging om ‘n ander om die bos te lei, word hierby ingesluit. Valsheid beteken die bedoeling om te mislei.

Deur ‘n blik van die oog, ‘n beweging van die hand of ‘n uitdrukking aan die gesig kan ‘n leuen net so maklik vertel word as metr woorde.

Elke opsetlike oordwying, elke wenk of aantyging wat bedoel is om ‘n verdeerke of oordrewe indruk te maak, sels as mens die waarheid vertel met die doel om ‘n verkeerde indruk te skep, al hierdie dinge is leuens.

Hierdie gebod belet elke poging om ‘n ander se goeie naam te skend deur wanvoorstelling of kwade vermoedens, deur laster of skinderstories. Selfs doelbewuste onderdrukking van die waarheid, wat ander tot nadeel kan strek, is ‘n oortreding van die negende gebod. PP 309

Vers 17 Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ’n slaaf of slavin, ’n bees of ’n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

Die tiende gebod raak die wortel van alle sonde deur die selfsugtige begeerte te belet waaruit die sondige daad gebore word.

Hy wat gehoorsaam aan die wet van God is, waak teen die sondige begeerte vir iets wat aan ‘n ander behoort.

Hy sal hom nie skuldig maak aan ‘n veerkeerde daad teenoor sy medemens nie. PP 309

Die tiende gebod is byvoegend tot die agste gebod wat diefstal belet want begeerlikheid is die grond waaruit diefstal groei.

Die tiende gebod raak aan die wortel van die ander nege. Dit verteenwoordig ook ‘n beslisde voorsprong bo die moraliteit van die enige van die ander antieke kodes.

Meeste wette kyk nie dieper as net die daad nie, en min van hulle neem begeerlikheid in berekening.  Geeneen van hulle neem dit in berekening nie.

Die Bybel se tiende gebod penetreer die motiewe van elke uiterlike daad.

Dit vertel ons dat God na die hart kyk. Hy is minder besorgd oor die uiterlike daad as wat Hy met die gedagtes is waaruit die dade spruit.

Dit bevestig die beginsel dat elke gedagte onder die jurisdiksie van God se wet staan en ons word net so verantwoordelik daarvoor gehou is vir ons dade.

Elke vergeerde gedagte wek ‘n verkeerde beeerte wat mettertyd aan ‘n verkeerde daad geboorte gee.

Spreuke 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal bepaal bepaal jou hele lewe.

‘n Man kan hom van owerspel weerhou net omdat dit sy stand in die gemeenskap raak. In die oë van die hemel staan hy net so skuldig asof hy die daad gepleeg het.

Matteus 5:27,28 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ 28Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.

Hierdie gebod openbaar die waarheid dat ons nie noodwendige hulpelose slawe van ons verkeerde drange is nie.

Die woorde: Jy mag nie begeer nie” verwys na ‘n mag, ons wil, wat onder die beheer van Christus onderdruk kan word. Ons het ‘n keuse. Kom ons maak daarvan gebruik.

Die tiende gebod som die Dekaloog op deur te bevestig dat die mens ‘n vrye morele wese is.

Eksodus 20:18 Toe die volk die donderslae en die klank van die ramshoring hoor, en die weerligte en die rook op die berg sien, het hulle van angs gebewe en op ’n afstand bly staan.

Verse 19,20 Hulle sê toe vir Moses: “Praat jý liewer met ons, en ons sal luister. Moet tog nie dat God met ons praat nie, want dan sal ons sterf.” 20Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. Hy wil hê julle moet ontsag hê vir Hom en nie sondig nie.”

Moses het hulle kalmeer en verduidelik dat God besig om Sy majesteit en krag aan hulle te openbaar wat hulle in hulle stryd teen sonde sou help.

Die Israeliete het nog nie ‘n sinvolle beeld van God gehad nie en gevolglik was dissipline en vrees nodig totdat hulle gereed was om die sagte stem van liefde kon waardeer.

Vers 21 Die volk het op ’n afstand bly staan, maar Moses het nader gegaan na die donker wolk waarin God was.

In teenstelling met die vrees van sy mede Israeliete wat hulle van God weggedryf het, het Moses aangetrokke tot God gevoel. Hy het die vrymoedigheid en geloof gehad want Hy het God geken.

Waar die Here was, daar wou Moses wees. Dan is daar die ander wat asgevolg van hulle sondige lewe van Hom onttrek. Dan is daar die opregtes van hart wat gemeenskap met die Here as hulle grootste vreugde beskou.

Psalm 42:2,3 Soos ’n hert wat smag na Waterstrome, so smag my siel na U, o God!3 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?

Die oortreders van die wet sien God dikwels as “’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.” Romeine 13:4 en ook as “verterende vuur” Hebreërs 12:28. Maar hulle laat na om die sagter karaktertrekke van hulle hemelse Vader te sien: “barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou” Eksodus 34:6

Hoe sien jy Hom?

Eksodus 20:22 Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.

Met hierdie vers begin die “Boek van die verbond” wat in hoofstuk 23 eindig.

Dit is verduideliking van die beginsels wat in die dekaloog opgesluit is en bevat verskillende siviele, sosiale en godsdienstige wette.

Moses het hierdie wette net na die tien gebooie ontvang en dit in ‘n boek geskryf, getitel: “Die boek van die verbond” wat as heilig beskou is.

Net soos die Dekaloog is die eerste en belangrikste wette die wat met die aanbidding van God te make het, verse 23-26

Dan volg die wette wat die reg van mense beskerm (21:1–32).Dit begin  met die regte van slawe eindig met die vergoeding wat vir beserings aan mens en dier gemaak het.

Die derde afdeling het met die regte van eiendom te make (21:33 tot 22:15)

Die res van die “boek” handel oor verskillende wette waarvan sommige met goddelike en menslike sake handel. Dit het met die burgerlike organisasie van die staat te make.

Raai hoeveel wette is opgeneem? 70 verskillende wette.

Eksodus 20:22 Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.

Dis ‘n belangrike herinnering dat die Outeur van die siviele wette Een en dieselfde is as Hy wat te midde van donders die Tien Gebooie op Sinai afgekondig het.

Vers 23 Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.

Waarom die herhaling van die tweede gebod? Politeïsme was aan die orde van die dag.

Die maak van die goue kalf toe hulle gedink het Moses het hulle verlaat, spreek van die waarheid van hierdie afgodsdiens feit. hoofstuk 32.

Johannes 4:25 sê God is Gees. Alhoewel hulle nie toegelaat is om Hom te sien nie, het hulle Sy stem gehoor.

Deuteronomium 4:12 En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het ’n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie net ’n stem was daar.

Verse 24 ’n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.

In antieke tye het hulle altare vir godsdiensdoeleindes gebruik. Met kere is hulle van grond of klippe gemaak. Hulle moes met hierdie gebruik aangaan, want deftige altare van gekapte klip kon hulle tot afgoderey lei.

Alhoewel Israel vir baie jare nie toegelaat is om in Egipte te offer nie, het hulle daarna uitgesien om dit tog eendag te kon doen.

Dit was vir hierdie rede dat hulle vir die farao toestemming gevra het om in die woestyn te gaan offer.

Die brandoffer het persoonlike toewyding gesimboliseer (Levitikus. 6:8–13; Psalm 51:16–19). 

Die spysoffer het gemeenskap met God vernuwe en het dankbaarheid getoon. (Levitus 7:11–34)

Alhoewel ons nie meer fisiese offers bring nie, kan ons nog geestelike offer selfoorgawe, ‘n gebroke gees en vreugde en danksegging bring.

Vers 25 Maar as jy vir My ’n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.

Ingeval Israel ‘n meer blywende en imposante altaar wou bou, nieteenstaande die vorige opdragte nie, moes dit nog steeds met ongekapte in hulle natuurlike staat wees.

God verbied oordadige opgesmukte altare wat tot afgodery kan lei.

Die eenvoudige altaar is ‘n uitdrukking van God se wil. Wanneer jy daarop wil verbeter, word dit ‘n uitdrukking van die een wat dit wou verbeter.

Die altaar van self is nie die altaar van God nie. Offers wat daarheen gebring word mag die aanbidder bevredig maar nie vir God nie.

Ons gebede staan ‘n beter kans om die hemel te bereik as dit van verootmoedige hart kom.

Jesaja 66:2 Ek slaan ag op die mens in nood. Op dié een wat berou het oor sy sonde.

Verse 26 “Julle mag nie met trappies na my altaar toe opklim nie, sodat julle julle nie by my altaar ontbloot nie.”

Die volledige instruksies wat God aan Israel aangaande die wyse van aanbidding gegee het, dui daarop dat niks vir Hom onbelangrik is nie.

Kom ons kyk hoe liefdevol en hoe deeglik ons al God se voorskrifte kan nakom. Kom ons lig die standaard tot nuwe geestelike hoogtes.

Volgende keer gaan ons dieper en dieper aangaande God so ongelooflike liefde vir gevalle sondaars soos kyk.

Was this article helpful?

Related Articles