1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Sonder ‘n Bruilofskleed – Gelykenis 27

Sonder ‘n Bruilofskleed – Gelykenis 27

AFDELING (D) KARAKTERVERANDERING

Die belangrike noodsaaklikheid van Jesus se geregtigheid

En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. Matteus 22:1-3

Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. Matteus 22:4,5

En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Matteus 22:6-8

Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. Matteus 22:9-11

En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Want baie is geroep, maar min uitverkies. Matteus 22:12-14

Die gelykenis van die bruilofskleed verwys na ‘n stuk ontsettende belangrike waarheid. Deur die huwelik word die vereniging van die mensheid met godheid voorgestel. Die bruilofskleed stel  die karakter voor wat almal moet besit wat as geskikte gaste by die bruilof gereken sal word.

In hierdie gelykenis, soos in dié van die groot maaltyd, sien ons die Jode se verwerping van die evangelie en die uitnoding vir die heidene om dit te aanvaar. Maar die belediging van die verwerpers is ontdettende groot en hulle straf, hartverskeurend. Hoe belangrik is die uitnodiging na die fees van die koning?

Dit kom van Iemand wat met mag beklee is. Dit gaan met groot eer gepaard en tog word dit nie waardeer nie. Die koning se gesag word geminag. Hoewel die gelykenis van die huisheer se uitnodiging met onverskilligheid bejeën is, word die koning s’n met belediging en moord begroet. Hulle het sy diensknegte eers met veragting mishandel en toe daarna doodgemaak.

Die huisheer het die verwerpers van sy uitnoding nie toegelaat om sy smaaklike maaltyd te kom geniet nie. Maar die wat die koning se uitnodiging verwerp het, word meer as net die uitsluiting van sy tafel ontvang. Hy het sy leërs uitgestuur en die moordenaars vernietig en hulle stad verbrand.

In albei gelykenisse word die fees vir die gaste voorberei. Maar by die tweede moet voorbereiding vir die fees getref word. Vir die wat dit nie doen nie, word daar meer as net uitgelsuiting toegepas. Hulle word uigewerp.

En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Matteus 22:11-13

Die dissipels is na hierdie fees van Jesus genooi. Eers het Hy 12 uitgestuur en toe later weer 70. Hulle het verkondig dat die koninkryk van God is op hande en mense is uitgenooi om tot bekering te kom en die goeie nuus van die evangelie te aanvaar. Maar uitnodiging is ongelukkig verwerp.

Die mense wat na die fees uitgenooi is, het nie gekom nie. “Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.”

Dit was die boodskap wat aan die Jode na die kruisiging van Jesus verkondig is. Maar die mense wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle die uitverkore volk was, het die Geesvervulde uitnodiging verwerp. Baie het dit selfs spottend verwerp.

Sommige was so woedend oor die uitnodiging  van verlossing en vergifnis omdat hulle die God van heerlikheid verwerp het dat hulle op die boodskappers toegesak het. “En daar het… ‘n groot vervolging ontstaan.” Handelinge 8:1. Mans sowel as vrouens is in die tronk gegooi. Ander soos Stefanus en en Jakobus het met hulle lewens geboet.

So het die Jode hulle verwerping van God se genade verseël. Jesus het die gevolge in die die gelykenis voorspel. Die koning het sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. Wanneer is die profesie vervul?

Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. Matteus 22:8-10

Verskillende soorte mense het die fees bygewoon. Sommige het niks meer agting vir die gasheer gehad as die wat die uitnodiging verwerp het nie. Die eerste genooides kon dit nie bekostig om enige wêreldse bates prys te gee net om die koning se maaltyd by te woon nie. Van die ander genooides het net gekom om te kyk wat hulle uit die fees kon kry. Hulle het gekom om die ete te te geniet, nie om koning te vereer nie.

Toe die koning instap om ondersoek in te stel, is die ware karakter van die gaste geopenbaar. Vir elke gas was daar ‘n bruilofskleed beskikbaar. Dit was ‘n persoonlike geskenk van die koning. Deur dit aan te trek, het hulle hulle respek en waardering vir die gewer van die fees betoon.

Maar een van die mans het sy gewone klere aangehad. Hy het geweier om voorbereidings vir die fees te maak wat die koning van die gaste verwag het. Hy het die dienskneg by die deur met die kleed aanstoot gegee.

En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Matteus 22:11,12

Hy het die koning aanstoot gegee. Op die koning se navraag: “Hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan?’’ het hy arrogant opgetree en dit nie nodig geag om eers die koning te antwoord nie. Deur se onbeskofte gedrag het hy homself gediskwalifiseer om ‘n gas by die koning se fees te wees.

Die ondersoek van die gaste by die fees, stel die oordeelswerk voor. Die gaste by die fees stel mense voor wat daarop aanspraak maak dat  hulle God dien en glo dat hulle name in die boek van die lewe opgeskryf is.

Maar nie almal wat voorgee dat hulle Christene is, is ware disippels nie. Voordat die finale beloning gegee word, moet daar besluit word wie in die erfenis van die regverdiges gaan deel. Hierdie besluit moet voor die wederkoms van Jesus gemaak word. Hoekom? Want wanneer Hy kom, is Sy beloning met om “om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.” Openbaring 22:12. Voor Sy koms, sal die karakter van elke mens getoets word om vas te stel hoedanig hulle geestelik toestand is, sodat hulle beloning volgens hulle dade sal geskiet.

Dit is terwyl ons nog op die aarde lewe dat die ondersoekende oordeel in die hemel plaasvind. Die gedrag van al die Here se belyde volgeling word deur Hom in oënskou geneem. Almal word volgens hulle gedrag in die boeke van die hemel ondersoek en daarvolgens word hulle lotsbestemming vir finaal beslis.

Die bruilofskleed in die gelykenis stel die rein, vlekkelose karakter van Jesus se ware volgelinge voor. Aan die kerk word gegee “om bekleed te wees met rein en blink fyn linne.” Openbaring 19:8. “Sonder vlek of rimpel of iets dergeliks.” Efesiërs 5:27. Dit geregtigheid van Jesus, Sy onbevlekte karakter wat deur geloof aan elkeen gegee word wat Hom as hulle persoonlike Verlosser aangeneem het.

Die wit kleed van onskuld is deur ons voorouers gedra toe hulle in die heilige Eden deur God daar geplaas is. Hulle het in volkome ooreenstemming met die wil van God geleef. Al hulle krag en al hulle liefde was aan hulle hemelse Vader toegewy.  ‘n Sagte lig, die van God het hulle omvou. Hierdie kleed was ‘n simbool van hulle geestelike onskuld. Al hulle getrou aan God gebly het sou hulle vir altyd hierdie hemelse kleed gedra het.

Maar toe sonde ingetree het, het hulle hulle kontak met God verloor en die lig wat hulle omstraal het, het verdwyn. Hoe tragies. In hulle naakte skaamte het hulle hulle met vyeblare probeer bedek.

Dit is wat die wetsoortreders van God se wet oor die eue heen gedoen het. Hulle het vyeblare gebruik om hulle oortreding te bedek. Hulle het die klere van hulle eiegeregtigheid aangetrek om hulle sondes to probeer verdoesel om by God aanvaarbaar te wees. Maar dit is ‘n onmoontlikheid wat hulle probeer doen.

Daar is niks wat ons kan doen om die verlore kleed van onskuld te vervang nie.  Geen vyeblaar bedekking, geen aardse bedekking kan deur mense aangetrek wordwat by die feesmaal van die Lam kom aansit nie.

Dis uitsluitlik die bedekking wat Jesus self voorsien, wat ons toelaat om in die Here se teenwoordigheid te verskyn. Hierdie bedekking, Jesus se eie geregtigheid, sal aan elke berouvolle gelowige sondaar voorsien word.

Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.  Openbaring 3:18.

Hierdie kleed, geweef in die hemel, besit nie ‘n enkel draad van menslike betrokkenheid nie. Christus in Sy mensheid het ‘n volmaakte karakter ontwikkel en Hy skenk dit aan ons.

Jesus definiëer sonde asvolg: “Sonde is wetteloosheid.” 1 Johannes 3:4. Jesus het die wet volkome uitgeleef en Hy sê van Homself:  “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.” Psalm 40:8. Op aarde het Jesus gesê: “Ek die gebooie van my Vader bewaar.” Johannes 15:10.

Wanneer ons onsself aan Christus toewy, word ons hart met Sy hart verenig, ons wil word met Sy wil saamgesnoer, Sy gesindheid word ons gesindheid, die verstand word een met Sy verstand, ons gedagtes word deur Hom in gevangenskap geneem. Ons leef sy lewe. Dit is wat dit beteken om met Jesus se geregtigheid beklee te wees.

Wanneer die Here dan na ons kyk, sien hy nie ons patetiese verlepte vyeblaarklere nie. Hy sien nie hoe sonde ons misvorm en skandelik naak gelaat het nie. Hy sien Sy eie kleed van geregtigheid wat volkome gehoorsaamheid aan die heilige wet van God is.

VOLGENDE KEER

Meer aangaande die ondersoekende oordeel.

Waarom was dit nodig vir die koning om die gaste te ondersoek?

Hoe kan ons seker maak dat ons deel van God se ewige koninkryk van vredevolle geluk kan wees?

Was this article helpful?

Related Articles