1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Soos Suurdeeg – Gelykenis 26

Soos Suurdeeg – Gelykenis 26

AFDELING (D)

Die groei van die koninkryk van die hemel. Krag van bo wat in die hart geplant word, verander die lewe. Die gelykenis is op Matteus 13:33; en Lukas 13:20, 21 gebaseer.

Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.” Matthew 13:33.

Hoor wat skryf Lukas: Verder het Hy gesê: “Waarmee kan Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat ‘n vrou geneem en in twintig kilogram meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.” Lukas 13:20,21

Geleerdes, invloedrykes en   nuuskieriges en die gewone mens het na die profeet van Galilea kom luister. In hierdie groot menigte was daar alle klasse van die samelewing; armes, bedelaars, ongeletterdes, krimineles, immoreles, en sakemanne. Almal het om Jesus saamgedrom om te luister .

Terwyl geleerdes die besondere byeenkoms opsom, vra hulle vir hulleself die vraag: Is die koninkryk van God uit sulke materiaal saamgestel? Jesus het hulle skeptisisme deur middel van ‘n gelykenis aangespreek. “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.” Onder die Jode was suurdeeg met tye ook as simbole van sonde gesien. Tydens die paasfees moes die mense suurdeeg uit hulle huise verwyder soos wat hulle sonde uit hulle harte sou verwyder.

Jesus het Sy disippels gewaarsku “Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.” Lukas 12:1. Paulus verwys na die “suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde.” 1 Korintiërs 5:8.

Maar in Jesus se gelykenis stel die suurdeeg die koninkryk van die hemel voor. Dit illustreer die lewegewende krag van God in die lewe van ‘n sondaar. Niemand het so laag geval dat God hulle nie sal kan help nie. Die verlore beeld van God kan in elke mens herstel word as hy of sy die Heilige Gees toelaat om hierdie werk in hulle harte te doen. Bid asb dat die Here dit in jou hart sal doen.

Die verandering kan nie deur ons wil plaasvind nie. Ons besit nie die krag om die verandering te weeg te bring nie. Die suurdeeg, iets van buite onsself, moet in die meel van ons harte geplaas word om daardie verandering te bewerkstellig.

Die genade van God moet deur die sondaars aanvaar word voordat hulle vir die koninkryk van glorie gereed sal wees.  Al die opvoeding en al die kultuur van die wêreld het nie die krag om ‘n gevalle kind van sonde ‘n kind van die hemel te maak nie.

Almal wat gered sou word, hoog of laag, ryk of arm, moet hulle aan die werking van hierdie mag onderwerp. Soos die suurdeeg, wanneer dit met die maaltyd gemeng word, van binne na buite werk, so is dit deur die vernuwing van die hart dat die genade van God werk om die lewe te transformeer.

Die vernuwende energie moet van God af kom. Die verandering kan uitsluitlik deur die Heilige Gees gemaak word. Elkeen wat gered wil word, moet aan die invloed van hierdie mag onderwerp word. Soos wat suurdeeg met die meel meng en van binne na buite werk, so ook by die vernuwing van die hart. Die genade van God vernuwe ons lelike lewe in ‘n mooi lewe. Dis nie meer nodig om eksterne verandering aan te bring om in harmonie met God te wees nie.

Daar gaan niks met die broodmeel gebruik as jy dit net so los nie. Die mied sal oorneem. Maar as jy die suurdeeg inwerk, gaan daar ‘n wonderwerk gebeur. Daar is baie wat probeer om slegte gewoontes te versaak. Hulle hoop om op hierdie manier kinders van die Here te word, maar hulle begin op die verkeerde plek. Ons moet by ons hart begin. Om te bely is een ding, maar om die waarheid in die siel te besit, is ’n heel ander saak. ‘n Blote kennis van die waarheid is nie genoeg nie. Ons probeer om die gebooie van God te bewaar omdat dit van ons verwag word, maar dit sal net ‘n las sonder vrede wees.

As gehoorsaam vir ons ‘n las is en dit met ons sondige neigings bots, moet ons weet iets is verkeerd.  Ware gehoorsaamheid is die gevolg van beginsels wat op die hart gegrafeer is. Dit onstaan uit ‘n liefde vir geregtigheid en ‘n liefde vir die wet van God. Die aard van al ons geregtigheid, is ons diepe lojaliteit aan ons dierbare Verlosser.

Om die regte ding te wil doen omdat dit reg is en omdat dit die hart van God blymaak is ‘n belangrike insentief. Dit gaan oor Hom en nie oor my nie.

Die groot waarheid van bekering deur die werking van die Heilige Gees kan in Jesus se gesprek met Nikodemus gesien word. Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Johannes 3:3

Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. Johannes 3:6-8

Paulus wat oor die Heilige Gees skryf, het die volgende geskryf:

Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.  Ephesians 2:7-9

Die suurdeeg wat in die meel versteek is, werk onsigbaar om die hele massa onder sy rysproses te bring. So ook werk die suurdeeg van waarheid stil en ongemerk om die hart te verander. Dit onderdruk verkeerde neigings. Nuwe gedagtes, nuwe emosies en nuwe motiewe word in die hart gevestig.

Die nuwe karakter is die lewe van Jesus. Die verstand word ten goede verander; nuwe fisiese, geestelike en verstandelike vermoëns maak hulle verskyning. Die mens word nie met nuwe vermoëns toegerus nie, maar die vermoëns wat hy het is nou geheilig. Die gewete word meer sensitief. Ons word met karaktertrekke toegerus wat ons in staat stel om God te dien.

Dikwels ontstaan ​​die vraag: Waarom is daar dan so baie wat beweer dat hulle God se Woord glo? Maar mens kan nie die verandering in hulle taalgebruik, hulle gesindheid en hulle karakter gesien word nie?

Waarom is daar so baie wat nie teenkanting teen hulle doelwitte en planne kan vat of verdra nie. Mense wat ‘n onheilige humeur openbaar en wie se woorde bars, aanmatigend en beledigend passievol is?

Dieselfde eieliefde word gesien, dieselfde selfsugtige ontoegeeflikheid, dieselfde humeur en snydende woorde wat in die lewe van die wêreldling gesien word. Daar is dieselfde kruitjie roer my niet, dieselfe sensitiewe valse hoogmoed en trots, dieselfde toegee aan natuurlike drange, dieselfde perverse karakter, wat mens by die onbekeerde sien. Die rede is dat hulle nie bekeer is nie. Hulle het nie die suurdeeg van die Heilige Gees, die suurdeeg van waarheid toegelaat om in hulle harte te werk nie.

Hulle natuurlike en aangeleerde neigings tot sonde was nog nooit aan die veranderende krag van die Heilige Gees onderwerp nie.

Hulle lewens openbaar die afwesigheid van die Here se genade in hulle harte. Hulle glo nie dat die Here die krag het om die goeie veranderings in hulle lewe kan maak nie. Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Romeine 10:17. Die Woord van die Here is die medium waardeer die karakter verander word. Jesus het gebid: “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” Johannes 17:17 

Wanneer ons iets in die Bybel lees en dit uitleef, begin die Woord van God om elke onheilige drang in ons lewens te onderdruk. Die Heilige Gees oortuig ons van sonde. Die geloof wat dan in ons harte ontstaan, werk deur liefde om ons geheel en al in Sy beeld te omskep. Dis dan wanneer die Here ons kan gebruik om Sy wil te doen. Die krag wat aan ons gegee is, werk van binne na buite. Dit stel ons in staat om die waarheid wat ons ontvang het met met ander mense te deel.

Die waarheid van die Woord van God voorsien in ons groot praktiese behoefte, die wederge-boorte van die mens deur geloof. Moenie vir ‘n oomblik dink dat hierdie beginsels te rein en heilig is om te bereik nie. Dit is waarhede wat na die hemel reik en die ewigheid omsluit. En tog moet hulle kragtige invloed in die mens se ervaring verweef word. Soos suurdeeg moet hulle dwasdeur die deug werk, dit moet  elke aspek van ons lewe beïnvloed.

Wanneer ons die suurdeeg van die Heilige Gees in ons lewe toelaat, sal dit ons impulse en begeertes reguleer. Dit sal ons gedagtes suiwer en van ons aangename, vriendelike en liefdevolle mense maak. Dit verhelder ons verstand gee lewenslus. Dit vergroot ons kapasiteit van meegevoel en om lief te hê.

Die wêreld beskou dit as ‘n wonderwerk wanneer iemand so geesvervuld kan wees.  Die selfsugtige gierigaard leef net om rykdom, eer en plesier op aarde te geniet. Die heerlike hiernamaals met ewige vrede en vreugde kom nie by hom op nie. By die volgelinge van die Here is hierdie dinge nie ‘n obessie nie. Hulle sal selfverloënend vir Hom werk. Hulle sal alles in hulle vermoë doen om mense wat sonder hoop is van Jesus die Verlosser te vertel.

Omdat hierdie mense die ewigheid in gedagte hou, kan die wêreld hulle nie mooi verstaan nie. Die liefde van Jesus met sy verlossende mag het in hulle harte gekom. Hierdie liefde transendeer elke ander motief en plaas die een wat dit besit ver bo die korrupte invloed van hierdie wêreld.

Die Woord van die Here moet ‘n reinigende uitwerking op elke mens hê met wie ons in aanraking kom. Die suurdeeg van waarheid verdryf alle ambisies van wedywering en die begeerte om belangrik te wil wees. Ware hemelse wedergeboorte is nie selfsugtig of veranderlik nie. Dit is nie van mense se komplimente afhanklik nie.

Die hart wat die genade van God ontvang loop oor van liefde vir God en vir die mense vir Hy gesterf het. So ‘n hart streef nie om erkenning te ontvang nie. So iemand is nie vir ander mense lief omdat hulle hom of haar liefhet en komplimenteer nie, maar omdat hierdie mense Jesus se duurgekoopte besitting is.

Wanneer hy of sy se motiewe, woorde of optrede uit verband geruk word, neem hulle nie aanstoot nie, en gaan maar net eenvouding sy of haar gewone gang. Hy is aangenaam en bedagsaam, beskeie en nederig; tog vol geesdrif en hoop. Hy vertrou gedurigdeur op God se genade en liefde.

Petrus maan ons: “Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.” 1 Petrus 1:15,16

Die genade van die Here moet ons humeur en ons stemintonasies beheer.

Die Heilige Gees se teenwoordigheid in ons lewens sal in ons taktvolle, bemoedigende en liefdevolle omgee vir mekaar gesien word. Daar sal engelteenwoordigheid in ons huis wees. Die soet parfuum van ons lewens sal soos heilige wierook wees wat na God opstyg. Liefde word in vriendelikheid, teerheid, verdraagsaamheid en lankmoedigheid geopenbaar.

Die voorkoms verander. Jesus in die hart getuig van die vreugde om die Here lief te hê en Sy gebooie te bewaar. Die soete vrede van die hemel straal uit hulle optrede. ’n Gewoonte van sagmoedigheid is aangekweek, iets meer as menslike liefde.

Die suurdeeg van waarheid verander die hele mens, onverfyndheid raak verfynd, onbeskoftheid maak plek vir hoflikheid, selfsug verander in onseltsugtige vrygewigheid. Die vuil besodelde mens word silwerskoon in die bloed van die Lam gewas. Die lewegewende krag bring die totale mens in harmonie met die goddelike lewe.

My dierbaar sondaarsvriend, dit is wat ek met my hele hart begeer. En dit is ook God se begeerte vir jou. Kom ons nooi Hom om ‘n werk in ons te begin wat ons in der ewigheid nooit in ons krag sal kan verrig nie.

VOLGENDE KEER

SONDER ‘N HUWELIKSUITRUSTING

Die belangrikheid om met Jesus se geregtigheid beklee te wees.

Was this article helpful?

Related Articles