Vriendelike liefdesbetoning, vrygewigheid, en die lees van iemand se lyftaal, is baie kosbare talente. Dit plaas ook ‘n groot verantwoordelikheid op die mens wat dit besit. Alles moet in die Here se diens gebruik word. Maar op hierdie gebied, maak baie van ons ‘n groot fout.
Ons is tevrede dat ons hierdie talente besit maar ons implimenteer dit nie. Ons flous onsself dat as die geleentgheid hom voordoen en die omstandighede is gunstig, sal ons ‘n groot werk verrig. Maar nou wag ons vir daardie geleentheid.
Ons verag die bekrompenheid van die gierige mens wat te vrek suinig is om iemand te help. Ons sien dat hy net vir homself lewe, en dat hy verantwoordelik is vir sy misbruikte talente. Met selfvoldaanheid verag ons hulle bekrompenheid, en dink dat ons baie beter as hierdie suinige vrekke is.
Maar ons bedrieg onsself. Die besit van ongebruikte talente verhoog ons verantoordelikheid. Die van ons wat met ‘n groot liefde geseën is, staan onder verpligting om hierdie affeksie nie net op ons vriende uit te stort nie, maar op almal wat behoefte aan ‘n ou drukkie het.
Om maklik met mense te verkeer, moet tot almal binne ons bereik aangewend word. Dit moet inklusief wees. Liefde wat net aan ‘n paar aangename mense betoon word, is niks meer as selfsug nie. Dis nie tot voordeel van behoeftiges of tot eer van God nie. Die mense in die ouetehuise wag vir ons liefde. Die kinders in die kinderhuise wag vir ons.
TALENTE WAT GEBRUIK WORD, VERMENIGVULDIG
Sukses is nie die gevolg van geluk of die noodlot nie. Dit is die gevolg van God se voorsiening. Dis die beloning van geloof en diskressie, van deug en harde werk. Die Here verlang dat ons elke gawe wat Hy vir ons gee, sal gebruik. As ons dit sou doen, sal ons groter gawes kry om te gebruik.
Die Here skenk ons nie bonatuurlike talente nie, maar Hy voorsien ons met die vaardighede wat ons kortkom. Maar wanneer ons dit gebruik wat ons besit, sal Hy ons help om dit wat ons het nog beter toe te rus. Elke opregte opoffering vir die Meester se diens sal daartoe lei dat ons kragte sal toeneem.
Terwyl ons onsself as wertuie vir die Heilige Gees oorgee, werk die genade van God kragtig in ons om die ou neigings onder te kry en om nuwe gewoontes aan te leer. Wanneer ons op die werking van die Heilige Gees agslaan, word ons lewens verryk en ons ontvang nog meer van Sy instaatstellende krag. Dit stel ons instaat om meer en beter e deegliker werk te lewe. Slymerende energie word opgewek en ons sluimerende vermoëns word wakker.
Die doodgewone werker wat op God se stem reageer, kan verseker weet dat hy goddelike ondersteuning gaan kry. Om so ‘n groot en so ‘n heilige verantwoordelikheid te aanvaar, verhef ‘n mens se karakter. Dit prikkel die hoogste verstandelike en geestelik vermoëns en reinig ons gedagtes en ons harte.
Dit is verstommmend om te sien hoe ‘n swak sondaar deur die krag van God in ‘n geestelike reus verander. Dis verstommend om te sien hoe assertief hy word en watter groot resultate hy vertoon.
Hy wat met ‘n bietjie kennis dit nederige met mense deel, terwyl hy nog meer kennis soek, sal ontdek dat die hemelse skatte vir hom op aanvraag beskikbaar is. Hoe meer lig ons deel, hoe meer lig sal ons ontvang. Hoe meer ons die Woord van die Here met liefde verkondig, hoe duideliker gaan die Bybel vir ons word. Hoe meer ons ons kennis gebruik en ons kragte oefen, hoe meer kennis en krag sal ons ontvang.
Alles wat ons vir Jesus doen, sal vir ons in ‘n seën verander. As ons ons middeloe vir Sy glorie aanwend, sal Hy vir ons meer terug gee. As ons ander vir die Here wen en hulle in ons gebede aan Hom opdra, gaan ons harte met die lewegewende vreugde vir God se genade begin klop. Ons sal met met ‘n groter goddelike ywer en vreugde begin blom. Ons geestelike lewe sal ‘n baie groter werklikheid vir ons word.
Wanneer ons Jesus aanskou kry ons ‘n duideliker blik op God die Vader en deur aanskouing word ons verander. Welwillendheid, liefde en omgee vir ons naaste word ons natuurlike instink. Ons karakter word meer en meer soos die goddelike karakter. Ons vermoë om God te begryp neem toe. In ons omgang met die hemel ontvang ons voortdurend meer insig om die rykdom van die kennis en wysheid van ons liefdevolle Hemelse Vader te waardeer.
Ons vreugde word deur ons vermoë bepaal om die hart van God te ken. Hierdie kennis is die bron, die fontein waaruit alle krag voortvloei. Ons is geskep sodat ons vermoënes meer soos die van Sy vermoëns kan wees. Hy probeer voortdurend om die menslike verstand met die hemelse in aanraking te bring.
Die Vader bied ons die voorreg om saam Jesus Sy genade aan die wêreld te verkondig. Die beoefening hiervan lei daartoe dat ons toenemende kennis van hemelse dinge kan opdoen.
DIE EEN TALENT
Die man wat een talent ontvang het, het dit in die grond gaan begrawe en die geld van sy heer weggesteek. Matteus 25:18.
Dit was die een met die kleinste gawe wat nie sy talent gebruik het nie. Hier is ‘n waarskuwing vir iemand wat glo dat om hy die minste ontvang het hy nie vir die Here kan werk nie. As hulle iets groots kon gedoen het, sou hulle dit met graagte gedoen het. Maar omdat hulle net in ‘n klein hoedanigheid kan werk , regverdig hulle hulleself om met gevoude hande te sit.
Hulle maak ‘n fout. In die toeken van die Here se gawes toets Hy die karakter. Die man wat sy talente verwaarloos het, is ‘n ontroue dienskneg. As hy vyf talente gekry het, sou hy dit ook gaan begrawe het soos hy die een talent begrawe het. Sy verwaarlosing van die een, dui daarop dat hy die gawe van die hemel verag het.
Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou. Lukas 16:10. Die belangrikheid van die klein dingetjies word dikwels onderskat omdat hulle klein is. Maar dit is juis wanneer ons die belangrikheid van dissipline kan leer. Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou. Lukas 16:10. Die belangrikheid van die klein dingetjies word dikwels onderskat omdat hulle klein is. Maar dit is juis wat vir ons die belangrikheid van dissipline kan leer. (Little drops of water, little grains of sand, makes the mighty ocean and makes the mighty land.)
“Wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.” Lukas 16:10. Wanneer ons selfs in die kleinste ou pliggies ontrou is, beroof ons ons Skepper van ‘n diens wat Hom toekom. Ongelukkig kom ontrouheid met ‘n baie groot prys. Ons ontvang nie die genade, die krag en die karakter wat die Here baie graag vir ons wil skenk as ons nie ‘n onvoorwaardelike oorgawe aan Hom maak nie.
So lank as wat ons weg van Jesus leef, word ons aan Satan se versoekings bloodgestel, en maak ons foute in die werk van die Meester. Omdat ons nie in die klein dingetjies deur regte beginsels gelei word nie, slaag ons nie in die groot dinge wat hy as Sy spesiale werk beskou nie. Die foute wat in die kleiner aspekte van die lewe gemaak word, sal ook in die belangrike dinge gemaak word.
Ons tree volgens die beginsels op waaraan ons gewoond is. Optrede wat herhaal word, word gewoontes; gewoontes vorm karakter en karakter bepaal ons ewige bestemming. Net deur getrouheid in die klein dingetjies, kan ons geleer word om met groter verantwoordelikhede vertrou te word.
Daniël is geroep om die karakter van God in die bose nasie uit te leef. Hoe is hy met so ‘n eervolle amp beklee? Hy het die Here in die klein dingetjies vereer, en die Here het hom met groter verantwoordelikhede vereer. Daniël 1:17 God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. Daniël kon enige gesig of droom uitlê.
Soos wat Daniël deur God geroep is om vir Hom in Babilon te getuig, so roep Hy ons om ook vandag vir Hom in die bose wêreld te getuig. In die kleinste en in die grootste sake verlang die Here dat ons die beginsels van Sy koninkryk sal uitleef.
Toe Jesus op aarde was het Hy lesse baie versigtig oor die klein dingetjies geleer. Die groot werk van verlossing het swaar op Sy hart gelê. Terwyl Hy geleer en genees het, is Sy energie tot die uiterste getap. Tog het Hy die eevoudigste dinge in die natuur raakgesien.
Sy oor het elke geroep om hulp aangehoor. Hy was bewus van die aaanraking van die vrou in skare. Hy het kennis van die geringste geloofsaanraking geneem. Na die opwekking van Jairus se dogtertjie, het Hy die ouers daaraan herinner dat hulle vir haar ‘n kossie moes bring.
Toe Hy met groot goddelike krag uit die graf opgewek is, het Hy nie nagelaat om die grafdoeke netjies op te vou nie.
Ons word geroep om saam met Jesus vir die redding van siele te werk. Wat ‘n verhewe eer en wat ‘n ontsettende groot voorreg! Om hierdie salige werk te verwaarloos, is om ontrou teenoor die Here te wees. Maar om suksesvol in hierdie werk te wees, moet ons Jesus se voorbeeld van pligsgetrouheid in die klein dingetjies volg. Dit is die groot geheim om in alles suksesvol te wees wat ons vir Hom wil doen.
Die Here verlang dat ons die hoogste sport van die suksesleer sal bereik en Hom dan die eer te gee dat Hy dit vir ons moontlik gemaak het. Deur die genade van die Here is elke voorsiening vir ons gemaak om te demonstreer dat ons volgens beter planne as die wêreld handel.
Ons moet wys dat ons op intelektuele en vaardigheidsgebiede uitblink omdat ons in God se almag glo om ons te help om op die harte van mense te werk. Maar as ons nie gawes besit nie, moet ons nie moedeloos word nie.
Kom ons gebruik wat ons het en waak teen die swakhede van ons karakters en ons vra die Here om ons sterk te maak. Ons moet in al ons optrede getrouheid en lojaliteit wys. Ons moet vaardighede aanleer wat ons in staat sal stel om ons werk te doen.
Gewoontes van nalatigheid moet met ‘n sterk wil oorkom word. Baie mense maak verskoning vir growwe foute omdat hulle vergeetagtig is. Maar besit hulle nie soos ander mense ook ‘n gesonde brein nie? Hulle moet hulle verstand inspan om te onthou en om nie te vergeet nie. As jy ‘n gewoonte van agterlosigheid het, mag jy verlore gaan en die koninkryk van God misloop.
Waar ons ons self ookal bevind, die Here roep ons om ons plig na te kom. As dit in die huis is, maak dit die aangenaamste plek op aarde. As jy ‘n mamma is, voed jou kinders vir die Here op. Hierdie is net so ‘n belangrike werk soos die van die predikant op die preekstoel.
As jou werk in die kosbuis is, streef om die beste kok te word. Jou kos moet gesond, voedsaam en lekker smaak. Waar jy die beste bestanddele in die kos gebruik, onthou om ook die beste gedagtes vir jou verstand te gee. As jy ‘n landbouer is of enige ander werk, besluit om ‘n sukses daarvan te maak. Konsentreer op wat jy doen. Die Here moet in alles verheerlik word. Doen wat Hy sou gedoen het as Hy in jou plek was.
Hoe gering jou ou talentjie ookal mag wees, die Here het iewers ‘n plekkie vir hom. Daardie een talent, as hy met oorleg gebruik word, sal sy goddelike doel vervul. Deur getrouheid in geringe pligte moet ons op die plan van optel werk, en die Here sal op die plan van vermigvuldiging werk. Klein pliggies sal ‘n kosbare invloed in Sy werk uitoefen.
Hoe gering jou ou talentjie ookal mag wees, die Here het iewers ‘n plekkie vir hom. Daardie een talent, as hy met oorleg gebruik word, sal sy goddelike doel vervul. Deur getrouheid in geringe pligte moet ons op die plan van optel werk, en die Here sal op die plan van vermigvuldiging werk. Klein pliggies sal ‘n kosbare invloed in Sy werk uitoefen.
Laat ‘n lewende geloof soos ‘n goue draad deur die ou nietigste pliggie loop. Dan sal al die daaglikse pligte geestelike groei aanmoedig. Daar sal ‘n gedurige blik op Jesus wees. Liefde vir Hom sal lewende krag voorsien wat sal help om al die pligte met bekwaamheid af te handel.
Deur die regte gebruik van ons talente, verbind ons onsself met ‘n goue ketting met die hemel. Dit is ware heiliging want dit bestaan uit die blymoedige nakoming van al ons pligte aan God. Daar is baie Christene wat vir ‘n groot taak bid en streef om uit te voer. Omdat hulle nie kan vind wat groot genoeg is om hulle ambisies te bevredig nie, verwaarloos hulle die getroue nakominge die alledaage pligte van die lewe. Hierdie ou pligies lyk vir hulle so vervelig.
Dag vir dag laat hulle na om geleenthede te gebruik om hulle getrouheid aan God te bewys. Terwyl hulle wag om daardie groot taak aan te pak, gaan die lewe by hulle verby – sy doelstellings onvervuld en sy werk onvoltooid. Hoe hartseer tragies!
VOLGENDE KEER.
Die talente word teruggeneem.
Na ‘n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. Matteus 25:19
Wanneer die Here met Sy diensknegte afreken, sal die wins op elke talent bereken word. Die werk wat gedoen is, openbaar die karakter van die werker.