Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou. En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan. Mattheus 25:14,15
En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin. Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien. Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.Matteus 25:16-18. Maar nou gaan iets baie ernstig, baie troumaties gebeur:
En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken. Matteus 25:19. Opperman se gedig: Wanneer die rekenmeester kom. Een of ander tyd sal ek en jy ook moet rekenskap vir ons optrede moet gee.
Wanneer die Here met Sy diensknegte gaan afreken, sal die wins op elke talent bereken word. Die werk wat hulle gedoen het, gaan dan hulle karakter openbaar. Hulle wat vyf en twee talente ontvang het, gee dit met die opbrengs terug. Hulle weet dat hulle net hulle plig gedoen het want die kapitaal was die Here s’n. As Hy nie Sy liefde en genade op hulle uitgestort het nie, sou hulle vir altyd bankrot gewees het.
Maar toe die Meester die talente ontvang, maak hy asof dit hulle eie goeie werke was wat hulle hulle sukses gegee het. Hy is met blydskap en tevredenheid gevul. Hy beloon hulle vir hulle diens en die opoffering wat daarmee gepaart gegaan het. Hy doen dit alles want Sy hart loop oor van liefde en deernis.
En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. Matteus 25:21. Dit is hulle getrouheid, lojaliteit en liefdesdiens wat die goddelike goedkeuring wegdra. Elke impuls van die Heiloge Gees wat ons na God se goedheid neem, word in die hemel opgeteken. Dink net hoe ons gaan voel wanneer die Here met Sy wederkoms vir ons gaan dankie sê.
Ons gaan die vreugde van die Here ervaar wanneer ons mense gaan sien wat asgevolg van ons liefdediens in die hemel gaan wees. Die vreugde om nou vir die Here te werk, gaan die oneindig groter in die hemel wees.
Jesus sê Hy het “Nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien. Matteus 20:28. Wat Hy hier op aarde gedoen het, het Hy ook in die hemel gedoen en dit gaan ons voorreg wees om eendag in die hemel ook saam met Hom te werk. Wat gaan met die dienskneg gebeur wat net een talent ontvang het?
En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie; Matteus 25:24 Dis so jammer dat ons met tye om verskoning vra omdat ons God se gawes verwaarloos het. Ons sien Hom met tye net as iemand wat ons vir ons foute wil straf.
Daar is baie mense wat in hulle harte glo dat God aanspraak op hulle besittings maak. Maar daar is niks wat ons vir Hom kan gee wat nie alreeds aan Hom behoort nie. In 1 Kronieke 29:14 sê Dawid: “Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.”
Alles behoort aan God, nie net omdat Hy die Skepper is nie, maar ook die Herskepper. Al die seëning van hierdie lewe en die een wat kom, is met die stempel van Golgota aan ons besorg. Dit maak die aantuiging dat God hard is omdat Hy maai waar Hy nie gesaai het, onwaar.
Die meester weerspreek nie die beskulgings nie, al is dit nie waar nie. Hy haal die dienskneg se eie woorde aan om te toon dat daar geen verskoning vir sy gedrag is nie. Daar was verskillende maniere om die talent van die eienaar te kon bestuur.
Omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort. Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie. Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. Matteus 25:25-27
Op watter beginsel straf die Here ons?
En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis. Lukas 12:47,48
Ons sal verantwoordelik gehou word as ons minder gedoen het as wat ons in staat was om kon gedoen het. Die Here monitor met presiesheid waartoe ons in staat is. Die verkwiste vermoëns word net soos ontwikkeldes getoets.
Die Here hou ons vetantwoordelik vir alles wat ons deur die regte gebruik van ons talente kon bereik het. Ons gaan geoordeel word volgens wat ons kon bereik het, maar nie met die hulp van die Here bereik het nie. Selfs al gaan ons nie verlore nie, sal ons deur die ewigheid die gevolg van onbenutte talente besef. Vir al die kennis en bekwaamheid wat kon verwerf het, maar nie verwerf het nie, sal daar ‘n ewige verlies wees.
Wanneer ons onsself geheel en al aan God oorgee en in ons strewe Sy bevele gehoorsaam, maak Hy hom vir die uitvoering daarvan verantwoordelik. Hy wil nie hê ons moet oor die sukses van ons eerlike strewe spekuleer nie. Ons moenie eers aan een enkele mislukking dink nie. Ons moet net met die Een saamwerk wat geen mislukking ken nie.
Swyg oor jou swakheid en onvermoë want dis dui op ‘n gebrek aan vertroue en ontkenning van Sy Woord. Wanneer ons dit doen, weier ons om die verantwoordelikhede te dra wat Hy ons opgelê het. Ons sê dan ook dat Hy ‘n slawe drywer is en dat Hy ons nie die krag gee om te doen wat Hy van ons vra om te doen nie.
Die Here verkies deur wie Hy wil werk. Partykeer is dit die nederigste werktuig wat die grootste werk verrig. Die Here is by magte om Sy krag deur die swakste te openbaar. Ons het ons eie standaard en ons besluit die een iets is klein en die ander iets is groot. Maar die Here werk nie op daardie beginsel nie.
Ons moenie dink dat dit wat vir ons groot is, ook vir God moet groot wees. Of dit wat vir ons klein moet ook vir Hom klein wees. Dit berus nie by ons om oordeel oor ons talente te vel nie of om ons werk te kies nie.
Ons moet ons laste dra wat deur die Here bepaal het en altyd na Hom toe gaan wanneer ons rus nodig het. Wat ons werk ookal mag wees, God sal deur heelhartige opgeruimde diens vereer word. Dit behaag Hom as ons ons pligte met dankbaarheid opneem en dan jubel dat ons bevooreg is om ‘n medewerker met Hom te kan wees.
VOLGENDE KEER
DIE ONTROUE DIENSKNEG
“Vriende van ongeregtige Mammom”
Die gelykenis van die oneerlike Bestuurder