1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Twee Aanbidders Deel 1 – Die Fariseër En Die Tollenaar – Gelykenis 33

Twee Aanbidders Deel 1 – Die Fariseër En Die Tollenaar – Gelykenis 33

Afdeling (F) Ootmoed voor God en die gevaar van trots en eiegeregtigheid.

Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ‘n Fariseër en die ander een ‘n tollenaar. Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Lukas 18:9-11

Is ek iemand wat my met slegter mense as myself vergelyk en dan daaroor goed voel?

Ek vas twee keer in die week en ek gee ‘n tiende van my hele inkomste.’ Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’ Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.” Lukas 18:12-14

Die Fariseër gaan na die tempel om te aanbid, nie omdat hy voel dat hy ‘ n sondaar is wat vergifnis nodig het nie, maar omdat hy dink dat hy regverdig is en hoop om geprys te word. Sy aanbidding beskou hy as ‘ n daad van verdienste wat hom aan God sal aanbeveel.

Terselfdertyd sal hy mense met sy vroomheid beindruk. Hy hoop om God en die mense se guns te bekom. Sy aanbidding word deur eiebelang gemotifeer. Jakkals prys se eie stert. Sy lyftaal wys dit, hy loop dit en hy hy bid dit. Hy staan bietjie weg van ander mense asof hy wil sê “Bly waar jy is! Moenie naby my kom nie! Ek is te heilig vir jou.” (Jesaja 65:5).” hy verbeel hom dat God en mens hom ook met groot agting bejeën.

“O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie.” He meet nie sy karakter aan die heilige karakter van God nie maar aan die van ander mense. Hy fokus op mense nie op God nie. Dit verklaar sy selfversekerdheid en eiewaan.

Hy gaan voort om sy eie trompet te blaas. “Ek vas twee keer in die week en ek gee ‘n tiende van my hele inkomste.” Sy godsdiens raak nie sy hart nie. Hy streef nie om soos God te wees nie. ‘n Liefdevolle hart vol genade is nie op sy agenda nie. Hy stel net in ‘n godsdiens belang wat op uiterlike gebasseer is. Sy geregtigheid is sy eie goeie werke en sy standaard is ‘n mensgebaseerde standaard.

Elke mens wat dink hy of sy is regverdig, verag ander mense. Soos wat die Fariseër homself met ander mense vergelyk het, so vergelyk hy ander mense met homself. Hoe slegter hy mense beoordeel hoe ouliker en regverdiger ervaar hy homself. Ons eiegeregtigheid lei ons om te ander mense te veroordeel. Ons beskuldig “Ander mense” as oortreders van die wet van God.

Die Fariseër openbaar die gees van Satan wat die aanklaers van die broeders is.

Met so ‘n gees is dit onmoontlik om ’n verhouding met God te kan waardeer.Hy stap terug na sy huis; ‘n lelike, geestelikbankrotte sombere en tragiese pateet.

Die tollenaar is saam met ander aanbidders tempel toe, maar baie gou sommer eenkant gaan staan. Hy het te onwaardig in die “heilige” geselskap gevoel. Met sielewroeging en selfverwerping slaan hy op sy bors en sê: “O God, wees my, sondaar, genadig.” 

Hy was oorweldige deur ‘n sondebesef en voor die Here het hy so verlore en vuil gevoel. Hy kon ook nie juis deernis van die ander aanbidders verwag nie want hulle het verwerpend en veragtend na hom gegluur. Hy het besef dat hy gee meriete het om homself aan God aan te beveel nie. Hy roep uit: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’

Hy het hom nie met ander vergelyk nie. Oorweldige met ‘n sondebesef, staan hy alleen in God se teenwoordigheid. Sy enigste begeerte was vir vergifnis en die genade van van die Here. En dis presies wat hy op daardie oomblik van ‘n genadige, vergewend God ontvang het. En Jesus sê vir hulle: “Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is.” Die Fariseër en die tollenaar veteenwoordig die twee groot klasse mense wat die Here kom aanbid. Hulle verteenwoordig die eerste twee seuns wat in die wêreld gebore is.

Kain het homself as ‘n regverdige beskou en vir die Here ‘n dankoffer gebring. Hy het geen belydenis oor sy sonde gemaak nie en ook nie behoefte aan genade getoon nie. Abel het bloed geoffer wat na Jesus die Lam van God gewys het.

Petrus verteenwoordig die Fariseër en die tollenaar. In die begin van sy bediening het hy hom as geestelik baie sterk gesien. Soos in die geval van die Fariseër het hy ook gesê: “Nie soos hierdie tollenaar nie.”

Die nag voor Jesus verraai is, het Hy die disippels gewaarsku: “Julle sal almal in hierdie nag anstoot neem aan My”, het Petrus vol selfvertroue gesê: “Al sal almal ook aanstoot neem, dan tog nie ek nie.” Mark 14:27,29. Petrus het nie sy eie sondigheid nie. Self-vertoue het hom mislei. Hy het gedink hy kan versoekings weerstaan, maar ‘n paar uur later het hy Jesus met vloeke verloën.

Hy het bitterlik begin huil want Jesus se blik het sy hart gebreek. Hy was soos die tollenaar wat genade gevind het. Jesus se oë het hom van vergifnis verseker. Sy selfversekering was vir altyd weg. Nooit weer het Petrus uitsprake van sy groot lojaliteit gemaak nie. Hy het groot, baie groot genade ontvang. Jesus het Petrus na Sy opstanding drie keer getoets.

Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. Johannes 2;15 Petrus het hom nie bo sy kollegas verhef nie. Hy het homself op die een verlaat wat sy hart kan lees.

Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei. Johannes 21:17

Hy het sy werkplig ontvang. Groter in omvang en meer delikaat as wat hy tot nou toe gedoen het. Jesus het gesê hy moet die skape en die lammers koester. Deur aan Petrus die rentmeesterskap van die siele te gee vir wie Jesus Sy lewe afgelê het, het Jesus vir Petrus die grootste bewys van sy vertroue in ou Pieterkie se herstel gegee.

Die eens rustelose, grootprater selfversekerde dissipel het verslae geraak. Voortaan het hy sy Here in selfverloëning en selfopoffering gevolg. Hy was ‘n deelgenoot in Jesus se lyding en wanneer Hy op die troon van Sy heerlikheid sit, sal Petrus ’n deelgenoot in Sy heerlikheid wees.

Die lelik wat aanleiding tot Petrus se val gelei en wat die Fariseër van gemeenskap met God uitgesluit het, verwoes nog steeds duisende lewens. Daar is niks so aanstootlik vir God of so gevaarlik vir die mens, as trotse selfsug en eie geregtigheid nie. Van al die sondes is dit die ergste, die ongeneeslikste.

Petrus se val was nie oornag nie. Selfvertroue het hom laat dink hy is gered. Stadig maar seker het hierdie misleiding daartoe gelei dat hy sy Meester verloën het.Ons kan nooit hierdie kant van die hemel dink dat ons van versoekings gevrywaar is nie.

Mense wat die Verlosser aangeneem het, hoe opreg hulle bekering ookal moet wees, moet tog nooit sê of voel dat hulle waaragtiglik gered is nie. Dit mag baie misleidend wees soos in die geval van Petrus.

Elkeen van ons moet geleer word om hoop en geloof te koester. Hoewel ons onsself aan Jesus oorgegee het en oortuig is dat Hy ons aangeneem het, plaas dit ons nie buite die bereik van versoekings nie.

Die Bybel sê: “Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word.” Daniël 12:10. Net hy wat versoekings te bowe kom, sal die kroon van die lewe ontvang.

Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. (Jakobus 1:12.)

Wanneer ek Jesus se verlossing aanvaar het en in eiegeregtigheid en met groot selfvertroue sê dat ek nou vir seker gered is, loop ek die gevaar dat ek op myself vir my redding verantwoordelik is. Ek loop gevaar om my gevallenheid en my voortdurende behoefte aan goddelike krag uit die oog kan verloor.

Ek is onvoorbereid vir Satan se slinkse versoekings en ek kan net soos Petrus in die donker dieptes van versoekende sondes beland. Paulus waarsku: Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.  1 Korintiërs 10:12. Ons enigste veiligheid lê in ‘n voortdurende wantroue van onsself en voortdurende afhanklikheid van Jesus.

Dit was nodig dat Petrus sy swakhede ontdek en sy groot behoefte aan die krag en genade van die Here besef het. Die Here kon hom nie van beproewing vrywaar nie, maar Hy kon hom van ‘n sondeval red. As Petrus na Jesus se waarskuwings geluister het, sou hy ernstiger gewaak en ernstiger gebid het. Hy sou so in vrees en bewing gewandel het dat hy tog nie moes val nie. Hy sou meer tyd aan goddelike hulp bestee het sodat die Satan nie die oorhand oor hom kon kry nie.

Na Sy opstanding het Jesus aan Petrus gedink en ‘n boodskap aan die engele gegee om vir hom te gee. “Maar gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”  Markus 16:7. Petrus se bekering is deur ons sondevergewende Verlosser aanvaar.

Die presiese deernis waarmee Jesus Petrus behandel het, rig Hy aan elke mens wat onder versoeking geknak het. Dit is Satan se bose plan om mense in sonde te lei en hulle dan hopeloos, hulpeloos, bewende, en vol selfverwyt te dompel.

My liewe vriend moenie moed opgee nie want die Here sê: “Hulle moet my beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak. Jesaja 27:5.

Elke voorsiening is vir ons swakhede gemaak. Elke bemoediging wat ons aangebied word, kom van die Here. Jesus het sy gebroke liggaam gegee om Sy erdeel terug te koop om vir ons ‘n geleentheid op verlossing te gee. “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.” Hebreërs 7:25.

Sy offer is meer as voldoende. Ons Advokaat het nog nooit ‘n saak verloor nie. Ons gebede styg saam met die wierook van Sy vlekkelose geregtigheid na die Vader op. Deur Jesus se geregtigheid word ons volmaak verklaar.

Gegeur met die parfuum van Sy geregtigheid, styg styg ons lewens met Sy welriekende na die Vader op. Jesus se offer word tenvolle aanvaar en Sy vergifnis dek al ons sondes.

VOLGENDE KEER

Jesus waarborg om ons Plaasvervanger en Sukuriteit te wees en Hy stel niemand teleur nie.

Was this article helpful?

Related Articles