Waardering vir God se goedheid, liefde en genadeEE MENSE WAT GELD GESKULD HET
En een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseër gekom en aan tafel gegaan. En toe ‘n vrou in die stad, wat ‘n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy ‘n albaste fles met salf gebring en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf. Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy ‘n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is ‘n sondares. En Jesus antwoord en sê vir hom: Simon, Ek het iets om aan jou te sê. En hy antwoord: Meester, spreek. Hy sê toe: ‘n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyf honderd pennings geskuld en die ander een vyftig; en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê? En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel dié een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reggeoordeel. Daarop draai Hy om na die vrou en sê vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom—water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog. ‘n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf. Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief. En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe? En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede. Lukas 7:36-50
Kom ons vind meer uit aangaande Simon wat daardie aand die gasheer was.
Simon van Betanië was ‘n disippel van Jesus. Hy was een van die Fariseërs wat nie skaam was om een van Sy volgelinge te wees nie. Hy het Jesus as ‘n onderwyser aanvaar en gehoop dat Hy die Messias kon wees. Ongelukkig het hy Jesus nie as ‘n Verlosser aanvaar nie. Sy sondige karakter het nie verander nie en sy leefwyse het ook nie verander nie.
Jesus het Simon van sy melaatsheid genees en hy het aangetrokke tot Jesus begin voel. Hy wou baie graag sy dankbaarheid vir Jesus op ‘n tasbare wyse betoon. Tydens Jesus se laaste besoek aan Betanië het hy Hom en Sy disippels na ‘n groot fees genooi. Daar was ook baie ander Jode teenwoordig. Op hierdie tydstip het daar groot opwinding in Jerusalem geheers.
Jesus het meer mense as ooit van te vore getrek. Van die genooides na die fees, het Sy bewegings met valkoë dopgehou. Jesus het ses dae voor die Paasfees by Betanië aangekom en volgens die gebruik van daardie dae het Hy ‘n blaaskansie by die huis van Lasarus geniet. Die reisigers wat na Jerusalem op pad was, het die nuus versprei dat Jesus die Sabbat in Betanië sou oornag. Daar was groot opwinding onder die mense.
Baie het na Betanië gestroom. Sommige uit meegevoel met Jesus en ander uit nuuskierigheid om na Lasarus te kom kyk wat uit die dode opgestaan het. Hulle was verbaas dat hy niks oor sy toestand in die doderyk kon deel nie.
Baie het na Betanië gestroom. Sommige uit meegevoel met Jesus en ander uit nuuskierigheid om na Lasarus te kom kyk wat uit die dode opgestaan het. Hulle was verbaas dat hy niks oor sy toestand in die doderyk kon deel nie.
Preidker 9:4-6 Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want ‘n lewendige hond is beter as ‘n dooie leeu. Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
Jesus het langs Simon, wat van melaatsheid genees is, aan tafel gesit. Lasarus, wat Hy uit die dode opgewek het, het aan die anderkant gesit. Marta was die gasvrou en Maria het elke Woord van Jesus ingedrink. Sy het die volheid van Sy vergifnis ervaar. Jesus het haar geliefde broer uit die graf gebid, en haar hart het van dankbaarheid oorgeloop.
Sy het gehoor toe Jesus van Sy komende dood gepraat het. In haar ontsettende liefde en jammerte vir Hom, wou sy Hom vereer. Sy het haar beursie leeggeskud en peper duur Nardusolie gaan koop om Sy liggaam met Sy afsterwe te gaan behandel.
Maar nou hoor sy dat hulle op die punt staan om Hom as Koning te kroon. Hartseer word deur vreugde vervang en sy was gretig om die eerste te wees wat Hom te gaan vereer. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud daarvan op sy kop en voete uitgegooi. Nadat haar trane op Sy voete geval het, het sy dit met haar hare afgedroog.
Sy wou alles skelmpies doen, maar almal in die vertrek het die duur Nardus olie geruik. Die heerlike reuk het haar teenwoordigheid verklap. Judas was nie baie beïndruk nie. Pleks dat hy vir Jesus wag om iets te sê, begin hy oor die verskriklike vermorsing van geld te mompel. Hy verwyt ook sommer vir Jesus omdat Hy toegelaat het dat die slegte vrou dit op Hom verkwis en uitgemors het. Sy skimpe het ‘n negatiewe effek op die gaste gehad. Van hulle het toe ook die daad ook begin afkeur.
Simon is ook deur Judas se kritiek beïnvloed. Hy was verbaas dat Jesus die duur vermorsing stilswyend toegelaat het. Hy was daarvan bewus dat baie van die gaste Jesus met minagting bejeën het. Simon sê in sy hart: “As hy ‘n profeet was, sou tog geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ‘n sondares is.” Lukas 7:39
Alhoewel Jesus vir Simon van melaatsheid genees het en alhoewel hy sy dankbaarheid tasbaar deur ‘n fees wou bewys, het daar tog iets ontbreek. Sy optrede was dankbaarhed teenoor ‘n mens, nie ‘n dankbaarheid teenoor die oneindige God van die heelal nie.
Simon se siening van Jesus was net soos die van Nikodemus wat Hom net as ‘n Leermeester van God gesien het. Hy het nie sy persoonlike behoefte aan wedergeboorte besef nie. Hulle twee was op hierdie stadium van die “rotsgatige” tipe hoorders.
Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy ‘n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is ‘n sondares. En Jesus antwoord en sê vir hom: Simon, ek het iets om aan jou te sê. En hy antwoord: Meester, spreek.
Lukas 7:41 Hy sê toe: ‘n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyf honderd pennings geskuld en die ander een vyftig;
Wat se lyftaal sien jy by Jesus en Simon?
Lukas 7:42 en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê?
’n Sekere geldskieter.
Hierdie gelykenis handel oor dankbaarheid vir die seëning van God se groot verlossing. Dis gebaseer op die beginsel dat iemand se waardering vir die seëninge in verhouding is met sy behoefte daaraan.
Die hoeveelheid van hulle skuld is nie ter sprake nie want nie een van hulle kon dit betaal nie.
Maar daar was egter ‘n baie groot verskil in die mate van waardering met betrekking tot die kwytskelding van die skuld. Die een met die kleiner skuld kon dit makliker terugbetaal nie Die man wat die astronomiese skuld gehad het sou dit nie ‘n tien leeftye kon terugbetaal nie.
Dis net wanneer ons by die plek kom waar ons ons diep gevallenheid besef, dat ons tot by die plek kom waar ons Sy materieële en geestelike gawe kan waardeer. Iemand wat nie sy behoefte aan goddelike hulp besef nie, kyk na sy eie vermoëns om hom uit sy ellende te help. Die Here laat dit dikwels toe sodat Hy in Sy groot genade tot ons hulp kan kom.
In die geval van Dawid het die Here ook sy bestraffing deur middel van ‘n gelykenis versteek. Hy het toegelaat dat Dawid self sy straf op hom toegepas het. Simon het die vrou verag wat hy in sonde laat val het. Hy het Maria ontsettende groot psigise skade berokken. Simon en Maria word in hierdie gelykenis van die twee skuldenaars voorgestel.
Jesus het nie geleer dat verskillende grade van verantwoordelikheid deur die twee gevoel moes word nie. Elkeen van hulle het ‘n skuld- dankbaarheid gehad wat nooit vergoed sou kon word nie. Maar Simon het homself meer regverdig as Maria geag en Jesus wou hom laat insien hoe groot sy sonde eintlik was. Hy wou vir Simon wys dat sy sonde net soveel groter was as wat die 500 pennings groter as die skuld van die vyftig was.
Die man wat 500 geskuld het sou dit nooit in sy leeftyd kon terugbetaal het nie. Daarteenoor kon ie man wat 50 geskuld het, dit ook nie terugbetaal het nie. Albei moes hulle skuld dadelik betaal. of hulle moes al slawe verkoop word.
Simon het homself nou in ‘n nuwe lig begin sien. Hy het gesien hoe Maria deur Iemand beskou is wat meer as ‘n profeet was. Hy het gesien dat Jesus met Sy deurdringende profetiese oog haar hart van liefde en toewyding gelees het. Hy het vreeslik skaam gevoel, en hy het besef dat hy in die teenwoordigheid van Een was wat hemele hoër as hy was.
Daarop draai Hy om na die vrou en sê vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom—water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog. ‘n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf. Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief. En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. Lukas 7:44-48
Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe? En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede. Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf. Lukas 49,50
Sy godsdiens was slegs die mantel van fariseïsme. Hy het die genade van Jesus verag. Hy het Hom nie erken as die Verteenwoordiger van God nie. Terwyl Maria ‘n begenadigde sondares was, was hy ‘n onvergewe sondaar. Die onbuigbare maatstaf van geregtigheid wat hy teen haar toegepas wou sien, het homself veroordeel.
Simon se kilheid en sy versuim teenoor die Heiland het getoon hoe min hy die genade waardeer het wat hy ontvang het. Hy het gemeen dat hy Jesus vereer het deur Hom na sy huis te nooi. Maar nou het hy homself gesien soos hy werklik was. Terwyl hy gedink het dat hy sy Gas opgesom het, het sy Gas hom opgesom. Hy het gesien hoe verskriklik akkuraat Christus se beoordeling van hom was.
Simon is deur die vriendelikheid van Jesus getref omdat Hy hom nie openlik voor sy gaste te bestraf nie. Hy is nie behandel soos hy graag wou sien dat Maria behandel moes word nie. Hy het gesien dat Jesus nie graag sy sondes voor ander wou openbaar nie, maar getrag het om deur ‘n eerlike voorstelling van die saak sy hart te oortuig en deur ontfermende vriendelikheid sy hart wou versag,
‘n Harde bestraffing sou Simon verhard het om hom nie te bekeer nie, maar die lankmoedige vermaning het hom oortuig van sy fout. Hy het gesien hoe verskriklik baie hy aan die Here verskuldig was. Sy hoogmoed is verneder, hy het tot inkeer gekom, en die trotse Fariseër het ‘n nederige, selfopofferende dissipel geword.
Liewe leser. Net ’n woordjie van my hart na jou hart.
Besef jy op hierdie oomblik hoe sondig jy werklik is. Dis ‘n baie goeie ding want nou besef jy hoe verskriklik nodig jy die Here het. Hy sal nooit ‘n berouvolle sondaar wegwys nie. Hy vlek nie ons sonde oop nie, maar vul ons met nuwe hoop.
Ek nooi jou om na Hom vir vergifnis en genesing te kom. Dis ‘n kosbare ondervinding wat jy nooit sal berou nie.
GELYKENNIS 14
DIE BOU VAN ‘N TORING
‘N KONING MAAK OORLOG