Nadat Israel suidwaarts vanaf Edom getrek het, het hulle by Eseon Geber naby die Rooisee noordwaarts gedraai en na die Beloofde Land opgeruk.
Nou het hulle deur ‘n uitgestrekte plato getrek waar koel bergwinde gewaai het. Dit was ‘n heerlike verandering na die warm dorre waardeur hulle getrek het. Hulle was begeesterd en vol moed.
PICTURE OF JORDAN LANDSCAPE
Nadat hulle die spruit van Sered oorgesteek het, het hulle oos van Moab verby getrek. Die bevel was: “Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as ‘n besitting gegegee het.”
Dieselfde opdrag is met betrekking tot die Ammoniete gegee, want hulle was ook nakomelinge van Lot.
PRENT VAN HASA
Verder noord het hulle by die land van die Amoriete uitgekom.
PICTURE OF AMORITES
Hierdie sterk oorlogsugtige volk het aanvanklik die suide van die land Kaän beset. Maar namate hulle aangewas het, het hulle die Jordaanrivier oorgesteek en die Moabiete uit hulle land verdryf.
Hier het hulle die septer vanaf Arnon tot by die Jabbokrivier geswaai.
PICTURES OF ARNON AND JABBOK
Die weg wat hulle na die Jordaan wou volg het deur hulle gebied geloop. Moses het ‘n vriendelike versoek tot Sihon die koning van die Amoriete gerig:
“Laat my deur jou land gaan; ek sal net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie. Voedsel moet jy my verkoop vir geld, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir geld, dat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek.” Deuteronomium 2:28
Die antwoord was ‘n beslisde nee, en die leer van die Amoriete is gemobiliseer om die opmars van die invalleers te stuit.
Hierdie formidabele weermag het die Israeliete met vrees gevul, want hulle was nie opgewasse om teen so ‘n goedgewapende en goed gedisiplineerde mag te veg nie.
Betreffende vaardigheid in oorlogvoering, was hulle onoorwinlik. Uit ‘n logistiese situasie sou Israel verslaan.
Maar Moses se oë was nie op oormag van die vyand gerig nie, maar op die wolk- en vuurkolom. Hy het hulle bemoedig met die gedagte dat God se teenwoordigheid nog steeds by hulle was.
Terselfdertyd het hy hulle aangespoor om alles in hulle vermoë te doen om vir die oorlog voor te berei. Die oorloglustige vyand was vol selfvertoue dat hulle die onvoorbereide Israeliete sou uitwis.
Maar van Hom wat al die lande besit, het die opdrag na Moses gekom: “Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy land in jou hand; begin om in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom. Deuteronomium 2:24
Vandag sal Ek begin om die skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele hemel te lê, sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs.” Vers 25
Hierdie volke op die grens van Kanaän sou gespaar gebly het as hulle nie so uitdagend teen Gods Woord was nie en Israel se opmars wou stuit nie.
Die Here het getoon dat Hy lankmoedig en vol medelyde teenoor die heidense nasies was. Toe Abram die visioen ontvang het dat sy saad, Israel vir 400 jaar as vreemdelinge in ‘n vreemde land sou wees, het Hy beloof:
“En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.” Genesis 15:16
Alhoewel die Amoriete politiësties was wat hulle lewens weens boosheid verbeur het, het God hulle 430 jaar gespaar om vir hulle te bewys dat Hy die enigste ware God, die Skepper van hemel en aarde was.
Hulle was bewus van hoe God Israel op wonderbaarlike wyse uit Egipte verlos het. Hulle het genoeg bewyse gekry; hulle het die geleentheid gekry om die waarheid te leer ken. Ongelukkig het hulle lig verwerp en hulle afgode bly aanhang.
Toe die Here Sy volk vir ‘n tweede keer op die grens van Kanaän gebring het, het die heidennasies verdere bewyse van Sy krag gekry.
Hulle kon sien dat die Here met Israel was toe die koning van Arad verslaan is.
en die genesingswonderwerke van die slangplaag.
Alhoewel Israel deurgang in Edom geweier is, was hulle geforseer om die lang ompad na die Rooisee en toe weer om Edom te trek. Tog het hulle waar hulle getrek en gekamp het by Edom, Moab en Amman geen vyandigheid getoon nie, niemand skade aangedoen nie of van die mense se besittings gevat nie.
Toe hulle by die grens van die Amoriete kom het hulle toestemming gevra om net deur te trek en dieselfde reëls te gehoorsaam as by die ander nasies.
Toe die Amoritiese koning hierdie hoflike versoek ignoreer en sy weermag mobiliseer, was sy beker van boosheid vol en God sou hom vernietig.
Israel het die Arnonrivier oorgesteek en die vyand aangevat en ‘n klinkende oorwinning behaal en spoedig was hulle in besit van die land van die Amoriete.
Om Israel se dapperheid te besef moet mens in wadi Mujib staan en kyk hoe hulle teen die steiltes uitgeklim het om die vyande te verslaan.
Ons wen as ons God gehoorsaam.
PICTURE WADI MUJIB
Dit was die Leërowerste van die Here wat Sy volk se vyande verslaan het. Hy sou dit 38 jaar vantevore ook gedoen het as Israel Hom net vertrou het.
Met hoop en moed gevul, het Israel verder noordwaarts opgeruk en ‘n toe ‘n land bereik wat ‘n toets vir hulle geloof sou wees.
Voor hulle het die magtige, digbevolkte van die koninkryk van Basan uitgestek. Oral het reuse stede van klip gebou het hulle geïntimideer. Vandag sou hulle wêreld na hulle asem laat snak – “sestig stede… met hoë mure, poorte en grendels, behalwe ‘n groot menigte onbemuurde stede.” Deuteronomium 3:1-11.
PICTURE GILEAD ELIJAH
Die huise wat tans onder die huidige Umm Quais is, van groot swart klippe gebou. Dit was so ongelooflik groot dat geen mag van daardie tye teen hulle sou wou opruk nie. ‘n Land vol spelonke, indrukwekkende kranse, gapende afgronde en rotsvesting.
PICTURE PELLA
Die inwoners, afstammelinge van reuse, was van buitengowene gestalte en krag. Hulle was vir hulle wreedheid bekend en omliggende nasies het hulle gevrees.
Og, die koning was buitengewoon groot en dapper selfs in ‘n nasie van reuse.
Die wolkkolom het vorentoe beweeg en Israel het dit gevolg totdat hulle by Edrei aangekom het waar die koning met sy magte hulle ingewag het. Og het die slagveld met groot versigtigheid uitgekies.
PIICTURE OF EDREI – DAARA SYRIA
Die stad van Edrei was op die rand van plato gebou wat skielik uit die vlakte verrys, met ruwe vulkaniese rotse besaai. Dit kon net deur smal paadjies teen ‘n steil opdraende bereik word.
PICTURE OF LACHISH
As hulle ‘n nederlaag sou lei, kon sy magte tussen die klomp rotse gaan wegkruip waar geen vreemdeling hulle nie sal kan volg nie.
Verseker van sukses het die koning met sy reuse weermag op die oopte verskyn. Krete van veragting het van die plato weergalm. Die spiese van duisende het bloeddorstig op hulle vyande gewag.
Toe die Hebreërs daardie reus van reuse bo die soldate sien uittroon; die magdomn soldate om hom sien en die skynbare onaantasbare waar nog duisende geskuil het wat nie gesien kon word nie, het Israel vreesbevange geword.
Moses was kalm en ferm want die Here het van die koning van Basan gesê: “Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy land in jou hand; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.”
PICTURE HISBAN
Hulle leier met sy kalm geloof het die volk met vertroue in God besiel. Hulle het daardie Almagtige arm vertou en Hy het hulle nie teleurgestel nie.
Geen magtige reuse, ommuurde stede, gewapende menigtes of rotsvestings kon voor die Leërowerste van die Here staan nie. Hy het die vyand verslaan en die geveg namens Israel gewen.
Die reuse koning en sy weermag is verslaan en die Israeliete het die hele land in besit geneem. So is hierdie vreemde volk wat hulle self aan boosheid en afskuwelike afgodsdiens oorgegee het van die aarde uitgewis.
In die verowering van Gilead en Basan het baie aan die gebeure van 40 jaar gelede gedink toe hulle gedoem was om vir baie jare in die woestyn rond te swerf.
Hulle sien dat die verslag van die verkenners van die Beloofde Land in baie opsigte korrek was. Die stede was ommuurd, baie groot en deur reuse bewoon en in vergelyking met die Hebreërs wat soos dwergies gelyk het.
Maar nou het hulle hulle ouers se fout ingesien deur nie op God se krag te vertrou nie. Dit was net hierdie een sonde wat verhoed het dat hulle die goeie land binnegegaan het.
Toe hulle die eerste keer voorberei het om Kanaän binne te gaan was die moeilikhede nie so erg soos nou nie. Die Here het beloof dat as hulle na Sy stem luister sou Hy vir hulle sou veg en perdebye stuur om die inwoners uit die land te verdryf.
PICTURE – HORNETS
Die vrese van die nasies was nog nie opgewek nie en hulle het baie min voorbereidings gemaak om Israel se opkoms te stuit.
Maar nou dat die Here hulle beveel het om op te ruk, is hulle deur magtige, goed opgeleide leërs geïntimideer wat hulle ingewag het.
In hulle oorlog teen Og en Sihon is hulle, net soos hulle ouers getoets wat so skandelike gefaal het. Die toets was hierdie keer egter baie moeiliker as destyds toe die Here Israel beveel het om die land te verower.
Die moeilikhede het grootliks vermeeder nadat hulle geweier het toe hulle dit in die Naam van die Here moes doen. En dis presies hoe die Here Sy kinders vandag nog toets.
As hulle faal, toets Hy hulle vir ‘n tweede keer op dieselfde punte. Hierdie keer sal die toers erger as die eerste een wees.
Dit sal so aanhou tot hulle die toets deurstaan. Of as hulle nog steeds rebels is, gaan Hy Sy lig van hulle ontrek en hulle in duisternis laat.
Die Hebreërs het onthou hoe hulle eenkeer die vyand aangedurf het en hoe duisende van hulle makkers gesneuwel het. Dit was die keer toe hulle teen God se duidelike verbod opgetree het.
Hulle het sonder Moses, God se aangewese leier en sonder die wolkkolom, die simbool van goddelike teenwoordigheid en sonder die ark gaan oorlog maak.
Hierdie keer was Moses by om hulle met hoop en geloof te besiel; die Seun van God, omhul deur die wolkkolom, het voorgeloop en die verbondsark was saam.
Hier is ‘n les vir ons. Die magtige God van Israel is ook ons God. Ons kan Hom vertrou en as ons Sy vereistes nakom sal Hy vir ons op net so ‘n kennelike wyse help soos wat Hy destyds vir Sy volk gehelp het.
Enigeen wat die pad van plig wil volg, sal met tye deur twyfel en ongeloof oorweldig word. Met tye sal die weg deur onoorkomelike moeilikhede versper word wat ons moedeloos wil maak.
Luister mooi. Kan jy Sy stem hoor? “My kind hou moed. Beur vorentoe!”
Doen wat reg is al kos dit wat. Die moeilikhede wat jou skoon lam en bang maak, sal soos mis voor die son verdwyn wanneer ons op die pad van gehoorsaamheid bly en in nederige otmoed op God vertrou.
The Amorites by Meg Hall and Shawna Montgomery

Background: The Amorites dominated Mesopotamia, Syria, and Palestine from 2000 to about 1600. They originated in Arabia then traveled to Mesopotamia and then moved into Syria. Then they traveled East, into Canaan. The Amorites destructed Ur and Sumer but did not win the battle, just weakened their city-states. The Amorites developed kingdoms instead of city-states. Amorite refers to a Semitic people who occupied the country west of the Euphrates from the second half of the third millennium BC, and also the god they worshiped, Amurru.
Religion and Culture: There seem to have be cults of the moon-god Sin, Amurru and Marduk, their supreme god. In the Enuma Elish an explanation is given for why Marduk was lifted up to the supreme god, replacing Ea and Enlil. With this myth, legitimacy was given for the Amorite conquest and replacement of national kings. The Amorites are also mentioned in the Old Testament in the Bible, whom they were the first people Moses fought upon returning with the Hebrew from Sinai.
Their Appearance:
They have been described to have had fair skin, light hair, blue eyes, and pointed beards.
Economy:
They had reorganized the government of the Sumerians. Instead of having many city-states, they just had cities. The monarch was giving all the power instead of each individual city; as a result the monarch became more powerful. They used this power to collect taxes and build strong armies.
