1. Home
  2. Algemeen
  3. Van Sinai Na Kades

Van Sinai Na Kades

Eers ‘n hele ruk nadat Israel by Sinai aangekom het, het hulle die tabernakel begin bou; en die heilige struktuur is aan die begin van die tweede jaar na die uittog opgerig.

Daarna is die priesters gewy, die Paasfees gevier, die volk getel en die verskillende reëlings in verband met die burgerlike en die godsdienstige stelsel afgehandel, sodat hulle byna ‘n volle jaar by Sinai vertoef het.

Hier het hulle erediens ‘n bepaalde vorm aangeneem; verder het hulle wette vir die regering van die volk ontvang, en ‘n doeltreffende organisasie opgestel met die oog op hulle intog in die land Kanaän.

Die burgerlike bestuur van Israel is gekenmerk deur die deeglikste organisasie, ‘n wonder vir gelyktydig sy volledigheid en sy eenvoud.

Die orde wat allerweë in die volmaakteheid en reëlings van Gods geskape werke uitgeblink het, is ook in die Hebreeuse staatshuishoudkunde geopenbaar. God was die hoogste gesag en regering, die alleenheerser van Israel. Hy het Moses as hulle sigbare leier aangestel om die wette in Sy Naam uit te voer.

Later is ‘n raad van sewentig oudstes uit die stamme van Israel gekies om Moses met die algemene belange van die volk by te staan. Naas hulle was die presters wat die Here in die heiligdom geraadpleeg het.

Owerstes of vorste het oor die stamme geregeer. Naas hulle was daar “owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.” (Deuteronomium 1:15). Naas hulle amptenare wat met besondere sake belas was.

Die Hebreuse laer is volgens ‘n volmaakte orde gerangskik. Dit is in drie groot afdelings verdeel wat elk sy aangewese plek in die kamp ingeneem het. In die middle was die tabernakel, die woonplek van die onsigbare Koning. Rondom was die priesters en die Leviete gestel. Rondom hulle was al die ander stamme gelaer.

Die Leviete is belas met die tabernakel en alles wat daarmee saamgaan, sowel in die laer as op reis. Wanneer die volk weggetrek het, moes hulle die heilige tent afbreek; wanneer hulle by ‘n nuwe laer aankom, moes hulle dit oprig.

Geen persoon uit ‘n ander stam kon op straf van die dood daar naby gekom het nie. Die Leviete is in drie afdelings verdeel volgens die nakomelinge van Levi se drie seuns en aan elk is sy besondere pos en werk opgedra.

Voor die tabernakel, en naaste daaraan, was Moses en Aäron se tente. Aan die suide was die Kohatiete wat verantwoordelike was vir die verbondsark en die ander meubels. Aan die noorde was die Merariete wat verantwoodelik was vir die pilare, die voetstukke, ensovoorts. Agter hule was die Gersoniete, wat verantwoordelik was vir die versorging van die gordyne en bedekkings van die tent.

Die plek van elke ander stam is ook aangewys. Elkeen moes onder sy eie banier laer en wegtrek soos die here bevel het: “Die kinders van Israel moet laer opstaan elkeen by sy vaandel by die verldteken van hulle families; op ‘n afstand rondom die tent van samekoms moet hulle die laer opslaan.”

“Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.” Numeri 2:2,17.

Die gemengde skare wat Israel uit Egipte vergesel het, is nie toegelaat om saam met die stamme te laer nie. Hulle moes aan die buitewyke van die laer bly, en hulle nakomelinge moes tot in die derde geslag uit die gemeenskap uitgesluit word. Deuteronomium 23:7,8.

Daar op die strengste reinheid en orde in die kamp en sy omgewing aangedring. Strenge gesondheidwette is toegepas. Elke persoon wat om watter rede ook al onrein was, is belet om in die laer in te kom.

Hierdie maatreëls was onmisbaar in die beskerming van die gesondheid van so ‘n groot menigte. Dit was ook noodsaaklik dat volkome orde en reinheid gehandhaaf word, sodat Israel die teenwoordigheid van ‘n heilige God kon geniet.

Daarom het Hy gesê “Want die Here jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.” Deuteronomium 23:14

Op al Israel se reise het “die verbondsark van die Here…voor hulle uitgetrek om vir hulle ‘n rusplek uit te soek.” Numeri 10:33. Die heilige kis waarin Gods heilige wet was, moes deur die seuns van Kehat in die voorhoede gedra word.

Moses en Aäron het voor hulle geloop en die priesters met die silwertrompette was naby hulle. Die priesters het van Moses bevele ontvang en hulle het dit deur middle van trompette aan die volk oorgedra.

Dit was die plig van die leiers van elke groep om bepaalde bevele oor hulle bewegings te gee nadat hulle dit van die trompette ontvang het. Elkeen wat negelaat het om die bevele n ate kom, is met die dood gestraf.

God is ‘n God van orde. Alles wat met die hemel verband hou, is volkome ordelik.

Onderworpenheid en deeglike dissipliene is kenmerkend van die bewegings van die engeleskare. Welslae kan alleenlik met orde en eendragtige optrede saamgaan.

God vereis tans, niks minder as in die dae van Israel nie; orde en dissipline. Almal wat vir Hom werk, moet verstandig werk, nie op ‘n nalatige, traak-my-nie-agtige manier nie. Hy wil hê Sy werk moet getrou en reg gedoen word sodat Hy die stempel van Sy goedkeuring daarop kan druk.

God self het Israel op al hulle reise gelei. Die plek waar hulle kamp moes opslaan, is aangedui deurdat die wolkkolom neergedaal het; en so lank was wat hulle daar moes bly, het die wolk bo-oor die tabernakel gehang.

Wanneer hulle hulle reis moes voortsit, is dit hoog bokant die heilige tent opgelig. Wanneer hulle moes stilstaan en wanneer hulle moes vertrek is die Here plegtig aangeroep. “En as die ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, Here, dat U vyande verstrooi kan word en u haters voor U aangesig kan vlug. En as dit rus, het hy geseê: Keer terug, Here, na die tienduisende van die duisende van Israel!” Numeri 10:35,36.

Die afstand van Sinai na Kades, op die grens van Kanaän, was ‘n reis van net elf dae; en toe die wolk eindelik die teken gee dat hulle verder moes trek, het die Isrealiete hulle reis vervat met die vooruitsig dat hulle spoedig die goeie land sou betrek.

Die Here het wondere verrig om hulle ut Egipte uit te lei, en watter seen kon hulle nie nou verwag nadat hulle ‘n plegtige verbond aangegaan het om Hom as hulle Koning aan te neem en as die uitverkore volk van die Allerhoogste erken was nie?

Nogtans was baie van hulle byna traag om weg te gaan van die plek waar hulle so lank gekamp het. Hulle het dit al byna as hulle tuiste beskou. Binne die beskerming van daardie granietmure het God Sy volk van die ander volke afgesonder om Sy heilige wet aan hulle bekend te maak.

Hulle het graag opgekyk na die gryse bergpieke en kaal ruê waar die heerlikheid van God so dikwels vertoon was. Die toneel het so intiem met die teenwoordigheid van God en van die heilige engele saamgegaan, dat dit vir hulle gelyk het dit is te heilig om onbedag of selfs met blydskap afskeid te neem

Toe die trompetblasers egter die teken gee, het die hele laer vertrek; die tabernakel is in die middle gedra en elke stam het onder sy eie vaandel op sy aangewese plek voortgereis. Elke oog het gretig gekyk in watter rigting die wolk hulle sou lei.

Toe dit na die ooste beweeg waar daar net saamgepakte swart en verlate bergmassas was, het daar in baie harte ‘n gevoel van droefheid en twyfel ontstaan.

Hoe veder hulle getrek het, hoe moeiliker het die pad geword. Dit het deur rotsagtige klowe en kaal vlaktes gekronkel.

Rondom hulle was ‘n groot woestyn, “’n Land van wildernis en kuile,” “’n Land van droogte en doodskaduwee,” “;n Land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie.” Jeremia 2:6.

Heinde en ver het manne, vroue, kinders, diere, waens en troppe vee die rotsklowe gevul. Noodgedwonge het hulle maar stadig en moeisaam beweeg; en nadat hulle so lankin die kamp was, was die skare nie gereed om die gevare en ongeriewe van die trek te verduur nie.

Na drie dae het hulle openlik begin kla. Die klagtes het eers van die gemengde bevolking gekom van wie baie nog nie heeltemal met Isreal vereenselwig het nie. Hulle was gedurig op die uitkyk gewees vir iets waaroor hulle kon kla.

Hulle was ontevrede oor die rigting waarin hule getrek het, en hulle het gedurig fout gevind met die manier waarop Moses hulle gelei het. Dit ondanks die feit dat hulle goed geweet het dat hy, net soos hulle, die leiding van die wolk gevolg het. Ontevredenheid  is aansteeklik en dit het spoedig deur die laer getrek.

Kan jy dit glo. Hulle is weg van die slawehuis en op pad na die Beloofde Land en hulle loop die hele pad en kla en mor.

Gelukkig is ons nie so nie.

Numuri 11:1 EN die volk het hulle voor die ore van die Here beklaag dat dit sleg gaan. En toe die Here dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die Here het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.

Hulle eie verbeelding het hulle bang gemaak en nou het hulle anderhande spoke opgejaag van rampe wat hulle gaan oorval.

Wie was hierdie mense aan die kant van die lae?

Die gemengde bevolking. Toe die verskillende plekke van die 12 stamme uitgewerk is, was daar geen plek vir hulle nie.

Verse 2,3 Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die Here gebid; en die vuur het doodgegaan.3 Daarom het hulle die plek Tabéra genoem, omdat die vuur van die Here onder hulle gebrand het.

Tabera. Die naam kom van die werkwoord “om te brand”, “te verteer”, “uit te wis.”

Vers 4. EN die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet?

Gemengde bevolking kom van die Hebreeuse woord ha’saphsuph, ‘n herhaling van die werkwoord ’asaf, “om te versamel.”

Hulle het klagte op klagte versamel en nog meer klagtes. Ken jy sulke mense? Hoe vaar ek en jy?

Israel ook weer geween. Dit het amper ‘n gewoonte by hulle geword wanneer dinge sleg gegaan het.

Vleis gee om te eet. Toe hulle Egipte verlaat het, het hulle taamlik vee by hulle gehad. Maar daar was nie genoeg vleis vir almal nie.

Alhoewel daar genoeg manna was, was hulle nog steeds vol fimies.

Tydens hulle knegskap het die Israeliete op ‘n baie eenvoudige diëet oorleef. Die kos het lekker gesmaak want hulle het hard gewerk.

Maar baie van die Egiptenare wat saam getrek het was aan ‘n vleismaaltyd gewoond en hulle was die eerste om te kla.

Die Here kon hulle net so maklik van vleis as van manna voorsien het, maar Hy het dit om hulle eie beswil nie gedoen nie. Dit was Sy doel om hulle van voedsel te voorsien wat beter by hulle behoeftes gepas het as die prikkelende dieet waaraan hulle in Egipte gewoond was.

Die bedorwe aptyt moes na ‘n gesonder een verander sodat hulle die voedsel kon geniet wat oorspronklik vir die mens bedoel was – die vrugte van die aarde wat God in Eden aan Adam en Eva gegee het. Dit was om hierdie rede dat Israel in ‘n groot mate  vegetaries moes eet.

Die Satan het hulle wys gemaak dat hierdie beperking onregverdig en wreed was. Hy het hulle die verbode dinge laat begeer omdat hy geweet het dat die onbeheersde bevrediging van hulle aptyt wellus kon aanwakker wat daartoe kon lei dat makliker onder sy beheer sou kom.

Die een wat siekte en ellende aanbring sal mense teister waar hy die grootste welslae kan behaal.

Deur sy versoekings op die aptyt toe te spits, het hy tot ‘n groot mate daarin geslaag om mense te laat sondig, soos hy Eva gedoen het. Dis ook deur aptyt dat hy Israel by God laat gaan kla het.

Omdat onmatige eet en drink dierlike luste bevredig, lei dit mense om hulle sedes te veronagsaam. Wanneer versoeking hulle oorval, het hulle min krag om weerstand te bied.

God het Israel uit Egipte gelei sodat Hy hulle as ‘n rein, heilige en gelukkige volk in Kanaän kon vestig. Teneinde daardie doel te bereik, het Hy hulle aan dissipline onderwerp wat hulle en hulle kinders sou bevoordeel.

As hulle gewillig was om hulle aptyt te verloën, in gehoorsaamheid aan God se wyse raad, sou hulle swakheid en siekte nie geken het nie. Hulle nakomelinge sou beide liggaamlik en verstandelik sterk gewees het.

Hulle sou ‘n duidelike begrip van waarheid en plig, skerp insig en gesonde oordeel gehad het.

Maar hulle onwilligheid om hulle aan die beperkinge en eise van God te onderwerp, het in ‘n groot mate verhinder dat hulle die hoë peil kon behaal wat Hy van hulle verlang het. En daarom het hulle ook nie die seëninge geniet wat Hy aan hulle wou gee nie.

Psalm 78:18 “Hulle het God getart toe hulle kos gevra het na eie smaak19 en God uitgedaag het: “Kan God hier in die woestyn kos gee?20 Hy het wel teen ’n rots laat slaan en die waters het gevloei, spruite het gestroom; maar sou Hy ook brood kon gee en vleis aan sy volk kon voorsit?” 21Toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword; Hy het ’n vuur teen Jakob laat ontbrand, teen Israel sy toorn laat woed22 omdat hulle nie op God vertrou het en op sy hulp staat gemaak het nie.

Dikwels het daar op die reis van die Rooi See na Sinai klagtes en opstand ontstaan, maar omdat Hy hulle weens hulle onkunde en blindheid jammer gekry het, het God hulle nie vir hulle sonde gestraf nie.

Maar sedertdien het Hy Hom by Horeb aan hulle geopenbaar. Hulle het groot lig ontvang toe hulle die majesteit, krag en genade van God sien; en hulle  ongeloof en ontevredenheid het hulle strafbarder gemaak.

Boonop het hulle ‘n verbond aangegaan om die Here as hulle koning te aanvaar en om Sy gesag te eerbiedig. Nou was hulle klaery, opstand en as sodanig moes dat dadelik en kennelik gestraf word indien Israel teen wetteloosheid en ondergang beskerm moes word.

“Die vuur van die Here het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.” Die skuldigste onder die klaers is deur ‘n blimsemstraal uit die wolk gedood. PP 379  

Volgende keer gaan meer aangaande hierdie hartseer gebeurtenis lees.

Mag die Here ons help om Hom nie net met ons harte te soek nie, maar met ons hele wese, die ou maag ingesluit.

Was this article helpful?

Related Articles