Eksodus 16:1 TOE hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland.
In Sy groot goedheid het die Here Sy kinders ‘n rukkie hier laat ontspan en om van die bitter waters te vereet.
Daar is tye wanneer ons vlugtig na ons swakhede moet kyk en God dan dank dat Hy ons graag vergewe en ons swakpunte in sterk punte kan verander.
ELIM – WADI GHARAN
Ons kry elders addisionele inligting oor Israel se bewegins in die woestyn:
Numuri 33:9,10 En hulle het van Mara af opgebreek en by Elim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan.10 En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee.
Ek was aangenaam verras toe ek dit gelees het want ek het een aand langs die Rooisee geslaap.
Ek het gewonder of die miljoene mense wat hier kom vakansie hou, weet dat Israel ook ‘n keer hier uitgekamp het?
Pleks van verder die barre woestyn intrek, het die wolkkolom hulle Rooisee toe geneem.
Sommige geleerdes glo dit was wye ooptes van El-Markha wat die see met die roete na die kopermyne van Wadi Magara verbind het.
Waaraan het die waters van die Rooisee die volk aan laat dink?
Hoeveel tyd neem jy om terug te dink aan God se ongelooflike goedheid in jou lewe?
Miksien het Moses vir hulle gesê om weer ‘n keer die lied van oorwinning te sing.
En dink jy Mirjiam het duisende vrouens gevra om weer die refrein te sing?
Soos wat die kinders van Israel hulle pad deur die woestyn met sang makliker gemaak het, so ons ons dit ook met gewyde liedere op ons lewenspad doen.
Min dinge is so doeltreffend as om Sy Woorde te memoriseer en dit dan met liedere te herhaal nie. Hierdie liedere het krag om ons gevalle nature te beheers.
Dikwels wanneer die lewe vir jou te veel word, kan die liedjie of koortjie wat jy as kind geken het, jou sommer weer nuwe moed gee.
Wanneer ons in ons huise gaan sing gaan die mooi woorde en wysie ons inspireer om mekaar met groter bedagsaamheid te laat optree.
“Where words leave off, music begins.” Heinrich Heine
Soos ‘n hert smag na waterstrome
Smag my siel na U O Here
U alleen is my hartsverlange
En ek bring aan U die eer.
Refrein
U alleen is my krag en skild,
Aan U alleen wy ek nou myself.
U alleen is my hartsverlange
En ek br ing aan U die eer.
Langs die heuweltoppe kom daar
blye, skone môregloed.
Vra my siel verbaas, eerbiedig,
wat dit tog beteken moet?
Dis die Heiland, dis die Heiland –
bring hom nou jou welkomsgroet !
- What a friend we have in Jesus,
All our sins and griefs to bear!
What a privilege to carry
Everything to God in prayer!
Oh, what peace we often forfeit,
Oh, what needless pain we bear,
All because we do not carry
Everything to God in prayer!
- Have we trials and temptations?
Is there trouble anywhere?
We should never be discouraged—
Take it to the Lord in prayer.
Can we find a friend so faithful,
Who will all our sorrows share?
Jesus knows our every weakness;
Take it to the Lord in prayer. - Are we weak and heavy-laden,
Cumbered with a load of care?
Precious Savior, still our refuge—
Take it to the Lord in prayer.
Do thy friends despise, forsake thee?
Take it to the Lord in prayer!
In His arms He’ll take and shield thee,
Thou wilt find a solace there. - Blessed Savior, Thou hast promised
Thou wilt all our burdens bear;
May we ever, Lord, be bringing
All to Thee in earnest prayer.
Soon in glory bright, unclouded,
There will be no need for prayer—
Rapture, praise, and endless worship
Will be our sweet portion there.
Kom ons volg die Israeliete terwyl hulle verder trek.
Numeri 33:11-13 En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin.12 En hulle het uit die woestyn Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka.13 En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus.
Wat het hulle gesing? Trust and obey for there is no other way to be happy in Jesus, but to trust and obey.
vs.1
All the way my Savior leads me;
What have I to ask beside?
Can I doubt His tender mercy,
Who through life has been my Guide?
Heav’nly peace, divinest comfort,
Here by faith in Him to dwell!
For I know, whate’er befall me,
Jesus doeth all things well;
For I know, whate’er befall me,
Jesus doeth all things well.
vs.2
All the way my Savior leads me,
Cheers each winding path I tread;
Gives me grace for every trial,
Feeds me with the living Bread.
Though my weary steps may falter,
And my soul athirst may be,
Gushing from the Rock before me,
Lo! A spring of joy I see;
Gushing from the Rock before me,
Lo! A spring of joy I see.
vs.3
All the way my Savior leads me
O the fullness of His love!
Perfect rest to me is promised
In my Father’s house above.
When my spirit, clothed immortal,
Wings its flight to realms of day
This my song through endless ages—
Jesus led me all the way;
This my song through endless ages—
Jesus led me all the way.
Ek dink solank hulle gesing het, het alles goed gegaan.
Maar daar was nog ‘n paar toetse wat bedoel was om hulle geloof in die Here nog sterker te maak.
Eksodus 16:1 TOE hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland.
Woestyn Sin.
Daar is nog nie volle sekerheid waar hierdie woestyn kan wees nie. Sommige glo die naam kom van die maangod Sin af wat vroeër hier aanbid is.
Dan is daar mense wat Sin aan die Wadi Magara Koppel waar koper gemyn was.
Israel was nou presies ‘n maand lank in die woestyn. Op hierdie stadium het hulle by sewe plekke gekamp. Op ‘n keer het dit hulle drie dae geneem om van die Rooisee tot by Mara te kom.
Was jy al vir ‘n maand van jou huis af? Miskien was die eerste week of twee aangenaam maar om aanmekaar uit ‘n tas te leef en van die een plek na die ander plek te loop, is nie ‘n grap nie.
Eksodus 16:2 En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer
En toe kank hulle, raak histeries en skreeu op Moses.
Het so iets al met jou gebeur. Jy het goed uitgehou. Jy kon die lewensdruk en die aakligheid van lelike mense hanteer. Maar toe op ‘n dag het alles net vir jou te veel geword en jy het gebreek, dit verloor.
Eksodus 16:3 En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die Here gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
Wanneer ek lank van die huis af weg is, begin ek ook my vrou se kos te mis. Die arm klomp slave – hulle is ook aan niks gewoond nie. Vergeet van die Beloofde Land – dink net aan die die huidige krisis.
Hulle het amper nie meer kos oor nie en die diere was in ‘n toestand.
Hoe sou daar vir hierdie groot skare voedsel voorsien word? Hulle het begin twyfel en weer begin kla. Selfs die owerstes en die oudstes van die volk het saam met die ander teen die deur God-aangestelde leiers begin kla.
Is jy bekommerd oor jou kinders se toekoms? Jou finansies, gesondheid, huwelik, jou werk?
Hoedanig was God se sorg vir Sy kinders in daardie onherbergsame woestyn? Het sommige van honger omgekom? Was van hulle sieklik of ondervoed?
Matteus 6:33,34 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
Hierdie mense het nog nie swaar gekry nie maar hulle was bang dat dit in die toekoms sou gebeur.
As jy op pensioen is en jy kyk na die bietjie spaargeld waarmee jy vir die res van jou lewe sal moet klaarkom, hoe gaan jy dit hanteer?
As jy na jou geestelike toestand kyk, hoe voel jy? Gaan jy dit hemeltoe maak? Probleme word net te veel en versoekings raak baie meer subtiel en gesofistikeerd. Jy word gouer omgkrap as in die verlede. Jy sukkel om te vergerwe?
Stop! Waar kyk jy? Na Jesus jou Voorsiener, die Wenner, of na jouself, die verloorder?
Die Here het toegelaat dat hulle moeilikheid beleef en dat hulle kosvoorade min word sodat hulle kon leer om op Hom te vertrou wat tot nog toe hulle Verlosser was.
As hulle Hom in hulle behoeftes sou aanroep, sou Hy die duidelike bewyse van Sy liefde en sorg aan hulle openbaar. Hy het beloof dat as hulle Sy gebooie bewaar, hulle nie sou siek word nie, en dit was sondige ongeloof aan hulle kant om vooruit te verwag dat hulle kinders van die honger sou omkom. PP 292
God het beloof om hulle God te wees, om hulle as Sy volk aan te neem en om hulle na ‘n groot en goeie land te lei; maar by elke ongemak op die pad na daardie land het hulle moedeloos geword.
Hy het hulle op wonderbaarlike wyse uit hulle slawe lewe verlos om hulle aansien te gee. Maar dit was nodig dat hulle moeilikhede moes teëkom en ontberings verduur.
God het hulle opgehef en toegerus om ‘n eerbare plek onder volke van die aarde in te neem en om belangrike en om belangrike waarhede te ontvang.
As hulle na aanleiding van alles wat Hy vir hulle gedoen het, in Hom geglo het, sou hule gewillig gewees het om ongerief en ontbering te verduur en selfs om te ly.
Maar hulle was nie bereid om die Here verder te vertrou as wat hulle die voortdurende bewyse van Sy krag kon sien nie. Hulle het hulle bitter slawerny in Egipte vergeet; vergeet watter goedheid God aan hulle bewys het om hulle uit slawerny te verlos het.
Hulle het vergeet hoe hulle kinders bly leef het toe die doodsengel al die eersgeborenes in Egipte om die lewe gebring het. Vergeet hoe God Sy mag by die Rooisee openbaar het. Hulle het vergeet hulle veilig op die pad deur die waters gestap het en hoe hulle vyande verdrink het.
Hulle het net aan hulle eie ongeriewe en beproewings gedink. Pleks dat hulle gesê het: “God het vir ons as slawevolk groot dinge verrig,” het hulle oor die moeilikhede van die weg gepraat en gewonder wat wanneer die vermoeiende pelgrimsreis sou eindig.
Die geskiedenis van Israel in die woestyn is terwille van die Israel van God tot aan die einde van tyd opgeteken. Die wyse waarop God met die woestynswerwers omgegaan het; in hulle blootstelling aan honger, dors en uitgeputheid en Sy verlossingskrag, bevat waarskuwings en lesse vir Sy volk deur al die eeue.
Dit wat alles met hulle gebeur het, was ‘n voorbereiding vir die wonings wat hulle in Kanaän sou ontvang. Die Here wil hê dat ons die geskiedenis van Israel met ‘n oop gemoed en met nederigheid sal betrag sodat ons vir die hemelse Kanäan kan voorberei.
Baie is verbaas oor die ongeloof en murmurering van Israel en glo nie hulle sou so ondankbaar gewees het. Maar wanneer hulle geloof deur selfs die geringste ou beproewinkie getoets word, vaar hulle niks beter nie.
Wanneer dit met hulle sleg gaan, kla hulle oor die manier wat God kies om hulle te reinig. Hoewel daar tans in hulle behoefte voorsien word, is hulle onwillig om God vir die toekoms te vertrou. Hulle is bekommerd at hulle dalk sal verarm en hulle kinders daaronder sou ly.
Sommige verwag gedurigdeur dat rampe hulle gaan tref en vergroot bestaande moeilikhede tot so ‘n mate dat hulle blind raak vir die oorvloedige seëninge waaroor hulle dankbaar moet wees.
Pleks dat die swaarky hulle noop om by God te gaan hulp soek, dryf dit hulle van Hom weg omdat die swaarkry rusteloosheid en ontevredenheid by hulle kweek.
Het ons die reg om ongelowig te wees? Waarom is ons so ondankbaar en wantrouig? Jesus is ons dierbare omgee Vriend. Die ganse hemel stel in ons welsyn belang. Ons kommernisse en ons vrese bedroef die Heilige Gees.
Ons moet waak en nie toelaat dat swaarkry kry ons verwoes nie, dit bring ons nêrens nie.
Wantroue lei daartoe dat voorsorg vir die toekoms ons hoofdoel in die lewe word asof geluk in aardse rykdom lê. Dis nie die Here se wil dat die sorge van die lewe ons moet verniel nie.
Maar die Here vertel nie dat daar geen gevaar op die pad is nie. Hy is nie van plan om Sy volk uit die wêreld van boosheid te neem nie, maar Hy wys ons op die veilige skuilplek.
Hy nooi die mens wat bedroef en bedruk voel “Kom na My toe, almal wat vermoedi en belas is en Ek sal julle rus gee.” Gooi af die juk van bekommernis en aardse sorge wat julle op julle self geneem het en “neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele.” Matteus 11:28,20
In God kan ons rus en vrede geniet wanneer ons al ons bekommernisse op Hom werp, want Hy sorg vir ons. 1 Petrus 5:7
Paulus sê: “Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.” Hebreërs 3:12. Aangesien God soveel vir ons gedoen het, behoort ons geloof sterk, aftief en vohardend te wees.
Pleks dat ons mumureer en kla, behoort die taal van ons harte te wees: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is Sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel en vergeet geeneen van weldade nie!” Psalm 103:1,2.
Eksodus 16:3 En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die Here gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
Hoe dink jy het Moses op hierdie onregverdige aantuigings gereageer?
Hoe reageer ek en jy teenoor ondankbare mense wat ons goedheid met kwaad beloon?
Exodus 16:4 Toe sê die Here vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
Bedoel die Here regtig brood pleks van vuur uit die hemel om die spul ondanbare slawe te verteer?
Die Here se geduld met die murmurerendes is ongelooflik. Hy het besef dat hulle geloof nog nie goed ontwikkel was nie en pleks dat Hy geafronteer was het Hy hulle elke keer uit die moeilikheid gehelp.
Sy doel was om hulle te leer om hulle goddelike aangestelde leiers te vertrou en geloof in Hom hê.
Daar is mense wat die val van die oggendmanne aan natuurlike oorsake wil Koppel. Dis alles net spekulasie.
Die kos wat Hy vir hulle uit die kombuis van die hemel gebring het, is net ‘n goddelike wonderwerk.
My liewe vriend. Ons aanbid ‘n God van ongelooflike wonderwerke. Hy kan selfs ons gebrek aan geloof vergeef en genees. Sou jy wou hê Hy dit vir my moet doen?
Hy kan selfs ons oneindige klomp sondes vergewe en ons ook die oorwinning oor ons sondes van ongeloof en selfsug gee.
Laat Hom asseblief toe om hierdie wonderwerke in jou lewe te doen wat jy nie op jou eie ooit sal kan doen nie.

1 | Mersa Thelemet | 17 | Tell Abu Salima | 33 | Bir Odeib | 49 | Rod el-Air and Wadi Nasb |
2 | Bir Bikheit | 18 | Tell Ruqeish | 34 | El Ein El-Sukhna’ | ||
3 | Wadi Sannur | 19 | Deir el-Balah | 35 | Bir Abu Qitifa | 50 | Serabit el-Khadim |
4 | Meidum | 20 | Tell el-‘Ajjul | 36 | Bir Abu Garad | 51 | Wadi Hesif es-Seghair |
5 | Memphis | 21 | Gaza | 37 | Bir el-Tayib | ||
6 | Giza | 22 | ‘En-Besor | 38 | Bir Taiyib Maliha | 52 | Wadi Mukhatteb |
7 | Tell el-Yahudiyeh | 23 | Arad | 39 | Bir el-Nebwi | 53 | Wadi Maghara |
8 | Sais (Sa el-Hagar) | 24 | Kadesh Barnea | 40 | Ain Hawara | 54 | Wadi Oumm Temain |
9 | Pi-Ramesses | 25 | Tell Samad | 41 | Wadi Gharandal | 55 | Wadi Feiran |
10 | Tell Defenneh | 26 | Tell er-Retabeh | 42 | Bir Waseiyit | 56 | Saint Catherine Monestery |
11 | Tell Abu Sefah | 27 | Tell el-Maskhuta | 43 | Bir Thal/el-Guwisa | ||
12 | Tell Heboua | 28 | Mound of Serapeum | 44 | Well | 57 | Wadi Reqeita |
13 | Tell Qedwa (T.21) | 29 | Gebel Abu Hassa | 45 | Wadi Taiyiba | 58 | Geziret el-Fara’un |
14 | Bir el-Abd; BEA 10 | 30 | Gebel Mourr | 46 | Site 346 | 59 | Site 582 (Borot |
15 | Haruba; A-289 | 31 | Kom el-Qolzoum | 47 | Bir el-Markha | 60 | Tell el-Khaleifeh |
16 | Tell Rafa; Raphia | 32 | Ain Moussa | 48 | Wadi Kharig | 61 | Timna (Site 200) |